English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 483
Total Replies: 234 541
Total Views: 82 528 860
topics: 10 933
replies: 127 599
views: 38 951 984
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

42.2km marathon onder 2ure - eerste keer ooit

replies: 17
views: 282
12 Oct 2019 @ 12:59:51 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2049
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Geskiedenis is vandag gemaak deur eerste mens wat 'n standard marathon onder 2ure kon hardloop. Sy 1:59:40 word nie erken as 'n wêreld rekord nie maar dit is nog nooit voorheen gedoen nie. Besondere prestasie deur iemand wat nederig is alhoewel hy die wêreld rekord verlede jaar agter sy naam geskryf het.

Was uitstekende TV uitsending om te kon kyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 13:16:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Sjoe....om 21km/h gemiddeld vol te hou vir 2 ure lank wil gedoen wees. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 13:19:39 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2594
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Eenmaal om die rugbyveld gaan my nou twee uur vat- as ek so lank hou!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 14:02:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8371
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Ek was ook daar maar nie so vinnig nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 14:28:00 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 120
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Dit is absoluut iets bomenslik hy sal enige dier moeg hardloop .Ek het die Comrades 10 keer gehardloop en in die proses baie marathonne gedoen .So ja as jy self daai afstande gedoen het weet jy presies dat die tyd van hom regtig iets besonders is .Baie mense sukkel om 21 .2 km onder 2 ure tedraf .Al wat ek sê welgedaan .Hy het wel verskillende mense gehad wat vir hom pas aangegee het ,maar dit maak nie saak hy moes nog 42 .2 km self doen Ongelooflik !!!!!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 00:06:09 am
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek self het al met n redelik rekord spoed n straat afgehardloop met my skoonpa in sy Mazda Capella en sy dubbel loop op my hakke. Net jammer daar was niemand anders om dit op rekord te plaas. Mag dalk wees maar ek het nie terug gekyk.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 10:17:33 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1064
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ook gelees daarvan - uitstekende prestasie! 

(Wanneer ek op my fiets ry, en 'n hond jaag my is my versnelling en spoed ook ongelooflik - maak nie saak watter rat ek ry en of dit 'n opdraende is nie ......)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 11:15:33 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Nico dit kan net dom honde wees wat jou jaag. Hehehe he.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 12:19:54 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2594
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

En die res van die storie Bak Oor?  Laat ek raai, die Mazda was vinniger as jy en daarom is die bestuurder nou skoonpa!wink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 15:06:06 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Eish Fred spaar my die details 😂

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 15:17:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is verseker n prestasie.  Meeste wat ek gedoen het was 20km en dit het sukkel sukkel gegaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 15:18:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wie was dit en waar was dit?????????

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 08:35:58 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Atletiek-afrigters en beamptes sal vir julle vertel dat jy basies ENIGE rekord kan breek as jy dit so BEPLAN. Die rekord wat gebreek is het bestaan uit 'n paar spanne "runners" wat die pas oor en oor ge-oefen het en soos met 'n "aangee-wedren" by mekaar oorgeneem het. Hulle het seker oor en oor sonder Eliud Kipchoge ge-oefen om seker te maak hulle weet watter pas hulle vir hom moet handhaaf. Die pad wat gekies is is so plat soos 'n pan, absoluut geen op-bulte nie en sonder enige ander deelnemers wat stamp en stoot en in jou pad kom. 

Daarom word die rekord nie erken nie en sal bloot afgaan as 'n gebeurtenis. 

Ek stem wel saam dat daar altyd perke is wat deur die mens oorskrei sal word. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 08:58:18 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Môre Maters,

Lekker om op pensioen te sit en sommer net stront uit te dink en somme te maak.

Vir die van julle wat ook die "Army" beleef het -

(en ek dink die matrose soos Willem Britsinnocenthet dalk ook so slag of wat om sy skuit gedraf)

DAAI Klonkie het 17 en 'n halwe 2,4 gedraf teen 6 minute 48 sekondes per 2,4.

DIT WIL GEDOEN WEES.

Vir die Antiques onder ons -

'n 2,4 is wat julle 'n 1,5 myl genoem het -

julle sal weet van wie ek praat. Dis die oudstes onder die Volk wat meer "God save the Queen" as "Die Stem" gesing het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 13:28:41 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 120
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Ek sal saamstem dat hierdie so beplan was met uitgesoekte mense wat pas aangegee het en dat die pad plat was en niemand wat aan jou stamp en stoot maar dit is nog n ongelooflike prestasie deur n mens .Dit is nogsteeds 42.2 km wat hy moes alleen doen teen 2 min 50sek per km .So terloops n gelyk pad is nie so maklik enige persoon wat die afstande gedoen het sal dit vir jou vertel jy werk die heelpad met dieselfde spiere bietjie op en af verander die spier werking so bietjie wat beter is .Hierdie tyd oor daai afstand is nie maklik en dit bly iets ongelooflik .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 06:29:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Môre Maters,

Lekker om op pensioen te sit en sommer net stront uit te dink en somme te maak.

Vir die van julle wat ook die "Army" beleef het -

(en ek dink die matrose soos Willem Britsinnocenthet dalk ook so slag of wat om sy skuit gedraf)

DAAI Klonkie het 17 en 'n halwe 2,4 gedraf teen 6 minute 48 sekondes per 2,4.

DIT WIL GEDOEN WEES.

Vir die Antiques onder ons -

'n 2,4 is wat julle 'n 1,5 myl genoem het -

julle sal weet van wie ek praat. Dis die oudstes onder die Volk wat meer "God save the Queen" as "Die Stem" gesing het.

Om net 'n enkele 2,4km onder 7 min te hardloop is alreeds 'n prestasie want nie baie troepe in 'n eenheid kon dit reg kry nie.  Wat nog van 17 van hulle agtermekaar.

Beheerde omstandighede of te nie. Hierdie ou moes uithaal en wys om by elke pas aangeër te bly/hou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 06:35:00 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Om net 'n enkele 2,4km onder 7 min te hardloop is alreeds 'n prestasie want nie baie troepe in 'n eenheid kon dit reg kry nie.  Wat nog van 17 van hulle agtermekaar.

Beheerde omstandighede of te nie. Hierdie ou moes uithaal en wys om by elke pas aangeër te bly/hou.

Ek stem met daai stelling. Ek het nie naby aan 'n 7 minute gekom met my 2,4km nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 10:34:54 am
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

n 2.4 innie  army kan baie vêr raak alles afhangende van die vorige aand se kuier. Daardie pomp huisie in 4 SAI  middelburg gee my vandag nog nagmerries. Ek en my maaters was soveel keer om daai ding gejaag ek dink dit is n rekord op sy eie. Dan in berede sentrum moes jy jou perd met sy halter vat vir n 10 km draffie en jy draf saam. As jy terug kom en daai perd is nie na wense moeg genoeg gaat jy weer hardloop. So jy bou bietjie spoed op want beter as weer n keer.

 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required