English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 291
Total Views: 83 149 833
topics: 11 425
replies: 137 567
views: 39 289 055
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Topics about the current situation in SA and the new rules.

replies: 12
views: 437
27 Mar 2020 @ 10:29:39 am
CaravanParks.com
Administrator
88% Profile Strength
Posts: 2806
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 47 years

Good day to all.

Please take note of the following.

Due to new regulations set in place by Communications Minister Stella Ndabeni-Abrahams during this time (Government Gazette No. 43164, Paragraph 5 DISSEMINATION OF INFORMATION), all online platforms need to be very vigilant about what is posted about the Corona Pandemic.

We know how chatty you guys can get, so we ask that you don't share any articles or "News" etc on the Forums, related to the Corona Virus. We can't take chances. Your post might be okay in general, but one wrong comment might get us in trouble. We ask that you please try your best as I would hate to disappoint any of you by removing your posts.

Happy Lock Down Day 1.

The CaravanParks.com Team.

"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 10:37:25 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As ek reg verstaan....ons mag nog daaroor gesels hier, maar mag nie artikels share nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 11:06:27 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Geert. Ek dink dit is n goeie ding om briek te trap. Daar is soveel "fake nuus' n mens weet nie of jy kom en gaan nie.

Ons is in hierdie pandemie en die beste wat ons kan doen is om mekaar aan te moedig, op te beur en saam te werk met wat van ons gevra word om verspreiding te voorkom.

Daar is in elk geval net een oplossing en "cure" vir hierdie pandemie...........   en dit is ons gesprek met Jesus 🛐

Telke male reg deur die bybel word hierdie ding genoem, dit wat nou gebeur, ook dat dit deur ons omkeer van leefstyl en terugkeer na die wette en riglyne van God sal hierdie pes ook gestop word.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 11:39:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert. Ek dink dit is n goeie ding om briek te trap. Daar is soveel "fake nuus' n mens weet nie of jy kom en gaan nie.

Ons is in hierdie pandemie en die beste wat ons kan doen is om mekaar aan te moedig, op te beur en saam te werk met wat van ons gevra word om verspreiding te voorkom.

Daar is in elk geval net een oplossing en "cure" vir hierdie pandemie...........   en dit is ons gesprek met Jesus 🛐

Telke male reg deur die bybel word hierdie ding genoem, dit wat nou gebeur, ook dat dit deur ons omkeer van leefstyl en terugkeer na die wette en riglyne van God sal hierdie pes ook gestop word.

Ek hoor wat jy sê John, maar voel tog dat dit goed is om daar oor te gesels en sodoende mekaar te kan bemoedig en ook bewus te kan maak die erns van hierdie situasie. Die Spar hier by ons is besiger as ooit vandag. Al 2 mense met honde hier voor my huis sien verby stap. Lees maar op oor hie gaan dit in Jhb....hulle gaan so aan want hulle is nie werklik bewus wat eintlik aangaan nie....om dan stil te bly daaroor help nog minder. Vir my is versprei die woord sodat almal tot insig kan kom die erns van die situasie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 12:10:08 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ook waar. Daar is telkemale gese dat jy ingelig moet wees om deur hierdie pandemie te kom. Ek self verkies om te weet.

Ek het baie boodskappie op my foon ontvang wat ek dadelik gedink het ek wil nie dit regtig he.

Dan met second thoughts. Dit laat my dink en besef hoe ernstig dinge regtig is. Na dit tree ek baie meer versigtig op selfs as ek my asblik terug op sy plek sit na hul hom leeg gemaak het. 

Die fake nuus is wat my pla, Dan weer hoe stop jy dit. Daar sal altyd n terroris wees wat nie sy kop gebruik en mensdom verder in verderf sit.

Pick & pay hier by ons staan die karre twee blokke weg om in te kom. Mense staan omtrent 500 m ver en wag om beurt te kry om in die winkel te gaan. Staan teen mekaar, bitter min het maskers en handskoene aan. Hoe dink hulle ?

Trollies is besmet met almal se hande. As iemand moet hoes tref dit maklik vier mense.

Wat my die meeste worry is die produkte wat jy van die rak afhaal. Hoe besmet is dit of nie ? Niemand met kennis adviseer daar oor

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 12:45:22 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink as ons net ENIGE sogemaande 'nuus' oor die virus vermy en nie advies gee oor hoe om dit te bestry nie, is ons veilig. Laat ons maar vir nuus en advies by die amptelike bronne bly en dit hoef ons in elkgeval nie hier te herhaal nie.  Deur tuis-uitgedinkte rate aan te bied, kan ons dalk net mense se dood veroorsaak en deur ongegronde 'nuus' te versprei, help ons om paniek te saai.  Ek hoop Admin sal diegene wat nie wil saamwerk nie- as daar sulkes is- vinnig vasvat, maar ek glo ons is almal volwasse genoeg om te doen wat reg is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
3
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 03:31:49 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As die gesels hier as gevaarlike tuisgedinkte rate gesien word, moet alle ander raad hier seker ook as onbetroubaar gesien word aangesien die gesels hier gewoonlik maar tussen gewone kampeerders is en nie kenners nie. Liewer dan gaan google by die kenners en dan hoef dit ook nie hier onnodiglik herhaal te word nie. Hoeveel van ons is regtig opgeleide kenners op items soos bearings, krag en ander verwante items wat gevaarlik kan wees as dit nie reg gedoen word.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 04:44:40 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Om ander lede se insetsels te klassifiseer as "tuis uitgedinkte rate" ag jy jouself as n kenner/ profesioneel op die gebied. Indien dit nie so is nie sien ek dit as afkrakerig

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 09:26:43 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ai togie is die mensdom nie mal oor fake nuus nie.

 

Maar dit blyk soos ‘n paal bo die water dat common sense is nie so wyd verspreid soos mens sou dink nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
3
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 09:53:04 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Tuisuitgedinkte rate is nie 'n kwessie vir debatvoering nie- dis 'n regeringsopdrag en uiters noodsaaklik onder huidige toestande.  Dis nie my oordeel nie!  Kom ons werk vir 'n slag as nasie saam en trek nie weer dwars nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 10:09:22 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Tuisuitgedinkte rate is nie 'n kwessie vir debatvoering nie- dis 'n regeringsopdrag en uiters noodsaaklik onder huidige toestande.  Dis nie my oordeel nie!  Kom ons werk vir 'n slag as nasie saam en trek nie weer dwars nie. 

Dis juis wat ek wil aanmoedig. Ek is n groot voorstaander dat ons hele land en wêreld moet saamwerk....as daar klompie is wat gaan dwarsdraai, gaan oefening nie werk nie. Ek moedig regering se planne al n paar keer aan om te onderhou....nou word daar verwys na tuis uitgedinkte rate? ....dis nie my rate nie, dis die regering sin wat ek wil ondersteun en ander aanmiedig om ook so te doen

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 10:16:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ai togie is die mensdom nie mal oor fake nuus nie.

 

Maar dit blyk soos ‘n paal bo die water dat common sense is nie so wyd verspreid soos mens sou dink nie

Wat vir die een commen sense is, is nie noodwendig vir die ander nie. Kyk hoeveel terugvoering is daar oor mense wat nie lockdown ernstig opneem nie....hoekom nie? ....want hulle is nie bewus van die erns wat hier aan die gang is nie. Dis hoekom ek maar die woord probeer versprei onder soveel moontlik. Miskien is dit vir jou commen sense, maar hopenlik maak dit miskien iemand anders se oë oop wat nie so op hoogte was nie. Net een ou wat mens miskien wys maak kan in die toekoms miskien 10talle lewens spaar. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 15:31:59 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek se. Jy gaan nie n oorlog in as jy nie jou vyand ken. Jy moet ingelig wees.

Ek self wil nie al die goed hoor want dit is ontstellend maar ek dwing myself as n verantwoordelike persoon om myself en familie so moontlik te beveilig.  Om alles te sien en te luister kan ek vinnig opsom wat is moontlike fake nuus of nie. 

Meeste mense wat goed plaas doen dit omdat hulle omgee en dalk self vrae het en in ruil moet ons met deur wysheid en empatie antwoord ook met meegevoel wat regstelling oordeelkundig aan dui of sekondeer. Hoe ook al ons almal is bekommerd, het vrees vir die ongekende en niemand het antwoorde.

Onthou net. As dit nie was vir al die gesamentlike waar en onwaar stories van China, Italy ensovoorts sou die WHO geen plan gehad het om mee te begin werk

Kom ons wees geduldig met mekaar, bemoedig mekaar en gee bystand waar ons Kan. Kom ons reel sekere tye waar elkeen in sy eie plek dieselfde tyd God se leiding, vergifnis en genade vra. Dit is waar die miracle cure le waarvoor almal wag.

Doen jou bes om wetend nie fake nuus te stuur. Maak seker van feite sover moontlik.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za