English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 282
Total Replies: 230 205
Total Views: 82 387 212
topics: 10 832
replies: 124 989
views: 38 861 139
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

SABC: Is dit n boicot teen Suid Afrikaners.

replies: 47
views: 647
18 Sep 2019 @ 07:25:15 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1756
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

SABC wys geen rugby wedstryd van die world cup. Dit is n event wat Suid Afrikaners herenig het soos nog nooit in die geskiedenis van ons land. Pateties, moedswillig en weer eens word die armes van die armes ontneem van die geleendheid om weer positief te raak en geloof versterk in ons land se toekoms. Hierdie raak elke ras, elke persoon. 

South Africa Broadcast corporation n staatsinstelling het geen belang in Suid Afrika se manne wat ons land gaan verteenwoordig. So lyk dit vir my.

Ek wonder wat sal gebeur as ons landsburgers nie verder belang stel om Tv lisensies te betaal. Ek persoonlik is in elk geval moeg vir al die vervolg verhale en hof sake van incompetent bestuur in die SABC wat nie daar hoort.  Dit is waar die finansies verlore gaan in pleks om die kykers en getroue tv lisensie betalers n beter diens te lewer

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:57:03 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Dis n moeilike situasie. Dit wil voorkom asof hulle dink rugby is net vir die Elite.

Maar soos alle staats instellings is misbruik van fondse hier ter sprake.

Hulle saai die Zondo kommissie se storie uit elke dag. Die kommissie kos al R360miljoen. WAT...WAARVOOR....????? Is dit in Nasionale belang ????

Dit sou gewees het AS....iets daarvan gekom het. Nou het ons n Internationale Meesters graad in Super Kernkrag tegnologie nodig om te besef en te verstaan dat NIKS gaan gebeur nie. Nie 1c gaan terug gekry word nie. Niemand gaan vervolg word nie.

Wat my betref.. die SABC en verskeie ander Departmente kan maar toemaak. Niemand sal hulle mis nie

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 08:35:42 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek dink 'n groot faktor is ook die sport administrateurs se gulsigheid. Die sokkerbase het byvoorbeeld elke slag as kontrakte onderhandel word, buitensporige verhogings in fooie geëis. Ek sou raai dis waarskynlik ook maar die geval met rugby.  As hulle meen dit is in die publieke belang dat die volk die sport moet sien, sou hulle die SAUK versoek het om dit gratis uit te saai.  Die SAUK sê sportuitsendings het hulle die afgelope drie jaar amper vier duisend miljoen rand gekos.  Dis darem buitensporig en met die probleme wat hulle nou het, is dit duidelik nie meer bekostigbaar nie. TV lisensies kos ook per jaar minder as die helfte van DSTV se fooi vir hulle vol bouquet vir slegs een maand en meeste mense betaal dit in elkgeval nie. DSTV het nog niks oor die wêreldbeker gesê nie, maar ek dink die reeks sal daar gevolg kan word.  Die armstes van die armes wil in elkgeval seker eerder sokker as rugby kyk. As die regering geld sou gee om die SAUK uit die moeilikheid te kry,en om so die wêrelbeker reeks uit te saai sal daar ook baie kritiek daaroor wees-  so ek weet nie wat Jan Publiek eintlik wil hê nie.

Ek moet net noem dat ek nie lief is vir sport nie- dit verveel my heeltemal en ek het beter dinge te doen as om voor 'n TV stel te sit, so die ding is nie vir my so emosioneel as vir meeste mense nie.  Ek bedoel hierdie nie negatief nie- net 'n verduideliking waarom dit my nie juis ontstel nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 09:19:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sal die Wereld beker rugby gekyk het as ek die vermoe gehad het.  Dan ook net die wegstryde wat die bokke in speel.

So of hulle dit nou uitsaai of nie.  Dis okay met my.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 09:40:30 am
JeffA
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 31 Jul 2019
Experience: less than a year

Ek kyk wel steeds rugby maar dit is lankal nie meer vir my die hoeksteen van my naweek nie. Nee, kwotas en politici het daarvoor gesorg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:00:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is werklik 'n jammerte dat iets wat ons in hart en siel mee groot geword het so verander het in ons lewe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:03:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13795
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Daars n eenvoudige antwoord hoekom rugby nie op SABC wys nie en ek dink ons almal weet hoekom.

DSTV is seker happy.....weer n geleentheid om mense te melk.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:06:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja dit was nog altyd so en sal seker so bly.  Rugby is nie meer die belangrikste sport in SA nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:07:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Maak nie saak wat dit beteken het vir die land in die verlede nie. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:12:00 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

As ons realsties wil wees, was Rugby nog nooit die belangrikste sport in Suid-Afrika nie.  Dit was maar net die voorkeursport vir blanke Suid-Afrikaners.  Ons moet maar die realiteite van die dag aanvaar en daarmee saamleef. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:16:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13795
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Daars n eenvoudige antwoord hoekom rugby nie op SABC wys nie en ek dink ons almal weet hoekom.

DSTV is seker happy.....weer n geleentheid om mense te melk.....

As ons realsties wil wees, was Rugby nog nooit die belangrikste sport in Suid-Afrika nie.  Dit was maar net die voorkeursport vir blanke Suid-Afrikaners.  Ons moet maar die realiteite van die dag aanvaar en daarmee saamleef. 

Presies....dis die hoofrede hoekom dit nie op SABC wys nie....al was daar geld gewees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:16:48 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Ek moet darem hier intree.

Julle sal onthou hoe dit gewerk het met die 2010 sokker WB.  FIFA het al die toutjies getrek en net die borge se advertensies kon vertoon word, ens.  In 2010 kon ek nie twee vliegkaartjies na die VSA bekostig nie;   dit het by die RK45 pp gedraai vir Ma en ekke in Junie maand.  Hierdie jaar het ons gevlieg teen RK13,5 elk.   Met rugby is dit dieselfde.   Die spanne vlieg met Emirates;   na die wedstryd dring hulle Heinecken bier, ens. 

Multichoice het miljoene betaal vir die regte om die wedstryde (of net sekeres/gedeeltes) plaaslik en moontlik in Afrika waar hulle senders het, uit te saai.  Daarom betaal ek met liefde die tarief om sport te kyk wat ek geniet.   As sekere sangers nie daar vertoon word nie, pla dit my nie want ek het lankal die onwerkbare eie kraal behoefte ontgroei.

Die SABC wil die regte verniet of teen 'n heelwat laer tarief bekom.  WB-Rugby is nie 'n liefdadigheid nie.   Daar word baie geld spandeer om die skouspel aan te bied.   Ons kan nie met 'n Afrika-mentaliteit bakhand gaan staan nie. 

groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:27:30 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Na wie se sakke sou die miljoene gaan wat betaal word vir byvoorbeeld die rugbybeker?  Ek weet daar was in die verlede gerugte en nuus dat die sokkerbase maar diep geskep het uit die baie geld wat in hulle koffers gevloei het wat omkoopgeld insluit.  Ons weet mos daarvan.  Dieselfde is ook al beweer oor die Olimpiese Spele.  Waar daar baie geld inkom, is daar maar baie mense wat daarin wil deel. 'n Predikant-maat van my  het die gesegte" Ook maar mens, ook maar bliksem".

Interessant dat ons blykbaar heel gewillig betaal om sulkes ryker te maak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:40:11 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Fred, interessant dat jy so 'n stekie inkry.  

Ek betaal gewillig omdat ek nie myself gaan ontneem van die plesier om sport te kyk nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:12:31 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het maar net die ander kant van die saak probeer stel aangesien meeste deelnemers een siening het. As almal saamstem oor 'n saak, loop die gesprek eenvoudig dood.  Ek bly in elkgeval by my standpunte.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:14:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

What ever floats your boat.....................................  Ek respekteer elke ou se behoeftes en siening van welke saak.

Ek sal graag die Bokke wil sien speel die jaar maar dis nou nie weer so belangrik vir my dat ek weer my DSTv gaan aanskakel nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:32:57 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Verstaan dit sou die SABC sowat R400m kos om die regte te bekom. Daai geld val nie uit die lug nie...wonder net of die mense wat so kla ook darem hulle se TV liksens gereeld betaal? (dis die 2de belangrikste inkomste bron van die SABC, so as jy nie betaal nie kan jy mos nie kla nie? ) Selle storie met Etol? Meeste mense wat kla ry al te lekker (verniet) op die opgegradeerde paaie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:45:18 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Dstv lok mense terug met verlaagde fooie. Getrou betalers betaal nogsteeds dieselfde.

SABC "cater" vir n totaal heel ander gehoor.

Dstv werk so...

As jy Afrikaans is EN rugby wil kyk...betaal jy MAKSIMUM. Al is dit vir Her-uitsendings van Her-uitsendings.

Maar wat lekker is van DSTV....kyk na die weer op SABC, Kyknet, CNN en BBC......almal verskilπŸ˜‚πŸ˜‚πŸ˜‚πŸ˜‚πŸ˜‚

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:45:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jorg tans betaal ons getrou die TV lisensie maar ek het die gevoel om ook dit te staak.

Want sedert Mrt die jaar kyk ek nog glad nie na enige van die programme wat op enige van die kanale in SA aangebied word nie.

Nie TV123 of e tv nie.

Nou sê sommige maar dis 'n radio en TV lisensie.  En ja ek luister radio in my Tipper.

Ek kou nog aan die een.

Neflix jou ou doring! ! ! ! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:58:54 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ma kyk 7e Laan op SABC dis al.

Ek wou nog Voetspore kyk toe verstaan ek dis toe Johan Badenhorst nog met n 3 wiel trapfiets deur Afrika getoer het. Heidi is al n Ouma Grootjie en Liewe Heksie is.........blykbaar weg 

Moenie n fout maak nie. KykNet is hulle n stappie voor....Andre van Safari 4x4 ry nog n Golf 1 bakkie🀣🀣🀣🀣

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 12:08:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13795
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Jorg tans betaal ons getrou die TV lisensie maar ek het die gevoel om ook dit te staak.

Want sedert Mrt die jaar kyk ek nog glad nie na enige van die programme wat op enige van die kanale in SA aangebied word nie.

Nie TV123 of e tv nie.

Nou sê sommige maar dis 'n radio en TV lisensie.  En ja ek luister radio in my Tipper.

Ek kou nog aan die een.

Neflix jou ou doring! ! ! ! ! !

My vrou het ook laasweek daai R265 uitgehaal....ook geen DSTv nie en luister bittermin radio. Ek dink ons betaal maar omdat ons op hul lys is en hul aanmanings stuur. 

Voel of ek net sowel R265 in die asblik kon gooi....vir my n waste gewees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 12:30:13 pm
Charldp
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 20 Aug 2019
Experience: 30 years

Ek het dit soos volg: SABC was in onderhandeling met DSTV om dit uit te saai. Maar kon nie met n ooreenkoms reg kom nie.

DSTV het die regte aankoop vir die uitsaai daar van. Ons almal weet SABC is platsak...

STOP and smell the camp fire :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 12:48:30 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Laat my dink aan hul advertensies....

Pay your TV license....

It's the right thing to do???????

Hoe lui daai laaste Afrikaanse advertensie........???

Ja...Swaer!!!!

(Terloops dit was in 1995 net na die rugby WB)

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 12:50:08 pm
JeffA
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 31 Jul 2019
Experience: less than a year

As jy Afrikaans is en van rugby hou dan gaan DSTV jou melk. My beste besluit ooit om hulle in hulle  glory in te stuur. En die dat hulle besluit wie politiek korrek genoeg is om op hulle kanale te verskyn is kommunisties. Nee wat, ek gaan nie geld aan mense betaal wat my mense haat nie. Terloops, ek gaan vir die eerste keer die naweek kamp. Geen tv nie. Hopelik word dit op die “wireless” uitgesaai, maar indien nie dan is dit maar so!

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 13:42:22 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jeffrey, Ons twee se opinie is dat jy nie TV nodig het as jy uitkamp nie.  Dit moet heeltemal anders wees en nie net 'n afgeskaalde weergawe van tuisverblyf nie.  Ons kampeer al meer as dertig jaar sonder 'n televisieskerm.  Ons het aanvanklik 'n klein swart en wit stelletjie saamgery tot ons jongste dogter, seker toe omtrent ses jaar oud, verklaar het ons het dit nie nodig nie en sy wil eerder stories leesfoot-in-mouth

My skootrekenaar gaan saam waarop ons videos sou kon kyk maar ons doen dit ook nie. Ons haal in op ons lees, gesels en speletjies soos Rummykub. Ons het wel n radio waarop ek soms nuus luister asook U Eie Keuse op RSG sommige Saterdagaande.  Dit doen ons nooit tuis nie. Neewat, uitkamp is om uit die groef te kom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 14:30:17 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Die antwoord op die vraag in die opskrif van hierdie draad is inderwaarheid reeds gegee - Multichoice het die uitsaairegte bekom (lees: "gekoop"). Die SAUK, oftewel SABC, was in onderhandelinge met Multichoice om dan selfs net sekere wedstryde uit te saai (selfs net radio-uitsendings), maar het hulle vasgeloop teen 'n ongenaakbare houding van Multuchoice.

Alhoewel ek wel ingeteken is op DSTV se premium-pakket, en dus die rugby kan sien, reken ek dit is bietjie kortsinnig van Multichoice om nie toegewings aan 'n bankrot SAUK te maak om selfs net die Bokke se wedstryde op radio uit te saai nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 15:39:32 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja Chris, ek stem saam.  Ek mis nie die sport nie maar daar is baie mense wat dit wel wil sien en ek dink regtig daar kon een of ander toegewing gemaak word, soos onlangs met die sokker. Miskien sou 'n oplossing wees as Multichoice en die SAUK 'n gesamentlike aanbod gemaak het vir die uitsendingsregte met 'n onderlinge ooreenkoms oor wat elkeen betaal en uitsaai. Soos sake staan, het hulle waarskynlik teen mekaar gebie en die hoogste bieër het die konsessie gekry.  Maar dan kom die regering se streng siening oor monopolieë en pryssamespanning ook weer in, so dalk oorvereenvoudig ek.

Die SAUK het aan die Parlement gesê minder as 30% van TV eienaars betaal tans hulle TV lisensies.  Daar word allerhande edele redes gegee vir die boikot, maar dieselfde as met e-tol is maar net omdat hulle daarmee kan wegkom.  Wie sou inkomstebelasting betaal het indien hulle nie swaar gestraf sou word vir wanbetaling nie? 

Ons is geneig om baie selektief te oordeel oor wat reg en verkeerd is.  Wat ander doen is verkeerd, wat ek doen is altyd reg al oortree ek ook 'n wet. 'n Minubus taxi wat deur 'n rooi robot ry, is 'n doodsonde, maar as ek met my gesin in die voertuig oor 'n sperstreep verbygaan, of ek praat op my selfoon terwyl ek bestuur, of ek bestuur na ek 'n paar drankies agter die blad het, of ek betaal nie TV lisensie of E-tol nie is dit niks- ek weet mos wat ek doen en dan wys ek ook sommer my minagting vir iets wat glo nie my goedkeuring wegdra nie.  Die taxibestuurder doen ook maar dieselfde- hy hou OOK nie van reëls wat saambestaan in 'n groot gemeenskap moontlik maak nie!  So sal ons iemand veroordeel wat 'n brood van tien rand by 'n supermark steel maar as ons nie ons duisende rande tolgeld betaal nie, is ons besig met 'n respektabele verset.  Né!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 16:26:11 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek het nou almal se kommentare hierbo gelees en laat my toe om ook 'n eier te lê. Geldrugby is hier om te bly en dit is nie goedkoop om wêreldrugby aan die gang te hou nie. Ek stem 100% saam dat die "bankrot" SABC nie nou soveel geld kan of miet uithaal om die toernooi aan te bied nie. Kom ons los hulle nou eers om om weer op die been te kom. Die gelde wat daarvoor gevra word is belaglik groot. Hou in gedagte dat MNet van regoor Afrika geld inkry en dat hul sakke groot genoeg is om dit te doen. Ten minste gaan die plaaslike "pub" of eetplek darem nou paar Rand verdien as mense daar gaan wedstryde kry. 

Ek dink die SABC moet miskien paar Rand aanwend om al die gebruikers van sy diens te kry om hul lisensiegelde te betaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 16:32:38 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Nou kan ons weer rustig raak en familie tyd saam spandeer, ek het gesien wat maak rugby saam met die manne aan gesinne

How great is our GOD
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 17:04:07 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3666
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Ek gaan die Bokke se games kyk by die plaaslike Fanpark.

Lekker gees daar.

The Happy Campers.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 19:13:37 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Fred - Jy slaan darem 'n paar spykers sekuur op die kop. Ek stem 100% saam met jou standpunte t.o.v. o.a. e-tol en TV-lisensies ens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 19:55:42 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1756
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek stem nie saam met sommige se opinies. Rugby is geweldig belangrik vir ons land en "regering". Dit is hoekom daar soveel druk op die kwota stelsel gesit word. Die groot selarisse wat deur spelers verdien word is te aanloklik om nie as belangrik te ag. Dan ook vra ek ? 

Wat van ons kinders se drome. Nou mag net rykes en hul kinders droom en die armes moet aan die agter speen suig.

Rugby is die laaste ding wat mense laat juig, skree saam sing, saam kuier. Hie de @*#& kan n mens net aanvaar dat dit verlore gaan. Daar is nog mense wat droom van n groen trui.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 07:44:01 am
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 368
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 14 years

Jeffrey, Ons twee se opinie is dat jy nie TV nodig het as jy uitkamp nie.  Dit moet heeltemal anders wees en nie net 'n afgeskaalde weergawe van tuisverblyf nie.  Ons kampeer al meer as dertig jaar sonder 'n televisieskerm.  Ons het aanvanklik 'n klein swart en wit stelletjie saamgery tot ons jongste dogter, seker toe omtrent ses jaar oud, verklaar het ons het dit nie nodig nie en sy wil eerder stories leesfoot-in-mouth

My skootrekenaar gaan saam waarop ons videos sou kon kyk maar ons doen dit ook nie. Ons haal in op ons lees, gesels en speletjies soos Rummykub. Ons het wel n radio waarop ek soms nuus luister asook U Eie Keuse op RSG sommige Saterdagaande.  Dit doen ons nooit tuis nie. Neewat, uitkamp is om uit die groef te kom.

Fred ja as jy vir n naweek gaan kamp is kan TV seker by die Huis Bly maar wat van die Lank staan Kampers Hulle kan seker TV kyk as as hulle wil so elke persoon kan seker met of sonder n Tv gaan Kamp sonder dat daar vir ander besluit word Die onderwerp is nie of jy sonder of met Tv gaan Kamp nie maar gaan oor SABC dit nie gaan uit saai nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 15:55:29 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Fred ja as jy vir n naweek gaan kamp is kan TV seker by die Huis Bly maar wat van die Lank staan Kampers Hulle kan seker TV kyk as as hulle wil so elke persoon kan seker met of sonder n Tv gaan Kamp sonder dat daar vir ander besluit word Die onderwerp is nie of jy sonder of met Tv gaan Kamp nie maar gaan oor SABC dit nie gaan uit saai nie

Tjaart - Ek stem saam met jou. Ons het pas teruggekeer van 'n 5 maande 'trippie' waarvan twee en 'n half maande by Eiland Spa was. Alhoewel ons inderwaarheid maar swak TV-kykers is, het ons dit tog geniet om by enkele geleenthede sekere programme te kyk. Ons was ook 'n maand en 'n half in die wildtuin waartydens ek glad nie my TV opgestel het nie (te kort tydjie per ruskamp).

Maar dat daar 'n verskil tussen 'n lankstaner en 'n gewone kampeerder is, is gewis. Gun die oumense (die wat wil) maar hulle TV.

Ek kom egter terug na 'n punt wat ek reeds hierbo genoem het (en waaroor hierdie draad eintlik gaan) - ek reken Multichoice is inhalig om nie meer mense toe te laat om die Bokke se wedstryde te kyk of selfs te luister nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 16:59:03 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek is nie krities oor mense wat TV's saamneem as hulle uitkamp nie- ek het bloot gesê dis nie ons ding nie.  Ons het ook nog nooit lank gestaan nie en ek voorsien ook nie dat ons dit ooit sal doen nie- ons hou slegs vakansie in die karavaan.  Ek kan wel insien dat lankstaan baie anders is as kampvakansie.  Lankstaan lyk vir my meer na tuisbly, net op 'n ander plek en dan wil jy jou waarskynlik so gemaklik probeer maak as om tuis te bly.  Ek kan insien dat onder sulke omstandighede ons wel ook 'n TV sou wou hê.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 06:52:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Tjaart - Ek stem saam met jou. Ons het pas teruggekeer van 'n 5 maande 'trippie' waarvan twee en 'n half maande by Eiland Spa was. Alhoewel ons inderwaarheid maar swak TV-kykers is, het ons dit tog geniet om by enkele geleenthede sekere programme te kyk. Ons was ook 'n maand en 'n half in die wildtuin waartydens ek glad nie my TV opgestel het nie (te kort tydjie per ruskamp).

Maar dat daar 'n verskil tussen 'n lankstaner en 'n gewone kampeerder is, is gewis. Gun die oumense (die wat wil) maar hulle TV.

Ek kom egter terug na 'n punt wat ek reeds hierbo genoem het (en waaroor hierdie draad eintlik gaan) - ek reken Multichoice is inhalig om nie meer mense toe te laat om die Bokke se wedstryde te kyk of selfs te luister nie.

Die inhaligheid van Mutichoice gaan hulle verder inhaal. 

  • Hulle moet reeds teriewe verlaag om kliente te werf.
  • Hulle lyk my skep kamstige aftrek order probleme om goed soos heraansluitings fooie te in.
  • Die onprofesionele optrede van mense wat nie hulle werk ken nie lei tot frustrasie van bestaande kliente.

Gee kans dan bestaan hulle ook nie meer nie, want hulle manage hulle self in die afgrond in.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 09:56:32 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

My vrou het ook laasweek daai R265 uitgehaal....ook geen DSTv nie en luister bittermin radio. Ek dink ons betaal maar omdat ons op hul lys is en hul aanmanings stuur. 

Voel of ek net sowel R265 in die asblik kon gooi....vir my n waste gewees

Die Girl betaal hom.

My TV wys net sport, rugby en golf.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 16:59:30 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3666
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Today I tried to find a video or audio channel that is live streaming on internet for the opening game. No success!

One site in America quotes free video streaming of the world cup, but when you register they require you credit card details stating it is only for other purchases or services. Not so gullible.

Then BBC 5 also offers audio streaming. To register they require your e-mail address. When activating the audio stream of the game a message pops up "Not available for your country".

It looks like Multichoice closed all the loopholes.yellyell

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 20:05:41 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

My kinders gaan môre in 'n Irish Pub in Bucharest (Roemenië) na die Bokke se wedstryd kyk. Inderwaarheid 'n skande dat die meerderheid van mense in SA nie die wedstryd kan sien of luister nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 20:52:29 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1892
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Alhoewel ek n multichoice pakket het waarop ek die rugby kan kyk , het ek nie vandag gekyk nie en oorweeg nog my opsies vir more uit protes teen my mede landgenote wat selfs radio uitsendings ontneem is. Ek besef my "boikot" gaan multichoice nie eers mis nie maar dit gaan oor beginsel. As Sun International kan besluit wie in sy lokale mag sing (wat ek van mening is met dobbelgeld gebou is) dan moet ek ook nou begin besluite neem. Soos die engelse se " put your money where your mouth is". 

Ek dink my verbintenis met multichoice, Sun International ,en kan ek maar Verseker bysit loop vinnig tot n einde.

 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 21:01:28 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

My ouers is 80jr jonk en ondersteun ook rugby.

My Pa ry na die naaste restaurant om die rugby daar te kyk. 

Hulle het nie al die kanale op DSTV nie.

Hulle is maar een uit n duisend of meer wat dit nie kan sien en die op SABC nie.

 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 07:10:29 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek sien in vanoggend se "Die Burger" dat die Bokke se wedstryde darem wel nou oor die radio uitgesaai gaan word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 09:06:55 am
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 238
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Ek dink ons het omtrent so 14 of 15 jaar terug laas SABC gekyk ons kyk net Dstv wat Kyknet insluit. Ma gooi maar elke maand die lisensie geld in die bodemlose put omrede ons moet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2019 @ 09:17:15 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4123
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Today I tried to find a video or audio channel that is live streaming on internet for the opening game. No success!

One site in America quotes free video streaming of the world cup, but when you register they require you credit card details stating it is only for other purchases or services. Not so gullible.

Then BBC 5 also offers audio streaming. To register they require your e-mail address. When activating the audio stream of the game a message pops up "Not available for your country".

It looks like Multichoice closed all the loopholes.yellyell

 

Winscribe VPN there is a Youtube video on their site showing you exactly how to install.

Itv 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 08:54:07 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 212
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Nou wonder ek of die Steve ondersteuners wat almal hulle DSTV masjiene en skottels  met jubelende simbale stukkend geslaan het nie nou biki spyt is nie.

Ek like ook vir Steve maar ek like my rugby en soaps beterder, so ek kan darem nog die games beloer.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 14:36:05 pm
JeffA
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 31 Jul 2019
Experience: less than a year

Nou wonder ek of die Steve ondersteuners wat almal hulle DSTV masjiene en skottels  met jubelende simbale stukkend geslaan het nie nou biki spyt is nie.

Ek like ook vir Steve maar ek like my rugby en soaps beterder, so ek kan darem nog die games beloer.

Daat is 'n groter prentjie as net Steve. As hulle vandag kan voorskryf wat en wie aanvaarbaar is dan is die deur oop vir nog sulke dikterende gedrag. Wat kan volgende wees? Geen Christelike musiek of inhoud nie? Geen Afrikaans sprekendes nie? Nee wat, kyk verby Steve, daar is meer op die spel as die man met ruggraat. En nee, ek is glad nie spyt oor my DSTV afskeid nie. Die dag toe sport nie meer my afgod geword het nie was 'n openbaring.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 18:20:23 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

SAUK : Is dit 'n boikot teen Suid-Afrikaners ?

Ek kyk na die oorspronklike vraag op hierdie draad en sien die saak soos volg :-

  • Nee, dit is nie 'n boikot teen Suid-Afrikaners nie
  • Die aanvanklike nie-uitsending van die Rugby Wêreldbeker op die SAUK se radio en TV senders is een van baie gevolge van dwase bestuur tot in bankrotskap van hierdie instansie
  •  Multi-Choice het absoluut niks te make met hierdie vrot toedrag van sake by die SAUK nie
  • As die SAUK as semi-staatsinstelling en nasionale radio- en TV uitsender nie die kundigheid en finansiële vermoë het om in die kryt te klim om suksesvol te kompeteer in 'n kommersiële mark nie, dan lê die probleem by niemand anders nie as die SAUK self en hul eienaars, die regering van die dag

Die feit dat jy wel of nie met 'n TV kamp nie, of jy van Multi-Choice hou of nie, of jy jou TV lisensie betaal of nie is eintlik nie eens ter sprake nie.

As jy een van die menigte in Suid-Afrika is wat alleenlik op SAUK-programme staatmaak en teleurgesteld is dat hulle nie aan jou verwagtinge voldoen nie, dan moet jy by die stembus teen die eienaars van die SAUK stem sodat nuwe eienaars die spul op 'n kompeterende standaard kan bring.  Meer as dit kan jy en ander benadeeldes niks doen nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 08:32:47 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Daat is 'n groter prentjie as net Steve. As hulle vandag kan voorskryf wat en wie aanvaarbaar is dan is die deur oop vir nog sulke dikterende gedrag. Wat kan volgende wees? Geen Christelike musiek of inhoud nie? Geen Afrikaans sprekendes nie? Nee wat, kyk verby Steve, daar is meer op die spel as die man met ruggraat. En nee, ek is glad nie spyt oor my DSTV afskeid nie. Die dag toe sport nie meer my afgod geword het nie was 'n openbaring.

Respek


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required