English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 986
Total Replies: 243 358
Total Views: 82 947 962
topics: 11 230
replies: 132 890
views: 39 172 149
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

A walk down memory lane

replies: 11
views: 259
25 Jan 2020 @ 13:13:24 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1319
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

'n Ou vriend het onderstaande vir my gestuur. Ek het gedink dit is te kosbaar om nie te deel nie.

Lank, lank gelede......

Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park, van die kafee op die hoek, 'hop scotch' vir meisiekinders.. 'alie'-tyd by die skool met n ghoen.... touspring, klippie en 'handstands' en donkie; krieket in die groot agtertuin, dan swem in die sinkdam of skoon riviere. Kamp op die strand was nie taboe, 'n swaai gemaak van tou met tamatie kasplank vir sitplek aan die groot appelkoos-boom; foefie slide se seer boude. Rugby op die oop stuk veld; tennis en spoorsny in die grond strate.

Die reuk van koekiesbak uit die kombuis; gemmerbier in die spens, kougom vir 'n pennie, roomys by die kombi met 'n eentonige deuntjie 🎵🎶"guess who dies on the bus today🎵

Wag, wag kan jy nog onthou.... toe om-die-hoek vêr was; toe jy moes was en aantrek om saam dorp toe te gaan. Husse met lang ore!!

Honderde muskietbyte toe jy met oop vensters kon slaap, stukkkende knieë en repe vel afdop in die somer. In winter is dit op mielieblare speel, ai ai daai aand as jy bad die brand! Taaitoffie-appels en sand in die swemklere en oral. "Cowboys en kroeks", 'rounders' en boomklim; modderkoekies bak.

Skooltoe loop sonskyn of reën. Ring-a-ring-a-rosy speel tot jy op die gras neerslaa sonder asem. Onder die hande klap, wolf wolf hoe laat is dit? Lag tot jou maag pyn. Rondomtalie draai tot jy dronk-dronk val. Moeg en vuil gespeel...

Waterbomme en kleilat was jul grootste wapens. 'n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.

Ek's nog nie klaar nie.... kan jy nog proe en ruik: die droë jelliepoeier uit die pakkie; of droë sjokolade poeier met suiker vir sjokolade; yslollies in Tupper houertjies gevries van aanmaak koeldrank; jou eie suurpoeier van versiersuiker en Eno's; borrels blaas met seepwater en 'n strooitjie, lang ure se kook aan 'kondensmelk' tot karamel; Wilson's en Sharps taai toffies; malvalekkers, vissies en lang stukke 'liquorish' of 'drop.'

Onthou toe die enigste tekkies wit seilskoene was, maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra was vir PT of 'n netbal wedstryd.

Dit was nie vreemd om 2 of 3 'beste' maats te hê nie. Niemand het betaal vir 'n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 10 tot 25c vir sakgeld of vir die kermis gekry.

Almal se ma's was by die huis as die skool uitkom.

Onthou hoe 'n slim pa kon toor as hy sy duim aftrek of 10c agter jou oor uithaal.

Die lekkerte van by die padkafee of drive-in gaan eet - uiteet by 'n restaurant of hotel was taboe vir kinders.

Onthou toe niemand 'n wenkbrou sou lig as enige ouer 'n kind berispe of in die werk gesteek was en almal op die werf kosgee as dit etenstyd is nie.

Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie, basies was ons doodbang - nie vir aanranding, dwelms, bendes, ens nie. Grootmense was 'n groter bedreiging - baie van ons is vandag nog bang vir wat Pa daarvan sal dink.

Het dit nie goed gevoel nie.... die onthou .......

Onthou nog toe besluite geneem is met "eeny-meeny-miney-mo." Olka bolka riebietjie stolka om te besluit wie gaan toe hou! Foute was omseil met 'n eenvoudinge "nixs daps."

Geldsake was net in 'Monopoly."

Die ergste wat jy van die 'ander' geslag kon kry was 'n verkoue.

Gevang met 'n wapen by die skool was die BIC pen 'pea shooter' waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies 'n kettie op die speelgrond.

'Verdowingsmiddel' het beteken "Milk van Magnesia" of Lewensessens.

Moed is ontdek as iemand jou "dare".

Ouer broers was die grootste boelies maar ook die beste beskermers.

As jy meeste van die dinge onthou, dan het jy G E L E W E !

Geniet en vertroetel die nagedagtes. Dit was wonderlike tye !!

(en moet nie van kennetjie, bok bok staan styf, giffie, slangetjie en eggie vergeet nie)

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2020 @ 14:31:03 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Darm het ek in daai tyd GELEWE🤠

Hou van die SKOON RIVIERE☠️

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2020 @ 15:43:24 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Televisie het alles kom steel

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2020 @ 21:11:36 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 148
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Dit was eintlik 'n voorreg om in daardie tyd te kon kind wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2020 @ 21:23:57 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Toe was die wedywering onder seuns nog watter handelsmerk fiets jy het....n Hercules....n Humber.......n Phillips en en en. Vandag word jy gereken aan watter maak en nommer selfoon jy het saam met ander elektronika.

Watter ongelooflikke voorreg was dit nie om in n middelklas huis groot te kon groot word met nog regte en edele waardes. Daar was nie vir kinders gesoebat om pligte uit te voer nie........jy het jou verpligtinge gehad en al wanneer jy iets daarvan terug gehoor het was as jy jou plig versuim het. Dissipline en verantwoordelikheid.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2020 @ 22:22:51 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Pieta. Die gesoebad om pligte te doen het nie via my ore gekom maar met n gefluit van n rottang deur my sterre wat al my pligsgetrouheid  in werking gestel het. As ek my Armstrong fiets ry skool en huis toe staan ek en trap want sit ek voel dit soos nog n pak slae. 

Van die pligte wat my meeste in die moeilikheid gebring is was om Vir ma winkel toe te stap en ek wil nie want buite het n klomp groter seuns my altyd ingewag om my n paar warm klappe te gee.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2020 @ 08:12:30 am
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 642
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

ja en ek wonder hoe dir kinder van vandag oor 40/50 jaar se stories gaan klink.. en hulle gaaan die nou tyd as hulle "back in the good old days" aanhaal.............

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2020 @ 13:34:32 pm
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 75
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 35 years

Tok-tokkie gespeel, vrugte gaan steel, dan piets die oom jou nog met n sambok en jy het niks daarvan gese nie. Nommer twee in n koerant en dan voor iemand se deur gesit, aan die brand gesteek en klop dan aan die deur en hardloop weg. Die manne se duiwe met ketties geskiet. Kleilat gegooi en nog baie ander goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2020 @ 13:57:51 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4602
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Memories daai tyd in Phallas groot geword mis dit

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2020 @ 14:11:37 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

En het ons lekkkkker gekamp. Dit so geniet dat ons dit nou nog doen.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2020 @ 14:31:39 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1544
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Vir ons as Karoo kinders was die enkele besoeke aan die see n hele optog en lank daarna nog vir die maters vertel hoe aangenaam en uitdagend die branderswem was

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2020 @ 20:02:02 pm
Dries
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 57
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 37 years

Garage parties, 50cc bikes, kadette, Cowboys en crookes. By Nota dat Airwolf 40 jaar terug begin het op sauk, 40 jaar.......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First