English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 007
Total Replies: 243 733
Total Views: 82 973 416
topics: 11 241
replies: 133 113
views: 39 185 370
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Regte karvaan vir eienaar?

replies: 22
views: 819
23 Feb 2020 @ 15:40:44 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 162
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

daar is altyd iemand wat sy wa/sleepwa verkoop hoeveel mense het die verkeerde aankope 

gedoen en hoeveel mense se omstandighede het verander en nou is 'n ander wa/sleepwa 

'n beter opsie?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 16:07:03 pm
LEEN
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 67
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Dit is so ons in dieselfde posisie het Wildebeest kalfie te koop kinders uit die huis en ouderdom se pyne begin pla so ons moet opgradeer na iets wat nie uitvou opvou uittrek of afslaan nie.   In ander lig gesien n karavaan hou altyd sy waarde indien hy opgepas is.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 17:12:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die een wat ek het, is die regte een.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 18:38:37 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 309
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

With our Skipper T LT i believe we have bought the most compact yet spacious van for its size without the acess problem to the bed like other tent trailers. The outside tent is a proper tent and protects one properly from bad weather, the double bed is quite big enough and there is enough packing space. Think resale wise the oyster would have been better and for one night camp overs especially in the rain, but our T ticked all the boxes whilest being very affordable compared to other vans. At Skipper get togethers you find out how loyal owners are to their Skippers for a reason. The design is just so good and compact

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 18:40:18 pm
pieterc
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 55
Joined: 10 Mar 2015

Ek het gister n tweedehandse 2019 Sprite Tourer by Pta Woonwaens gesien vir omtrent      R 10 000.00 goedkoper as hulle "special deal" 2020 model. Die verkoopspersoon het bevestig dat daar geen verskil tussen die 2019 en 2020 modelle is nie, en dat die eienaar dit op n Exclusive ingeruil het. Ek weet nie wat die rede is nie, maar hulle het baie vining n klomp geld verloor.

n Kollega het n boskaravaan gekoop en na een keer se gebruik weer verkoop omdat hulle nie van die kampstyl gehou het nie. Gelukkig het hulle nie die Palma ingeruil of verkoop nie en gebruik dit gereeld.

Almal het sekerlik hulle eie redes - en is geregtig daarop - waarom hulle verkoop of nie. Ek kan self nie iets anders bekostig nie daarom is ons huidige karavaan ook die regte een vir ons.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 18:50:00 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4602
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ja soos n ou aanbeweeg en ouer raak verander die behoefdes 

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 19:07:11 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4028
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Nou die dag by Ford by die koffie masjien 'n plaasboer ontmoet. Hy wag vir sy nuwe blou Raptor om oorhandig te word. Het nie gehou van sy ou wit Raptor nie, met net 13 000 km op. Bereid om geld te verloor oor die kleur van die voertuig.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 19:09:59 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek het gister n tweedehandse 2019 Sprite Tourer by Pta Woonwaens gesien vir omtrent      R 10 000.00 goedkoper as hulle "special deal" 2020 model. Die verkoopspersoon het bevestig dat daar geen verskil tussen die 2019 en 2020 modelle is nie, en dat die eienaar dit op n Exclusive ingeruil het. Ek weet nie wat die rede is nie, maar hulle het baie vining n klomp geld verloor.

n Kollega het n boskaravaan gekoop en na een keer se gebruik weer verkoop omdat hulle nie van die kampstyl gehou het nie. Gelukkig het hulle nie die Palma ingeruil of verkoop nie en gebruik dit gereeld.

Almal het sekerlik hulle eie redes - en is geregtig daarop - waarom hulle verkoop of nie. Ek kan self nie iets anders bekostig nie daarom is ons huidige karavaan ook die regte een vir ons.

Inruil by 'n agent is altyd 'n slegte opsie, die mense bied oor die algemeen swak pryse aan. Die waens wat hulle waarde "behou" is altyd die wat privaat verkoop word. Seker ook maar dieselfde by inruil van 'n voertuig? Bv ek sal my '95 Fleetline L maklik vir rondom R50k + van die hand kan sit, maar sal nie naby dit kom by 'n inruil nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2020 @ 21:28:54 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1319
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die titel van die draad handel oor die regte karavaan.

Gedurige verandering is is nou maar een maal 'n onvermydelike van ons bestaan.

Ek sien op na die dag wanneer ek ons geliefde karavaan vaarwel sal moet toe roep. Nog 'n onvermydelike verandering. 

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 06:56:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit is maar hoe dit is.  Ons het met tjopper tente gekamp.

Toe so effe opgegradeer na 'n Venter camper en Boot.

Die Venter Camper verkoop en Eerste Penta gekoop

Toe boot ook vekoop tweede Penta gekoop want kids het steeds saam gekamp later in hulle eie tente

Toe die klaar betaal is weer boot gekoop.

Toe is kinders uit die huis.  Penta en koop Classique. Net ek en Ma en die badkamer werk toe vir ons.

Boot staan net want kinders werk.  Met die dat Classique klaar betaal is verkoop boot en Classique en koop Maia.

Nou het ons die regte wa met al die gemak wat ons aan kan dink.  

Na die naweek by die skou is dit net daai "KARAAITIS" siekte wat weer pla. (Kyk na al wat 'n karavaan wat oraait is Siekete)

Mens se gat juk erenstig maar ja omstandighede hou jou darem op jou plek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 07:01:55 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years
Aan die begin was ons karavaan nie die "regte" karavaan nie, maar na n paar randjies hier en werkies daar is hy nou die regte karavaan wat by ons behoeftes pas.
@ Leon - Ja daai gatjeukery is n lelike ding.
Ek het darem n sak stronke gekry van my neef op die plaas, dit help so biki met die jeukery.
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 07:37:23 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years

Ek sien ook gereeld of sosiale media 'n karavaan met die mooiste setup, dan dink ek joe die mense is ingerig, dan sien ek, ooh nee die wa is te koop.

Dan wonder ek ook wat maak dat mens so mooi wa verkoop? 

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 07:42:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15696
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dit is maar hoe dit is.  Ons het met tjopper tente gekamp.

Toe so effe opgegradeer na 'n Venter camper en Boot.

Die Venter Camper verkoop en Eerste Penta gekoop

Toe boot ook vekoop tweede Penta gekoop want kids het steeds saam gekamp later in hulle eie tente

Toe die klaar betaal is weer boot gekoop.

Toe is kinders uit die huis.  Penta en koop Classique. Net ek en Ma en die badkamer werk toe vir ons.

Boot staan net want kinders werk.  Met die dat Classique klaar betaal is verkoop boot en Classique en koop Maia.

Nou het ons die regte wa met al die gemak wat ons aan kan dink.  

Na die naweek by die skou is dit net daai "KARAAITIS" siekte wat weer pla. (Kyk na al wat 'n karavaan wat oraait is Siekete)

Mens se gat juk erenstig maar ja omstandighede hou jou darem op jou plek.

Ja/nee....daai juk was ook erg by my die naweek.....lank rondgehang daar tussen die Quantums🤔

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 08:12:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Aan die begin was ons karavaan nie die "regte" karavaan nie, maar na n paar randjies hier en werkies daar is hy nou die regte karavaan wat by ons behoeftes pas.
@ Leon - Ja daai gatjeukery is n lelike ding.
Ek het darem n sak stronke gekry van my neef op die plaas, dit help so biki met die jeukery.

Jy moet asb van daai stronke aanstuur hier na my toe.  'n Naweek soos die wat verby is, is glad nie goed vir 'n man se bank rekening nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 10:37:05 am
Shirundu
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

My pad het so geloop. Eers in die 80's my eerste Caravette 6. Hom sommer elke jaar oor Jozini met die lelike sandpad Sodwana toe gesleep. Later hom vervang met die Palma en sy bak gelig met spacers om by Ponta Malongane uit te kom. Toe later dieselfde met die Classique. Baie my op Malongane gevra hoe kom jy hier met die karavaan? En toe laat ek my ompraat om die Classique in te ruil op 'n Exclusive. Groot fout vir my maar al my pelle sê nou het jy jou droomwa. Hys te groot en te laag. Selfs met die movers partymaal gespook om hom in die regte posisie te kry. Nou op my "ouer" dag die Explorer. Werk hy nou lekker in Mosambiek en Botswana. kom nou op plekke waar ek nooit met die ander waens sou gegaan het nie. Die solar ding ook gedoen. Nou kamp ons nog lekkerder op afgeleë plekke. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 13:27:49 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Die regte karavaan is die een wat jy het ,as jy nie die geld het vir n ander een nie

 

How great is our GOD
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 15:17:46 pm
Shirundu
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Die regte karavaan is die een wat jy het ,as jy nie die geld het vir n ander een nie

 

WJ - Dankie vir die waarheid...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 16:16:52 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1950
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek is nou seker weer die uitsondering op die reël :  van my 7 karavane oor 'n periode van 50 jaar het elkeen ons behoeftes soos 'n handskoen gepas.  Ons laaste, huidige karavaan sal nog so 7 jaar moet hou wanneer ek beplan om my kampeerskoene op te hang.  Met elkeen van hierdie karavane het ek self klein aanpassings gemaak sodat die waens 100% aan ons behoeftes voldoen.

Ek bly weg van buitelewe-skoue, want daar gáán ek onnodig geld uitgee  -  ek het dus nie mieliestronke nodig nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 07:12:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek is nou seker weer die uitsondering op die reël :  van my 7 karavane oor 'n periode van 50 jaar het elkeen ons behoeftes soos 'n handskoen gepas.  Ons laaste, huidige karavaan sal nog so 7 jaar moet hou wanneer ek beplan om my kampeerskoene op te hang.  Met elkeen van hierdie karavane het ek self klein aanpassings gemaak sodat die waens 100% aan ons behoeftes voldoen.

Ek bly weg van buitelewe-skoue, want daar gáán ek onnodig geld uitgee  -  ek het dus nie mieliestronke nodig nie.

Lennie elke ou maak maar soos hy goed dink.  Jy sien die atmosfeer by die skoue is amper die selfde as om te gaan kamp.  Kitty noem dit daai "Gevoelente".

Nou ek is verslaaf aan daai gevoelente van kamp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 08:23:32 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die regte karavaan is die een wat jy het ,as jy nie die geld het vir n ander een nie

 

Sal nog so bietjie wag.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 18:52:16 pm
Namane
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 24 Dec 2019

Your needs will always change. I bought my first caravan in 2010 (jurgens expo) which is a 3 sleeper. I traded in 2014 for the Gypsey Regal because we were four and now that my first born can no longer go out with us, i sold it and got the tourer sp which is a 3 sleeper and a gravel roader. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 07:47:26 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Die geheim is dit wat jy koop (want niks is verniet nie) moet jy gebruik. Dit help nie n ou betaal derduisende rande vir n dink en hy staan net maand in en maand uit.

Ek voel al so oor my scooter, ry partyker vir tot 3 maande glad nie met die ou nie.

Het darem so 2 weke terug n trip bosveld toe gevang net die ou net om al die werkende dele weer te ghries.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 08:33:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die geheim is dit wat jy koop (want niks is verniet nie) moet jy gebruik. Dit help nie n ou betaal derduisende rande vir n dink en hy staan net maand in en maand uit.

Ek voel al so oor my scooter, ry partyker vir tot 3 maande glad nie met die ou nie.

Het darem so 2 weke terug n trip bosveld toe gevang net die ou net om al die werkende dele weer te ghries.

Ek het dieselfde denkwyse Frik.  Mens moet die goed gebruik sodat jy waarde kan kry uit jou belegging.

Ek self wil baie graag weer vir my 'n Scooter koop.  Het 'n paar jaar terug my 1200GS verkoop ook omdat hy gestaan het........................... Nou is ek vrek spyt daaroor.

Maar ja......... dit geld eintlik vir karavane, bote, alle voertuie.  

Maar weereens dit hang van persoon tot persoon af hoe en hoe gereeld hy sy goed wil gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za