English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 008
Total Replies: 243 747
Total Views: 82 973 743
topics: 11 241
replies: 133 120
views: 39 185 545
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Gansbaai , Struisbaai of waar?

replies: 10
views: 236
26 Feb 2020 @ 06:45:50 am
DaanPot
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 18 Jul 2017
Experience: 28 years

Ons Toer DV September in Kaapstad en omgewing en wil graag vanaf Kommetjie na Gansbaai se rigting gaan. Enige aanbevelings van kampplek sal waardeer word want inskrywings op forums waarop ons afkom is al oud.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 07:34:17 am
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 59
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 37 years

Ek sal Strandskloof net buite Gansbaai aanbeveel. Mooi kampplek wat goed bestuur word met goeie sekuriteit en ablusies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 08:24:26 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2891
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Strandsfontein is puik.  Dit is egter een van die dele van ons land waar die wind gemaak word- soos ook Struisbaai.  As julle wel so ver as Struisbaai gaan, staan eerder op La-Gulhas- dis deel van die Struisbaai munisipaliteit maar buite seisoen is dit bietjie geselliger en besiger as die Struisbaai-kamp.  Laasgenoemde is heeltemal oop en dus gladnie beskerm teen die wind nie en is buite vakansies meestal heeltemal leeg.  Struisbaal/La'Agulhas se ablusies is oud maar skoon terwyl Strandsfontein, 'n privaat kamp, puik ablusies het.  Laasgenoemde het ook heelwat bome terwyl die ander twee nie skadubome het nie.

Daar is ook 'n kamp so tien kilos voor Hermanus, genaamd  Paradys, was nie te sleg is nie.  Ablusies was oud maar skoon toe ons laas daar was maar hulle het toe gesê hulle gaan opgradeer.  Die plek het baie groot bome en is nogal gesellig. Daar is ook heelwat te doen in Hermanus .

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 10:19:08 am
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 59
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 37 years

Fred sover ek weet is Strandsfontein langs die Weskus, Daan gaan Gansbaai se kant toe wat teenoorgestelde kant is.  Die plek wat ek aanbeveel is Strandskloof net langs Gansbaai, nie dieselfde as Strandsfontein nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 11:22:29 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2891
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja, natuurlik, ek het die verkeerde naam gebruik.   Dit is Standskloof.  Die een aan die Weskus waar ons al 'n paar maal was, is STRANDFONTEIN, nie StrandSfontein nie.  Dankie Hein.  Strandfontein is 'n munisipale kamp, van redelike standaard maar bietjie duur.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 23:31:08 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2893
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hoog tyd dat ek ook weer n draai deur die weskus gaan ry

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 13:03:49 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Die oord in Struisbaai is op die strand, maar ek dink die wind gaan jou roer.

Toe ons een Desember daar oorgeslaap het by vriende was daai park lekker vol en dit het heel goed gelyk, geen bome sover ek kan onthou nie.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 13:54:48 pm
DaanPot
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 18 Jul 2017
Experience: 28 years

Baie dankie vir insette. Wat van Onrus by Hermanus as Alternatief omdat dit nie te ver is nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 14:32:19 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2891
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons het nog nie daar gekamp nie maar eenmaal net deurgery.  Die plek het heel gesellig gelyk met baie bome.  Ek dink dis 'n munisipale kamp.  Dis nie noodwendig negatief nie- sommige Kaapse munisipale kampe is puik soos Die Punt by Mosselbaai en Jongensfontein by Stilbaai terwyl ander power verby is.  Ons het wel by Kleinmond gekamp wat na aan Onrus is en deur dieselfde enitteit bestuur is.  Dit was heel netjies maar nie juis gesellig nie.

Aangesien julle buite skoolvakansie gaan toer (reg?) sou ek voorstel ry net eenvoudig, stop by 'n kamp en vra om te gaan kyk hoe lyk dit.  Besluit dan om te bly of verder te ry.  Dis wat ons doen.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 09:55:04 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 970
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Baie dankie vir insette. Wat van Onrus by Hermanus as Alternatief omdat dit nie te ver is nie?

Onrus was vir etlike jare een van die beter munisipale kampeerterreine. Ongelukkig het dinge hier ook maar agteruit gegaan. Misdaad het 'n probleem begin word. Die Overstrand munisipaliteit het dit aanvanklik goed aangespreek deur hulle sekuriteit op te knap. Ongelukkig het dit ook intussen maar weer 'n paar treë terugwaarts gegee.

Ek sekondeer die aanbeveling om Strandskloof te oorweeg. Puik!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 10:28:27 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2891
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Strandskloof is seker nie verder as 50 kilometer vanaf Hermanus nie, dus naby genoeg vir 'n daguitstappie.  Strandskloof is nie op die strand nie- seker so vyf kilos binnelands half teen 'n heuwel en is baie veilig.  Die naaste strande is Uilenskraalmond en Franskraal.  Beide is glo maar nie te veilig nie as gevolg van die perlemoenstropers-element wat daar rond hang.  Dit is baie jammer want dis mooi strande.  As julle daar uitkom, gaan besoek en klim gerus die Danger Point vuurtoring- dis heel interessant.

Baie jammer van Onrus- ek het geding dis steeds een van die beter munisipale kampe.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za