English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 987
Total Replies: 243 364
Total Views: 82 948 318
topics: 11 230
replies: 132 894
views: 39 172 333
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Die goeie ou dae.

replies: 61
views: 984
page 1 of 2
18 Nov 2019 @ 19:05:13 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 26 May 2017

Naand manne.

So ruk terug het oom Jin gepraat van as ñ ou mens dood gaan is dit so goed ñ biblioteek brand af, dit laat my toe dink, wat klasifiseer julle as die goeie ou dae, byvoorbeeld toe ñ kettie nog ñ geheime wapen was en jy nog ñ koepon of ñ silver 50 sent in ñ leë glas melk bottel gesit het, en more oggend was daai glas bottel vol melk, met regte room nog bo op die melk, voor die voordeur. 

Wat is julle goeie ou dae?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 19:44:40 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 18 Sep 2019

Waars die jare wat ons 25c vir 'n gellon petrol betaal het. 'n Ford F100 R6800.00 nuut op die vloer. 50c sakgeld vir 2 weke in die koshuis. Nie dat die koshuis lewe lekker was nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 19:49:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dankie Ockert.

Wat ek bedoel is die stories en raad wat die ou mense ons vertel het wat hulle als gedoen het en waardeer hulle moes gaan.

Ek het groot geword met perde karre en osse waens op die plaas.

My oupa en pa het geboer. My pa het 50 jr geboer. Ek het perde opgely en my broer die bees stoet.

My pa die gesaaides.

Die ondervinding wat my oupa my geleer het is nêrens in n biblioteek tevinde nie.

Dis vandag wat ek weet van wat hy my vertel het want altwee oupas wat lekker stout ook was, is al oorlede.

Dit wat my pa my nog vertel van die oudae is wat ek my klein kinders vertel.

Na my is dit dalk weg. Wie weet.

Maar die oudae was vir my die lekkerste.

Min, eenvoudig, skoon en lekker.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 19:55:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

My oupa het altyd gesê.....

Dis nie n skande om arm te wees nie, maar was jou tog en trek skoon aan.

My ouma.......

My kind jou vrou gaan slaap nie voor haar kombuis aan die kant is nie.

My ander oupa......

Daar is drie dinge wat jy nie uitleen nie.......

1. Jou vrou.

2. Jou wapen.

3. Jou perd. (Voertuig).

Als was ook goedkoop en het langer as 14 dae gehou voor dit breek.......

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 20:48:42 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Toe: Wil jy tande tel hier tussen die groot mense, gaan speel in die yard voor ek jou gat velle aftrek.

Vandag: liefste seun mag ek die nuus op tv kyk dan kan jy dadelik weer jou games speel. Hier is n R100 koop vir jou iets.

Op so 4na5 jaar oud gee my pa my n half kroon (25sent) en vat my winkel toe. Ek koop n sak sweets wat n Checkers sak kan vol maak en n pakkie 10 gold dollar vir my pa om dankie te sê.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 20:49:20 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Met petrol in 1977 @ 25c/L moes dit darem baie lank terug gewees het wat dit 25c/gallon was. Ek kan nog onthou dat ek in die begin jare 1970's in baie voertuie petrol moes pomp (sonder krag) en toe was die prys 43c/gallon. Daai goeie ou dae het dinge nie so vinnig gestyg soos die laaste 3 dekades nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 23:23:38 pm
Anonymous

Ek is te jonk vir die gesprek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 05:59:27 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Van die Strand gery na Vic valle en Kariba en na Beira en terug vr n groot bedrag van R50 se petrol.

Maklik van die Strand ge-hike Kaapstad toe en laat-aand weer terug ge-hike. In totale veiligheid.

Saans tot laat op die strand gevry. Veilig. 

Oop vensters en deure geslaap.

Respek vir ons vlag gehad en nie broekies daarvan gemaak waarin ek poep nie.

Vleis ge-eet wat nie vol hormone is nie.

N galg nog gehad het.

Gevangenisse nog hulle gatte afgewerk het op landerye en nie TVs in hulle selle gehad het nie.

Die SAP nog iets beteken het.

 

DIT WAS DIE GOEIE OU DAE.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:02:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die dae toe iets soos 'n Wilson toffee nog 'n half sent gekos het.  Ek het 5 sente gespaar want hulle was klein, 20 van hulle het 'n rand gemaak, omdat hulle klein is gaan daar vreeslik baie in 'n spaar blikkie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:08:07 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Toe ons nog met 50cc bikes oral kon ry.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:31:46 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Toe kinders nog vrugte kon steel sonder om......... 

Toe mens nog om Kyalami kon slaap die aand voor die 9uur wedren. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:35:02 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 584
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Toe my Pa nog vir my gesorg het en 'n slagskaap 20c 'n lb gekos het.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:41:01 am
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 18 Sep 2019

My ouers het geboer. Skaap R17.00 vir 'n groot slagding. Bees verkoop op veilings R60.00

Daar word toe 'n Mercedes 1418 trok gekoop om diere aan te ry R14000.00

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:44:12 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

20c skoolfonds vir 'n kwartaal in graad 2.

R5 in my matriek jaar.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 07:54:18 am
Anonymous

Ek dink dinge was maar net so duur soos vandag, as ek hoor jyt R50 volgemaak met petrol maar jou salaris was maar R400 beteken dit nie petrol was dan goedkoop nie..?

Ratio van inkomste/uitgawe? Hoeveel werklik verander?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 08:17:31 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 722
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Naand manne.

So ruk terug het oom Jin gepraat van as ñ ou mens dood gaan is dit so goed ñ biblioteek brand af, dit laat my toe dink, wat klasifiseer julle as die goeie ou dae, byvoorbeeld toe ñ kettie nog ñ geheime wapen was en jy nog ñ koepon of ñ silver 50 sent in ñ leë glas melk bottel gesit het, en more oggend was daai glas bottel vol melk, met regte room nog bo op die melk, voor die voordeur. 

Wat is julle goeie ou dae?

Mens sal dit nou ook kan doen, (niemand steel meer `n 50c)  sal net nie vol melk kry nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 08:19:40 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 722
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Toe ons nog met 50cc bikes oral kon ry.

 

Met `n volume control en nie `n throttlefoot-in-mouth

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 08:31:28 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 28 Feb 2018

Springbok radio and afternoon stories 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 09:07:36 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek is te jonk vir die gesprek

Jy kamp al vandat jy 5 jaar oud is ek is seker daars n paar stories wat jy langs die kampvuur gehoor het wat jy met ons kan deel 🤔😁

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 09:16:10 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 26 May 2017

Ek onthou nog daai pakkie 10 Gold Dollar,  ek en my vriende het probeer skelm rook  met daai goed,  ons het dit nie weer probeer nie. 

Die weermag was vir my ook lekker, ek kon my gaate uit geniet om met goed te skiet wat ek net in movies gesien het, R4 , 40mm Snotneus, 50 Browning en G5 kanon. 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 09:19:51 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek onthou nog daai pakkie 10 Gold Dollar,  ek en my vriende het probeer skelm rook  met daai goed,  ons het dit nie weer probeer nie. 

Die weermag was vir my ook lekker, ek kon my gaate uit geniet om met goed te skiet wat ek net in movies gesien het, R4 , 40mm Snotneus, 50 Browning en G5 kanon. 

 

 

Maar ons het swaar gekry om die "pret met die wapens te geniet". 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
19 Nov 2019 @ 09:26:34 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek onthou nog daai pakkie 10 Gold Dollar,  ek en my vriende het probeer skelm rook  met daai goed,  ons het dit nie weer probeer nie. 

Die weermag was vir my ook lekker, ek kon my gaate uit geniet om met goed te skiet wat ek net in movies gesien het, R4 , 40mm Snotneus, 50 Browning en G5 kanon. 

 

 

Sjoe Ockert jy bring nou goue memories terug. Ons was die heel eerste om met R4 ge-issue te word op die grens en saam dit het ek ook n snotneus gedra. Ek het die snot neus baie geniet. Later het ek die geruil vir die 7.62 MAG en baie kilometers daai outjie met twee belde gedra.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 09:44:36 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

'n Mens is maar geneig om die verlede te idialiseer- ek ook- en jou te verbeel dinge was soveel beter as vandag.  Hoe verder die berg is, hoe blouer word hy. As ons egter regtig sou teruggeplaas word in die verlede, sou ons dalk nie so tevrede wees nie.  Alles was wel goedkoper in rand vir die jongeres- vir die ouer manne in pond, sjielings en pennies, maar die inkomstes wat soortgelyk baie kleiner.  Wil ons regtig weer met voertuie ry wat opdraendes uitsukkel, wat nie lugreëling, selfs nie verhitting het nie, sukkel om met familie te praat omdat 'n telefoonoproep duur was? Waar net sommige mense voertuie kon bekostig en jy maar met openbare voervoer oor die weg moes kom?

Wat ek mis, is die stil dorpie, Alberton, waar ek grootgeword het en waar jy nog veilig kilometers, nee, myle ver uit die dorp met jou fiets kon ry sonder om te vrees dat jy doodgery kan word, waar jy snags veilig huis toe kon loop van die bioskoop af, waar daar nog 'n bioskoop was, toe openbare vervoer nog 'n veilige en betroubare manier van reis was. Toe jy nog sonder afspraak by vriende kon gaan kuier.

Neewat, alles in aggenome, die verlede is verby en die hede en die toekoms is al wat ons het en ek sal nie weer die verlede wil oorhê nie.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 09:48:57 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 26 May 2017

More Bak oor, ja daar was manne wat met daai LMG of MAG mooi kon vuur neer lê en ja Hennie ons het swaar gekry, maar ek is baie bly vir wat ek geleer is en kon ervaar in die weermag. My ma het ook vir my vertel dat jou kombuis skoon sal wees voor jy gaan slaap en jou bed sal jy opmaak in die oggend sodat jy darem kan sê jy het iets reg gedoen sover vir die dag.

Ons het nie gehoorsame ouers gehad nie, ons was gehoorsaam, dis as of vandag se ouens hulle kinders se toestemming moet kry om te kan bestaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 10:03:12 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4017
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

As daar nou een ding is van die "goeie ou dae" wat ek nie mis nie, is dit die tyd in die weermag.

Oor 30 jaar van nou gaan die manne seker ook vra, "Waar is die goeie ou dae van 2019?"

Glo nie ek sal een van hulle wees nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 10:17:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15627
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Petrol pryse ensovoorts is interesant om te hoor, maar mis meer die lekkerte van daai tyd. As kind vrylik in die strate kon speel of maatjies toe gaan sonder dat jy vir jou lewe moes vrees. Huise sonder heinings. Oop vensters slaap sonder vrees. Kon besigheid doen met medemens deur slegs sy ja woord te aanvaar. Vertroue in mede mens was soveel meer...deesdae vertrou mense nie eers meer hul eie families nie. Stap op die strande sonder dat jy vrees dat jy oorrompel word....laaste keer by Margate raai hulle jou aan om weg te bly van strand in die aande...by Natalia se strand word jy deur sekuriteit op strand gestop as jy suid loop....blykbaar lewens gevaarlik. Ons kon as kinders veilig sonder kommernis in die stad rondloop saans....geen stres......deesdae worry mens om met n geslote kar met smash and grab vensters daar deur te ry deur die dag. 

Dis hierdie tipe van "vry en veilig wees" wat ek geweldig mis

En dit alles was nie baie lank terug gewees nie....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 11:30:48 am
franso60
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 42
Joined: 15 Jan 2015
Experience: 20 years

Ja laat mens ver terugdink.....

Toe daar nog nie vibre crete mure was nie, net draad heinings, geen diefwering of huis alarms nie, was nie nodig nie. Wit F 100 poliesvans in die Kaap. Speedcops in kakie uniforms het nog Harley Davidsons gery met gearlever langs tenk, ambulansmanne wit stofjasse. Daar was nie eintlik crime nie, wonder hoekom lyk dit nou so erg, wat is die oorsaak van die agteruitgang van ons land en sy mense.

Hier is n restourant in Parow wat nog die ou landvlag en bandoliere en leer holsters wat die SAP in  die sewentigs gebruik het, vertoon. Moes die lansvlag afhaal nou die dag, vervang met n Nederlandse vlag. so kan mens voortgaan...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 11:38:31 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink een van die redes waarom ons dink die tyd toe ons kinders was, was besonders goed is omdat ons as kinders nie die groter prentjie gesien het nie en ek hoop vir vandag se kinders is dit steeds so.  Ons het nie geweet van die bekommernisse en vrese wat ons ouers gehad het nie.  Toe ek seker so om en by agt jaar oud was, is my een tannie begrawe.  Ek onthou dat 'n oom van my, nie die tannie se man nie, toe gesê het sy is gelukkig- vir ons wat nog leef gaan dit dalk nie so maklik wees nie.  Ek het nie toe verstaan wat hy bedoel het nie, maar later, toe ek begin begryp het hoe die wêreld inmekaarsteek, het ek begin verstaan.  Ons onthou (gelukkig) meestal die goeie dinge en vergeet die slegte dinge.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 14:27:17 pm
Gypsey71
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 29 Oct 2019
Experience: 35 years

Dit was nou vir my so lekker om almal se goeie ou stories te lees.

Ek verlang nou na my pa. cry

ECHO FUN CUMP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 14:35:27 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2112
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Verlang net na die dae toe my Ma en Pa nog vir my gesorg het. Geen bekommernis gehad nie. 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 20:01:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dit was nou vir my so lekker om almal se goeie ou stories te lees.

Ek verlang nou na my pa. cry

Jip. En ons wat hulle nog het moet hulle waardeer..

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 20:11:45 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 26 May 2017

Ons jaarlikse vakansie af Mosselbaai toe en die Venter sleepwa seker half met tuis gebakte koekies en beskuit gepak, en as ons terug kom het my ma daai helfte weer met skulpe en alle nonsens gepak 

En dan natuurlik die koffie stop daar by Pitstop in Bloem, dit was so lekker om die kat ogies op die paaie te sien en daai groot lang afstand trokke met al daai liggies 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 06:45:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

So met die ry op die lang pad af Durban toe het ons krieket gespeel met die voertuie van vooraf.  Enige kar is een lopie, 'n VW dan is jy uit, tipe van aflewerings voertuie 4 lopies en 'n groot trok op die pad is 6 lopies.

Vandag gaan jy omtrent net 6 lopies kry weens die baie trokke op die pad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 10:53:18 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 518
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Om op te som, alles was die lekker goeie ou dae voor 1994, punt.

Every day may not be good, but there something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 11:04:58 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Stem gladnie saam nie!  Wat van die "lekker" ou grens-oorlog wat baie jong fisies of geestelike gebroke jong manne geëis het- wat was nou lekker daaraan?  Ook dat die staat vir my voorgeskryf het met wie ek kon vriende wees en wie nie?  Lekker?  Kom ons bly eerder weg van die politiek, want hier gaan ons ernstig verskil.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 11:21:16 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 518
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Stem gladnie saam nie!  Wat van die "lekker" ou grens-oorlog wat baie jong fisies of geestelike gebroke jong manne geëis het- wat was nou lekker daaraan?  Ook dat die staat vir my voorgeskryf het met wie ek kon vriende wees en wie nie?  Lekker?  Kom ons bly eerder weg van die politiek, want hier gaan ons ernstig verskil.

Wat is lekker na 1994 Fred?

Almal hierbo praat van hoe nice dit was om te slaap rondom Kayelami, veilig stap op die strand, lekker te fliek in Sunnyside of Hilbrow, vis te vang by die dorpsdam sonder om keelaf gesny te word.

Weet nie wie het jou verbied om vriende te kies nie ou maat en die Grensoorlog was nie so bad gewees nie, hang seker maar af van laaitie tot laaitie.

Maar, helaas, jy is geregtig op jou oppinie.

Every day may not be good, but there something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 12:43:57 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 26 May 2017

Ek sal erken ek is klip dom ensovoorts,  maar dit was lekker om nie aircon te hê nie, die vensters lekker oop en ons kon alles ruik rondom ons en ons sintuie gebruik, dit was natuurlik vir my beflip on te sien hoe oom Dave SU carbs en 40 Weber Side draughts kon tune met ñ pypie wat hy so in sy een oor gedruk het om die jets te kan hoor, daai jare het my pa hulle nog combat geskiet met ñ 45 Colt 1911A1 of ñ 9mm FN Browning. Daarom ook sal ek nie my ou 1990 Toyota Hilux D/C 4x4 met soliede voor as en 2.2 liter 4Y motor verkoop nie, sy herhinder my aan die lekker ou dae, my Rangertjie bederf my tot in die afgrond in maar ek weet my ouderwetse Hilux kort net petrol en spark en dan loop sy. Ek wens natuurlik ek was in die 1940's gebore toe daai regtige mooi karre gemaak was en die mans so mooi aangetrek was met hoede op hul hoofde en die vrouens soos ware ladies was.

En so gepraat van die grens oorlog, die neefs van my wat nog voor hulle grens  toe was al tekens gewys het van verfynd, het as senuwee wrakke terug gekom, die ander twee ware terroris neefs van my het terug gekom en gedink dit was awesome, ek het die bos oorlog met 2 jaar gemis, dammit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 12:57:50 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sal erken ek is klip dom ensovoorts,  maar dit was lekker om nie aircon te hê nie, die vensters lekker oop en ons kon alles ruik rondom ons en ons sintuie gebruik, dit was natuurlik vir my beflip on te sien hoe oom Dave SU carbs en 40 Weber Side draughts kon tune met ñ pypie wat hy so in sy een oor gedruk het om die jets te kan hoor, daai jare het my pa hulle nog combat geskiet met ñ 45 Colt 1911A1 of ñ 9mm FN Browning. Daarom ook sal ek nie my ou 1990 Toyota Hilux D/C 4x4 met soliede voor as en 2.2 liter 4Y motor verkoop nie, sy herhinder my aan die lekker ou dae, my Rangertjie bederf my tot in die afgrond in maar ek weet my ouderwetse Hilux kort net petrol en spark en dan loop sy. Ek wens natuurlik ek was in die 1940's gebore toe daai regtige mooi karre gemaak was en die mans so mooi aangetrek was met hoede op hul hoofde en die vrouens soos ware ladies was.

En so gepraat van die grens oorlog, die neefs van my wat nog voor hulle grens  toe was al tekens gewys het van verfynd, het as senuwee wrakke terug gekom, die ander twee ware terroris neefs van my het terug gekom en gedink dit was awesome, ek het die bos oorlog met 2 jaar gemis, dammit.

Kyk ek stem saam met jou opmerking van daai tyd toe die karre nog karre was en hulle regtig mooi was.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 16:16:11 pm
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 28 Feb 2018

After 1994, lekker, 3 WORLD CUPS, THREEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 17:34:03 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1948
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek glo weer elke geslag ervaar hulle kind- en jongmenslewe as die beste want dit en die huidige lewe is al wat hulle ken.

Nostalgiese denke is miskien lekker, maar dit bring 'n ou ongelukkig nêrens nie  -  vorentoe kyk en die beste uit die huidige lewe neem is vervullend.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 17:47:40 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

As daar nou een ding is van die "goeie ou dae" wat ek nie mis nie, is dit die tyd in die weermag.

Oor 30 jaar van nou gaan die manne seker ook vra, "Waar is die goeie ou dae van 2019?"

Glo nie ek sal een van hulle wees nie.

Ja oor 30 jr van nou kamp ek ook met die Ambulans.......lol.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 17:52:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

As daar nou een ding is van die "goeie ou dae" wat ek nie mis nie, is dit die tyd in die weermag.

Oor 30 jaar van nou gaan die manne seker ook vra, "Waar is die goeie ou dae van 2019?"

Glo nie ek sal een van hulle wees nie.

Ja oor 30 jr van nou kamp ek ook met die Ambulans.......lol.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 18:48:57 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 18:58:52 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Om op te som, alles was die lekker goeie ou dae voor 1994, punt.

Dink ook so..

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 20:07:23 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Nog n paar oldies

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 23:54:33 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Oldies

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 08:29:03 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dog ons praat van die goeie ou dae. Rand en sent en Spur is maar dinge van heel onlangs. As ek dink aan die "goeie" ou dae, (wat ek ook as goed onthou) dink ek aan die tyd wat vier chappies of een Wilson toffie een pennie gekos het. Rand en sent is maar 'n latere ding.  Ek onthou die opwinding van die 1961 feesviering toe ons 'n republiek geword het en het nog êrens die klein Republiekvlaggie wat aan ons kinders uitgedeel is. Spur het ook maar nou die dag gekom toe ek al my eie kar gehad het.  Toe ek nog in my ouerhuis was, was daar niks soos Spur nie, maar padkafees (roadhouses) soos die Casbah in Alberton, was die uit-eetplek en wegneem-etes was maaf "vis en tjips" of rooiworsies en tjips toegedraai in koerantpapier.  

Dis interessant dat elkeen aan jy jeug dink as so te sê die begin van tyd.  My ma het vertel hoe hulle in die Balmoral omgewing naby Middelburg, af en toe met 'n ossewa dorp toe, waarskynlik Middelburg, gery het vir inkopies.  Dit het vir my soos 'n tyd voor tyd begin het, geklink.  Nou klink die 'begintyd" herinneringe van sommige van die jonger-ou lede op die Forum, soos nie lank gelede nie, maar vir hulle, soos vir my, voel hulle asof daar niks was voor hulle begin onthou het nie.  Ek kan vaagweg die 300 jarige viering van van Riebeeck se aankoms in 1952, die Van Riebeeck Fees onthou hoewel ek maar heel klein was.

Maar soos Lennie, begeer ek nie die tye terug nie. As jy realisties is, was die ou tyd ook maar nie net maanskyn en rose nie en dit doen geen doel om iets wat onmoontlik is, te begeer nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 09:22:09 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 26 May 2017

Elke keer as my ma afval gekook het, het my pa sommer by die hek gestop as hy van die werk af gekom het en vir my gesê " roep jou broer " dan het ons roadhouse toe gegaan en daar geëet, my pa kon afval ver ruik en die reuk van dit nie hanteer nie, nog minder sal hy dit eet, hy het net gesê jou ma kan die aardige goed maar self eet. Ek kan daai uitdrukking nog op sy gesig sien en nou nog lekker lag daarvoor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 09:53:04 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Fred jy praat van Casbah Roadhouse in Alberton. Kan jy die Tampico road house onthou by Alberton crossing. Duncan mech engineering het Tampico vervang en daarna Formula one hotel wat nou nog staan.

In die tyd toe ek nog geboks het in die suide was daardie ons omdraai punt om te gaan draf met oefeninge. Daarom sal ek die plek altyd onthou.

Verder die bult op in die suide se rigting was n ander ou bekende, die jumbo roadhouse. Daar het die vuiste geklap meer as wat dit nodig was.

Alberton en die suide los goeie herhinneringe met baie spoke wat nou nog rond dwaal.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 13:09:54 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Bakoor, ek onthou die Tampico goed mar nie die Jumbo nie.  Ek kom nie meer in Alberton nie so ek was nie bewus dat hy weg is nie.  Ek verneem egter Casbah het kort gelede teruggetrek na sy ou perseel langs die gewese bioskoop, die Libertas as ek reg onthou.  Toe ek heel klein was, het my ouma nog 'n koei aangehou in Tweede Laan waar ek dink die kliniek nou staan.  Dit was 'n lekker veilige dorpie toe ons nog kinders was, nou is dit vir my heel vreemd en ek voel nie meer tuis daar nie. Ons familie het 'n lang verbintenis met Alberton.  My ma het ook daar grootgeword, maar daar is niemand van ons meer daar oor nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 15:44:58 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dan sal jy Alberton nie herken. Ontsettend ontwikkel. Casbah het geskuif oorkant Nevada senter  nou waar McDonald's is en is n baie kleiner roadhouse. Die roadhouse waar Cashbah was is nou Johnny Ghitaar roadhouse. Derhalwe die dietjies en daaitjies is Alberton n redelike veilig plek en n vrek lekker plek om te bly. Uitstekende winkel sentrums, eetplekke en en. Jy moet kom kuier.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First