English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 291
Total Views: 83 149 819
topics: 11 425
replies: 137 567
views: 39 289 049
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

verlof

replies: 14
views: 311
07 Apr 2020 @ 17:01:26 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Daar is baie van julle wat die laaste paar weke gepraat het oor bespreekings (met geld) wat verlore gegaan het a.g.v. die lockdown.

Dan is daar van ons wat gelukkig genoeg is om (soos Sanpark) ons bespreekings te kan skuif sonder ekstra kostes.  

Maar nou wonder ek, vir die wat nog werk (en terug moet gaan werk toe na Covid-19), gaan jou werk na alles jou verlof goedkeur? undecided

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 17:20:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Al gehoor van paar instansies wat praat van geen Desember verlof nie. Baie gaan seker nog afhang hoe lank hierdie lockdown nog gaan voortduur

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 17:30:44 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4422
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Baie mense moet nou hul verlof gebruik om 'n salaris vermindering die hoof te bied.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 17:47:15 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek dink die regte ding om te doen is om alle vakansie dae te kanseleer insluitende Desember

Ons kan of voort sukkel of ons kan die ekonomie probeer reg ruk. Yes dit is glad nie lekker maar hier gaan dit oor Lang termyn en n beter lewe vir almal.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 18:06:37 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1816
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek dink die regte ding om te doen is om alle vakansie dae te kanseleer insluitende Desember

Ons kan of voort sukkel of ons kan die ekonomie probeer reg ruk. Yes dit is glad nie lekker maar hier gaan dit oor Lang termyn en n beter lewe vir almal.

John

Ek wil heelhartig saamstem. Ons moet die herstel van die ekonomie post-corona, dryf.

In die jare toe Israel se ekonomie gesukkel het en hulle met VPI van 600%+ gesit het, het die regering voet neergesit, die hele volk gesê geen verhogings in salarisse of pryse van goedere nie (kan nie onthou hoe hulle ingevoerde goed hanteer het nie) en as ek reg onthou, nie-geloof vakansiedae gekanselleer vir die jaar. As ek dit reg het was dit 1976.

Binne 12 maande het hulle hul ekonomie terug geruk normaal toe.

Dit is iets wat ons sal nodig hê na die grendeltydperk om die ekonomie te 'kickstart'. Maar dit verg politieke wil en gemeenskapondersteuning.

Ongelukkig verstaan die meerderheid van ons mense nie basiese ekonomie nie, en gaan nie so-iets aanvaar nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 18:52:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Voorspel julle swaar tye vir oorde oor Desember?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 18:56:25 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1191
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Proffie, ek dink jy is baie korrek in jou sienswyse - die meerderheid van ons ... mense ... verstaan nie die probleem nie.

Op 'n tydstip het ek vir 'n mynmaatskappy gewerk wat weens verskeie probleme agter geraak het met 'n kontrak. Groot boetes, wat ons nie kon betaal nie, was ter sprake en ons wou die kontrak dus kanselleer wat sou meebring dat baie van ons personeel/werkers afgedank sou moes word. Na talle vergaderings het ons toe tóg besluit om voort te gaan met die kontrak, maar teen dubbel die spoed om verlore tyd in te haal. Nou, sonder om in detail in te gaan, het ons gereken dat, sou die maatskappy, byvoorbeeld, ekstra werk kan doen in 'n skof (ondergrond) ons die werkers dubbel die salaris sal betaal - m.a.w., werk dubbel so hard (of harder dan) en vinniger, en jy kry 16 ure se salaris vir 8 ure se werk. Waar onnodige tyd verstryk het en daar gedraai was met die "Boesmans", die  "Foshels" ens. met almal wat 'n bietjie meer skouer aan die wiel kan sit, kan ons dit nog maak ......... Die projek was genoem "Cheesa Hamba" (maak gou)

Goeie plan, maar ....

Ongelukkig het ons ... mense ... besluit om NIE daaraan mee te doen nie, want, so het hulle gereken, werk sal daar altyd wees, maar die mens nie en om harder te werk, en die werk "klaar" te maak, is dus nie moontlik nie. Die hele projek het dus gesink, ons het die kontrak verloor, baie, BAIE mense is afbetaal en ja ...... 

Ek dink jy is dus korrek - die vakansiedae en Desembermaand se opskorting sal NIE plaasvind nie, werkers sal nogsteeds hulle verhogings en bonusse verwag (hier word al klaar gepraat dat die Virus nie hulle skuld is nie) en die land sal dus net verder afsak in die "Gemors status" 'n Mens wil nie graag negatief wees nie, maar ai, as jy net sekere denkrigtings kon verander.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 07:14:19 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2206
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons maatskappy gee van die 13 dae lockdown 8 dae volle betaling en werknemers moet 5 dae verlof neem. Die wat nie verlof beskikbaar het nie sal dit terugwerkend neem.

Stem nie heeltemal saam om alle vakansiedae te stop nie. Uit ondervinding met konstruksie as mense werk vir lang tye sonder 'n breuk neem produksie baie af. Selfs net een dag gedurende die week kan daar 'n verskil gesien word. Naweke is partykeer nie genoeg nie en om mense te laat werk sonder 'n behoorlike breuk en dan minder produksie te handhaaf is miskien nie die oplossing nie. 

Sal liewers my mense 'n uur of twee later laat werk Maandag tot Donderdag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 08:15:13 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Baie mense moet nou hul verlof gebruik om 'n salaris vermindering die hoof te bied.

 

Ek boek eerder my verlof in as om nie my maand se geld te kry nie.

Ek kan oor n naweek rus.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 09:50:48 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek dink die mense gaan alles in hul vermoë dien om tog n breekkans in Desember te neem. Gaan seker nie so lank soos normaal wees nie....miskien paar dae voor Kersdag en paar dae na Nuwe jaar. Alhoewel ek nou 3 weke tuis sit, het dit beslis nie dieselfde effek as wat ek n 3 weke verlof sou neem nie. Dit gaan vir almal n uitputtende jaar wees en hierdie 3weke maak dit nie makliker nie....ek glo meeste sou hierdie 3weke wou werk as om 3weke te sit en stres wat die toekoms inhou. Mense is nie n masjien nie en sal n "regte ruskans" êrens moet inwerk. Die idee van Jan Meyer klink goed om so ekstra in te werk deur die week om daai ure om te slaan in "verlof dae" in Desember

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 12:05:47 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4656
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ek stem oorde wat gewild minder gewild is gaan swaar kry dis salaris ,krag en water, instandhouding terwyl staanplekke dol leeg is dit sal verseker swaar gaan 

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 12:26:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek stem oorde wat gewild minder gewild is gaan swaar kry dis salaris ,krag en water, instandhouding terwyl staanplekke dol leeg is dit sal verseker swaar gaan 

Ja en nou gaan hulle wil skep om die agterstallige gelde te wil inhaal.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 11:12:59 am
LouisD
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 175
Joined: 21 Oct 2013

Ek dink die regte ding om te doen is om alle vakansie dae te kanseleer insluitende Desember

Ons kan of voort sukkel of ons kan die ekonomie probeer reg ruk. Yes dit is glad nie lekker maar hier gaan dit oor Lang termyn en n beter lewe vir almal.

More almal, ek was lanklas op, voel asof ek moet amper myself weer voorstel aan almal. Ek stem saamna hierdie ding klaar is, sal ons wat nog werk het ons moue oprol en help om ons ekonomie reg te ruk. Ek het al klaar vir my werkgewers gese as dit indien nodig is om Saterdae te werk vir 6 maande om dinge spoedig aan die gang te kry sal ek bereid wees om dit te doen. Suid Afrikaners, en veral die Afrikaner nasie was mos nog nooit bang om skouer aan die wiel te sit wanneer dit doodsnodig was nie, en na hierdie ek glo dit sal weer sulke tyd wees. 

In my swakheid, maak Hy my sterk. Sy guns sal my volg al my dae.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 15:25:21 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1816
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

More almal, ek was lanklas op, voel asof ek moet amper myself weer voorstel aan almal. Ek stem saamna hierdie ding klaar is, sal ons wat nog werk het ons moue oprol en help om ons ekonomie reg te ruk. Ek het al klaar vir my werkgewers gese as dit indien nodig is om Saterdae te werk vir 6 maande om dinge spoedig aan die gang te kry sal ek bereid wees om dit te doen. Suid Afrikaners, en veral die Afrikaner nasie was mos nog nooit bang om skouer aan die wiel te sit wanneer dit doodsnodig was nie, en na hierdie ek glo dit sal weer sulke tyd wees. 

Dan is dit net reg om te sê: 'welkom terug Louis'

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2020 @ 19:15:54 pm
LouisD
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 175
Joined: 21 Oct 2013

Dan is dit net reg om te sê: 'welkom terug Louis'

Baie dankie. Hierdie bly n bobaas forum.

In my swakheid, maak Hy my sterk. Sy guns sal my volg al my dae.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za