Ek sal graag julle opinies wil hoor wat kennis van die Rav4 en Sprite Sprint karavane het. My vriend het 'n Rav4 2.2D en stel belang in die Sprite.
Ek glo die Rav het genoeg krag vir die sleep. Die deursak van die agter shock as die karavaan gehak is kan moontlik te veel wees.
Hoe sleep die kombinasie?
Enige opinies is welkom.
Jy se nie watter model RAV 4 nie, maar die wa weeg 910 kg en die GVM is 1110 kg, so geen probleem nie.
Hy sal hom trek laat daai Sprite rekmerke kry.
Die 2.2 RAV4 sal dit KAN doen, maar ek sal nie sommer nie..
Die 2.0GX is CVT en dit sal ek nie eers oorweeg om enige karavaan te sleep nie, miskien 'n sleepwaentjie, maar nie karavaan...
En ekt maar gesien die karavaan gewigte is NIE wat die spec is nie, so mens kan nie met dit werk nie
Watter tipe ratkas het jou vriend se Rav4 2.2D, dit kan die deurslag wees.
Ek stem met Brommer. Sal touch en go wees
Neem kennis dat die ouer modelle v d RAV4 slegs 500kg mag sleep soos deur Toyota bepaal. Dus kan daar nie eers 'n vol gelaaide Venter gesleep word nie.
Baie dankie vir die terugvoer ek het dit vir hom deurgegee.
Dis 'n nuwe handrat Rav4.
Ah, nie 'n CVT nie, dit help al baie met die sleep.
Net vir interesantheid, die CH-R kan meer gewig sleep as die RAV 4, en hy is mooier en goedkoper.
Die heel nuwe RAV4 verstaan ek is nie in die Diesel beskikbaar nie so dit moet die reeks wees soos myne? Rondom 2017/2018?
Ek weet ook hulle het 'n storie met olie verbruik? Net gehoor van so 4 of 5 mense wat hulle gehad het en toe weer verkoop het (toevallig almal sover ingeruil na Fortuners)
Brommer, as jy gaan vir die RAV 4 dan kan jy net sowel die 2.4 Fortuner aanskaf of n tweedehandse 2.8 met redelike kilos.
RAV 4 was nog altyd overprized!
Brommer jy is reg. Ek dink dis 'n 2018 as ek kan raai. Ek het ook gespot met hom as die kamp gogga gaan byt sal hy van voertuig verander. Die ander ding is hulle is net twee persone en het alreeds afgeskaal na 'n klein voertuig.
Brommer, as jy gaan vir die RAV 4 dan kan jy net sowel die 2.4 Fortuner aanskaf of n tweedehandse 2.8 met redelike kilos.
RAV 4 was nog altyd overprized!
Wel dit was my som ook destyds. Wou vir my vrou die 2.4 Fortuner koop. Was nie voorraad en het dadelik voertuig nodig gehad.
Toe wys hulle ons die RAV4's en toe kyk jy na al die features ens wat saamkom.
Om gou te vergelyk:
RAV4 vs 2.4 Fortuner nuut (ek koop nie gebruikte voertuie nie) in 2017:
RAV4 het 7 airbags vs 2 in Fortuner (nie dat dit mens dit wil nodig kry nie)
RAV4 het rear park distance sensors, Fortuner nie
RAV4 het reverse kamera en touch screen 7duim radio gekonnekteer aan kamera, fortuner nie...
RAV4 het al die stability control, LED hoofligte (fantasties) en elektriese power steering wat die 2.4 Fortuner nie het nie.. Wel alles in die 2.8...
RAV4 het al die knoppies op stuurwiel vir foon en radio ens wat ek nou nie kan onthou of die 2.4 Fortuner dit gehad het nie, en ek verbeel my dalk dit het nie??
RAV4 ry regtig baie lekker... DIe 2.4 Fortuner het nie so lekker gery nie...
RAV4 is baie smooth met die CVT (aanvanklik het ek dit gehaat maar moet sê ek geniet om met die RAV4 te ry)