English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 650
Total Replies: 236 989
Total Views: 82 696 064
topics: 11 041
replies: 129 094
views: 39 035 607
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Marloth Park

replies: 17
views: 367
10 Jan 2020 @ 17:31:16 pm
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 247
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 36 years

Middag Almal - soek raad asb.

Ons beplan om vanaf die 21ste, DV, vir 'n week in Marloth te gaan kamp. Daar is 2 kampe wat ons kan akkomodeer - Henk Van Rooyen en Marlothi Safaripark, Jackalberry Ridge is vol. Watter een word aanbeveel? Ons wil graag leeus hoor brul, ek het dit nog nooit ervaar nie - is maar 'n see mens. Ons sal een dag trip in Wildtuin gaan doen, wil nie daar gaan bly nie.

Beplan ook om Tiervis te gaan vang in Komatipoort - enige inligting in die verband sal ook waardeer word.

Byvoorbaat dankie.

 

“He was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 20:41:59 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Kan ek jou help met n gids wat julke orals rond kan wys.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 20:52:23 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Jin dalk moet jy maar reel dat ek ook saamgaan om na jou welstand om te sien met af ribbes. Ek kan darem kyk dat hulle jou nie ooreis nie!!!!!!!!!!

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 21:12:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jin dalk moet jy maar reel dat ek ook saamgaan om na jou welstand om te sien met af ribbes. Ek kan darem kyk dat hulle jou nie ooreis nie!!!!!!!!!!

Nope ek is geplak met dakttape.

Is weer reg net so twee strepe oor gehou.

My Neef het sy resturant en wild safari in Komatipoort wat hulle kan wildtuin toe vat en visvang. Hy ken die beste plekke.

Maar dankie vir die hulp.....lol.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 21:38:47 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Hi Kurper.

Nie seker of jy leeus gaan hoor brul in Marloth Park nie.

Het al by Marlothi gekamp. Of dit waar is weet ek nie, maar blykbaar is daar leeus in die Lionspruit Nature Reserve baie naby aan Marlothi. Die kampplek is egter redelik ver van die Krokodil Rivier wat aan Kruger grens. 

Wil nog by Henk van Rooyen kamp. Net deurgery. Van die staanplekke het 'n mooi uitsig oor die rivier en Kruger.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 22:22:04 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 129
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Ons staan altyd by Marlothi Safari Park. Gelyk, skoon privaat ablusies, eie kombuis, gasstoof en yskas. Ordentlike braai's wat elke dag skoongemaak en afgewas word.  Hoogs aanbeveel. En ja, jy hoor leeus brul.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2020 @ 11:48:08 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 247
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 36 years

Baie dankie vir die terugvoer, word hoog op prys gestel.

Jin, dankie vir die offer.

Daar is nou 'n groot spanner in die works - my Herdershond het 'n bakteriese infesksie en is al van Donderdag by die veearts - daar gaan ons vakansiegeldjies!

Sal maar weer begin spaar - cry

“He was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2020 @ 13:05:11 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Jammer om te lees Kurper. Mens se prioriteite moet reg wees. Sterkte vir woof.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2020 @ 20:29:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14700
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Baie dankie vir die terugvoer, word hoog op prys gestel.

Jin, dankie vir die offer.

Daar is nou 'n groot spanner in die works - my Herdershond het 'n bakteriese infesksie en is al van Donderdag by die veearts - daar gaan ons vakansiegeldjies!

Sal maar weer begin spaar - cry

Sterkte Gerhard

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 08:02:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hoop die woef haal deur.  Sterkte daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 08:24:21 am
Nagapie
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 06 Apr 2018
Experience: 17 years

Marlothi Safaripark is die beste van die twee soos genoem. Wat ek teen Henk van Rooyen het is dat die kamp omhein is, en dit verhoed dat die diere deur die kamp kan loop. Kamp vir die laaste 4 jaar by Marlothi, en het selfs aandele daar gekoop, Wat dit ook lekker maak is dat elke staanplek sy eie badkamer en 'n voledige toegeruste kombuis het, met braai geriewe. Lionspruit se grensdraad is +- 1 km van die oord af en het die leeus al op 'n paar geleethede in die aande en vroeg oggende gehoor.

Kamp word ook baie goed onderhou. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 10:56:57 am
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1837
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Aangesien Kurper se vakansieplanne by Marloth of Henk van Rooyen buite die Wildtuin nou ongelukkig gesneuwel het, kan ons seker maar die geselsie verder voer.

Ek het al talle terugvoering gesien van die uitstekende fasiliteite by hierdie twee karavaanparke buite die Wildtuin en ek respekteer mense se voorkeur wat graag daar kamp en dan die Wildtuin daagliks binnegaan op wildritte.

In my persoonlike geval, as ek nie blyplek binne-in Kruger Wildtuin kry nie, bly ek tuis hier in die Kaap.  In my volwasse lewe kamp ek al 50 jaar binne-in die Kruger Wildtuin en ek kan maklik nog 15 jaar van my kinderlewe daar by tel.  Miskien is dit 'n nostalgie-ding, maar die groot lekkerte vir my is daardie lieflike winteraande en vroeë winteroggende in die ruskampe  -  ek wíl net daar slaap en daar wakker word en ek wil net daar saans braai en nêrens anders nie.  En, as die hekke gesluit is, dwaal ek graag rond in die ruskampe tot dit donker is en selfs nog daarna langs die heiningdraad.  As ek dalk wakker lê in die nag, luister ek graag of ek naggeluide hoor met die wete ek slaap in die middel van 'n wildtuin met wilde diere rondom my. 

Wat my aanbetref, bestaan my Wildtuinbesoek uit die kampering binne-in 'n ruskamp, die wonderlike natuur-omgewing van die verskeidenheid streke en les bes, wildbesigtiging in hul natuurlike omgewing.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 12:14:41 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek kan verstaan dat indien iemand duisende kilos moet ry dan is lank vooraf beplanning en verblyf binne Kruger belangrik.

Ons mense wat om die draai bly sukkel soms om op kort kennis plek te kry binne Kruger. Dan is Marloth Park 'n lekker "back up". 

Ons kamp ook gereeld by Numbi Hotel en gaan vroeg oggende in by Phabeni Hek, as daar nie plek by enige van die suidelike Kruger kampe is nie.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 12:24:27 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3804
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Marlothi Safaripark is die beste van die twee soos genoem. Wat ek teen Henk van Rooyen het is dat die kamp omhein is, en dit verhoed dat die diere deur die kamp kan loop. Kamp vir die laaste 4 jaar by Marlothi, en het selfs aandele daar gekoop, Wat dit ook lekker maak is dat elke staanplek sy eie badkamer en 'n voledige toegeruste kombuis het, met braai geriewe. Lionspruit se grensdraad is +- 1 km van die oord af en het die leeus al op 'n paar geleethede in die aande en vroeg oggende gehoor.

Kamp word ook baie goed onderhou. 

Sal nie stry dat Marlothi die luukser van die twee is nie. Die enigste probleem daar is dat mens ingehok is tussen ander eindomme met min uitsig en die winkels ens. is op jou voorstoep. Redelik raserig vroegoggend en laat middag.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 12:53:28 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Marlothi het beter staanplekke. Het jou eie kombuis en badkamer. Baie gerieflik en die diere loop deur die kamp. 

Henk van Rooyen het beter uitsig (van die Krokodilrevier en die wildtuin). Dis al. 

Hang van jou af wat jy verkies.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 17:43:45 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4506
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Len jy maak my nou lus baie lus virrie wiltuin

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 09:52:31 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 247
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 36 years

Dankie julle ouens, ek waardeer. Ons het haar gistermiddag gaan haal. Die veearts het haar deurgetrek met nodige medikasie en die hulp van 'n bloedoortapping. My broer het 'n Retriever en gelukkig kon hy (hond) bloed skenk. Sy het baie gewig verloor maar ons sal haar weer tip top kry.

Sal maar weer bottels begin bymekaar maak om te gaan leeus luister.

 

“He was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 16:45:11 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Goed om the hoor sy is okay. Hoop sy sterk aan baie vinnig. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required