English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 059
Total Views: 82 378 387
topics: 10 825
replies: 124 935
views: 38 857 538
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Nasionale parke toer

replies: 19
views: 380
23 Sep 2019 @ 12:30:18 pm
Johan L
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 18 Jun 2014
Experience: 19 years

Ons beplan 'n toer om alle Nasionale parke te besoek. Ons was nog net by Kruger, so daar is nog 20.

 

Kan julle bietjie terugvoer gee oor julle ervarings by die verskillende kampe;

Veiligheid

Netheid van ablusies

Wat om te sien ens

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 16:00:29 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Was so pas by Wes Kaap Nasionale Park. As jy gou maak, maak seker dat jy by Postberg uitkom - die blomme daar is pragtig. Het ongelukkig nie daar oornag nie, so kan nie verder kommentaar lewer nie

Het op pad terug huistoe by Karoo Nasional park oornag (soos van te vore) Kamp is pragtig, ablusies baie skoon, warm water ens. As jy daar gaan staan maak egter seker dat jy aan die anderkant van die ablusies (dws. ry in die kamp in, met die ablusie blok aan jou linkerkant en draai dan na die ablusies terug) kamp aangesien die struike daar beter skuiling bied.

Daar is nie baie diere huidiglik nie, (bokke wel) en die jakkalse skreeu in die nag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 16:22:37 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Hier is ons ondervinding-

Motala - baie lekker 

Karoo Nasionale Park - baie lekker

Mountain Zebra - baie lekker

Camdeboo - jy Jan maar hierdie een los

Geniet dit

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 17:34:18 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Kom ek begin suid met parke waar jy kan kampeer.

Bontebokpark beskik oor 'n pragtige kampeerterrein op die oewer van die Breederivier. Dit is nie 'n park om te gaan grootwild soek nie, maar beslis die moeite werd.

Tuinroete Nasionale Park. Jy't drie kampeerplekke te wete:

Ebb & Flow by Wildernis - pragtig daar langs die Touwrivier

Nature's Valley - mooi maar sonder krag.

Stormsriviermond - iets besonders, maar berei jou voor dat jy stek wind hier kan beleef.

Camdeboo - Die park beskik oor 'n heel oulike kampeerterrein vanwaar jy interressante plekke soos die Vallei van Verlatenheid, Nieu-Bethesda en natuurlik Graaff-Reinet kan besoek,

Addo - Netjiese kampeerterrein, maar om een of ander rede kon die park nog nie onder my vel inkruip nie.

Bergkwagga - 'n Wonderlike park. Soms kan die gruispad vanf die ingang 'n bietjie sleg wees.

Karoo - 'n Absolute juweel. Jy kan nie 'n fout maak met hierdie oase in die Karoo nie.

Ek kan my nie uitspreek oor Tankwa-Karoo, Namakwa  of die Richtersveld nie. Ek is nie ge-"gear" om die parke te besoek nie.

Augrabies - Pragtige natuurtonele, maar die laaste keer wat ons daar was, was die ablusies beslis nie op standaard nie. En afgesien van die blou-ape en bobbejane wat jou kan verpes, kan die muggies (veral hierdie tyd van die jaar) jou nogal gas gee.

Kgalagadi - 'n Wonderlike plek. Jy kan teerpad sleep tot in Twee Rivieren. Maar tensy jy met tente of 'n boswa kamp, is die paaie na Nossob en Mata beslis nie vir 'n konvensionele woonwa bedoel nie.

Mokala - Ek lief die plek, maar het nog nooit daar gekamp nie. Motswedi is 'n oulike kampie, maar die pad na Mokala is beslis nie vir 'n konvensionele woonwa bedoel nie.

Golden Gate - Asemrowend mooi in die somermaande. Maar ek wil nie by Glen Reenen kamp nie. Persoonlik reken ek dit is 'n sekuriteits-risiko.

Ek kan my ook nie uitlaat oor Marakele en Mapungubwe nie, want ek as nog nie daar nie. Ek egter 'n klomp mooi dinge oor Bontle (in Marakele gelees en gehoor).

Agulhas beskik nie oor kampeerlek nie, maar jy kan dit met gemak vanaf die Bontebokpark indien jy by die suidelikste punt van Afrika wil gaan loer.

Nog twee parke wat nie oor kampeergeriewe beskik nie (maar wel privaat kampeerplekke in die nabye omgewing het) is Tafelberg en Weskus.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 21:49:46 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Pragtoge opsomming Chris. Jy kan maar by Mokala gaan staan. Pragtige geriewe. Die Karoo het van die beste en skoonste geriewe wat jy kan kry.

 

Los asseblief Glen Reenen uit. Hulle bou n reuse museum daar vir een of ander strugler en dir raas die held dag. Snaga stap hordes struglers deur did kamp en gubella-gubella so hard as wat hulle kan. Geen beheer en storte wat vol water raak. Bly weg!

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2019 @ 22:05:42 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 112
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Mapungubwe  is definitief nie vir gewone karavane nie! Die teerpad na die kamp, dis nou nadat jy by die ooste kant ingeboek het, is skrikwekkend, en dan kom grondpad: sinkplaat verby.  Tot die GPS wys "very bad gravel road".  Die kampterrein is baie mooi, maar bobbejane 'n groot probleem.  Hulle maak tot ammo kaste oop.  Ablusies en opwasgeriewe mooi skoon. Hierdie park is eintlik vir 4x4 voertuie bedoel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 10:49:29 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Kom ek begin suid met parke waar jy kan kampeer.

Bontebokpark beskik oor 'n pragtige kampeerterrein op die oewer van die Breederivier. Dit is nie 'n park om te gaan grootwild soek nie, maar beslis die moeite werd.

Tuinroete Nasionale Park. Jy't drie kampeerplekke te wete:

Ebb & Flow by Wildernis - pragtig daar langs die Touwrivier

Nature's Valley - mooi maar sonder krag.

Stormsriviermond - iets besonders, maar berei jou voor dat jy stek wind hier kan beleef.

Camdeboo - Die park beskik oor 'n heel oulike kampeerterrein vanwaar jy interressante plekke soos die Vallei van Verlatenheid, Nieu-Bethesda en natuurlik Graaff-Reinet kan besoek,

Addo - Netjiese kampeerterrein, maar om een of ander rede kon die park nog nie onder my vel inkruip nie.

Bergkwagga - 'n Wonderlike park. Soms kan die gruispad vanf die ingang 'n bietjie sleg wees.

Karoo - 'n Absolute juweel. Jy kan nie 'n fout maak met hierdie oase in die Karoo nie.

Ek kan my nie uitspreek oor Tankwa-Karoo, Namakwa  of die Richtersveld nie. Ek is nie ge-"gear" om die parke te besoek nie.

Augrabies - Pragtige natuurtonele, maar die laaste keer wat ons daar was, was die ablusies beslis nie op standaard nie. En afgesien van die blou-ape en bobbejane wat jou kan verpes, kan die muggies (veral hierdie tyd van die jaar) jou nogal gas gee.

Kgalagadi - 'n Wonderlike plek. Jy kan teerpad sleep tot in Twee Rivieren. Maar tensy jy met tente of 'n boswa kamp, is die paaie na Nossob en Mata beslis nie vir 'n konvensionele woonwa bedoel nie.

Mokala - Ek lief die plek, maar het nog nooit daar gekamp nie. Motswedi is 'n oulike kampie, maar die pad na Mokala is beslis nie vir 'n konvensionele woonwa bedoel nie.

Golden Gate - Asemrowend mooi in die somermaande. Maar ek wil nie by Glen Reenen kamp nie. Persoonlik reken ek dit is 'n sekuriteits-risiko.

Ek kan my ook nie uitlaat oor Marakele en Mapungubwe nie, want ek as nog nie daar nie. Ek egter 'n klomp mooi dinge oor Bontle (in Marakele gelees en gehoor).

Agulhas beskik nie oor kampeerlek nie, maar jy kan dit met gemak vanaf die Bontebokpark indien jy by die suidelikste punt van Afrika wil gaan loer.

Nog twee parke wat nie oor kampeergeriewe beskik nie (maar wel privaat kampeerplekke in die nabye omgewing het) is Tafelberg en Weskus.

 

Chris

Dis nou wragtig mooi gesê.

Nou het ek ook n prentjie.

Dankie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 11:00:59 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2004
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dankie Chris vir volledige verslag want ek was ook nog nie by almal nie. In Mei vir die eerste keer by Karoo nasionale park oorgebly. Sal wraggies nie weer daar verby ry nie. Uitstekende kamp en geriewe. Kgalagadi ook lekker kamp by Twee Rivieren. 

Stem saam oor Augrabies se geriewe wat aandag nodig het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 15:33:35 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Terug in 2010 was ons doelwit ook om al die Sanparke te besoek en te kamp waar ons kon. Van hulle het ons die woonwa by 'n park naby gelos en met tent verder gekamp. Tensy jy 'n boswa het.

Ek gaan net aanvul by Chris.

Tankwa-Karoo, los die wa by Sutherland.

Namakwa, los die wa in Springbok en so ook vir die Richtersveld. 

Mokala, kamp by Riverside en doen dagbesoeke.

Marakele het 'n lekker kampplek en is teerpad tot by die hek. Kort gruispad (mooi) tot by die kamp.

Mapungubwe het ons met die padwa gaan kamp. Die grondpad na Mazhou Campsite is nie goed nie en moet stadig aangevat word. Daar was 'n paar padwaens toe ons daar was.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 23:16:34 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1525
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Chris

Dankie vir die volledige opsomming.

Dit is nou 'n bucketlist wat mens kan oorweeg.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 17:46:12 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Terug in 2010 was ons doelwit ook om al die Sanparke te besoek en te kamp waar ons kon. Van hulle het ons die woonwa by 'n park naby gelos en met tent verder gekamp. Tensy jy 'n boswa het.

Ek gaan net aanvul by Chris.

Tankwa-Karoo, los die wa by Sutherland.

Namakwa, los die wa in Springbok en so ook vir die Richtersveld. 

Mokala, kamp by Riverside en doen dagbesoeke.

Marakele het 'n lekker kampplek en is teerpad tot by die hek. Kort gruispad (mooi) tot by die kamp.

Mapungubwe het ons met die padwa gaan kamp. Die grondpad na Mazhou Campsite is nie goed nie en moet stadig aangevat word. Daar was 'n paar padwaens toe ons daar was.

Hendrik.

So jy sê vir my ek moet my Xplorer eerder hou vir die kampe.

Het gedink aan iets meer gerieflik soos Exclusive.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 20:47:06 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Hendrik.

So jy sê vir my ek moet my Xplorer eerder hou vir die kampe.

Het gedink aan iets meer gerieflik soos Exclusive.

 

 

Jin,

Om by die plekke te kamp met die gerief van 'n woonwa, sal ek die Xplorer hou.

Anders sal jy moet maak soos ons gemaak het en die wa op sekere plekke los en verder met tent kamp.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:17:03 pm
Johan L
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 18 Jun 2014
Experience: 19 years

Baie baie dankie almal vir die terugvoer. Dit gaan beslils baie help.

 

Ons gaan dit nie in 1 toer doen nie. Sal dit op breek in 'n paar.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:42:18 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

  Sal nie maklik my karavaan se gemak permanent opgee deur hom te vervang met iets wat so nou en dan op 'n grondpad gaan ry nie.

As ek sulke parke besoek sal ek maar die tent ding doen net vir daai enkele plekke waar my wa nie kan kom nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 16:33:46 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dis nou waardevolle inligting.  Ons was al by heelwat van die nasionale parke en hoop om by nog ander uit te kom.  Dis nie ons doel om hulle op 'n lysie af te merk nie maar net om by die uit te kom wat toevallig redelik naby ons beplande roetes is.  Met die Skipper lyk dit my daar is min waar ons beslis nie by sal kan uitkom nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 17:22:26 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Jin,

Om by die plekke te kamp met die gerief van 'n woonwa, sal ek die Xplorer hou.

Anders sal jy moet maak soos ons gemaak het en die wa op sekere plekke los en verder met tent kamp.

My idee is om maklik te kamp. 

As ek met n tent moet gaan sukkel in wind en nat weer dan hou ek die xplorer en ry met hom tot daar.

Dankie hy bly.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 17:27:29 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 119
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

My idee is om maklik te kamp. 

As ek met n tent moet gaan sukkel in wind en nat weer dan hou ek die xplorer en ry met hom tot daar.

Dankie hy bly.

 

 

Ek deel jou sentimente Jin.

Ek dink dis n goeie besluit wat jy nou gemaak het.

EbenhaƩser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 17:43:45 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 827
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek kamp weer lekker met my tent en gazebo as die pad nie juis begaanbaar is vir my 26 jaar-oue Caravette 6B nie. Die tent is weliswaar nie so gerieflik soos die wa nie, maar ons het al lekker in Mata Mata & Nossob met die tent gekamp. Selfs al by twee geleenthede in Karoo Nas Park oppad wildtuin toe omdat tyd te beperk was om die wa met die langpad te sleep. Lekker vir 'n week in Satara gekamp, 'n ander keer in Shingwedzi en eenkeer by Berg-&-Dal. As ek gemaklik slaap is die Kaap Hollands. Maar uiteraard bly die ou saamsleep-huisie maar eerste prys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 21:45:24 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

My idee is om maklik te kamp. 

As ek met n tent moet gaan sukkel in wind en nat weer dan hou ek die xplorer en ry met hom tot daar.

Dankie hy bly.

 

 

Moet erken om die woonwa by 'n plek te los en met tent verder te ry en kamp het kwessies soos is die wa veilig. Die rally/hooftent moet afgeslaan word sodat dit nie 'n ander ou se probleem word in wind en reen nie. Die krag moet nie trip nie. Ens. ens.

Ongelukkig is daar plekke in die Richtersveld wat ek ook nie met 'n Explorer sal aandurf nie maar jy sal darem by Sendelingsdrif kom en dalk ook Potjiespram.

 

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 11:58:43 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Moet erken om die woonwa by 'n plek te los en met tent verder te ry en kamp het kwessies soos is die wa veilig. Die rally/hooftent moet afgeslaan word sodat dit nie 'n ander ou se probleem word in wind en reen nie. Die krag moet nie trip nie. Ens. ens.

Ongelukkig is daar plekke in die Richtersveld wat ek ook nie met 'n Explorer sal aandurf nie maar jy sal darem by Sendelingsdrif kom en dalk ook Potjiespram.

 

 

Sal maar my siening verander nader aan die tyd.

Xplorer is verkoop en wag vir Jurgens Classique wat nog op produksie lyn is.

Maar ek sal Richtersvêld nog gaan plat ry. Seker maar met tent.

Sal nog sien.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required