English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 482
Total Replies: 234 541
Total Views: 82 528 765
topics: 10 933
replies: 127 599
views: 38 951 943
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

BTW ingesluit by geadverteerde prys

replies: 31
views: 465
11 Oct 2019 @ 21:41:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14463
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het afgelope week bespreking gemaak by n oord wat adverteer teen R500 per nag vir 2 nagte. Toe ek epos kry is bedrag R1150 in plaas van R1000 soos ek verwag het. Toe ek weer op website gaan, sien ek in hul T's&C's dat pryse BTW uitsluit. Ek verkies dat oorde pryse adverteer wat alles reeds insluit.....nie verrassings deur epos kry nie. 

Hoe voel julle moet pryse adverteer word....incl of excl?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 22:00:30 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Net nog n skelm streek. Oorde weet pryse moet btw insluit. Mag ons weet watter oord dit is.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 23:14:38 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 943
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Volgens die BTW Wet sluit die prys BTW in tensy daar spesifiek anders gestipuleer word. Dit is die verskaffer se keuse om BTW ingesluit of BTW uitgesluit te kwoteer.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 07:10:48 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hieruit is dit duidelik dat VAT ingesluit moet word en die ASA het 'n adverteerder verplig om die prys met VAT ingesluit te adverteer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 10:05:17 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2594
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dit is uiters irriterend as jy 'n prys vir 'n artikel aanvaar en dan eers daarna uitvind jy moet 15% peer betaal.  dankie Danie- die volgende keer as dit gebeur, gaan ek die handelaar met die reg dreig.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 13:02:25 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Fred die uitreksel wat ek geplaas het het die verkoper probeer wys dat alle dienste wat hy aankoop VAT op betaal word en daarom adverteer hy op die basis wat hy wel gedoen het. Dit het nie gehelp nie want seksie 65 stel dit duidelik hoe pryse aangedui moet word.

Mens is egter verslae dat daar nie opgetree word teen diegene wat teenstryding met artikel 65 optree.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 13:09:48 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2049
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Danie, is dit net van toepassing op advertensies?  

Hoekom ek vra is dat dit by ons altyd die gebruik is om BTW uit te sluit op kwotasies vir goedere of dienste gelewer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 13:19:47 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jan ek sou dink dat dit dalk op kwotasies ook van toepassing is maar op kwotasies moet die VAT getoon word vir as mens die VAT gaan terug eis en dan is die VAT ingeslote prys ook getoon. Met advertensies word daar gewoonlik net 1 prys getoon en dan glo ek moet dit VAT ingesluit wees.

Wat ek wel kan bevestig as ek iets aan jou verkoop as 'n nie besigheid dat moet my kwitansie aan jou toon wat die prys is en gemeld word dat geen VAT gehef is anders moet die VAT wat ek sou bysit aan SARS betaal word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 13:23:54 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2594
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jan, Kan jy verduidelik waarom julle die pryse so aandui?  Dis mos verwarrend.  Ons as kopers- jy ook- is gewoond daaraan dat die prys op die rak die prys is wat jy betaal.  Ek vermoed altyd iets negatiefs as dit anders gedoen word.  Ek het al daarna gevra en die ouens agter die toonbank het gesê die kopers verkies dit so, wat vir my heeltemal onverklaarbaar en twyfelagtig klink.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 14:09:51 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8371
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Onthou julle toe die VAT op gegaan het na 15% het die Kruger wildtuin ons die 1% laat betaal voor n sekere datum.

Ek was destyds by hul kantore in Groenkloof en dit gaan beveg.

Jammer dis hul WET het sy gesê.

Ek moes nog n R130 inbetaal nadat ek als reeds opbetaal het.

Dit prys wat ek sien is die een wat ek betaal.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 15:02:21 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2049
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dit is algemeen in ons bedryf om BTW uit te sluit want dit is die prys wat ons in ons berekeninge gebruik  om wins persentasie te bepaal. Die BTW word nie bereken nie want dit moet aan die staat betaal word.

In ons state waar ons alle koste op op 'n werkskaart wys om wins/verlies te toon word BTW ook nie gewys nie want die invordering van dit is nie vir ons grootboek om maandelikse/jaarlikse omset te bereken nie. Dit is die staat se geld. 

In kwotasies word dit duidelik in hoofletters en grootdruk uitgewys. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 16:00:41 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wat mens dalk nie besef is dat deur nie VAT ingesluit aan te toon is eintlik 'n krimenele oortreding volgens hierdie artikel. Selfs kwotasies moet VAT insluit. Waar daar wel 'n vergunning gemaak is bv by winkels pryse sonder VAT kan vertoon word maar dan moet daar by elke ingang 'n duidelike kennisgewing aangebring word.

Jan ek sou dink dat om wins persentasie te bereken is seker van toepassing op werklike verkope/dienste. Sou mens nie in jou finanspakket soos Pastel die nodige verslae kan kry van jou omset sonder die VAT deel en dan ook die VAT wat ingevorder is en oorbetaal moet word elke 2 maande. Ek vra maar net aangesien ek nie betrokke is by al die finans transaksies nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 15:12:52 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Bo en behalwe wat die wet se    ........... ek verkies dat 15 ingesluit word.

Soek nie verrasings nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 16:11:53 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek het afgelope week bespreking gemaak by n oord wat adverteer teen R500 per nag vir 2 nagte. Toe ek epos kry is bedrag R1150 in plaas van R1000 soos ek verwag het. Toe ek weer op website gaan, sien ek in hul T's&C's dat pryse BTW uitsluit. Ek verkies dat oorde pryse adverteer wat alles reeds insluit.....nie verrassings deur epos kry nie. 

Hoe voel julle moet pryse adverteer word....incl of excl?

Mens moet adverteer wat die prys is totaal. Of jy nou BTW vra of nie, want dit is baie bedrieglik (laat my dink aan plekke soos ATKV met al hul ekstra fooitjies, wat 'n naweek of so baie duurder maak as die ander plekke)


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 18:08:37 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8371
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Ek het afgelope week bespreking gemaak by n oord wat adverteer teen R500 per nag vir 2 nagte. Toe ek epos kry is bedrag R1150 in plaas van R1000 soos ek verwag het. Toe ek weer op website gaan, sien ek in hul T's&C's dat pryse BTW uitsluit. Ek verkies dat oorde pryse adverteer wat alles reeds insluit.....nie verrassings deur epos kry nie. 

Hoe voel julle moet pryse adverteer word....incl of excl?

Het jy hulle al aangevat.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 06:35:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

'n Mens moet so effe bohaai maak en aanspraak maak op jou regte.  Jy betaal wat jy sien veral as die "VAT Act" dit spesifiek reguleer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 08:07:33 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Artikel 64 van die BTW wet is baie uitdruklik, die prys wat n verskaffer kwoteer word geag BTW in te sluit, finish en klaar.

Die ondernemer het ongelukkig nie n keuse of hy BTW wil insluit in sy gekwoteerde prys nie, hy moet volgens wetgewing.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 08:32:20 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 701
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Dit sal vir my genoeg rede wees om te sê,: " sorry ek gaan na `n ander oord"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 09:01:57 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Die feit is : WAAR GAAN DIE BTW WAT ONS BETAAL HEEN?

Niemand vra daardie vraag meer nie. Die miljarde wat die staat maak verdwyn eenvoudig in die korupsie en gierigheid van die skelms. Hoor julle OOIT dat daar in die Parlement tydens die begroting-klug SPESIFIEK melding gemaak word van die BEDRAG wat aan BTW inbetaal is? Dis soos 'n spook-item wat daar is maar niemand stel werklik belang in die toekoms daarvan as dit eers inbetaal is nie.

Ek glo daar is duisende BTW-ge-registreerde besighede wat nie BTW vra indien hulle kontant ontvang nie.  Of hulle druk dit in hulle sakke. Kan julle dalk onthou wanneer BTW begin is? Was dit dan nie in die oorlog-jare nie? En was dit dan nie spesifiek om die oorlog te finansier nie? Wat is die rede deat daar BTW is? Wat se uitgawe het die staat wanneer EK my dienste aanbied? Ek betaal my krag, eiendom-belasting en persoonlike belasting. Maar as ek 12 jaar geswot het om 'n brein-chirurg te word LAG die staat al die pad oor my salaris se BTW. 

Ek VERPES BTW!

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 09:19:21 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Hoa Dansan, he he he, jy is omtrent kwaad vanoggend!!

  1. BTW het GST vervang op die 29ste September 1991, toe is die oorlog al verby, Mandela is n vry man en FW en sy gespuis kry pak by KODESA.
  2. Daar is nie BTW op jou salaris nie, PAYE is van toepassing.
  3. Hoe meer besighede kontant aanvaar in ruil vir VAT lose transaksies, hoe meer is die land se onderverhaling op belasting en hoe meer word ons PAYE (persoonlike belasting ) opgestoot want ons salaris terkkers kan nie kroek nie.

Ek LOVE BTW, vir my part kan hulle BTW 50% maak en persoonlike belasting afstel want 5 miljoen betaal nou vir 50 000 000 mense.

Waar as almal 50% BTW betaal dan betaal 50 000 000 belasting, werkloses, skelms, onwettige immigrante ens.

Maar net my eie siening.

 

 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 10:13:53 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Hê hê hê Frikkedel, nee, ek is nie kwaad nie. En daar is ongelukkig wel BTW op my salaris betaalbaar, my kliënte moan daaroor, maar die wet is die wet. My feite oor wanneer BTW ontstaan het is duidelik verkeerd.

En jou gedagte dat BTW verhoog moet word in die plek van persoonlike belasting is dalk reg so. Die probleem is dat die ekonomie op die oomblik van so n aard is dat daar derduisende besighede (ek praat van persoonlike sake-vriende) wat eenvoudig nie wins maak nie, al is hulle omset tien miljoen en meer per jaar, hulle trap basies water en hou n klomp mense aan die werk. Hulle betaal aan die einde van die dag in elk geval geen belasting nie en dis basies hulle BTW wat die land red. Dawie Roodt propageer lank-al dat maatskappy-belasting heeltemal afgeskaf word, dit dien feitlik geen doel meer nie.

Ek sou wel graag wou hê dat pensioenarisse wat hierdie land help opbou het en onder n spesifieke minimum inkomste-groep tel (beslis nie die Wieses van ons land nie)  vrygestel moet word van BTW.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 10:22:57 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2594
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Frikkadel se voorstel is myns insiens heeltemal regverdig en dit span die belastingnet wyer.  As dit vie vir BTW is nie, sou die 45 miljoen van Frikkadel noem, geen belasting betaal het nie.  Ek dink nie die regering is so slap op BTW as wat hy beweer nie- ons hoor gedurig van mense en ondernemings wat krimineel aangekla word omdat hulle daarmee verneuk het. Ons belastingstruktuur is maar soos dit oor die jare ontwikkel is.  As dit verander, sal ons nie gemiddeld minder betaal nie, dit sal net op een plek verlaag en op 'n ander plek verhoog.   In Monaco (Monte Carlo) is daar geen persoonlike belasting nie maar wel 20% AVB. Die staat het wel ook ander belastings en inkomstes.

En kom ons hou die gesprek maar hoflik.  Almal voel nie dieselfde oor politieke figure nie, maar almal behoort gemaklik te voel op hierdie Forum.  As ons nie iets vir 'n persoon in sy gesig sal sê nie, behoort ons dit nie in sosiale media te sê nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 11:29:04 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Baie geldige punte bo manne!

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 13:32:33 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Danie ek stem saam dat soveel sakemanne nie regtig wins maak nie maar steeds werk verskaf. Die vraag kom dan op hoekom hou hulle die besigheid oop en gebruik nie hul kosbare tyd op iets anders wat 'n inkomste vir hulle voortbring?

Ek ken 'n paar besighede wat bv goeie wins lewer maar bv nie hul ouditeur wil betaal nie. Die ouditeur is genoodsaak om nou nie finansiele state op te stel nie totdat die skuld betaal is. Dan poog hy om op 'n pre-paid basis werk te doen vir hulle. Iewers het mense besluit om net nie te wil betaal nie maar dienste verwag.

Daar kom tog 'n tyd wat mens die moeilike besluit moet neem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 14:01:33 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ons kan dae en weke oor die een gesels, "tips vir Tito".

Stupid voorbeeld, die land verloor biljoene agv van die onwettige verkoop van sigarette.

Elke keer as die regering belasting opskuif word die meeste daarvan gehef op sonde items, sin taxes = sigarette.

Nou as ek min verdien n maand en wil rook dan gaan ek eerder die skelm pakkie Seville's koop vir R 5 by die Pakistani as n duur pak Chesterfield's met al sy belasting vir R 40.

Die regering sny sy neus af om sy gesig te spite en verloor biljoene met die R5 pakkie onwettige skywe.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 06:35:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja wel op die ou einde is dit duidelik dat die wette van die land  eintlik meer onwettigheid tot gevolg het.  Ons het tonne onwettige sigarette "Cartons" op die Mozambiek grens afgevat by onwettige imegrante.  Hulle het deur gekom daai tyd en dit hierverkoop om 'n geldjie te hê hopenlik tot hy werk gekry het.

Deesdae is die gesig van die regering so ge "Spite" hulle weet nie of hulle kom of gaan nie.

Reel op 'n reel op 'n reel op 'n reel om die eerste reel te reguleer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 06:40:06 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ja wel op die ou einde is dit duidelik dat die wette van die land  eintlik meer onwettigheid tot gevolg het.  Ons het tonne onwettige sigarette "Cartons" op die Mozambiek grens afgevat by onwettige imegrante.  Hulle het deur gekom daai tyd en dit hierverkoop om 'n geldjie te hê hopenlik tot hy werk gekry het.

Deesdae is die gesig van die regering so ge "Spite" hulle weet nie of hulle kom of gaan nie.

Reel op 'n reel op 'n reel op 'n reel om die eerste reel te reguleer.

....en dan kommissie van ondersoeke vir alles.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 07:09:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

En die kommisies kom nooit tot 'n bevinding nie. En die oortreeders word nooit aanspreeklik gehou nie.

Ou storie van hulle wil nie ongewild wees nie deur die eerste te wees wat die regte ding doen nie.

En so gaan dit maar aan ne...........................laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 08:01:15 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

En die kommisies kom nooit tot 'n bevinding nie. En die oortreeders word nooit aanspreeklik gehou nie.

Ou storie van hulle wil nie ongewild wees nie deur die eerste te wees wat die regte ding doen nie.

En so gaan dit maar aan ne...........................laughing

En elke kommissie van watter ondersoek ookal kos ons miljoene aan belasting geld, ons geldjies wat so maklik op ons payslip afgetrek word elke maand, geldjies waarmee ons lekker kon gaan kamp het of n nice karavaan gaan uittrek het.

 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 08:26:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Terug by die BTW.  Ek dink ons moet maar net seker maak dat die pryse soos gekwoteer belasting insluit as dit nie fisies op die kwotasie aangedui word nie.

Lyk my dit raak 'n algemene ding in die land dat baie probeer op selfs slim/slinkse maniere hul besigheid bevorder.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 08:31:45 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2594
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

'n Swart kollega van my het my aangeraai om elke keer as ek deur 'n tolhek gaan, 'n kwitansie aan te vra.  Hy het gesê sommige  tolhekamptenare druk die kwitansies uit en verkoop of gee dit dan aan taxibestuurders waarmee hulle 'n reëling het.  Die gebruik dit dan glo om tol terug te eis.  Ek kan nie vir die waarheid daarvan instaan nie, maar dit klink vir my moontlik.  Ek kan deesdae met my etol skyfie deur, so ek kry nie meer die geleentheid om kwitansies te vra nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 09:53:44 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

'n Swart kollega van my het my aangeraai om elke keer as ek deur 'n tolhek gaan, 'n kwitansie aan te vra.  Hy het gesê sommige  tolhekamptenare druk die kwitansies uit en verkoop of gee dit dan aan taxibestuurders waarmee hulle 'n reëling het.  Die gebruik dit dan glo om tol terug te eis.  Ek kan nie vir die waarheid daarvan instaan nie, maar dit klink vir my moontlik.  Ek kan deesdae met my etol skyfie deur, so ek kry nie meer die geleentheid om kwitansies te vra nie.

Dit krap 'n mens om as jy hoor van hierdie tipe korrupsie. Hoeveel oordeienaars betaal ook BTW oor?

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required