English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 231
Total Replies: 248 722
Total Views: 83 111 330
topics: 11 383
replies: 136 490
views: 39 265 488
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kruger Wildtuin

replies: 25
views: 448
14 Feb 2020 @ 10:50:00 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years

So baie soos ek van kamp hou, het ons die voorreg om so elke 2de jaar komplimente van ons holiday club 'n midweek weg te gaan.  So die keer het ek geboek by Kruger Park Lodge die week voor die skool sluit.  Dis my en my man se gunsteling lodge. So bietjie luxury is lekker so nou en dan.  En dan het ek 2 aande bespreek by Orpen, in een van die family cottages teen die draad.  Ons was daar laas my moet 8 jarige 1 was ek dink. So ek wil baie graa my meisiekind wys hoe lyk die actual olifants rivier wat sy sien wanneer ek en sy op 'n saterdag oggend in die bed le en die africam web cam van olifants kyk.  Ek sien verskriklik uit daarna. Dis jammer die wildtuin verspoel op plekke, maar mens is ook dankbaar daar val goeie reen. En ek kan nie wag vir daai verskriklik goen lushof nie.  Dis vervul my siel met allerhande lekker dinge en maak my mandjie in my hart vol sodat ek kan cope met die jaar wat voorlê. Gewoonlik ry mens net van een kamp na volgende kamp na uitkyk punt na bird hide en as jy sien moet jy uit.  So die keer wil ek minder ry en meer vertoef by 'n piekniek spot of 'n uitkyk punt, dalk 'n lekker lunch maak of iet. Net om dit inteneem sodat ek genoeg kry. Ek sien uit na die reuk van die wildtuin as jy 1ste dag uitklim om in te boek, en die park winkeltjies se reuk, en die geluid van die voels, so baie goed wat my siel so verkwik, sonder dat ek nog enige dier gesien het.  Dis natuurlik 'n bonus vir die kiddies. Sit en kyk saterdae oggende na my wildtuin boeke om te dink waar ek wil ry.  Timbavati pad definitief.  Het leeu mamma daar gesien wat 'n zebra gevang het en haar kinders geleer het wat om te doen. Daars mos baie leeus in daai omgewing.  So ja baie baie opgewonde

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Feb 2020 @ 14:23:57 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Jy het rede om opgewonde te wees

 Elke besoek aan die tuin Los n imprinted memory wat jou nooit Los. Geniet dit en wees veilig

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Feb 2020 @ 15:05:20 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4285
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek glo julle gaan dit geniet by KPL met die wildtuin hek net om die draai.

Sal fotos waardeer. Sien of julle daai wit leeu wat by Orpen gesien was kan kry.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Feb 2020 @ 15:20:53 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9394
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Gaan bly nou Julie met die skool vakansie vir n week in my Tyddeel by Sudwala Grotte.

Dan kan die kinders daar ook sien.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Feb 2020 @ 15:47:26 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 726
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

maak julle my nou lus

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Feb 2020 @ 19:42:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek glo julle gaan dit geniet by KPL met die wildtuin hek net om die draai.

Sal fotos waardeer. Sien of julle daai wit leeu wat by Orpen gesien was kan kry.

 

Iemand het my n ruk terug n foto gewys van n spierwit rooibok in die KNP.....as ek my nie misgis nie was dit in die Letaba omgewing

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Feb 2020 @ 20:24:12 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4285
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Iemand het my n ruk terug n foto gewys van n spierwit rooibok in die KNP.....as ek my nie misgis nie was dit in die Letaba omgewing

Ja, ons het al gekry in Mapungubwe.

Dan ook die swart springbok in 'n reservaat buite Calvinia.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2020 @ 07:01:09 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1453
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Catherine, your park outlook and excitement is the same as ours.

We have stayed at Kruger Park Lodge with my BIL's holiday club points, but the trip from Hazyview to Kruger Gate is not nice, so we tended to use Phabeni. Just get there early.

 

Now you have gone and made me even more lus for our upcoming Mapungubwe/Kruger trip in April!

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2020 @ 09:49:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Selfs daai vlêrmuis reuk by Lower Sabie se huisies is uniek. Eish...maak hierdie draad my nou lus vir KNP...nog 4 maande

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2020 @ 11:57:54 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ons is Maandag terug in Malelane en sal iewers in die week 'gou' in KNP inry net om die behoefte en lus te blus.

Catherine, julle moet dit geniet.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2020 @ 13:02:50 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Oom Paul se tuin altyd n wenner geniet hom Kampigkitty

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2020 @ 13:48:14 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2194
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Baie dankbaar vir die reën in die Kruger maar hoop nie die gras is te lank wanneer ons daar is in April nie. 

As dit so is, is goed net die rustigheid en rus sal genoeg wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2020 @ 16:03:57 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1048
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

KNP bly ‘n spesiale plek vir my. Punda Maria, Shindgwedzi en Balule in April/Mei...😁

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 19:59:52 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9394
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Altyd lekker om daar te kuier.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2020 @ 20:45:47 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek self het nog nooit meer noord as Letaba gebly. Moet die noorde nog aanpak.

Ek voel net die hoeveelheid roofdiere is moeiliker sigbaar van Olifants na noorde

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 01:11:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

.....en al daai geselligheid en reuke van die ontbyt maak by die verskillende picnic spots

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 07:24:43 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years

Ek self het nog nooit meer noord as Letaba gebly. Moet die noorde nog aanpak.

Ek voel net die hoeveelheid roofdiere is moeiliker sigbaar van Olifants na noorde

 

Die noorde is 'n ander bekoorlikheid.  Ons was so 3 jaar terug by punda en shingwedzi, dit was 'n erfaring en 'n half.  Voel so bietjie anders as die suide, maar ongelooflik mooi.  Jy sal nie spyt wees nie.  Book gerus 'n trippie soontoe.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 15:21:33 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dit is amper of akkomodasie makliker beskikbaar daar is ook.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 15:30:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek self het nog nooit meer noord as Letaba gebly. Moet die noorde nog aanpak.

Ek voel net die hoeveelheid roofdiere is moeiliker sigbaar van Olifants na noorde

 

Ek het baie keer die gevoel dat baie van die diere gedurende daai droogte tye 3of4 jaar terug suide toe migreer het waar dit toe heelwat groener was

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 21:02:18 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek het baie keer die gevoel dat baie van die diere gedurende daai droogte tye 3of4 jaar terug suide toe migreer het waar dit toe heelwat groener was

Dit is wat gebeur het. Maar nie almal het getrek nie.

Die diere wat absoluut gebiedsgebonde is het maar uitgehou of dit nie gemaak nie.

Dit gaan oor balans tussen beskikbaarheid van kos en beskikbaarheid van water.

Daardie tyd was daar meer kos en water beskikbaar suid.

Min dinge kom darem by die noorde se olifante, leeus en luiperds wat groter lyk as hul suidelike neefs. En dan die ontsaglike groot troppe buffels van die noorde. Al een raakgesoek met meer as 400 buffels (Shingwedsi area) - kon net soveel getel kry.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:36:32 am
Shirundu
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Ons kom gereeld in die KNP. Die suide het baie olifante en Satara is leeuwereld. My vrou sê ek gaan net wiltuin toe om in die oggende ontbyt te eet by die piekniekplekke soos Afsaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 21:08:04 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ons kom gereeld in die KNP. Die suide het baie olifante en Satara is leeuwereld. My vrou sê ek gaan net wiltuin toe om in die oggende ontbyt te eet by die piekniekplekke soos Afsaal.

Sien geen rede hoekom nie. Dis dan mos lekker en een van die dinge wat die wildtuin die moeite werd maak.

Lekker was nog nooit in mense heugenis, sleg nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 22:30:48 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Proffie:

Hierdie een is Vir jou. Ek kuier gereeld in Malelane by Kruger view chalets, en gaan in die tuin as dag besoeker. 

Wat se hotel, oord, akkomodasie buite die tuin, naby n hek om in te gaan sal jy as n local in die area aanbeveel tussen Malelane en Komatiepoort natuurlik vir verblyf sonder karavaan en wat jy voel is tops en luuks en met n goeie uitsig oor die krokkedil rivier

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 00:17:17 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Hi John

Daar is 'n paar opsies:

* Pestana Kruger Lodge teen die Malelane hek en die Krok rivier. 013 7902500

* Rio Vista Lodge (naby waar jy gebly het) teen die rivier. Baie aangename plek en ligging. Goeie restaurant.  013 7901246

* Belvedere on River - gastehuis in buitewyke van Malelane op die rivier. Baie mooi en redelik eksklusief. 013 7901449

Ek laat plekke verder van hekke af uit asook Marloth park.

Komatipoort se kant:

* Ngwenya Lodge (tyd deel maar beskikbaar vir uithuur). Lekker restaurant. Krokodilbrug hek so 12km. 013 7939300

* Elephant Walk retreat. Lyk baie goed. 013 7937543 (naby Krok brug hek)

* Crocodile Bridge Safari Lodge. By Krok brug hek. 013 7937859

Daar is nog ander maar is verder van die hekke af.

As jy op Google maps kyk bv onder Malelane, hotels, dan wys hy al die plekke. Kan dan met die rivier langs 'pan' en al die ander baie plekke sien. Kliek op die naam en jy kry fotos, kontakbesonderhede en ook kommentaar.

Mijn vrouw sê om ook by Booking.com te kyk vir spesiale aanbiedinge van die plekke.

Hoop dit help. Daar is baie van hulle.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 18:46:30 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 205
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Ek mis Kruger oor verskillende redes

die reuk by die ingangshek  se kleedkamers ,  dan weet ek is in die wildtuin

die bos se verskillende reuke wat verskil gedurende die dag en nag

die verskillende voëls en hulle geluide

die klanke van die mense in die kampe en natuurlik die geknetter van die braaiveis  vure  en die reuk van die hout 

die uitkyk plekke waar ‘n mens die natuur ten volle kan geniet of net langs die pad stop en dit geniet

En om die diere te geniet

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 18:53:58 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2986
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dankie Prof. Dit is presies die info wat ek gesoek het 🙏

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za