English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 643
Total Replies: 236 883
Total Views: 82 688 132
topics: 11 036
replies: 129 036
views: 39 031 589
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Lang termyn weer voorspelling.

replies: 28
views: 430
29 Nov 2019 @ 22:03:48 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2129
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek glo daar is n reeks van weervoorspelling plekke op google wat Suid Afrika dek.

Wie gebruik julle en watter een is die beste om akkurate langtermyn weervoorspelling te kan kry. 

Wat sal julle sê is die langste tydperk om akkurate voorspellings te kry voor dit bloot net n raai raai ding is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 22:34:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14692
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek google maar gewoonlik, dan kom weather24 of accuweather op. Maar maak nie staat op hul voorspelling nie. As daar wys 90% kans op reen, verwag ek dat dit heel moontlik bewolk mag wees daai dag. Laas maand 2x die geval gehad waar 100% reën voorspel was, maar het niks geval nie (was darem die een dag gedeeltelik bewolk gewees)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 06:15:24 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1108
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Ek gebruik www.yr.no .    'n Norweegse weerprogram.  Die is op my rekenaar opgestel.   Dit het die voordeel van 'n sewe dae vooruitskouing en dek areas wat jy kan kies, bv die plaas Drieput in die Vrystaat - so ek kan sien of swaer Willie gaan reën kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 09:03:48 am
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 35 years

I use "Rainboo

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 09:05:59 am
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 35 years

Rainboo, kan mens dorp kies en veertien dae vooruit skatting kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 09:20:07 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 966
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek gebruik www.yr.no .    'n Norweegse weerprogram.  Die is op my rekenaar opgestel.   Dit het die voordeel van 'n sewe dae vooruitskouing en dek areas wat jy kan kies, bv die plaas Drieput in die Vrystaat - so ek kan sien of swaer Willie gaan reën kry.

Die Noorwese een is baie goed. Anders gebruik ek Windfinder.com - veral as ek  wil weet hoe die wind gaan waai.

 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 10:22:17 am
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 374
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

I find Windfinder very accurate. Kwathabeng is also informative.

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 10:25:35 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4559
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek het tydens ons Aug kamp by Pienaarsdam bv 2 maande vooruit gesien daar gaan wind wees en die voorspelling was perfek. Ons weer is baie snaaks en glo dat daar baie keer wolke saampak asof dit gaan reen dan kry mens niks. Dit gee mens wel 'n goeie aanding soos Geert reeds genoem is.

Ek kyk na www.weathertoday.co.za saam met www.accuweather.com

Ek dink meeste v d plekke gebruik dieselfde inligting afkomstig v d baie sateliete beskikbaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 10:41:02 am
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2129
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek dink as jy al hierdie sites besoek en n gemiddelde opsomming maak gaan jy redelik akkuraat wees

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 11:12:37 am
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 138
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Ek het destyds na Kobus Botha se voorspelling gekyk

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 11:16:46 am
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2129
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek het destyds na Kobus Botha se voorspelling gekyk

Wie is Kobus Botha ?

Kan jy vir ins meer inligting gee

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 12:11:22 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Gebruik  "windguru" al vir jare wat jou 'n vooruitskouing vir 7 dae gee. 

Baie akurate voorspelling. Tik net jou dorp of stad in.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 17:19:15 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1672
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek gebruik www.yr.no

Redelik akkuraat. Gebruik vir motorfiets ry (reën, wind & temperatuur).

Detail vir twee dae per uur. Selfs humiditeit, windspoed en rigting, volume reën verwag, % wolkdekking per uur, barometriesedruk, ens.

Meer oorhoofs vir 7 dae

Satelietbeeld oor die voorspellingsperiode.

Hulle dui selfs ATKV Eiland aan as Eiland Mineraalbad!

Langer termyn kyk ek ma na Accuweather.

Terloops onlangs 'n klimatoloog hoor praat. Die effek van aardverwarming is so dat die weervoorspellings modelle en rekenaarprogramme nie meer goeie voorspellings kan gee nie. Te veel veranderlikes wat nie in standasrd modelle ingereken is nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 18:32:43 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 138
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Wie is Kobus Botha ?

Kan jy vir ins meer inligting gee

 

https://www.weatherphotos.co.za/    Ek sien dis nog beskikbaar soek net na Kobus Botha maar bogenoemde adres is ook reg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 18:52:18 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 138
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

https://www.weatherphotos.co.za/    Ek sien dis nog beskikbaar soek net na Kobus Botha maar bogenoemde adres is ook reg. 

As ek reg onthou was hy by die WNNR verbonde maar ek is nie heeltemal seker nie maar sy webwerf gee volledige inligting  oor die weer in SA en Nambië.  Kyk daarna ek dink jy sal dit geniet 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 22:19:39 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2129
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dankie baie Adele 1 en almal vir die inligting 🙏

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2019 @ 12:00:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek google maar gewoonlik, dan kom weather24 of accuweather op. Maar maak nie staat op hul voorspelling nie. As daar wys 90% kans op reen, verwag ek dat dit heel moontlik bewolk mag wees daai dag. Laas maand 2x die geval gehad waar 100% reën voorspel was, maar het niks geval nie (was darem die een dag gedeeltelik bewolk gewees)

Gebruik hulle ook as dit nodig is.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2019 @ 12:52:58 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2655
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

SA Weerdiens het 'n paar maande gelede gesê die noordelike deel vn die land kan eers einde Desember goeie reën verwag en toe spoel Pretoria en Johannesburg 'n paar keer amper weg in November.  Op Pietersburg het ons ook hier by 100mm gekry.  Dit lyk my dus langtermynvoorspellings is maar taamlik onbetroubaar, nie omdat die weerdiens swak is nie, maar omdat die weerpatrone so onvoorspelbaar is, toestande kan oor 'n baie kort tyd heeltemal  teen die voorspelde tendens verander. Die weerdiense gebruik historiese data om voorspellings te doen en die resultaat lyk dit my, is netso onbetroubaar as voorspellings van die ekonomie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 20:16:10 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1672
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Die weer is hierdie jaar besonder anders as naby normaal. Behalwe vir die afwesigheid van reën by Malelane en die Krokodilrivier opvangsgebied, is die temperature uiterstes.

Dit was vandag, Maandag 2 Desember 2019, 38° in Malelane. Normaal vir Desember.

Dinsdag 3 Desember word temperatuur van 40° voorspel. Kans is goed op 42°. Normaal vir Desember.

Dan Woensdag 4 Desember val die voorspelde maksimum temperatuur na 20° teen middel dag. Abnormaal vir Desember.

Dit is uiterstes. Gaan so die afgelope 3 weke.

Ons vertrou die hitte en skielike wind met koue bring reën.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 08:12:56 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2655
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Sulke hoë temperature maak my benoud want dit lyk vir my asof dit baiemaal die voorloper van hael is.  Ons het al heelwat skade met hael op Pietersburg gehad en jare gelede is my voertuig op Giyani ook erg deur hael beskadig.  Hoop dis nie hierdie slag nie geval nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 14:32:41 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2129
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Fred. Moe nou nie slapende honne wakker maak nie.

Altyd my grootste bekommernis

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2019 @ 05:27:10 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14692
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Klink of volgende paar dae se reën wyd verspreid is. Hier in Pretoria lekker sagte reën deurnag gehad. Ek hoop die opvangs gebiede van groot damme gaan ook heelwat kry aangesien vlakke al ver sak....Vaaldam is reeds op 39%

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2019 @ 08:13:34 am
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2129
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Geert. Ons het nie te slegte reen gehad in en om Vaaldam die laaste ruk. Verbaas my dat dit eientlik meer leeg is as voor die reenval. Hulle maak seker eers ander damme vol of die bad se prop is nie mooi terug gesit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 07:09:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14692
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sedert reen laas Dinsdag aand begin het, staan ons nou op 160mm in Pretoria....en dit reen steeds

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 07:15:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja ek sit hier in die kantoor en die reen buite hou nie op nie.  Dit druppels op die dak raak net harder en sagter soos wat die êrens van die reen effe verander.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 16:06:06 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2655
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek hoor die Nyl in Limpopo loop weer na baie jare.  Dis 'n mooi gesig. Nylsvlei naby Nylstroom is dan ook sekerlik onder water met derduisende voëls, en ongelukkig nog meer muskiete.  Julle ouens van Gauteng kan gerus 'n draai daar gaan maak- dis 'n redelike daguitstappie. Weet enigiemand dalk of Klein Kariba veilig is?  Hy het so 'n paar jaar groot skade tydens swaar reën gehad.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 20:44:31 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1672
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek vra  nederig dat julle van daardie reën afstuur na die Nkomazi vallei waar Malelane geleë is.

Ons kry net so paar druppels elke 5 ure. Maak nie eers die pad nat nie.

Ongelukkig loop Gauteng se oorskot water nie na ons kant toe nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 21:23:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14692
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek hoor die Nyl in Limpopo loop weer na baie jare.  Dis 'n mooi gesig. Nylsvlei naby Nylstroom is dan ook sekerlik onder water met derduisende voëls, en ongelukkig nog meer muskiete.  Julle ouens van Gauteng kan gerus 'n draai daar gaan maak- dis 'n redelike daguitstappie. Weet enigiemand dalk of Klein Kariba veilig is?  Hy het so 'n paar jaar groot skade tydens swaar reën gehad.

Daai skade was volgens my n damwal wat stroom op ingegee het tydens baie reën wat ekstra water deur die oord gestoot het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2019 @ 10:43:14 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2655
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja Gert, dit is hoe dit gebeur.  'n Klomp boere bou grond keerwalle in 'n stroompie.  As jy 'n dam bou, moet dit 'n veilige oorloop hê waar die water kan uitloop sonder om die wal weg te spoel.  Dit is of 'n sementkonstruksie of word met klippe bestraat. Die water mag eenvoudig nie bo-oor die wal loop nie, dan spoel hy weg.  Nou is daar net te veel reën of een boer skeep af met sy oorloop sodat sy wal wegspoel en sy hele inhoud storm stroom-af.   Nou is die massa water net eenvoudig te veel vir die volgende wal se oorloop om te hanteer en dié spoel weg, asook al die walle stroomaf want die massa water word met elke wal wat meegee, net groter.

Ek verneem van 'n vriend naby Klein Kariba dat, hoewel hulle geweldig baie reën gehad het, is daar nog nie gevaar vir walle wat kan meegee nie.  Hy sê een ernstige donderbui kan egter die situasie ernstig verander.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First