English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 650
Total Replies: 236 997
Total Views: 82 696 253
topics: 11 041
replies: 129 100
views: 39 035 715
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ewiks mover battery

replies: 24
views: 387
10 Jan 2020 @ 04:23:32 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1239
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

My wa se "Ewiks mover"  battery het gegroet na 3 jaar en 3 maande.  Dit was n 33ah "sealed lead battery". Hy wou glad nie meer laai nie, verskillende laaiers is probeer sonder sukses. Die besondere maak het net n jaar waarborg, dus het hy hom goed van sy taak gekwyt.

Ek het vorige gesprekke oor grootte van batterye gelees en verskeie antwoorde was gegee, Dit blyk dat die meerderheid lede voel dat n 75ah battery die beste sal wees.

Vraag is watter tipe battery sal beste opsie wees.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 06:43:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Na gelang van die gesprekke op die forum blyk dit dat die 75 Amp/h battery meer as genoeg is vir die Ewiks mover soos jy tereg noem.  Die tipe battery of maakgaan dit seker maar kom by wat is jou ondervinding met vorige batterye.

Ek self is 'n groot voorstander van Willard Batterye.  99% van die tye het ek nooit weer 'n ander battery vir 'n voertuig of karavaan gekoop as daar 'n Willard een in was nie.  Die ander 1 % moes ek die Jurgens Classique sin vervang nadat die karavaan laaier deur weerlig beskadig is en die battery totaal oor laai het.

So ek koop Willard Batterye.

Dan sal ek voorstel jy kontak vir Danie hier op die Forum.  Hy kan aan jou 'n baie goeie nuwe battery  verskaf teen prys wat jy nie sommer op 'n ander plek gaan kry nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 07:54:45 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1239
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Dankie Leon, gaan probeer om met Danie kontak te maak.

DANIE kan jy my asb whatsapp by 0824812221 dan kan ek jou skakel. Dankie

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 07:59:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14700
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het by iemand wat Kaap toe getrek het laasmaand 2x 105a/h batterye gekoop wat uit inverter stelsel kom....batterye 6maande oud. As jy belang stel in n 2de hands een...ons kan gesels 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 08:05:29 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het vir Danie ook 'n Whats-up gestuur en gesê hy moet jou skakel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 08:13:02 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1239
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Dankie Geert

Dankie Leon

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 09:01:53 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Onderhandel ook oor die prys.  Daar is blykbaar 'n geweldige groot "mark up" op batterye sodat handlaars ongelooflige afslag kan gee en nog steeds wins maak.  Ek het 'n paar maande gelede 'n nuwe battery vir my Kuga by Battery Center gekry vir R1300- presies dieselfde Raylight, die OEM battery vir die voertuig, wat Ford my R3300 voor wou laat betaal.  Dis 60% afslag!  Ford gee natuurlik nie afslag nie.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 11:54:10 am
Conradb
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 06 Nov 2019
Experience: 20 years

Goeie More Chris L,

 

Ons installeer 40ah Maxim batterye op die Ewiks sisteem, dit is genoeg om 'n karavaan soortgelyk aan 'n Penta +-400m te kan skuif. 

Ons het minimaal probleme ondervind met hulle, en installeer hulle al vir omtrent 4jaar.

Jy kan vir Johan skakel by Battery Pro in Wierda Park by 012 660 1422

 

Groete,

Conrad

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 13:08:34 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1239
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

 Dankie Conrad.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 18:45:16 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Leon ek hou ook van die Willard en as dit kan verkies ek dit bo enige ander battery. Nou moet ek byse dat ek nie n ander battery ooit sal slegmaak nie , ek koop maar Willard omdat hy my nog nooit in die steek gelaat het nie. My Ewiks het 70amp diepsiklus battery in op die Fleetline. Ek weet nou eerlikwaar nie eers wat se maak dit is nie omdat dit saam met die mover gekom het. Dit is oorgenoeg krag vir die Ewiks en ek het nog nooit gesukkel nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 20:10:22 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Chris na die 2 pryse wat ek voorsien het volg ek op sodra ek die pryse ontvang het. Ek was maar min op die forum en 'n redelike rowwe 1e week van 2020 beleef. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 21:01:01 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Onderhandel ook oor die prys.  Daar is blykbaar 'n geweldige groot "mark up" op batterye sodat handlaars ongelooflige afslag kan gee en nog steeds wins maak.  Ek het 'n paar maande gelede 'n nuwe battery vir my Kuga by Battery Center gekry vir R1300- presies dieselfde Raylight, die OEM battery vir die voertuig, wat Ford my R3300 voor wou laat betaal.  Dis 60% afslag!  Ford gee natuurlik nie afslag nie.

 

Fred volgens jou prys glo ek jy het 'n uitstaande transaksie gekry by Battery Centre. Daai prys vir 'n 668 wat 'n 80Ah battery is is selfs laer as hul groothandelprys. Die prys aan die publiek is merkbaar meer as die aanbevole groothandelprys.

My beste prys by a Battery Centre vir 'n 63Ah battery was meer as R1700. Vir jou prys sou ek enige tyd die 668 gekoop het teen R1300.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 13:28:15 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Danie, Dis moeilik vir my om te aanvaar die handelaar het die battery vir my onder kosprys gegee- dit maak mos nie sin nie!  Ek het pas my bankstate nagegaan en ek het inderdaad op 2 November 2018 R1300 vir die Kuga battery betaal. Ek kan nie die model sien nie- hy is bietjie weggesteek, maar dit is 'n "enhanced flow battery"- dis al wat ek kan sien.   Die verkoopsman het gesê dit is die nuutste ontwikkeling en nou die OEM vir die Kuga.  Die vorige en was 'n Silver-chloried een.

Ek het 'n paar maande daarna, op 15 Januarie 2019,  ook vir my vrou se Corolla 'n battery daar gekoop.  Ek het nie die faktuur op die oomblik by my nie, maar as ek reg onthou, het en sowat 50% afslag gekry en R870 betaal- volgens my bankstaat.  Dit is natuurlik 'n heelwat kleiner battery as die Kuga s'n.  Miskien is die ouens op die platteeland meer geneig om afslag te gee as in die stad- ek is nie ongelukkig daaroor nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 15:10:54 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Sjoe Fred ons moet weet watter tak dit is. Ek het al sowat 4 kwotasies by hulle gekry en die laaste was vir 'n 651C - 63Ah en toe was dit R1700. Ek het probeer meer afslag kry maar niks nie. Vandag het ek weer gaan hoor en die prys vir die 668 - 80Ah was R2099. Elke keer was dit by die tak hier naby my. Dalk moet mens 'n ander tak probeer.

Selfs 'n klein 610 hier by ons tak is meer as R1000 teenoor jou R870 vir 'n groter battery.

Selfs as mens Google dan kry mens net pryse van bokant R2000 vir 'n 668.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 17:09:16 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 557
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Danie prober gerus by Capitol Batteries in Centurion. Ek het in die verlede nog altyd die beste prys by hulle gekry.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 17:15:02 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

 Danie, Dit lyk dus of ek baie gelukkig was met beide kopies, kan nie verstaan waarom nie want ek ken nie die mense nie.  Miskien omdat ek 'n pensionaris is? Hoewel ek dit nie voorgehou het nie.  Die ou wat die Kuga battery aan my verkoop het, was blykbaar die area bestuurder en die verkoopsman met die tweede battery het gesê die man het vir my 'n baie goeie afslag gegee waarby hy nie kon bykom nie.  Maar 50%- as ek reg onthou- is steeds baie goed en ek is dankbaar.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 08:29:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Danie prober gerus by Capitol Batteries in Centurion. Ek het in die verlede nog altyd die beste prys by hulle gekry.

Capitol Batteries........................ Is hulle in Botha Laan, lyttelton??????

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 10:56:58 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 557
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Leon, ek weet net van die tak naby Centurion Mall.

As jy met Lenchenlaan Suid ry, net voor John Vorsterrylaan oorkant KFC, is daar 'n klein straatjie was regs uitdraai. Hy is op die linkerkant.

Hulle is die amptelike Wilard agente.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 14:49:16 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

In Bothalaan is Battery-Inn wat lank gelede ook goeie pryse gehad het maar deesdae maar dieselfde as ander plekke.

Chris ek het juis by Capital Batteries my vorige Energizer battery gekoop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 16:36:44 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Hoe vergelyk Communica se pryse Danie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 21:52:42 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Fred Communica doen nie motor toepassings net - net alarm, hek, noodligte, solar tipe en dan al die kleiner variasies van loodsuur. Hulle pryse is gemiddeld vir dit wat hulle aanhou maar ek glo hulle hou beter kwaliteit aan as die goedkoper plekke.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 08:59:11 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis reg Danie, maar ek het gesien hulle het ook hoër kapasiteitbatterye wat sekerlik geskik sal wees vir movers.  Ek ht nie gekyk hoe groot nie, maar ek skat van hule is seker minstens 60Ah.  Hulle klein batterye se prys en kwaliteit is goed, daarom het ek gevra oor die groter batterye.  Sou jy 'n gewone motorbattery of 'n 'deep cycle' vir die movers nodig hê?  Ek sou raai Communica s'n is 'deep cycle'.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 13:43:19 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

OK Fred nou verstaan ek. As mens wel 'n groot battery wil koop vir die woonwa dan kan mens by hulle kry. Ongelukkig gaan jy die inruil van R285 "verloor" wat jy kry op 'n ou battery. Tesame met hulle prys sal dit dan heelwat meer wees as die diep siklus 102Ah Raylite battery (Battery Centre) wat ek beskikbaar het.

In my vorige plasing het ek verwys na Battery Centre se groothandelprys. Soos jy tereg genoem het sal hulle nie onder hul aankoopprys teen 'n verlies verkoop.

Op die stadium het ek nog nerens bv 'n 100Ah te koop gesien vir onder R2 000 nie. Wat besig is om 'n groot probleem te word is gesteelde of 2ehandse battery wat as nuut verkoop word. Dit vind gewoonlik plaas waar die ou battery geen krapmerke ens het nie.

Sekere Li-Ion batterye is bv so ver ek weet net aan selnetwerke verkoop en van hulle is in mense se besit. Dis dan ook na gelang v d program wat Carte Blance verlede jaar uitgesaai het. So het dit ook aan die lig gekom dan inverters ook spot goedkoop verkoop word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 20:22:21 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

OK Fred nou verstaan ek. As mens wel 'n groot battery wil koop vir die woonwa dan kan mens by hulle kry. Ongelukkig gaan jy die inruil van R285 "verloor" wat jy kry op 'n ou battery. Tesame met hulle prys sal dit dan heelwat meer wees as die diep siklus 102Ah Raylite battery (Battery Centre) wat ek beskikbaar het.

In my vorige plasing het ek verwys na Battery Centre se groothandelprys. Soos jy tereg genoem het sal hulle nie onder hul aankoopprys teen 'n verlies verkoop.

Op die stadium het ek nog nerens bv 'n 100Ah te koop gesien vir onder R2 000 nie. Wat besig is om 'n groot probleem te word is gesteelde of 2ehandse battery wat as nuut verkoop word. Dit vind gewoonlik plaas waar die ou battery geen krapmerke ens het nie.

Sekere Li-Ion batterye is bv so ver ek weet net aan selnetwerke verkoop en van hulle is in mense se besit. Dis dan ook na gelang v d program wat Carte Blance verlede jaar uitgesaai het. So het dit ook aan die lig gekom dan inverters ook spot goedkoop verkoop word.

Weet ek het toevallig daai ding op Carte Blanche gesien toe ons by vaalrivier was en mens kan gate deur hul stories skiet. 

Verder oor die topic van die batterye gaan ek my nie weer uitlaat nie, julle moet maar geniet ;-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 06:18:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Leon, ek weet net van die tak naby Centurion Mall.

As jy met Lenchenlaan Suid ry, net voor John Vorsterrylaan oorkant KFC, is daar 'n klein straatjie was regs uitdraai. Hy is op die linkerkant.

Hulle is die amptelike Wilard agente.

Chapperig.  Sal daai een onthou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required