English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 486
Total Replies: 234 645
Total Views: 82 534 431
topics: 10 935
replies: 127 665
views: 38 954 995
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Motorwagte

replies: 25
views: 462
19 Oct 2019 @ 15:27:36 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1934
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek wil nou my nek uitsteek en n vraag vra wat al n lang ruk in my kop maal. Die vraag is dien motorwagte (by bv winkelsentrums) nog die doel waarvoor hulle geskep is of het dit ook maar n manier van wettige bedelary geword.

Hoekom vra ek die vraag? Vanoggend is ek en Susan by een van ons winkelsentrums. Dit wemel daar van karwagte en ek glo nie ek oordryf as ek se dat daar feitlik vir elke 6 geparkeerde motors n karwag is nie. By aankoms word jy vriendelik gegroet en belowe daar sal mooi na jou motor gekyk word. Daagliks as jy terugkom by jou motor kry jy dieselfde rympie "everything under control and in order". Meeste kere weet hulle nie eers watter motor joune is nie. Meer omdat jy bang is daar is volgende keer n krap op jou motor, bied jy maar elke keer n paar silwerstukke aan as beloning. Met hedendaagse tegnologie het feitlik alle motors trukameras so hulle beduie hoe ver jy nog kan terugstoot is ook oorbodig.

Vanoggend toe ek en Susan by ons bakkie aankom is daar n struweling tussen die eienaar van die motor langs ons en die karwag. Die motor se agterlig is stukkend en die glasstukke le op die grond. Die karwag sweer hoog en laag dit kon nie daar gebeur het nie en as dit het het hy en al die ander niks gesien nie. Ons is weg sonder om die uiteinde te hoor. Paar maande gelede het dieselfde met n vriendin van Susan gebeur terwyl sy by n ander sentrum was met haar man se duur duitse motor. Voor lig stukkend. Karwag het niks gesien nie. Huismoles en stilte in daardie huis vir paar dae totdat assuransie regmaak en vroulief die bybetaling moet doen.

Nou wonder ek maar net.......het motorwagte nog n bestaansreg? Is die oortreder se "stilmaak fooi" aan die motorwag dalk meer werd as die skrale paar silwerstukke wat ons gee? Of speel intimidasie teenoor karwagte dalk n groot rol......."praat ek weet waar jy bly en wie jou vrou en kinders is". Ek het nie bewyse hiervoor nie ek speel maar net duiwelsadvokaat om reaksie uit te lok.

Hier is nou loadshedding by ons en daarom het ek tyd om hieraan te dink en my gedagtes op skrif te sit. Kom ons se karwagte het nie meer n bestaansreg nie en is net bedelary.......wat kan jy en ek daaraan doen? Is daar soveel diefstalle by sentrums dat daar soveel motorwagte moet wees of is dit net n bewys dat misdaad in hierdie land baie betalend is.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 15:32:10 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 943
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Dalk isdit net om met  waardigheid te bedel. Ek kry hulle baie jammer. Ons Loewe in ‘n baie wrede en onregverdige lans.

Never too old to have a happy childhood
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 15:40:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14478
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Vanoggend het mense wat ons ken deel gaan neem aan n padwedloop hier by die WNNR in Pretoria. Een ry n Fortuner en ander een n Ranger. Toe hulle by hulle karre kom is altwee hulle se spaarwiel gesteel.....en daar was blykbaar hordes "karwagte".....niks gesien nie. Ek dink heelwat van hulle is nie daar vir n silwer muntstuk nie....hy is daar om die geleentheid te kry om jou te besteel.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 16:12:46 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4433
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel dis maar met gemengde gevoelens wat mens 'n standpunt inneem. Ek praat nou die dag met een van ons mense wat as karwagte optree en ook met een wat nie meer toegelaat word om by 'n sentrum in Pta diens te doen want die voorman laat net 'n X hoeveelheid toe. Hulle doen dit omdat hulle nie ander werk kry nie. Ek het ookal met 'n paar ander mense te doene gehad waar van hul vriende dit maar sien as 'n manier om kos op die tafel te he.

Onlangs wil ons 'n klomp klere weggee. Kry iemand wat mense help en word dadelik aangeraai om dit nie te neem na sekere van die "squatter" kampe buite Pta te neem nie want dit word net verkoop vir drank geld. Ai dis maar sleg om so iets te hoor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 16:47:28 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2334
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Ek is ongelukkig ook NIE een wat hulle sal vra om na kar te kyk nie.

1) Jy kom NIE na my toe aangstap met sigaret in die mond nie!!!

2) ek het by 4 geleenthede my huidige kar gekrap/geskuur en gestamp gekry in parkeertereine waar ek wel ingestem het dat hulle na kar kan kyk - En met teugkeer is daar dan toe NIE "gekyk"nie.

3) ons sal wel, wanneer ons met pakkies by kar aankom (vernaamlik die ander helfte!, en daar word aangebied om te help met inlaai van swaar items en of om trollie weg te stoot, 'n paar silwer stukke gegee.

My kar is verseker, ek betaal BAIE geld daarvoor, en 'n opspoorstelsel is geinstalleer, waarop ek ook maandeliks betaal. So, as kar dan geneem of beskadig word, sonder toesig van oppasser, sal versekering betaal. Hulle het in verlede betaal waar ek WEL betaal het vir toesig, wat toe nie so goed was nie!!

Ek hou ook altyd banksakkies met kleingeld in kar, normaalweg tussen 5 en tien rand, waar ek dan met oorleg sal oorhandig by mense wat ek dink dit gaan benodig - hetsy by robot/stopstraat of waar ookal.

Ek moet noem dat by parkeerarea waar kar aan een kant gestamp was kon ek met behulp van my dashcam se video opname van voertuig wat reeds geparkeer was, waarlangs ek ingetrek het, die voertuig weer later indentifiseer by selfde paneelklopper waar ek was vir kwotasie! Ek kon die registrasienommer en voertuigmaak, kleur en so meer aan versekeraars verskaf wat toe die skuldige kon opdreun.

Ek het gelukkig nie meer enige bybetalings nie, maar hulle het die dame kon laat aanskrywe en ek dink haarversekering het toe betaal.

Om tot die karwagte terug te kom, elkeen moet maar doen soos sy ervaring of dan gewete voorskryf! Ek het my siening!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 17:22:32 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2050
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Myself betaal nie karwagte by winkelsentrums nie. Hoeveel keer kom jy by parkeer area van 'n winkel sentrum en jy sien nie die wag nie maar as jy terugkom duik by skielik op en en vertel jou hy het mooi na die voertuig gekyk. 

Wat my warm onder die kraag maak as jy uitklim en wegstap en hy sê iets en jy ignoreer hom dan skreeu hy vir jou om seker te maak jy hoor. 

Daar is virseker van hulle wat 'n eerbare inkomste probeer verdien en het hulle help beslis as ons in die winter vroeg wil oefen by die strand en dit is donker.

Daarom parkeer ons by die Moses Madhiba stadium en die voertuig wagte mag nie geld ontvang nie want hulle werk vir 'n veiligheids maatskappy. 

Op die strand het ons 'n wag wat veral die branderplank ryers se voertuig sleutels hou as ons in die water is en hom betaal ons maandeliks 'n fooi.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 17:44:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14478
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Vanoggend het mense wat ons ken deel gaan neem aan n padwedloop hier by die WNNR in Pretoria. Een ry n Fortuner en ander een n Ranger. Toe hulle by hulle karre kom is altwee hulle se spaarwiel gesteel.....en daar was blykbaar hordes "karwagte".....niks gesien nie. Ek dink heelwat van hulle is nie daar vir n silwer muntstuk nie....hy is daar om die geleentheid te kry om jou te besteel.

Dis nie dat ek glad nie karwagte betaal nie....mens kan gou sien as n karwag sy sout werd is en hard werk om sy geld te verdien, maar kan ook ander weer sien wat erens n geel vest opgetel het en nou "karwag" speel. Ek sê dat winkelsentrums self hul sekuriteits maatskappy moet aanstel om jou kar op te pas....hulle maak genoeg geld om dit te kan doen. Nou kry jy winkelsentrums wat selfs nog n klomp van die wag se geld vra om sy kliente se karre op te pas.....skande van sulke landlords 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 18:01:51 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8374
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Het al baie ondervind met hulle gehad. 

Goeies en slegtes.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 20:10:54 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kyk daar is n groep mense wat hierdie hele land besteel en vir daardie rede is miljoene mense werkloos en haweloos. Wanneer daar n geleendheid is om n ander groep mense te kies om ons land leefbaar te maak hardloop al hierdie mense en kies die skelms weer. Dan moet ek hul nog sponsor met fooitjies. Te duiwel met dit. Ook gaan parkeer jy jou kar is niemand insig om jou spasies uit te wys maar as jy terugkom staan hulle rye vir n fooitjie. Het verskeie kere gekry waar ou mense en dames geintemedeer word om n fooitjie te betaal. Rondom Coca Cola park na die rugby is dit n hotspot. 

Dit is in werklikheid die plig van enige publieke plek of besigheid om hul kliente met hul eiendom se veiligheid te verseker. Ek gee graag maar aan die wat ek regtig kan sien is in die knyp.  

Charity begins at home. Ek is geseënd om in n baie goeie veiligheids  kompleks te woon en is verstom om te sien hoeveel  " hoë klas " mense sit sonder werk en raap en skraap om aan die lewe te bly. Daar weet ek my charity word reg gebruik. 90 persent van hierdie karwagte id mense wat beskerm word onder die BEE wet. Sit my onder daardie wet ook sodat ek dieselfde voordele het dan praat ons weer. Ek is n voorstaander vir gelykheid. As ek volgens wet aan die agterspeen moet suig moet my nie vir melk kom vra as jy alreeds voordeel in die samelewing trek en na jy klaar dik gesuip is aan die melk.

Besoek onlangs n wegneem ete plek. Vraag na my "how many children would you like to feed?"

Die plek kan nie eens my bestelling reg kry en meer as een keer het ek bv. 10 stukke hoender bestel en as ek by die huis kom is daar net 8 stukke in. Wonder wie feed ek nou,?

 

 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 20:28:35 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dis dalk 'n situasie van vraag en aanbod. Toe die karwag besigheid begin het, het hulle aan 'n vraag voldoen want ons was bereid om fooitjie te betaal.

Nou dat die muis dik is, word die kaas bitter en die diensverskaffer werk nou ook vir die krimineel wat rondsluip en op onskuldiges teer.

As jy onder kriminele daad deurloop, weet hy niks en verwag 'n fooitjie.

As ons almal ophou fooitjies betaal vir 'n nie-bestaande diens, sal die diensverskaffer gou agter kom daar is nie behoefte aan sy 'vaardigheid' nie.

Of hy gaan loop en nie meer daar wees nie, of hy gaan die kriminele element ondersteun en só betaling kry.

Net jammer as mens 'n fooitjie weerhou, dan weerhou jy dalks van iemand wie dit regtig nodig het. En/of jy gaan meedoëenloos onder kardiewe deurloop.

Tipies 'n Bart Simpson gesegde situasie: " you are damned if you do and you are damned if you don't"

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 20:40:36 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek kan nie Piet se vraag in die eerste paragraaf van sy inleidende kommentaar beantwoord nie, want ek weet regtig nie.  Wat ek wel weet dat in enige bedryf (natuurlik die Regering ingesluit) daar altyd vrot appels is terwyl ander weer opregte, hardwerkende mense is.

'n Paar maande gelede parkeer ek my platkar by 'n besige winkelsentrum hier in Kaapstad. Met my terugkeer staan 'n karwag soos 'n soutpilaar by my voertuig met die nuus dat 'n ander voertuig agteruit getrek het en binne-in my kar vasgery  -  later vasgestel die skade was R32 000 !  Die wag deel my mee hy het die betrokke ander motor gewys om te stop toe dit te naby my voertuig gekom het, maar in plaas van rem trap, trap die dame die petrolpedaal.  Die wag het haar besonderhede in sy gebroke handskrif op 'n papiertjie afgeneem (sy kon gelieg het maar het darem nie), maar ook seker gemaak dat hy die registrasienommer, fabrikaat en kleur neerskryf.

Uiteinde : versekering het aanvanklik betaal, maar die skade van die vrou terugverhaal en my geen-eisbonus herstel.

As dit nie vir die karwag se optrede was nie, was die skade myne.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 21:26:36 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek kan nie Piet se vraag in die eerste paragraaf van sy inleidende kommentaar beantwoord nie, want ek weet regtig nie.  Wat ek wel weet dat in enige bedryf (natuurlik die Regering ingesluit) daar altyd vrot appels is terwyl ander weer opregte, hardwerkende mense is.

'n Paar maande gelede parkeer ek my platkar by 'n besige winkelsentrum hier in Kaapstad. Met my terugkeer staan 'n karwag soos 'n soutpilaar by my voertuig met die nuus dat 'n ander voertuig agteruit getrek het en binne-in my kar vasgery  -  later vasgestel die skade was R32 000 !  Die wag deel my mee hy het die betrokke ander motor gewys om te stop toe dit te naby my voertuig gekom het, maar in plaas van rem trap, trap die dame die petrolpedaal.  Die wag het haar besonderhede in sy gebroke handskrif op 'n papiertjie afgeneem (sy kon gelieg het maar het darem nie), maar ook seker gemaak dat hy die registrasienommer, fabrikaat en kleur neerskryf.

Uiteinde : versekering het aanvanklik betaal, maar die skade van die vrou terugverhaal en my geen-eisbonus herstel.

As dit nie vir die karwag se optrede was nie, was die skade myne.

Ongelukkig is dit sulke opregte mense wie se integriteit in die slag bly as gevolg van negatiewe ervarings met ander.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2019 @ 21:38:51 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Paar jaar terug parkeer ek my bakkie in n afgeskorte area by n winkel sentrum. Die area is toe met n heining, onder 24 uur kamera en n hek wag. Weg is my bakkie. Kamera wys hoe n man na my bakkie stap, peuter en daars hy binne my bakkie. Dit is reg oorkant die hek wag. Ek het naby hom geparkeer juis vir veiligheid.

Toe die man in my bakkie klim begin die hekwag al die hek oop maak. Geen ander karre wat wag of beweeg. Daar ry ta deur die hek ongesteurd en toe hy deur is maak hy ewe gedweë die hek toe. Alles onder kamera. Die wagte ek skelms werk saam. As daar n aanvraag vir n sekere kar of tyre is en n maklike teiken is dit net nodig vir een oproep. Assuransie wil nog met stories ook kom. Tot vandag geen terugvoering van niemand en bakkie het verdwyn.

 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 06:47:48 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8374
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Vanoggend het mense wat ons ken deel gaan neem aan n padwedloop hier by die WNNR in Pretoria. Een ry n Fortuner en ander een n Ranger. Toe hulle by hulle karre kom is altwee hulle se spaarwiel gesteel.....en daar was blykbaar hordes "karwagte".....niks gesien nie. Ek dink heelwat van hulle is nie daar vir n silwer muntstuk nie....hy is daar om die geleentheid te kry om jou te besteel.

Hulle help maar oral. En hy kry ook sy deel daaruit.

Elke bietjie help.

Dit staan nou einde se kant toe en hulle moet of by die huis kom vir Kersfees of ook n persent koop.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 11:09:32 am
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 257
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Soos in die samelewing kry jy ongelukkig onder hulle ook die goeie mense en minder goeie mense. Ek het n beleid om waarde aan die fooi te koppel. As ek vriendelik en hulpvaardig behandel word met die aankoms en vertrek en ek terug kom by die voertuig na die tyd en die wag kan my koppel daaraan of wag vir my daar dan weet ek daar is waarde vir my geld en hy verdien sy fooi. Ek het al van die kriminele element onder hulle ook gesien wat vir jou plek aanwys en sodra jy klaar parkeer het en op pad is om jou motor te sluit maak hy ewe slinks die linker agter deur op n skreef oop voordat dit sluit en jy dink jou voertuig is gesluit. As jy terugkom is alles van waarde wat in jou kattebak of los in jou voertuig was weg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 11:29:52 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4162
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

I don't pay them !  security guards should be in the employ of the the shopping centre. If there are known centres where incidents, thefts occur shoppers will soon stay away and the centre will fail. I certainly won't shop there.

So if the centre wants to survive they must provide the secure parking. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 16:00:25 pm
Anonymous

We have 2  or 3 large shopping Centres where we live and in 1 of them they PAY the centre (and therefore  are controlled)a ceretain fee, which means they are apreciative (or so we assume)  of the centre giving them a honest job opportunity.

The other day I witnessed 3 guards chasing and catching a thief who apparently robbed a lady of her handbag while she was opening her car...

So, there is some good and there will be also some bad. But after shopping in one or twosmallerer centres one gets to know some guards quite well.

In genereal, I am not paying at every occasion, maybe once a week or so, depending...max R 10,-per week which is approx the same as feeding a parking meter in town.

I always pay at night on a restaurant parking lot because they are employed by the restaurant an in our area the parking is not on street.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 16:11:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14478
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis hoekom as ek see toe gaan, soek ek n oord wat gerieflike stap afstand is na die swemstrand. Ek wil nie heeltyd worry oor my kar in n parkeer area nie. Ek moet bynoem dat daai karwagte voor Dolphin baie wakker lyk.....daai manne is al n paar jaar daar doenig....publiek ken hul al op die name. Vir so iemand sal ek iets gee, al het hy nie eers my kar opgepas nie....kan sien hulle werk hard vir hulle fooie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 08:47:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14776
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek gee net so af en toe'n fooitjie.  Grootliks as die omstadighede waar ek parkeer verdag is en dit darem lyk asof die wag sy sout werd is.

My wederhelfte gee maar omtrent elke keer iets.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 08:53:52 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ek betaal OUTsurance en Cartrek n aardige bedrag geld per maand om na my voertuig te "kyk", op daai aardige bedrag word BTW @ 15% gehef wat gaan vir die karwag se grant.

So nee, ek betaal nie n karwag om my kar te "protect against their own nie".

As die skelms hom wil vat, be my quest, vat hom ordentlik want ek soek hom nie terug nie.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 08:58:37 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

As ek dorp toe gaan na ses verskillende winkels toe betaal ek NET die karwag by die eerste winkel. Ons ..... ek en julle .... SKEP n bedelkultuur in ons land. Niks minder nie.

Ek kan nie help om my te vervies as n karwag van doer anderkant-af vir my "MORE MENEER!" skree nie. Of as ek weer by my kar kom "GENIET DIE DAG!" oor na afstand skree nie. Ek weet daar is baie mense wat swaarkry, maar ek go nie dit is binne ons vermoëns om almal te help nie.

My Fortunet het krapmerke op beide kante agter. Ek wonder waar was die karwag om die nommer van die idioot te neem wat dit veroorsaak het.

Laastens, ek haat dit wanneer n karwag wat nog nooit n kar besit het vir MY wil wys hoe ek agteruit moet ry. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 09:25:36 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 360
Joined: 28 Feb 2018

It's the same as the petrol jokky, its now a South African instatusion, latest, is the windscreen washers at intersections, to scared not to pay as I drive throug the same intersection every day, and a scratch on car or broken windscreen wiper ....??

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 22:26:11 pm
Alan
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 81
Joined: 26 Aug 2017
Experience: 2 years

Wel dis maar met gemengde gevoelens wat mens 'n standpunt inneem. Ek praat nou die dag met een van ons mense wat as karwagte optree en ook met een wat nie meer toegelaat word om by 'n sentrum in Pta diens te doen want die voorman laat net 'n X hoeveelheid toe. Hulle doen dit omdat hulle nie ander werk kry nie. Ek het ookal met 'n paar ander mense te doene gehad waar van hul vriende dit maar sien as 'n manier om kos op die tafel te he.

Onlangs wil ons 'n klomp klere weggee. Kry iemand wat mense help en word dadelik aangeraai om dit nie te neem na sekere van die "squatter" kampe buite Pta te neem nie want dit word net verkoop vir drank geld. Ai dis maar sleg om so iets te hoor.

Danie ek waardeer baie wat jy geskryf het. Die feit dat jy vertel het dat elke ou maar n storie het van hoe hy op so plek opgeëindig het. Ek het een karwag gevra om my te vertel wat sy situasie is. Hy sê toe dat om n plek te kry om karwag te wees kos geld. Hy moet eers betaal voordat hy eers kan karre oppas. Dan vat dit hom meeste van die dag net om dit eers aftebetaal voordat he geld vir sy kind eers kan begin maak. Dan word hy nog ongeskik behandel deur bestuurders. 

Op n meer positiewe noot in n ander sentrum het winkeleienaars al van die karwagte werk gegee. Die wagte het so goed en getrou karre opgepas dat hulle die eienaar se oog gevang het en nou n beter werk en n salaris kry in die winkel. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 23:15:03 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 128
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

Jammer vir die draad kaap    Alan jou profile foto is dit van ‘n mot wat soos ‘n mopanie blaar lyk?  Weet jy dalk die naam van die mot?  Baie treffende foto ek het soos iets nog nie voorheen gesien nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2019 @ 10:43:08 am
Alan
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 81
Joined: 26 Aug 2017
Experience: 2 years

Jammer vir die draad kaap    Alan jou profile foto is dit van ‘n mot wat soos ‘n mopanie blaar lyk?  Weet jy dalk die naam van die mot?  Baie treffende foto ek het soos iets nog nie voorheen gesien nie

Hi Adele. So bly jy vra oor die mot want ek weet ook nie watter soort mot dit is nie en dalk kan iemand op die forum dit uitken. Ek het dit in my tuin gesien tussen die blare en moes seker drie keer kyk om seker te maak dit was nie een van die blare nie. Die blaar is van n ficus boom (ficus ingens) wat in my tuin grooi en dit is sy blaar se kleur net voor die lente kom en hy al sy blare verloor. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2019 @ 14:49:20 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dit was nogal insiggewend om almal se stories te lees. My ervaringe verskil dan ook nie veel hiervan nie. Pottie het, wat my betref, Die hele situasie raakgevat met sy gesegde van Bart Simpson.  Dit was 'n nuwe ervaring toe ek met ons verhuising vind dat daar bykans geen motorwagte in Ballito is nie. Net by die Hops restaurant by die see.........hulle verkoop natuurlik lekker "tenk bier".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required