English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 133
Total Replies: 246 292
Total Views: 83 058 641
topics: 11 318
replies: 134 785
views: 39 231 800
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

TABART CITRONELLA KERSE

replies: 14
views: 257
21 Jan 2020 @ 23:08:59 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2965
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wat is jul ondervinding met die kerse. Binne In n toe kamer met n kers wat brand het dit geen uitwerking. Ek koop nuwe een en presies dieselfde. Die miskiete lag vir ons en ek het altyd geglo die is die outjies. Wil my voorkom ek het R160 gemors.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 05:23:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek kan nie terugvoering op hierdie spesifieke produk gee nie....nog nie gebruik nie. Tabard se aansmeer en aanspuit produkte werk wel baie goed, maar ek verkies Peacefull sleep aangesien Tabard vir my te sterk reuk afgee {Verstik amper saam met muskiet}. Ek sal dit ook nie wil probeer teen R160 nie....met daai geld koop ek liewer 3x Peaceful Sleep spuit kannetjies wat ek glo beter vir my behoeftes sal werk. Ek spuit op as ek gaan slaap ook....sal nie graag n Tabard kers in my karavaan wil laat brand nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 05:51:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kan nie terugvoering gee oor Tabard se kers nie maar ons gebruik die volgende

  1. Aanspuit middel oorwegend Peacefull sleep.
  2. Dan het ek sulke kers houers gemaak met glas om en daarin brand ons die klein ronde kersies wat in so foelie houertjie is.  Dit het ook citronella basis.
  3. Buite gebruik ek een van die ou blik tipe olie lampe. Daarin gooi ek die geel Citronella olie van "Torch" (Gevind hy werk die beste)  Ander make het 'n ligte geel kleur en is duidelik verdun met parafien en ook baie minder effektief.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 05:54:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dan iets wat verseker werk veral in 'n tent omgewing is die Mozi coils wat jy die punt van aansteek dan gee dit so rokie af deurgaans.

Dit ruik nie baie lekker nie maar hy werk soos 'n bom selfs vir vlieë.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 06:03:50 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4790
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek het die raad gekry van suiwer citronella olie koop by die apteek. R120 vir 100ml. Meng met dettol en spuit dit op jou en om jou as jy buite sit. Trok drywers wat aflewerings deur Afrika glo absoluut hierin want blykbaar is muskiete baie meer 'n probleem in sekere state. 

Ek toets dit toe deur op 'n muur te spuit wat oortrek is met muskiete en/of muggies en gaan na die onthaal by 'n troue. Met terugkeer sit die muur steeds vol van die goggas. 

Volgens my het dit geen effek gehad nie. Ons vind dit het wel 'n klein voordeel as mens dit op jou spuit met minder steekplekke. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 10:34:19 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2965
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek sit binne n gemidelde grote vertrek. Brand daai Tabart kers Vir meer as n uur dan operate die mozzies"erg" nog steeds asof hulle red bull ingekry het. Ek dog die eerste blik was dalk verouderd en koop nuwe een. Selfde en laaste wat ek daai goete gebruik.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 10:39:29 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5789
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek soek ook 'n oplossing. cry

Die goed wat brand werk nie buite onder die tent nie want die rook waai net weg.  Spuit of smeer maar myself gereeld.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 12:58:03 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 599
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Die Mozzies is hierdie jaar vir my baie erger as vorige jare en dit is asof hulle imuun is teen muskiet afweermiddels.

Ons maak ook gebruik van die ou blik lanterns....2 van hulle wat ons met suiwer Citronella olie vul vir die buitelug. Binneshuis het ons 2 Pest Magic sensors wat aan is asook ons het nog van die ou tipe masjientjies wat met Doomplaatjies werk.Verder smeer ons maar Tabbard room of die "stick" aan.

Dit help nie eers om Rum te drink nie….dit wil voorkom of hulle ook nou 'n goeie smaak ontwikkel het.☺

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 15:14:58 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1160
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Ek kan gelukkig hier met oortuiging antwoord, aangesien Vroulief nie hier lees nie ...

Sy glo VAS dat die Tabard werk, ek reken dis absolute GELD MORS. Ons het ook die "Peaceful Sleep" probeer - veral die wat jy aansmeer - en glo dit werk beter. Het ook nou 'n elektroniese "plak" (lyk soos 'n tennis rakket) aangeskaf en die ding ROER die muskiete en muggies.( Johan Viljoen van Bloemfontein se vroutjie is goed genoeg om vlieë daarmee te "vang" maar ek is bietjie stadig - oefen nog!!cool)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 16:05:32 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 315
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Kerse werk nie. Ons glo ook net aan Peaceful sleep. Hou ook niks van miskiete nie. Gebruik wat beskikbaar is. Waar daar krag is gebruik ons twee van die ligte (skok om dood) onder die lapa en een in die karavaan met die Mortein despensers. Waar daar nie krag is nie gebruik ons net die Mortein dispensers.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2020 @ 21:10:19 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 149
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Peaceful Sleep het ook nou 'n "room spray" wat baie goed werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2020 @ 08:33:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kerse werk nie. Ons glo ook net aan Peaceful sleep. Hou ook niks van miskiete nie. Gebruik wat beskikbaar is. Waar daar krag is gebruik ons twee van die ligte (skok om dood) onder die lapa en een in die karavaan met die Mortein despensers. Waar daar nie krag is nie gebruik ons net die Mortein dispensers.  

Ek hou nogal van die skok globes.  Waar is dit te koop?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2020 @ 16:02:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek hou nogal van die skok globes.  Waar is dit te koop?

Daai China Town daar naby jou verkoop dit. As jy die regterkantse ingang neem dan daai winkel aan jou linkerkant by booms (hef bome). Dit is daar by hulle afdeling waar hulle globes stoor

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2020 @ 16:54:41 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 315
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Het my skok globes gekoop by outdoor warehouse boksburg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2020 @ 16:57:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek hou nogal van die skok globes.  Waar is dit te koop?

Daai China Town daar naby jou verkoop dit. As jy die regterkantse ingang neem dan daai winkel aan jou linkerkant by booms (hef bome). Dit is daar by hulle afdeling waar hulle globes stoor

Het my skok globes gekoop by outdoor warehouse boksburg. 

Checkers verkoop dit ook

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za