-  Classifieds  -  2005 Jurgens Fleetline  -  1997 Jurgens Exclusive   -  2012 Gypsey RegAL  -  2018 Sprite Sprint   -  Forums  -  Back Year Resort   -  Twyfel  -  Afrikkans grappie  -  Zambezi in vloed  -  News  -  Mountain View Zastron - Featured Resort  -  Creative Canvas In Cape Town  -  Don't Cancel  -  We Are Proud
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 007
Total Replies: 243 732
Total Views: 82 973 378
topics: 11 241
replies: 133 113
views: 39 185 352
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Lekkende Venster

replies: 12
views: 175
17 Feb 2020 @ 18:21:20 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 544
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Ons was so twee weke gelede by Drakensville en dit het ‘n paar dae aanhoudend gereën, soveel so dat die voorste venster van my Gypsey Regal begin lek het.

Terug by die huis het ek gesien dat die ruit nie orals dig teen die rubber seël nie.

Sonder om ‘n nuwe rubber te installeer, is daar iets anders wat gedoen kan word om te verseker dat die ruit orals dig teen die rubber sluit?

Indien dit op ‘n punt kom dat ek die hele rubber moet vervang, is daar enige iets waarop ek bedag moet wees? Ek het ‘n buis Sikaflex 221, is dit die regte “gom” om die nuwe rubber mee te plak?

As ek die rubber vervang, waarmee kan ek die ou gom verwyder?

Dankie vir alle hulp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 20:28:08 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jy kan hom met Dakt tape toe plak....cool

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 20:35:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15696
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 20:42:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15696
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

LEON se insetsel vanaf die ander draad

As jy dit self wil doen volg die volgende proses.

Baie belangrik die sukses van die werk hang grootendeels af van hoe goed jy die voorbereiding gedoen het.  Onthou sikaflex seel net oor ou sikaflex vir 'n kort tydjie daarna is dien dit geen doen nie.

Voorbereiding: (Neem ongeveer 'n dag of twee)

  • Verwyder ALLE ou silicone/sikaflex deur gebruik te maak van 'n skrapertjie, lap en parafien.  Die parafien maak die sikflex los van die karavaan oppervlaktes as jy dit op 'n lap sit en redelik hard vryf.  Sodra een punt of gedeelte los kom gaan dit redelik gouer.  Ek moet beklem toon verwyder alle ou sikaflex, veral waar dit redelik dik gesmeer is of groot gapings tussen panele is. 
  • Verwyder nou die vetterigheid van die parafien deur skoon lappe spiritus of thinners te gebruik. Pasop die thinners kan die verf van die kant panele van jou wa afhaal.  Dit doen niks aan die veselglas gedeeltes en aliminium strips nie. Ek beklemtoon dat die geringste vetterigheid sal maak dat die sikaflex nie daar reg "Plak nie".  So jy moet seker maak dis deeglik afgehaal.
  • Gebruik die geel tipe maskeer band. (Cream kleur een plak nie goed nie en kom los tydens die seel proses). Plak dit op die aliminium strip met so 2mm van die aliminium wat uitsteek aan die laskant.  Doen die selfde aan die paneel kant met 2mm wat uitsteek aan die las kant. Dus het jy twee strips maskeer band ongeveer 4mmm uitmekaar waarvan die las tussen aliminium en paneel in die middel is.

Seël van die karavaan:  (Neem so uur of wat)

  • Wend nou die sikaflex aan tussen die twee maskeerband stroke en maak dit dadelik glad met water en jou vinger.
  • Hou die sikaflex dun op die maskeerband.
  • Trek dadelik die maskeerband af soos wat jy 'n las klaar gesmeer het.  As jy 10min wag het die sikaflex klaar begin set en as jy dit dan af trek maak dit die seël las lelik.

Dis dit.  Die voorbereiding is die belangrikste en vat die langste.  Hoe deegliker en skoner dit is  bepaal die sukses van die seel.

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 06:20:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Johan die venster het mos sulke knippe met klein handvatsels wat as jy die venster toe trek dan gebruik jy die handvatsel om die knip agter die sluit stut/"Locking lug" in te haak.  Elke knip het sy eie plastiek sluit stut waar agter hy in haak.

Voordat jy rubbers vervang kyk na die volgende:

  1. Is al die sluit stutte deeglik vas? Hulle skroef met hout skroewe in die raam van die venster vas en kom somtyds los met tyd terwyl jy ry.
  2. Dalk is dit net nodig om een of twee van die sluit stutte net dieper na die binnekant van die karavaan te skuif sodat dit die venster effe stywer vas trek.  Maak die venster toe en haak die knippe in.  Laat iemand die venster aan die buitekant druk nie met baie kragte nie, net tot teen die rubber en bepaal of daar speling is tussen van die venster knippe en hul sluit stutte. As die speling bv 4mm is skuif daai sluit stut net DIE 4mm.  Anders sal die venster knip dalk breek of van die sluit stut af gly gedurende 'n rit.
  3. As die venster net liggies toe lê teen die rubber.  Is die venster dalk gebuig dat hy nie gelyk oral teen die rubber druk nie.  Dit behoort nie sommer 'n probleem te wees nie want die vensters het redelike beweegbaarheid so oor die breedte van die ruit.  Bevestig maar net vir ingeval.
  4. Dan ook as die venster liggies teen die rubber lê en hy raak nie die rubber oral nie is die rede nie nood wendig die skewe ruit nie maar 'n skewe karavaan.  Hoop nie dis dit nie want dan is daar grooter fout en moet dit eerder gesoek word.

Hoop die raad help.  Beste is om eers die oorsaak te kry hoek die ruit nie reg seel nie. Ja dit kan 'n skewe of foutiewe rubber wees.  Maar wees bedagsaam op dieper dinge want deur dit nou op te spoor sal latere trane verhoed.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 06:21:35 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jy kan hom met Dakt tape toe plak....cool

 

 

Ja in 'n noodgeval maar nie as permanente oplossing nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 09:04:42 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1826
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Johann................ons en Pottie-hulle (Proffie) was ook op Drakensville met die "groot reën". Ons seil insetsel tussen karavaan en opligdak het ook begin lek.

Ek wil hierdie week na Pinetown se Camp World ry om "seil seëllaar" te gaan kry om dit weet waterdig te maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 17:18:48 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 544
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Dankie.

Die knippe is stewig en geen speling as daarteen van buite gedruk word nie.

Die stutte is stewig vas, reeds daarna gekyk.

Die ruit lek aan die bokant en die sluitstukke is meer as die helfte na die onderkant van die venster met die gevolg hoe harder daar aan die stut gedruk word, hoe makliker lig die ruit aan die bokant van die rubber af. Daar is defnitief ‘n stukkie waar die ruit nie teen die rubber druk nie.

Ek dink daaraan om ‘n 3mm “weather strip” teen die rubber te plak om die seël te verseker - hoop dit sal werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 17:33:47 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4028
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Wat ek ondervind het was die rubbber het 'n kort ent aan die bokant losgetrek. Dit het veroorsaak dat 'n boog gevorm het waar die water le ipv na die kante afloop. Daai water het binne teen die ruit afgeloop. Na ek die rubber bo oorgeplak het was my probleem verby.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 06:36:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dankie.

Die knippe is stewig en geen speling as daarteen van buite gedruk word nie.

Die stutte is stewig vas, reeds daarna gekyk.

Die ruit lek aan die bokant en die sluitstukke is meer as die helfte na die onderkant van die venster met die gevolg hoe harder daar aan die stut gedruk word, hoe makliker lig die ruit aan die bokant van die rubber af. Daar is defnitief ‘n stukkie waar die ruit nie teen die rubber druk nie.

Ek dink daaraan om ‘n 3mm “weather strip” teen die rubber te plak om die seël te verseker - hoop dit sal werk.

As ek so na jou luister Johan sal dit raad saam wees om die ruit af te haal, die rubber los te maak en als mooi netjies weer vas te sit.  Dan is dit netjies geseel.

Daai weather strip kan dalk die antwoord wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 07:07:22 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 544
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Ek het toe ‘n 3mm weather strip geplak en met ‘n tuinslag getoets. Die volgende reënbui moet erger wees as die drukking van die water uit die tuinslang want met die tuinslang lek die venster nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:08:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Johan hoe lyk dit met 'n foto of wat.

Dit kan iemand ander met 'n soortgelyke probleem vorentoe help.

Bly dit is uitgesorteer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 14:57:16 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 544
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Die weather strip is die grys kleur in die foto.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za