English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 416
Total Replies: 232 752
Total Views: 82 445 697
topics: 10 892
replies: 126 451
views: 38 914 678
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoe rate jy jouself as n kamper en hoekom

replies: 26
views: 483
19 Oct 2019 @ 22:11:05 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hoe ernstig is jy oor kamp, hoe geniet jy dit en kamp jy omdat dit jou nommer een keuse is of sal jy sekere ander vakansies bo kamp verkies sou so n geleendheid in jou skoot val

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 05:19:11 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 920
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek geniet dit om te kamp, maar ek hou ook van ander vakansies soos selfsorg chalets ens. Ek hou van gemaklik kamp met  ordentlike ablusies en fasiliteite. KNP is verreweg my geliefkoosde kampplek. Die feit dat kamp soveel goedkoper as ander verblyfsplekke is speel ‘n rol. Dit gese, ek is in drie weke se tyd in die KNP met die Tourertjie - kan nie wag nie!

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
20 Oct 2019 @ 06:15:06 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het al paar keer in gastehuis gebly as ons Kaap toe gaan, maar dan is dit basies net oornag.....deur die dag is ons glad nie daar nie. Dan al paar keer in KNP in hutte gebly, maar soos by Lower Sabie as ek winkel toe loop, loop ek eers n ompad deur die karavaan park. Op gewone oorde wat ek gewoonlik besoek, trek die chalets my glad nie. Al is dit hoe luuks en mooi......ek sal my karavaan mis. Ek twyfel of ek n chalet sal huur as daar karavaanpark ook is. Om met karavaan te gaan is reeds n ontspanning van sy eie wat jy nie in n chalet kry nie. Dis lekker om jou staanplekkie reg te kry soos jy van hom sal hou....lekker gesellig maak. As dit net oornag is, sal chalet doen. Maar as dit vakansie is....verkies ek my kampeer. Mens sal ook gewoonlik sien waar vriende saam n oord besoek en een bly in chalet en ander kampeer......as hulle saam kuier, word dit gewoonlik in die kampeer terein gedoen. Hoekom? Want dis lekkerder daar! Nee wat by my: KAMP KRAAI KONING!....soos reeds genoem, om te kampeer is alreeds n heerlike onspanning op sy eie...hoekom dit wil verruil?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 06:39:32 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Met my werk slaap ek baie in Gaste huise en self sorg plekke.

Ons het nog nooit in sulke plekke gebly as daar plek vir die wa is.

Dink met die nuwe wa gaan ek n paar aande in hom slaap.

Het die selfde matras laat maak as wat in die kamer op die bed is.

My bed is my bed.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 08:53:59 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dink ek is 100% n woonwa liefhebber.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 09:28:41 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

My en Elma se keuse is kamp.

Dis anders. Soos Jin sê. Eie bed. Atmosfeer. Die mense om jou. Vryheid. Vele ander dinge ook.

Maar ons het met die vakansie-punte -sisteem ook dit geniet. Het bykans landvol gebly..... alhoewel dis nie dieselfde nie. Met die kampery ook die land vol gery met Elma se werk...  so ons kon op hierdie manier die verskil opmeet teen mekaar.  Kamp wen altyd. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 11:59:45 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 870
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Kamp bly maar vir my die lekkerste, alhoewel ons beslis nie meer so gereeld kamp soos in die verlede nie.

Ons vind dit deesdae (op ons ouderdom) te veel van 'n "schlep" om vir 'n kort periode (bv 'n naweek of selfs 'n langnaweek te gaan kamp). As ons dus nie vir 10 dae of langer kan kamp nie, bly ons eerder by die huis of breek weg vir 'n naweek in 'n selfsorg-eenheid.

Ons toer graag met die wa en slaap enkel nagte (soms twee nagte op 'n plek) oor, maar ek gebruik ook Lekkeslaap as ons nie met die wa toer nie.

Maar om 'n meer direkte antwoord op die opskrif van hierdie draad te verskaf - ek beskou my as 'n kamper deur en deur (alhoewel die ouderdom my wil inhaal - of liewers verskeie skete en pyne). Soos sommige reeds hierbo genoem het, dit is waar die ware vakansie-atmosfeer is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 16:55:17 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years

Kamp hopelis te min kamp bly koning

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 17:12:29 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2736
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Ons bly nooit in self sorg eenhede.

Al is dit net vir een aand, dan ry ons in die kamper...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 19:11:29 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 144
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

We really enjoy camping in every respect wherever we stop.

But if you offer me a free Island holiday living in an apartment, What a question, my bags are packed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 21:39:45 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek weet nie of ek mal of net kamp mal is. Ek geniet my karavaan geweldig baie. Ek geniet die kampe en die kampers om my. 

Het by Hermanus in n luukse hotel oor Desember vakansie gehou en kon nie wag om terug te ry en my karavaan te hak.

Nou hierdie Desember het ek en vrou n drie weke vakansie in Thailand, alle kostes ten volle vir ons betaal weg gewys en liewer n kamp geboek. 

Ek weet ek het as kind baie geval en baie in rugby seer gekry maar kop beserings was minimaal. Ek dink net kamp is vrek lekker. My vakansie met kamp begin maande voor die tyd as as alles begin reg kry nuwe goed bou / maak soos ek met die oog by ander kampe gesteel het. Soos Bostoe sê, Kamp bly koning.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 08:27:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons is 100% Kamp vakansie mense.

Ons het al voorheen met my Ouers se RCi punte in selfsorg akkomodasie vakansie gehou. Maar dis nie helfte so lekker nie.

As ons nie kan kamp met 'n vakansie nie. Dan gaan ons nie met vakansie nie.

 

Daar is wel een vooruitsig as die Liewe Heer ons spaar. Dan wil ek en ma die Middellandse See Boot Reis gaan ervaar.

Dit is deurgaans op 'n pasasier skip en dalk 4 aande in hotel.

 

DAARNA KAMP ONS WEER VERDER................................laughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 09:30:38 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 255
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Kamp is lekker.

Chalet is lekker.

Verblyf oorse is lekker.

Samevattend, vakansie is lekker!!!

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 09:34:35 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 28 Feb 2018

Rating as a still camper, prefere less children friendly camps, and smaller camping venues , less than 2 hours (or about 160 km radius), from base (Polokwane), on long weekends and holidays , most traffic is north south, then prefere to travel east west camping sites, its not easy being boring, you have to work on it 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 10:26:15 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

wel as mens soveel spandeer op karavane en sleepvoertuie ens dan moet kamp maar in jou wees..

Ek dink nie daar is 'n standaard "kamper" waaraan jy jouself kan vergelyk of meet nie. Want die defnisie van kamp vir verskillende kampeerders verskil. 

Party like 'n opskiet tentjie in die berge kwaai en dis hul idee van kamp met net 'n vuurtjie wat brand en die tentjie wat staan.

Anderkant van die skaal is daar die luukse karavane met al die bells en whistles en hulle voel dit is hul kamp ervarings.. En tussen in is daar nog baie ander.

Ek self sal nou nie full time kamp nie, maar ek geniet my tye wat ek wel gaan kamp, en ek dink solank jy genoet wat jy doen is jy 100%


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 15:52:23 pm
Geoff Grant
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 27 Jan 2018
Experience: 24 years

Hi, ek verkies kamp bo alles. Daar is niks lekkerder as om op te stel op n mooi grasryke terrain, nuwe vriende te maak, te kyk hoe kinders in die buitelig speel en geniet, die fasiliteite van die oord te geniet, die lekkerste bederf kos te maak op n vuur,  snoesig te slaap in my eie wa , maak nie saak wat die weer buite maak, en lekker boek te lees. Geen TV, geen nuus, geen ontsteltenis. Al raak ons ouer, en die nes is leeg, geniet ons nog gesinsoorde. Goeie ablusies nie te ver, elektrisiteit en n water kraan bly maar essensieel.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 18:44:19 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1584
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Voor ek ons eerste karavaan in 1991 gekoop het, het ons eers familievergadering gehad oor wat is ons voorkeur vakasieverblyf. Voor dit het ons alles probeer, tent kamp, karavaan geleen en getoer e,n kamp, hotelvakansie, selfsorg huisies, hele huis met familie deel ens. Alles probeer.

Karavaan kamp het gewen en so het ons huisgesin besluit ons koop karavaan.

Sedertdien was dit by tye nodig om gastehuise te gebruik (motorfiets toer), of selfsorg plekke vir spesifieke geleenthede.

Maar karavaan haak en kamp bly bo.

Mijn vrouw sal niks daarvan dink om 12 maande per jaar in die karavaan te bly nie.

Wanneer ons na 4 maande by Eiland moet oppak, probeer sy nog tyd uit my uitkry om daar aan te bly. Dis net die Oktober+  hitte wat ons huistoe jaag. Anders sou sy daar bly kamp.

Om die vraag te beantwoord: ons is volbloed karavaan kampers. Het kleiner begin, nou lekker luuks kamp nadat mijn vrouw vir 13 jaar in 'n daktent in suider afrika moes slaap en soms met 2 koppies water haar oggend was was. Maar sy het dit gedoen, maar dis nou klaar.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 20:11:07 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 144
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

Brommer, I think you have summed it up perfectly its a matter of each to his own, tastes vary widely and so do budgets.

I have for many years enjoyed camping in a tent, we now have a hybrid half tent ,half van, and it is fantastic. The key word I think is "CAMPING" ?????

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2019 @ 13:59:43 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons kamp net so lekker in 'n Tent met 'n Gazebo. Ma het steeds haar Porta Potti vir die middernag behoeftes.

Stoele sit net so lekker onder die Gazebo as onder die rally.

Ry nou net so effe meer goete saam as wat ek net die wa sou haak en sleep.

Kamp bly maar die in ding vakansie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2019 @ 15:20:55 pm
Jaco van Rooyen
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 81
Joined: 20 Feb 2017

Kampeerder gebore en sal een bly.  Ongelukkig staan die groot B woord rotsvas die laaste paar jaar en kan ons maar bitter min gaan kamp (dis nou Begroting, of eerder die tekort daaraan).  Ons verkies maar stiller kampering, nie een vir massas om my met baie geraas ens nie.  Ons het 'n baie eenvoudige, goedkoop Offroad" waentjie (wat heelmoontlik ook in die slag gaan bly om tenminste die helfte van ons dogter se studies van volgende jaar te kan betaal) asook 'n 1995 Caravette 6.  Met die waentjie kom mens op plekke waar die padwa nie kom nie en jy sleep darrem ook bietjie vinniger, maar hy is heelwat meer werk om alles op plek te kry en lyk my die rug begin ook al minder daarvan hou laughing, MAAR kamp bly steeds die beste en as jy nou nog agter jou visstokke by die water op jou eie kampplek kan sit, aai aai aai, wanneer hak ons?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2019 @ 19:49:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het ook nou vir n paar maande meer in die bed en hospitaal bed gespandeer.

Kan nie wag omte gaan kamp nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2019 @ 20:37:44 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jin. n herstel wat op skudule loop verg baie disipline van jou kant. As jy gaan kamp maak seker jy doen net mooi niks. Jou tent moet iemand anders vir jou opslaan so ook die los werkies. Dit het my twee jaar geneem voor ek reg was om n paar dingetjies self te doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2019 @ 14:29:36 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kampeerder gebore en sal een bly.  Ongelukkig staan die groot B woord rotsvas die laaste paar jaar en kan ons maar bitter min gaan kamp (dis nou Begroting, of eerder die tekort daaraan).  Ons verkies maar stiller kampering, nie een vir massas om my met baie geraas ens nie.  Ons het 'n baie eenvoudige, goedkoop Offroad" waentjie (wat heelmoontlik ook in die slag gaan bly om tenminste die helfte van ons dogter se studies van volgende jaar te kan betaal) asook 'n 1995 Caravette 6.  Met die waentjie kom mens op plekke waar die padwa nie kom nie en jy sleep darrem ook bietjie vinniger, maar hy is heelwat meer werk om alles op plek te kry en lyk my die rug begin ook al minder daarvan hou laughing, MAAR kamp bly steeds die beste en as jy nou nog agter jou visstokke by die water op jou eie kampplek kan sit, aai aai aai, wanneer hak ons?

Jaco nou praat jy mos groot woorde as jy noem van Kamp en dan nog agter die vis stokke ook sit.

Het juis met ons forum kamp by die Vaal rivier die visse gelooi.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2019 @ 17:48:40 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 151
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek kamp nou al vir amper 50 jaar. Het as kind saam met ooms, tannies, niggies en neefies gekamp oor skool vakansies and dan ook saam met my ouers en sister een keer n jaar by die see en die res van die jaar in die wildtuin. 

Het my eerste karavaan gekoop op 21 en dit nog voor ek getroud was. Het hom nogal van aanstaande skoonma gekoop vir R800. Dit was n ou Gypsey Blue bird. Moes hom regmaak voor ek hom kon gebruik. Hy het nog ingeboude gas ligte gehad in die karavaan.

Wat kamp beter maak as hotel of chalet is om soos in die Richtersveld reg langs die Oranjerevier te kamp en van my kampstoel, wat langs my braai staan met n tjoppie op,  kan opstaan en 4 tree te loop en n lekker koue een uit my eie yskas te haal. En, ek weet ook wie laaste in my karavaan se bed geslaap het. 

Ek het al my ouers / familie  in chalets gesit in die wildtuin maar self gekamp. Almal kom kuier, braai en eet by ons waar ons kamp in elk geval. 

Mense het al baie vir my gese dat ek baie lekker hotel vakansies kon he vir n klompie jare met die geld wat ek op die karavaan gespandeer het. Al wat ons vir hulle se is "dit is nie wat ons doen nie"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2019 @ 13:33:20 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1606
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Ek is n kamper het te veel in hotelle en selfsorg gebly vir werk reg deur die wereld. As ek nie met my wa tot daar kan ry nie is dit nie vakansie nie. Het reeds 23 naweke die jaar gekamp en het nog 3 naweek kampe voor jaarlikse verlof begin 13 des.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 13:26:10 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek is n kamper het te veel in hotelle en selfsorg gebly vir werk reg deur die wereld. As ek nie met my wa tot daar kan ry nie is dit nie vakansie nie. Het reeds 23 naweke die jaar gekamp en het nog 3 naweek kampe voor jaarlikse verlof begin 13 des.

"n Man so na aan my hart.  Hy weet waar sy perioriteite lê.  Ek het reeds een kamp naweek in die pyplyn voor die Des vakansie.

Beplan vir ten minste nog een.  Dan sal ek plan sien vir plek gedurende Des.vakansie.

Moes alles kanselleer weens werk issues. kan nou net later op verlof gaan.

Sal 'n plan maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 15:37:21 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Jin. n herstel wat op skudule loop verg baie disipline van jou kant. As jy gaan kamp maak seker jy doen net mooi niks. Jou tent moet iemand anders vir jou opslaan so ook die los werkies. Dit het my twee jaar geneem voor ek reg was om n paar dingetjies self te doen.

Met my besoek laas vrydag by dokter het hy ook gesê dit gaan so 2jr neem.

Maar ek voel beter elke dag. Veral as ek n whiskey drink. Lol

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required