Middag mede kampers
Dit is seker al bespreek maar ek weet nie waar om te soek nie.
My kollega het nou vir my ñ 250 Watt solar panel gegee, toe ek die meter op hom sit wys hy 35.8 v, so nou die groot vraag is, wat het ek alles nodig om daardie 66lt dubbel deur Snowmaster fridge te laat werk, en min of meer hoeveel Zuid Afrikaanse Rand dit my gaan kos asb, en is daai panel groot genoeg vir daai Snowmaster ens.
Dankie byvoorbaat.
Ek volg die solar drade nou keurig. Moet ook nog plan maak om my ou Engel Yskas aan die gang te kan hou sonder 220V.
Baie meer as groot genoeg. Moet net nie 'n PWM reguleerder koop nie.
Hierdie sal my keuse wees wat 20A solar tot met 40V paneel kan hanteer en is 'n MPPT reguleerder en dit het ook 'n DC na DC laaier wat jy die kar bat kan gebruik om 'n 2e bat te laai as jy ry vir as mens dit sou nodig vind.
Dankie Danie, ek het lank terug so sisteem op ñ bakkie gesien waar sodra die bakkie aan geskakel is dan laai die tweede battery deur die alternator en sodra hy hom af geskakel het dan hou die son paneel bo op die canopy die battery vol want die man se yskas is permanent in die bakkie en altyd aan, maar ek het nie oor die goed uit gevra nie, daai ouens se bakkies is van voor tot agter ge kit met die solar goed.
Ockert dis 'n baie populêre eenheid. Gewoonlik kos net die MPPT reguleerder soveel. Die CTEK ekwivalente kan dalk meer as R5000 kos. Jy het omtrent 'n 150W paneel nodig vir die yskas. Dan moet die son elke dag skyn. Die swak skakel kan die bat wees as jy net 1 ekstra gaan gebruik. Die yskas kan 45-50Ah gebruik van son onder tot die Solar weer bydra die volgende dag.
It all sounds very complicated.Hope you come right
Waar is Pieter.
Al wat jy nodig het is 'n 30 Amp "Solar Controller", kabel en twee Anderson plugs. Plus minus R800, dis nou as jy reeds 'n ekstra battery het. Indien nie: spandeer 'n paar rand op 'n 110Ah Deep Cell battery.
Baie dankie ouens, dis nou maklik verstaanbaar. Geniet julle naweek en sleep veilig die van julle wat weg gaan.
Gladnie n dom vraag nie, ek self sit met my sonpanele en al daai goeters in die garage wat van my boswa tye afkom.
Wil hulle inspan op die karavaan maar my krom hande werk nie saam nie.
Middag mede kampers
Dit is seker al bespreek maar ek weet nie waar om te soek nie.
My kollega het nou vir my ñ 250 Watt solar panel gegee, toe ek die meter op hom sit wys hy 35.8 v, so nou die groot vraag is, wat het ek alles nodig om daardie 66lt dubbel deur Snowmaster fridge te laat werk, en min of meer hoeveel Zuid Afrikaanse Rand dit my gaan kos asb, en is daai panel groot genoeg vir daai Snowmaster ens.
Dankie byvoorbaat.
Die panel gaan seker nie vasgesit word nie?
Al wat jy nodig het is 'n 30 Amp "Solar Controller", kabel en twee Anderson plugs. Plus minus R800, dis nou as jy reeds 'n ekstra battery het. Indien nie: spandeer 'n paar rand op 'n 110Ah Deep Cell battery.
Al hoekom ek genoem het om 'n MPPT "controller" te koop is omdat die paneel bv net 8A kan lewer en teen 35V. Die goedkoop "controller" sal net teen 8A laai en aan en af sit om 'n 12V battery te laai. Die MPPT "controller" sal die ekstra 20V omsit is ekstra stroom.
Ockert gaan lees gerus die volgende skakel. Kies dan "Download White Paper" aan die regterkant v d blad.
https://www.victronenergy.co.za/solar-charge-controllers
Dankie Danie ek sal so maak, nee Diddo, die paneel gaan los staan, maar ek wil ñ raam maak waarmee ek die grade kan stel, want ek het erens gelees wat die grade vir Somer en Winter moet wees om die optimale son kan kry deur die dag hang af waste seisoen.
Ockert gelukkig het jy sowat 70% meer as wat jy nodig het sodat jy nie regtig die hoek hoef te stel nie. Daai amper 15% ekstra wat jy kry is met tye nie die sous werd nie. Hoek van omtrent 25-28 grade is voldoende.
Hello Danie, ek het nou ook die ander 250V paneel by my kollega gekry, en hy het ook gesê die ding kan twee battery laai. Ek gaan een paneel laat werk om die huis en die ander ene wil ek dan vir kamp gebruik.
Snaaks die manne gee die 250W panele so weg? Joeg kan ek nie ook maar kry nie, ekt nog net 13x 270W en ek soek nog so 13 of so... Dan is my hele huis weg vanaf Eskom.
Elkgeval, 250W paneel is groot en swaar en bulky vir kamp, hoe gaan jy hom in en uit pak by kamp? Dis seker maklik 992mm x 1640mm? Dis massive...
Hiers oorgenoeg "slim" inligting hierso ;-)
Dis mos lekker om vriende te hê wat altyd beter wil hê, so ek vat as die kollega goed weg gee . Ek stem dat die paneel groot is maar dis net ek en my ribbetjie so daar is baie pak plek in die waentjie, maar ek is nog nie daar met die gekamp dat ek dit al nodig het nie, ek wou dit net vir die Snowmaster gebruik as ek moes, ek kom nog reg met die gas yskas in my waentjie en het so klein son paneel om die fone gelaai te hou sou die kamp plek nie 220v krag hê nie, anders moet ek ñ ruil transaksie met die een paneel later aan gaan om die goed te kry wat reg sal wees vir die Snowmaster?
Ockert jy kan my op jou lysie sit vir die smoushandel as jy dalk later vind jy wil jou 250W smous om bv 80W of 100W panele aan te skaf wat gemakliker werk tydens kamp. 2 x 80W panele wat jy bv in effense verskillende rigtings plaas kan jy eksperimenteer of dit die moeite werd is om te poog om die son loodreg op die paneel te kry. Hierdie 2 sal meer as genoeg wees vir enige kampyskas.
Dis reg Danie, ek doen kollega se gas installasie vir sy huis die week, die jakkals bly daar agter Eldoraigne Hoër skool, sal jou kontak en dan reël waar ek jou kan ontmoet om die paneel te oorhandig.