English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 439
Total Replies: 251 862
Total Views: 83 200 787
topics: 11 520
replies: 138 667
views: 39 318 954
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Is ons land regtig in n resessie.?

replies: 64
views: 777
page 1 of 2
09 Mar 2020 @ 18:32:10 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2177
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek wil die vraag vra omdat ekself in n vertwyfeling verkeer. Is ons in n resessie in die land of is net n sekere deel , soos belastingbetalers in n resessie? Ek en Susan het verlede Donderdag met die karavaan teruggekeer vanaf Hartenbos. Toe ons by Gariep Dam aankom word ons meegedeel dat ons nie by die gesamentlikke ablusie staanplekke kan staan omdat daar n konferensie aan die gang is. Hulle bied toe in die plek daarvan een van die luukse staanplekke met eie badkamer en kombuis teen dieselfde tarief as die gewone staanplekke. Ons is tevrede en dankbaar. Omdat ons vroeg is besluit ek om af te loop en te kyk wat by die konferensie gebeur. Daar was honderde afgevaardigdes en twee baie groot wit tente was opgeslaan. Een as n eetvertrek met swierige eetgerei en een as n konferensielokaal. Gariep se eie konferensiesaal was te klein vir die okkasie word ek vertel deur een van die werkers. Hy weet te vertel dit is n "budget speech". Ek stap so tussen die swierige voertuie om te loer waarmee die manne ry. Ek is oortuig dat al die Range Rovers in hierdie land uitverkoop is en daar gestaan het. Meeste met papier nommerplate. Mercedesse en BMW volop(sulke plattes nie die gewone nie) volop. Dan nog Jaguares en Porche groot getalle ook met tydelikke nommerplate. Ek het 4 noodvoertuie of ambulanse getel asook n horde verkeersmotors met blou ligte. Een verkeersmotor het ons net voor jy indraai by die dam op sy dak gele. Die partytjie het jolig geraak toe dit donker word en daar was uitbundig gelag en geskree.

Volgende oggend het ons Bloemfontein toe gery waar ons tot Sondag gebly het. Sondagoggend is ons van Bloemfontein af Natal toe. Op pad tussen Winburg en Harrismith is talle nuwe voertuie (met tydelikke nommerplate) by ons verby. Die spoed wat hulle ry is teen die spoed van lig en sperstrepe en verkeersreels geld nie. By twee geleenthede is swart Audi Q5 voertuie met blou ligte by ons verby met geen ontsag vir ander padgebruikers nie. Ek het geluister na Mnr Mboweni se vorige toespraak toe kostebesparings aangekondig was. Voertuie oor n sekere bedrag mag nie meer aangekoop word nie. Al hierdie voertuie is beslis bokant daardie bedrag daarom maak ek die afleiding dat dit privaat voertuie moet wees omdat staatsinstellings of munisipalteite dit mos nie mag koop nie.........of dwaal ek nou. Tot en met my aftrede het ek 44jaar by dieselfde instelling gewerk en daar was nie n manier hoe ek een van daardie voertuie kon bekostig nie. Is ek stout as ek vra of my vorige werkgewer my dan uitgebuit het want ek het dan aan die agterspeen gedrink. 

As ons n konferensie MOES hou was dit in hoofkantoor se konferensiekamer en ons was tevrede met n lekker koppie tee en netjiese toebroodjies met miskien n vleisbolletjie by.

Ek is nie verbitterd nie inteendeel ek is bly vir die vooruitgang en opgang wat deesdae gemaak word. As dit dan so goed gaan hoekom het ons dan beurtkrag, hoekom sukkel SAL, hoekom sukkel Prasa en en en.

Is dit dan onregverdig as ek vra of die ding van n resessie nie net nog n foefie is nie. Wie draai vir wie n rat voor die oe. Weereens ek is nie jaloers nie ek vra dit omdat ek met my IK nie die kloutjie by die oor kry nie. As een van julle die antwoord het, dan vra ek julle hulp om my ook op die pad te kry om beter te verstaan.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 18:43:36 pm
Rare Breed
Platinum Member
66% Profile Strength
Posts: 279
Joined: 18 Feb 2016

I wish you could see amounts spent on catering in these events. Very insane!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 19:03:38 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4718
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Daar bo se hulle sny onder op voetsool word gesny maar bo baljaar dit 

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 19:32:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek gaan my nie uitlaat oor hierdie een nie.....nie goed vir my gestel nie. Ek sal maar my oogklappe opsit en probeer kyk na die half vol glas (wat miskien nie eers daar is nie)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 20:23:01 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4820
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Wel al wat mens kan sê is ons is in 'n resessie maar nie vir die wat jy raak geloop het nie. Dus is die syfers wat gegee word vir SA in geheel en nie vir die spesifieke groep aan die bokant v d ketting. 

Dis baie jammer dat dinge so ontaard het in 'n kort tydjie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 20:25:01 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Om die vraag te beantwoord: Ja ons is in 'n resessie (minstens soos dit deur die res van die ekonomie en besighede verstaan word). Maar sekere partye en hul meelopers nie, solank daar belasting geld is om te misbruik sal hulle dit doen. Die sg "administrasie" waaronder hulle probeer om Pertoorsdorp te plaas 'n goeie voorbeeld, hoe nader aan volgende jaar se mislikepaliteits verkiesing hoe meer desperaat om hulle hande op geld te kry...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 20:51:24 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4820
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Vir Sasol aandeelhouers asook meeste pensioenfondse wat hul aandele het is dit 'n ramp en nie nie net 'n resessie nie. Daling van R330 na R85 in 3 maande. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 20:52:09 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Geert ek stem ek bly ook liewers daaruit dit maak mens😠.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2020 @ 22:23:56 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Die land is finansieel op gebreek in twee.

  1. Regering beamptes en lede en families in n comfort zone.
  2. Gee nie om verder en melk die res binne in n resessie.
🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 06:18:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Mens moet fotos van sulke uitspatigehede neem en dit dan op sosiale media plaas.  Dis net so dat die res van SA kan sien wat aangaan.

Nie een van ons sou dit vir 'n feit geweet het (dalk vermoed het) as Piet dit nie met ons gedeel het nie.

So met die res van die land.  Net dat hulle kan weet wat gaan aan.

Verder kan ek niks sê nie.................................. dis maar seker hoe dit is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 06:27:17 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Korrupsie gaan voort, resessie of nie...

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 07:01:33 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 382
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Het die volgende gelees in die Business Day die naweek - "..Moody's cuts Sasol to junk due to Lake Charles..."

Dis rof, n trotse (toe) afrikaanse maarskappy wat nou na junk status verander het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 07:04:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Korrupsie gaan voort, resessie of nie...

Dit is waar.  Ons land se president het die leisels gevat en nou hardloop die res met daai wa....................................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 08:00:16 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

As daar êrens geld is Sal dit uit gegee word.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 09:46:15 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ek is 100% daarvan oortuig dat ons in 'n resessie is. Daar is egter 'n deel van ons bevolking (bo-middelklas) wat leef asof daar geen tekorte gaan kom nie. Die armste van die armes voel natuurlik permanent onder druk, terwyl die laer middelklas en gewone middelklas dit die ergste voel. Uiteraard wissel al hierdie scenario's van area tot area. Daar waar die armstes nie meer werk as dagloner kan kry nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 10:05:54 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3419
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

 Ek glo jy gebruik die begrip maar losweg.  Ons voel almal die knyp, of verwag dit minstens, maar of dit 'n ressessie is, is ek nie so seker nie. .  Ressessie is 'n ekonomies-tegniese begrip en beteken kortliks dat daar vir twee agtereenvolgende kwartale 'n negatiewe groei in BBP was.  Ek twyfel of dit reeds die geval is, maar dit kan maklik en waarskynlik wel vorentoe gebeur.   Tot dusver was daar wel groei in ons ekonomie, al was dit ook klein en daar is sover ek weet, nog nie statistiek beskikbaar wat wys dat dit nou omgekeer het en negatief is nie. Ons gevoel en verwagtinge is soms nie heeltemal realisties nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 10:19:14 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

 Ek glo jy gebruik die begrip maar losweg.  Ons voel almal die knyp, of verwag dit minstens, maar of dit 'n ressessie is, is ek nie so seker nie. .  Ressessie is 'n ekonomies-tegniese begrip en beteken kortliks dat daar vir twee agtereenvolgende kwartale 'n negatiewe groei in BBP was.  Ek twyfel of dit reeds die geval is, maar dit kan maklik en waarskynlik wel vorentoe gebeur.   Tot dusver was daar wel groei in ons ekonomie, al was dit ook klein en daar is sover ek weet, nog nie statistiek beskikbaar wat wys dat dit nou omgekeer het en negatief is nie. Ons gevoel en verwagtinge is soms nie heeltemal realisties nie.

Fred, feit is ons het wel 2 agtereenvolgende kwartale negatiewe groei gehad (Q3 en Q4 in 2019), en verwagting is dat Q1 2020 ook negatief gaan wees, en as ek die ding so kyk ook die res van 2020. As Moody's ons ook na junk toe gradeer sal dit nog erger gaan met die uitvloei van buitelandse kapitaal. Terloops sien met Sasol se aandele wat gister met basies die helfte in waarde geval het die hele mpy nou minder werd is as sy totale skuld verpligtinge - kan dit seker "tegniese" banktotskap noem?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 10:32:25 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3419
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jorg, Jammer, ek is verkeerd.  Ek het gou gaan oplees en ek sien dat Q3 2019 inderdaad -0.8% groei gelewer het en Q4 -1.4%.  Ek moet dus met jou saamstem.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 10:49:12 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek dink nie ons land is in n resessie. n Resessie is gewoontlik n fanansiele gestoeiery deur kundiges wat gefaal het. 

Hier by ons is dit n korrupte gestoeiery met n regstelsel wat nie weet hoe om kriminele tronk toe te stuur. Petty crimes soos shoflifting en defamation of character stuur jou tronk toe maar hoe profiel biljoene se diefstal maak jou n nuuswaardige hero en so af en toe kry jy n sports stadium om jou volgelinge toe te spreek. So ons land is nie in n resessie ons land is in die k#k.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 11:55:39 am
Jaco van Rooyen
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 20 Feb 2017

Wil darrem net vir Bak oor se mens kan nie veralgemeen nie, nie alle regerings beamptes val in jou kategorie 1 nie hoor, baie val in selfs die laer-middel klas en middel klas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 12:29:56 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wil darrem net vir Bak oor se mens kan nie veralgemeen nie, nie alle regerings beamptes val in jou kategorie 1 nie hoor, baie val in selfs die laer-middel klas en middel klas.

Jaco ek stem honderd met jou en ek dink jy weet van wie ek praat. Net jammer dit kannie reguit gese word en mens moet in hierdie geval vir veiligheid in draaie praat. Om verkeerd van iemand te praat in die government is n groter sonde as wat jy biljoene steel by die land se armes.

En yes daar is goeie regering beamptes ongetwyveld wat n bittere stryd baklei Vir reg en geregtigheid en nerens kom. Voor iets reg kom word daar onder mekaar baklei en two steps backwards. Never mind the outcome, niemand gaan tronk toe. En Vir die wat daar is geniet n hotel verblyf.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 12:44:25 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2177
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Net vir die interresantheid. Vriende van ons het gisteraand met die karavaan by Gariep oorgeslaap. Hulle het nie van ons gewaarwording daar geweet nie. Gisteraand bel Ria vir Susan van Gariep af waar hulle presies dieselfde ervaar. Ria is ontsteld en toe Susan haar vertel van ons wat dieselfde ondervinding gehad het Donderdagaand kon sy nie glo nie. Blykbaar het "department of labour" gister daar uitgehang met dieselfde swier as wat ons Donderdag ervaar het. Neewat kom ons hou op inkort die land het baie geld kom ons gebruik ook maar ons eie en ook die wat ons vir die ekonomie probeer bespaar. Ek besef dit is die verkeerde uitgangspunt maar kragties man.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 13:04:26 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

En terwyl daar met oorvloed gekuier word loop kinders sonder kos, water en skoene rond.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 13:23:33 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek dink nie ons land is in n resessie. n Resessie is gewoontlik n fanansiele gestoeiery deur kundiges wat gefaal het. 

Hier by ons is dit n korrupte gestoeiery met n regstelsel wat nie weet hoe om kriminele tronk toe te stuur. Petty crimes soos shoflifting en defamation of character stuur jou tronk toe maar hoe profiel biljoene se diefstal maak jou n nuuswaardige hero en so af en toe kry jy n sports stadium om jou volgelinge toe te spreek. So ons land is nie in n resessie ons land is in die k#k.

Huh???? Klink of jy StatsSA se somme en AL hulle bronne betwyfel??? Glo my selfs die korrupte ouens hou nie van resessies nie.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 13:45:43 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ons land is in resessie. Die oorgrote meerderheid van die bevolking het nie n clue wat dit is en wat dit beteken nie, danksy die verlaging van onderwys standaarde.

Dat daar mense is met baie geld in ons land....ja dit is so. En ek praat hier van gewone lands burgers en werkers.

Die Corona Virus.......

Wel dit skep geweldige nuwe geleenthede. Vanoggend oor die radio gehoor "China City" is JHB kla baie besoekers kom nie meer soontoe nie. Dit gaan orals gebeur. 

Die Company Lasher (hulle maak oa kruiwaens, grawe, vurke harke ens.) was erg geraak deur goedkoop Chinese invoere. Hulle het Multi Miljoen Rand bestelling gekry. Deure kan oop gemaak word. Ek dink bv aan die Tekstiel bedryf wat SWAAR getref was deur goedkoop Chinese invoere.

Hierdie Virus KAN n bedekte seen wees vir ons land. Ons kan gouer uit hierdie ressesie kom as wat mense dink, Brandstof pryse KAN daal wat inflasie sal beperk, ons kan begin uitvoer teen die hoee randwaarde (R16 teenoor die dollar), maar..................

Ons sit met Unies!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
10 Mar 2020 @ 13:53:55 pm

Jy het mos gehoor van die storie "never let a good crisis go to waste"! :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 14:52:29 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3419
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis goeie nuus te midde van die doom en gloom!  Moontlik sal ander sektore van die ekonomie ook baat.  Ek dink oa aan die klerebedryf en Arcelor-Mittal wat lank reeds swaar kry as gevolg van goedkoom Sjinese invoere.  Dan die vraag: As ander vervaardigers, hier en in ander nie-Sjinese lande, nou begin produksie opstoot omdat die vraag daar is, gaan hulle weer verloor as die ding verby is? Of gaan dit dalk die Sjinese 'n meer permanente hou slaan?  Dalk verloor verbruikers en dus invoerders hulle vertroue in Sjinese produkte en dalk raak ons as verbruikers weer gewoond aan beter kwaliteit produkte sodat ons nie weer wil terugkeer na swakker Sjinese weergawes nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 15:37:05 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4820
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Met die lees v d mors van geld en lekker gekuier. Dadelik het ek gedink aan die wat honger gaan slaap elke dag. Alhoewel ons almal geraak word is meeste van ons nog in 'n posisie om te kan eet.

Ek sien nou hoe iemand met sy trollie gemors hier verby loop. 'n Koskaravaan gee hom toe 'n halwe droee brood. Hy vat dit en vat so paar happe voor hy verder sleep aan die trollie. Nou dis wat afspeel danksy 'n klein groep wat hulself elke dag verryk. Dit is regtig TRAGIES.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 15:47:23 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2177
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Goed opgesom Danie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 15:48:59 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Wat is die kort woord vir dit. Kommunisme of wat.?

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2020 @ 22:08:43 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Huh???? Klink of jy StatsSA se somme en AL hulle bronne betwyfel??? Glo my selfs die korrupte ouens hou nie van resessies nie.....

Dalk moet jy net mooi lees wat ek probeer se

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 08:24:44 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Gaan net 2 goed se:

  1. Ek ondersteun Zille se taxrevolt 100%
  2. Ek gaan nog voor ek aftree n bloulig konvooi van die R21 afry.
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 09:01:51 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Gaan net 2 goed se:

  1. Ek ondersteun Zille se taxrevolt 100%
  2. Ek gaan nog voor ek aftree n bloulig konvooi van die R21 afry.

Vat my saam 😬

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 09:04:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gaan net 2 goed se:

  1. Ek ondersteun Zille se taxrevolt 100%
  2. Ek gaan nog voor ek aftree n bloulig konvooi van die R21 afry.

Ek sit links voor.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 09:16:50 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

smile Lyk my al die sitplekke gaan volgemaak word.

Op n erntige noot, ek en julle wat ons gatte afbetaal aan belasting en dan nog belas word as ek diesel ingooi om te gaan werk (om belas te word) betaal maar swaar aan daai diesel/petrol.

Hier kom die nikswerd fo..r en wil my van die pad afry teen 200 kilos per uur en die fo..r betaal nie eers vir daai petrol en voertuig nie of wagte for that fact.

Hy jaag so met my en jou se hardverdiende belasting geld en ek sien hulle elke dag....

Ek is al so gatvol vir die stelende nikswerd suurstof diewe wat ons land in die grond in regeer nie.

Nou is ek klaar.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 10:05:40 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Dalk moet jy net mooi lees wat ek probeer se

Wat jy gesê het en ek haal aan: "Ek dink nie ons land is in n resessie. n Resessie is gewoontlik n fanansiele gestoeiery deur kundiges wat gefaal het." Nou kom ons kyk na wat "resessie" beteken:

" a period of temporary economic decline during which trade and industrial activity are reduced, generally identified by a fall in GDP in two successive quarters. - e.g. the country is in the depths of a recession" vlgs die woordeboek. Of vlgs Investopedia: " A recession is a macroeconomic term that refers to a significant decline in general economic activity in a designated region. It is typically recognized after two consecutive quarters of economic decline, as reflected by GDP in conjunction with monthly indicators like employment."

 Die feit dat ons 'n resessie het is te wyte aan 'n klomp faktore oa. swak ekonomiese beleid en sekerlik ook staats kaping, werkloosheid, corvid-19 speel sekerlik ook 'n (groot) rol, ens. ens. Dis egter nie ter sake nie, feit bly staan ons IS in 'n resessie ongeag die oorsake (resessies is seker soos die dood, daar is altyd 'n oorsaak!)

Verstaan nie hoe jy kan sê ons land is nie in 'n resessie nie...wat noem jy dit dan?

Einde van die lesing, ons sal more 'n klastoets skryf:)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 10:09:31 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Jorg. Baie slim. Jy mis nog steeds die punt. Dalk is jou intelek te hoog ou maat 🤣

Hierdie is nie n forum vir finansiele gurus of Wall Street boffens nie, die is n kamp forum met hopelik n bietjie humor in.

As jy ophou om so slim te wees sal jy lees ek se eientlik die land is in n erger ding as n resessie ons is in die k&k.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 11:35:35 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Bakkies, dit spyt my waternat dat ek nou sg. te slim is, ek sal my goue sterretjie terug gee :) Stel voor jy lees dalk self wat jy geskryf het? Jy sê tog duidelik dat die land nie in 'n resessie is nie? Wat anders mis ek? En nee ek is nie 'n Wall Street guru nie:)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 18:58:54 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4820
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek dink ek moet maar John alias Bakoor se goue sterretjie vat wat hy by Jorg gekry het - hehehehe

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 19:27:34 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Bakkies, dit spyt my waternat dat ek nou sg. te slim is, ek sal my goue sterretjie terug gee :) Stel voor jy lees dalk self wat jy geskryf het? Jy sê tog duidelik dat die land nie in 'n resessie is nie? Wat anders mis ek? En nee ek is nie 'n Wall Street guru nie:)

Ek verstaan nou beter. Sterretjies was net op laerskool uitgedeel. Bly jy Kon n goue kry. Maar my vrou gaan dink eks koekoes om met n sterretjie rond te loop.

Terug by die onderwerp. Jy mis die sin na " ons land is nie in n resessie"  Hoe moeilik Kan dit wees of sit ons nou al weer met n ego wat sy standpunt wil afdwing. Los dit man beweeg aan ek raak vervelig met al die verduidelikings. 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 20:53:17 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Tja wat sê mens na so 'n antwoord Bakkies. Geen rede vir my om sg. 'n standpunt te wil afdwing nie. Nou ja, ek doen toe in alle geval wat jy voorstel en lees weer jou sin na "ons land is nie in 'n resessie nie" Ek haal woordeliks aan: "n Resessie is gewoonlik n fanansiele (sic) gestoeiery deur kundiges wat gefaal het." Mmm... laughing

Maar aangesien jy verveeld raak met verduidelikings sal ek eerder aanbeweeg en 'n paar goue sterretjies (oeps dis nou silwer, ons is mos in resessie) gaan verdien. Groetnis :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 21:12:08 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Vir Sasol aandeelhouers asook meeste pensioenfondse wat hul aandele het is dit 'n ramp en nie nie net 'n resessie nie. Daling van R330 na R85 in 3 maande. 

Jy is reg Danie, hoor vanoggend dat Sasol se totale waarde nou slegs die helfte is van sy totale skuld en blykbaar is daar iets in hulle skuld ooreenkomste wat in so 'n geval die skuld onmiddelik terugbetaalbaar maak....maar hulle onderhandel glo iets. Maar ja die beleggings van pensioen fondse gaan seerkry...dit was ook die geval destyds met Steinhoff. Alle fondse het heelwat "bluechip" blootstelling. As jy jonk genoeg is en tyd het vir die mark om te herstel is dit seker OK, maar as jy reeds op pensioen is of naby daaraan is dit maar sleg

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Mar 2020 @ 21:12:54 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Kos Los nou die tou trekkery.

Geseende aand Vir jou Jorg. 🛐

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 07:22:58 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 382
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 09:26:01 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4718
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ek werk by Sasol vandag na my pension total gekyk met 4..2 % geval olie prys onser 40dolar aandele amper tot niet my 2c ons het groot probleme praat nie eers van Eskom nie

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 11:37:25 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ten minste Kan minder geld so bietjie meer brandstof koop. 

Dalk n goeie idee om n opgaar tenk in my erf te begrawe (my eie Klein Sasol) vol te maak en te stoor vir vakansies.  

Gaan nie gou weer sulke lae brandstof pryse sien.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2020 @ 21:57:59 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Jorg.

Piet G het die draad begin deur te vra "Is ons land regtig in n resessie"

Nou as ek reg is, moet jy vir Piet uitrap as jy dan moet. Ek het die land as erger toestand van resessie beskuldig maar jy was te slim om dit te kon lees. Wat Piet se draad betref weet ek presies waar Hy vandaan kom en weet wat Hy wil se.

Bottomline lyk dit vir my jy het net n stok gesoek om my te slaan. Dit kom baie vreemd voor na jy my geroskam het en op die forum my intelek bevraagteken. Jy Jorg Kan eerder my kontak en se wat jou griewe met my is. So n persoon respekteer ek. Na n afkoeling tydperk besef ek wat jou intensie met my was.

Ek sal alleenlik jou reply antwoord as jy omverskoning vra. Anders sal ons seker eendag die ding man tot man bespreek by n kamp vuur

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 09:48:34 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 423
Joined: 28 Feb 2018

Its seems we are heading from a recession to a depression 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 10:00:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Its seems we are heading from a recession to a depression 

Ja...glo dit gaan rof raak. Nounet n oproep van n klient gekry dat hy my nie kan betaal nie. Hy werk vir n maatskappy wat toeriste vervoer vanaf lughawe na verskeie bestemmings. Hy sê hulle is nou geplaas onder 2 maande onbetaalde verlof. As dit n tendens gaan word...waar gaan ons eindig. Regering het seker nie fondse om dit so te kan hanteer soos lande soos Italië byvoorbeeld nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 10:40:21 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ons is nie meer in n ressessie nie.

Ons is nou pleinweg in die poefies!

MAAR!!!!!

Ons SAL daar deurkom 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 10:53:45 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ons is nie meer in n ressessie nie.

Ons is nou pleinweg in die poefies!

MAAR!!!!!

Ons SAL daar deurkom 

Stem 100 met jou saam Hannes en dit is presies wat ek hier bo ook gese het. Ek wonder nou net of onse Jorg (Hurricane) jou ook nou so n algemene kennis preek gaan toe snou soos met my gedoen is.

Presies wat jy se. Vorige resessies is n baba teen die een en die planne is maar min en het nie veel umph nie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za