Goeie dag almal
Ek het sopas ń 2007 Pajero 3.8 V6 gekoop, ek het ń Exclusive en hom nog nie met die Pajero gesleep nie. Ek sien baie ouens het die diesel pajero en praat net goed van hom, ek het egter nog geen forum gesien oor die 3.8 V6 Petrol. Is daar iemand wat met so ń voertuig sleep en wat is julle indrukke.
Jy gaan daai exclusive sleep dat hy soos n worshond rek agter jou.
Gaan nie eers weet jy het n wa agter jou nie.
Sal nou nie kan help met petrol verbruik nie. Maar krag het jy baie.
Veilig sleep.
Welkom op die forum.
Dankie Chuck
As ek voel die Pajero is te sterk vir die exclusive sal ek maar die handbriek so twee clicks optrek
Dankie Chuck
As ek voel die Pajero is te sterk vir die exclusive sal ek maar die handbriek so twee clicks optrek
Van die exclusive ja
Welkom
Glo my die Pajero gaan glad nie lig op sous wees nie. My skoonseun het 3.5 petrol gehad. 5km/lt as hulle vir ons kom kuier het. Pta na Polokwane
Krag behoort geen probleem te wees nie. Jy sal daai wa met n plesiee kan sleep
Dankie Hannes
Het jou skoonseun gesleep of nie, ek kry tans op die hi-way 7 km/lt sonder die wa, ek verwag om so 5km/lt met die wa te kry. Ek kamp tans by die Suid Kus, KZN, ek het die voertuig hier op ń veiling gekoop in ń baie goeie toestand vir R90K (all inclusive), sal nou sien as ek huis toe sleep wat maak hy
Hou maar die handbriek af. Dit gaan genoeg petrol suip. Dit is n ordentlike kannie dood kar. Ongelukkig vrek dors maar daar is baie wat met dit ok is.
Geniet jou lorrie
En dit is nogal opdraende Pretoria toe
Dankie Hannes
Het jou skoonseun gesleep of nie, ek kry tans op die hi-way 7 km/lt sonder die wa, ek verwag om so 5km/lt met die wa te kry. Ek kamp tans by die Suid Kus, KZN, ek het die voertuig hier op ń veiling gekoop in ń baie goeie toestand vir R90K (all inclusive), sal nou sien as ek huis toe sleep wat maak hy
Hy het 4x4 trailer gesleep.
Glo my nooit gejaag nie. Hyt sy Pajero nou vervang met Jeep Commander V8. Kry beter verbruik met Jeep, maar die Pajero se 4x4 vermoeens is van die beste
Welkom hier Jan. Met 184kW en 330Nm behoort dit baie lekker te sleep. Soos genoem betaal mens wel die prys vir petrol. Hier is 'n persoon se logboek sonder sleep.
Dankie Danie
8.8 km/lt, ek kan daarmee saam lewe. Soos ek sê, ek verwag so 5km/lt
My redenasie is, ek het die voertuig gekoop vir R40K onder mark waarde, ek sal moet ver ry om die R40 000 aan brandstof uit te ry
Ja Jan dit gee jou omtrent 40 000km se sleep wat jy gespaar het op die Pajero se prys en dan natuurlik die lekker sleep.
Sterkte en hoop jy het sommer baie moeitevrye kilos.
Brandstof verbruik het my darm nog nooit gepla nie.
Baie vra my wat kry ek met die Fortuner...... My antw.
Rygenot en hope plesier.
Dis mos hoekom ek hom gekoop het.
Daar het jy dit nou mooi opgesom, ek koop nie ń sleepvoertuig oor sy brandstof gebruik
Met vandag se brandstof pryse gaan jy met R40k nie eers 20,oookm kry. Ek het destyds n Tertitory gekoop...toe was sy waarde amper R150k en ek het myne opgetel vir R80k. Ook gedink die brandstof verbruik gaan nie erg pla nie, want ek het mos "bargain" gekoop. My 1ste sleep was toe Pretoria na Weesgerus en terug. Ek het amper op my rug geval toe die brandstof alleen oor die R800 gekos het. In die stad ook....hy het seergemaak. Ek moet eerlik sê....daai erge brandstof verbruik het my gepla. Toe ek weer die kar in die mark sit dog ek hy gaan vinnig verkoop, want ek het mos R70k onder retail betaal. Na n lang gesukkel het ek n aanbod gekry van R55k. Mense soek nie daai brandstof verbruik nie alhoewel dit n heerlike sleepvoertuig is
Dankie vir die regstelling Geert. Iewers het my kop my tydelik/permanent verlaat dat dit gelyk het of mens 40 000km sal kan ry. Wel teen sleep verbruik is dit dan teen huidige petrolprys dan omtrent 12 500km se sleep.
Tensy iemand geld het om weg te gooi, glo ek brandstofverbruik is belangrik. Maar as die brandstofgeld nie saak maak nie wonder ek waarom koop 'n persoon dan 'n goedkoop tweedehandse voertuig. As iemand 'n voertuig gekoop het waarvan die verbruik onaanvaarbaar hoog is, kan hy seker niks daaraan doen nie anders as om homself daarvan te probeer oortuig dat dit nie saak maak nie. As 'n voertuig beskibaar is teen 'n belaglik lae prys, behoort mens jouself af te vra waarom- niemand gee tog iets onder sy waarde weg nie, soos Geert se storie wys.

Dis hoekom ek n Toyota ry.
Het brandstof my gepla met sleep het ek n fiets gekoop en nie n wa ook nie.
Noted Fred
As ek n winskoop kry dan vat ek hom veral as hy betroubaar is en moeite vry sleep. Sal hom net gebruik vir vakansie.
In die ou dae het die Vallient / Chrysler of die V8 in die garage gestaan net vir Sondag kerk toe en Desember vakansie see toe. Wie se ouers het so n ryding daar in die garage weg gesteek.
Jy behoort lekker te sleep. Al om bekend dat jy gaan betaal aan petrol. Kom gee maar terugvoer of dit so erg is al dan nie.
As ek n winskoop kry dan vat ek hom veral as hy betroubaar is en moeite vry sleep. Sal hom net gebruik vir vakansie.
In die ou dae het die Vallient / Chrysler of die V8 in die garage gestaan net vir Sondag kerk toe en Desember vakansie see toe. Wie se ouers het so n ryding daar in die garage weg gesteek.
My pa se Chev SS 5 liter V8 was maar meestal 'n Sondag en Vakansie kar
Ek sleep einde November terug Pretoria toe, as ek dit kan bekostig. Sal terugvoer gee
Geert
Ja ek hoor wat jy sê.
Ek het in 2011 my Territory ST gekoop as Fabriek's Demo. Vandag is hy rof op die brandstof maar teen die nuwe goed se pryse kan ek nie daai maandelikse premie betaal nie, daarom betaal ek maar meer as ek sleep. Want vir my kan ek redelik sleep vir daai nuw maandelikse premie.
Jy moet maar kamp kamp terug ry.
Liewer garage tot garage....🤣
Klink my ek sal maar by die garages kamp
Die Pajero gaan hom lekker sleep, maar sal konstant na links trek. (soos hy soek vir `n petrol pomp, Dis nou as hy naasteby soos ons gewese Lexus RX is)
Jan. Jy het nou die Pajero gekoop. Dit is regtig n ruim en goeie kar. Sy tarra gewig laat jou toe om amper enige ding te sleep en jy het die engin om dit te support. Ook kan jy baie ver off road gaan. So as jy al die positiewe goed bymekaar gooi dan gaan jy n baie happy man wees. As jy regtig jou somme gaan dien dal jy ook sien hy is nie soveel swaarder op brandstof as sy eweknieë dan ook skuld jy niks oo hom so jy kan maar daai sous gooi en jou sleep in styl geniet. Wens jou geluk en voorspoed toe.
Dankie ou grote(Bak oor) en Jannie
Ek het my somme en huiswerk gedoen voor ek hom gekoop het. Ek ry sederdien elke dag met hom, want ek kan, en ek geniet hom.
Ek het maar die linker flikkerlig se globe uit gehaal want hy gaan van self aan as ek naby ń petrolpomp is
Perde moet eet en derhalwe moet jy voer koop. Hoe meer perde, hoe meer voer moet jy koop.
Ek het vir 17 jaar met 'n Fairlane 500 V8 5,7 liter Outo gesleep. Hy het 'n 3 sped ratkas gehad. Hy het nbooit terrug geskakel na 'n laer rat as ons van KZN terug Gauteng toe gery het nie. Swakste brandstof verbruik was 3,5km per liter en gewoonlik 5km per liter gekry. Solo 6,5km per liter.
Wens ek het vandag nog daardie voertuig gehad.
To much horsepower is just enough
Jan jy moet die voertuig geniet. Hoop alles loop soos stroop op pad terug Gauteng toe.
Hou ons op hoogte.
Dankie Leon
Ek sal
Die Paj 3.8 Gls was 6 jaar my sleepvoertuig. Beste voertuig wat ek nog besit het.
Saam is ons die hele Suider Afrika deur, Conqerer Commander agterna. In Botswana was hy die swaarste: 4.5L/100. Maar waar almal in ons geselskap viervoet vasgesteek het in die dik sand het Bullietjie, so genoem in ons huis, moeitevry deurgesyl.
Ek sou hom NOOIT verkoop het nie. Daars darem baie perde onder daardie kap. Namibia se duine is vir hom n oggend uitstappie.
Maar toe kom die ding: kom ons noem dit maar n “midlife crisis”. So was avontuur vir my sinoniem met Land Rover. Vasgenael voor Camel Trophy as n jong seun. Man dit is mos nou ysters. Ek skaf toe vir my n Discovery 4 aan. Met 600kW en 510 Nm.
Ai tog nóu sleep ek lekker. Ja, daar is altyd die kans dat die wringas groet. Maar na n lang, diep gesêls met een van dié bekenste avonturiers het hy my oortuig. Nog nie n oomblik spyt nie.
Vir n wyle nog het ek die Paj. gehou. Hy sou gebruik word vir Namibia en die bos, daar waar ons nie die Disco wil krap nie. Maar 4 voertuie op die werf is nie vir my nie.
Lang storie maar dit is hoe n puik voertuig vir spot goedkoop op die mark kom. Ek het my blinkvos perd vir onder R70000 verkoop.
Geniet hom. Glo my vas hy’s “bullet proof”
Hier is n voorbeeld van ons kapperjolle in die Ugab rievierbed, Namibia.
https://m.youtube.com/watch?v=rLgmJ-bqxDs
Hi Quint.
Ek sien ek en jy is albei nuut op die web werf.
Dankie vir daai inligting
Ek kry nie jou video gelaai nie
Hi Quint.
Ek sien ek en jy is albei nuut op die web werf.
Dankie vir daai inligting
Ek kry nie jou video gelaai nie
Click op hierdie L I N K
Hi Quint.
Ek sien ek en jy is albei nuut op die web werf.
Dankie vir daai inligting
Ek kry nie jou video gelaai nie
Sjo, die beste raad is copy die link en paste hom in jou web browser. Ek het dit probeer en dit werk.
Gekry dankie
Jy is nie bang nie
Leer ons: hoe doen jy dit?
Goeie naand kampers
Ek het belowe ek sal na my terug tog vanaf Suidkus na Pretoria terugvoer gee op die onderwerp
Ek wil dit soos volg opsom
Dit is soos ñ ouma wat wil weet hoe gaan dit met die kleinkind, dan sal die antwoord wees!
Baie goed, perd fris en gesond, die kind gee ons probleme, hy is voorwaar ñ plesier
en hy eet ons uit die huis uit
My petrol verbruik was vir die eerste 200+ km, 3.08 km/lt
Die volgende 200+ km, 3.88 km/lt
Die laaste laaste strech wat dan meer gelyk pad is was dit 4.77 km/lt
Dan wil ek net ñ laaste ding weet
Is dit my verbeelding of ry mens meestal teen die wind van Pta na Suidkus en dan meestal teen die wind vanaf die Suidkus na Pta

Al gewonder waar bly die terugvoering. Het toe die afleiding gemaak dat daar nie geld was vir airtime nie weens die onvoorsiene brandstof rekening. .....Grap net🙂
Sjoe, maar dis rof. As jy 750km vanaf see gesleep het teen gemiddeld 4km/l en bv R16/l betaal het, het dit jou R3000 net aan brandstof gekos? Dan het tolgeld seker soos kleingeld gevoel?
Wel die wind is maar 'n algemene ding deur die Vrystaat en Karoo. As hy waai voel dit in elkgeval of hy teen jou is maak nie saak watter rigting jy ry nie. Wat seker 'n paal bo water staan is dat dit 'n invloed het op daai brandstof verbruik.
Dit was verseker n groot brandstof rekening maar ek hoop die sleepgerief het opgemaak daarvoor. Willem Brits sleep al baie lank met sy Ford Territory ook petrol enjin. Tenspyte van die branstof verbruik geniet hy die sleepkrag ter dee.
Die branstof rekening was rof, moes eers wag vir payday om airtime te laai en omdat ek die Pajero daar gekoop het moes ons met twee voertuie terug ry, gelukkig het die Hardbody my verbaas met 11.7 km/lt
Ek kla nie, ek het met gemak terug gery, business class is mos maar duurder as economic class