English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 790
Total Replies: 239 700
Total Views: 82 807 596
topics: 11 121
replies: 130 630
views: 39 092 476
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Jeffreysbaai Karavaanpark

replies: 5
views: 270
11 Dec 2019 @ 20:34:03 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2007
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Wie van julle het onlangs in Jeffries gekamp. Ek is bewus dat daar n tyd gelede kommer was oor diefstalle vanaf die see se kant. Miskien het dit al verbeter. In watter toestand is die badkamers? Sal n mens veilig voel om daar te kamp. Is daar ander alternatiewe kampeerplekke in daardie omgewing wat dalk beter waarde bied? Ons beplan om gedurende Januarie in daardie omgewing vir n week te kampeer sou die toestand van die park dit toelaat en dit veilig is.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2019 @ 20:53:23 pm
Morelig
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 33
Joined: 18 Sep 2019

Piet ons het verlede jaar gekamp oor Desember. Hulle het die park toegekamp aan die see se kant. Daar is hekke wat gesluit word deur die nag en oggende vroeg word dit oop gemaak. Vroeg is soos 04h30 in die oggend. Daar beweeg deur die nag wagte deur die park. Die badkamers word gereeld skoon gemaak. Daar is dalk dele wat meer aandag kan kry. Maar ek kan nie kla nie. Daar is wel stout kinders wat die plekke bemors. Maar daar moet stout kinders ook wees. Ons sou nou weer daar gekamp het. Maar die jaar moet ek met lang oë kyk hoe die karavane oppad see toe gaan. Maar verseker erens volgende jaar gaan ek my hou inkry en weer daar gaan staan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2019 @ 21:10:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15062
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek ken glad nie die kamp nie, maar het wel die afgelope tyd op fb gelees van heelwat positiewe terugvoering t.o.v sekuriteit wat opgeskerp is....soos bo genoem heinings is opgerig

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 07:57:51 am
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 408
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Piet die verkoop van die Oord het deur die mat geval.  Die mislikepaliteit het toe weer bietjie geld beskikbaar gestel vir herstelwerk.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 21:36:19 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Die Kamp is baie oop en die wind kan 'n faktor wees.

Vroer die jaar het ons by van Stadens gekamp en dit baie geniet.

Nie goed vir swem in die see nie of vir visvang in bote nie,

maar baie lekker strand om op te stap en vis te vang van die kant af.

Ablusies oud maar skoon en weg van die getjommel van baie mense,

Tussen Pe en Jeffreys, so kan albe kante toe ry om weg te kom. 

Ook naby plekke soos Baviaans...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 11:24:54 am
optics
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 18 Nov 2016
Experience: 43 years

Ek het sowat 2 weke gelede deur die park geloop. Ek het nie opgelet of daar 'n heining aan die see se kant was nie, maar daar is 'n heining om die res van die kamp sowel as hek kontrole en sekuriteit

Die ablusies was baie skoon en dit wil voorkom of die park in stand gehou word aangesien ek 'n hele paar werkers gesien het wat besig was met onderhoud.

Ontvangs was baie vriendelik en ek sou veilig voel om daar te kamp. Ek dink nie dit is gevaarliker as by jou eie huis nie. Sluit jou goed toe, net soos by jou eie huis.

Wind kan 'n faktor wees soos by enige oord aan die kus.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required