Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21972 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17714 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6165 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5260 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3218 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2590 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1996 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1761 |
steamer | 1698 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1242 |
Louvan | 1236 |
RichardJ | 1135 |
Gerden | 1132 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 846 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 768 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 430 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 388 |
LEEN | 382 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 182 |
Trev1 | 182 |





Elektriese voertuie
Baie deskundiges meen die toekoms van die binnebrandmasjien is maar duister en dat ons dalk almal oor nie te lank nie, elektriese motors sal gebruik. Sjina beoog om binne 'n paar jaar 60% van hulle motorverkope aan elektriese motors te hê. Miskien is dit die deurbraak waarvoor gewag is. Die feit is dat elektriese motors op die oomblik net te duur is om alledaags te wees. 500 kilometer reikafstand en 300k/u en met 'n bakwerk wat Ferrari in die skadu stel, is nie die soort motor wat Jan Publiek nodig het om werk toe en terug te ry nie.
Die binnebrandmotor het eers werklik populêr geword toe daar baie goedkoop eenhede beskikbaar geword het soos die Beetle, die Citroen 2CV en die klein Austin. Voorheen was dit maar 'n rykmansspeelding. Die motortjies was geensins gesofistikeerd nie maar kon jou van punt A tot punt B neem, nie noodwendig in gerief nie. Ons is nou baie beter gewoond en sal nie weer met sulke bokwaens wil ry nie, maar ek dink daar sal wel 'n goeie mark wees vir goedkoop elektriese motors. Hoekom hulle nie stroop van meeste luukshede en outomatisering nie en hulle as stadsmotors bemark. Ek dink meeste mense wat per motor werk toe en terug pendel, ry minder as 100 kilos per dag. 'n Tweede motor wat dit kan bereik, sal dus geskik wees vir die doel. Ek dink aan iets regtig klein en eenvoudig soos die heel klein motortjies wat nou beskikbaar is. Mammie kan dit as 'n kindervervoermiddel gebruik en mense kan daarmee werk toe ry. Ons twee werk nie meer nie, maar ek dink ons sal beslis daarin belangstel as 'n tweede motor was maar net in ons omgewing gebruik word. As 'n deurbraak met sulke motors gemaak word, sal al meer gesoftikeerdes mettertyd ook populêr raak. Met laaipunte oral in die land sal dit netso prakties wees om lang afstande met hulle te ry as met binnebrandvoertuie. Van die huidige duur elektriese motors kan reeds 400 tot 500 kilometer op 'n lading doen en dit sal metteryd beslisl nog verbeter.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Soos op ander draad genoem het ek in die klein BMW elektriese motortjie gery. Dit is verbasend hoeveel krag hy het en hoe vinnig dit beskikbaar is.
Ek sou eerder een van hulle vir ma koop as 'n daaglikse voertuig maar die prys is buitespoorig duur.
So Ma moet maar met die klein Renault Kwid oor die weg kom. Hy is darem baie lig op brandstof.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Leon, Sou jy wel 'n elektriese motor oorweeg as dit werklik goedkoop is, sê onder 200 duisend rand? Met die loopkoste wat aansienlik minder behoort te wees, sal die koste per afstand waarskynlik laer as die Kwid s's wees.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit is waar wat jy sê. Maar help my reg tans is die E voertuie se pryse baie hoog. Ek kyk na die ou Toyota Prius (spelling) en dan die BMW E1 en selfs die E8.
Tans is die lewens siklusse van batterye 'n bekommernis. Wat gemaak as die battery bank van die tipe voertuie einde van lewensduur bereik. Ek dink dan is al die diens gelde wat jy gespaar het eensklaps weg.
Mens moet maar kyk hoe staan sake vorentoe. Ek is iemand wat tengunste is van tegnologie maar op so manier dat die gewone man opstraat kan uitwerk dat dit koste effektief is om 'n verandering te maak.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Die batterye is beslis 'n faktor, maar ek het gelees daar is reeds batterye, ek dink van Jaguar, wat 'n baie lang verwagte leeftheid het. Ek het 'n Philips herlaaibare skeermes wat ek in 2000 begin gebruik het en omtrent daagliks gebruik (behalwe as en die dag bietjie lui is). Die battery- slegs een- hou steeds en hou sy lading steeds sowat ses weke- ek hou rekord. My skoonseun wat een het wat dieselfde as myne lyk maar nuuter is, is jare gelede reeds op die ashoop. Dit is sekerlik 'n vorige generasie battery wat ek heeltemal laat leeg loop voor ek herlaai, maar my punt is 'n lang leeftheid is onder die regte omstandighede wel moontlik, selfs met verouderde batterye so ek het baie hoop vir nuwe ontwikkelings.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek vat bv die elektiese motorfietse Elek SA waaroor ons onlangs gesels het. Ek dink regtig om so iets aan te skaf om werk toe mee te ry. Want daar is 'n model wat op die pad geregistreer kan word. Teen R40 000.
Met daai geld kan ek naasteby drie Jonway scooters koop met brandstof verbruik van 22km/l.
Die krag pak vervanging van daai E motorfiets is R12000 as ek reg onthou. Ek gaan redelik ver kan ry met R12000 se brandstof op drie scooters. En dit aan een met ongeveer 10min branstof aanvul tyd tussen in.
Dan seker die krag verbruik vir laai van battery, tyd wat dit neem, so ja mens moet eintlik baie meer detail navors om vergelyking te maak.
Vinnig gesê die batterye het nog so bietjie tegnologie nodig om my by die elektriese kant uit te bring.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Sal moet baie geduld hê vir so motor.
Al weer oppad iewers heen.

En as daardie karre breek verwys hulle ook seker na "load shedding"
ðŸÅªï¸ Worry ends where faith begins ðŸÅªï¸Â

Jy is reg, hier is nie eers krag in die land nie, nou nog vir voertuie ook.
Al weer oppad iewers heen.

I saw at the BP service station on the N2 at Buffeljagsrivier that they are installing a charge point saw the Jaguar badge there not sure if it's only for Jaguar or for other makes as well.
Wonder if these are popping up all over the country?
Soos ek n vorige keer gesê het. Sien as daar so 15 karre by n one stop n recharge soek.
Kan maar daar naby rond kyk vir n b&b want dit gaan lank vat.
ðŸÅªï¸ Worry ends where faith begins ðŸÅªï¸Â

I read somewhere Jaguar and another company, I rather think Volkswagen, will cooperate on the charging points. According to the article, it was intended for the N1 and N3. Swellendam is on the N2 which shows the project has been expanding. According to the article, the facilities will be for the use of all makes. I would assume there would be standardisation on the sockets on the cars to make it possible for any car to be charged at any charging point- just stands to reason.
Bak-oor, die laaipunte word sekerlik nie as slegs 'n publieke diens verskaf nie, maar as 'n geldmaakgeleentheid, soos 'n brandstofvulstasie. Daar is vanselfsprekend die oorweging dat sonder sulke fasiliteite, sal mense dalk nie belangstel om elektriese voertuie te koop nie, so dis beslis 'n oorweging. Ek dink ons kan ook aanvaar dat hierdie maar die begin is. As die aanvraag by 'n spesifieke punt groter raak, sal daar sekerlik nog laaipunte verskaf word- dis mos maar hoe dit werk. Dit klink in elkgeval vir my nie of dit 'n vreelike groot poging sal neem om ekstra punte te verskaf nie.
Dit vir my al asof daar 'n bietjie negatiwiteit by sommige mense oor die idee van elektriese voertuie is. Dis te verstane- mense is vertroud met wat hulle ken en moet eers oortuig word van nuwe tegnologieë. Daar is maar altyd mense wat van die begin af nuwe idees ondersteun en ander wat dit teenstaan. Seker ook maar toe die eerste selfaangedrewe motors verskyn het- hulle sou nooit 'n perdekar kon vervang nie! Soos die nuwe tegnologie homself egter bewys, verdwyn die teenstand. Wie onthou nog hoe binnebandlose bande deur sommiges as belaglik afgemaak is maar wie gebruik vandag nog binnebande op hulle wiele? Of loodvrye petrol? Elektriese motors sal nie op ons afgedwing word nie maar ek meen die voordele sal so vanselfsprekend wees dat binnebrandvoertuie mettertyd maar van die mark sal verdwyn. Ek glo ons sal maar bietjie tranerig wees oor ons "twin turbo's" met hulle mooi klank en ons "ten speeds" en dies meer wat nie meer met ons is nie, maar ons sal daar oor kom.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die hoe spoed laaiers van kraggereedskap is seker n soortgelyke vir die batterye van die voertuie in wording geen lankwag by laaipunte nie,net enkele minute dan is jy weer op pad
Ek dink vir stads gebruik is die huidige reikafstand heel voldoende. Mens kan meestal werk toe en terug op 1 keer se laai ry. Dit raak dan amper soos vandag se super selfone. Sodra jy by 'n laaipunt kom dan laai jy want die fone kan meestal ook nie 12 ure goed gebruik word sonder om te laai nie.
Selfs die 30 jaar oue tegnologie waar groot vurkhysers wat 20 ton staal spoele van dun plaat vervoer was wat battery aangedrewe was was 'n positiewe stap om nie die besoedeling binneshuis te he nie. Seksies het self staal rollers vervoer op sulke bakkies. Sou die battery(loodsuur) pap word dan gaan ruil jy net die battery.
Soos Dirk genoem het werk die nuwe gereedskap darem 5 maal plus beter as die ou Ni-Cads en laai ook net so vinnig.
Ek glo die feit dat mens batterye dalk net "lease" en nooit koop nie verwyder dalk die koste van battery vervanging.
Ek glo dis net die prys wat nog 'n negatief is maar dit kom vinnig af en ons kleinkinders sal seker amper deur die bank EVs ry.


Dinge gaan nie meer dieselfde wees as waaraan ons gewoond is as ons elektriese voertuie ry nie. Op die oomblik het jy geen keuse as om na 'n vulstasie te ry om jou tenk vol te maak nie. Met elektriese voertuie sal meeste van die herlaaiery waarskynlik by jou eie huis geskied, en/of waarskynlik ook by jou kantoor. Dit sal dus beteken dat daar weinig voertuie by 'n vulstasie, of dan seker 'n herlaaistasie, sal tou staan. Eintlik slegs mense wat lang afstande ry sal miskien so elke 400 kilometer moet stop om te herlaai. Ons kan aanvaar op die hoofweë sal daar voldoende punte, waarskynlik by die parkeerarea reg voor die restaurant wees, waar jy kan inprop. 'n Pomp soos ons dit nou ken waar jy binne vyf minute kan opvul, sal nie meer prakties wees nie. Dit klink ook nie vir my so erg nie want as ons twee op die oomblik ver ry, stop ons in elkgeval ongeveer elke 200 kilos om bene te rek en koffie te drink. Hoekom dan nie ook die tyd benut om in te prop en vir die tien minute of so te herlaai nie. Dit sal seker nie nodig wees om op so 'n lang reis elke keer 100% te laai nie want die volgende laaistasie sal sover wees as die volgende vulstasie op die oomblik. En soos Dirk hierbo sê, die laaistasies sal waarskynlik hoëspoedfasiliteite hê.
Die toekoms wat voertuie betref, is dus na my mening nie bedreigend nie maar eerder bevrydend. Ek dink nie enigiemand sal gedwing word om oor te skakel nie- dis sal eenvoudig nie nodig wees nie- ons sal dit graag doen soos ons vrese verdwyn en die nuwe tegnologie homself bewys..
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred daar is wel sekere laaiplekke op snelwee waar 'n kleiner battery soos die Leaf binne 45 vol gelaai kan word. Ek dink egter die groter voertuie soos vir sleepdoeleindes sal seker 2 ure of meer neem. Ek stop ook minstens elke 2 ure so dit sal my wel pas sonder om my te laat voel ek mors te veel tyd. Al probleem is ek stop nooit so lank nie. Rek net bene. Stap so entjie en ook met tye die kamer verlaat :)


Danie, wat ek aanvaar is dat daar maniere gevind sal word om die nuwe tegnologie prakties te maak. Ek het êrens gelees een van die vervaardigers meen hulle kan hulle motor se battery binne 20 minute tot 80% laai. As jy op die N1 stop om te laai, sal jou battery nie 0% wees nie en jy sal ook nie nodig hê om dit 100% te laai nie. Ek dink dit sal dalk voldoende wees om dit vir sê 10 of 15 minute te laai solank jy koffie drink. Dit behoort jou veilig tot by die volgende laaistasie te bring.
Soos ek ook al genoem het, klink dit vir my of 'n elektriese motor die ideale stadsmotor sal wees en as jy dit meestal vir pendel gebruik, verval al die komplikasies wat ons hierbo bespreek het, ook.
Ons het nog nie al die antwoorde nie- die vervaardigers ook nie. Tyd sal leer. Maar soos jy kan aflei, is ek heel opgewonde oor die nuwe tegnologie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek dink die karre van die toekoms sal nie eintlik "batterye" gebruik soos ons batterye ken nie, maar eerder kapasitors/kapsitore. Kapasitor kan BAIE vinnig laai en ontlaai, en met super capacitors kan jy BAIE krag laai en stoor. Die verwagte siklusleeftyd is oor 1miljoen+ en dus sal dit baie ver kan gaan voor jy jou "battery" moet vervang.. Om nie eers van die massiewe gewigsvoordeel te praat nie.... Dit word reeds in huise ook gebruik.... Daar is wel ook risikos daaraan verbonde maar mens moet maar alles oorweeg.
Dit is al baie nader as wat mens dink, maar ja die koste is nog probleem.
Pieter, Dis ook 'n onderwerp wat vir my heel interessant en bruikbaar lyk. Ja-nee, die toekoms gaan beslis nie dieselfde lyk as waaraan ons gewoond is nie, maar dit was ook waar vir vorige geslagte. Interessant the geleerde wat lank gelede, seker 150 of 200 jaar gelede, verklaar het dat alles wat uitgevind kon word, reeds uitgevind is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Henry Ford is op rekord dat op 'n vraag hoekom hy nie die "kopers" vra wat hulle in sy motors wil hê nie, hy geantwoord het: "If I asked them what they want they would have answered, a faster horse"! Dit was aan die beginjare van die Model T en ons weet almal dat dit die begin was van massa produksie en bekostigbare voertuie. Gesien die massiewe hoeveelhede geld wat aan battery navorsing spandeer word is dit net 'n kwessie van tyd voordat Jan Publiek na E-voertuie sal begin oorswaai (mits pryse saamspeel). Die probleem is natuurlik dat wat vandag deur petrol en diesel aangedryf word na Eskom se netwerk sal oorswaai...en dit terwyl hulle skaars kan lewer wat vandag nodig is....Die hemel behoede ons dan

Ek dink die karre van die toekoms sal nie eintlik "batterye" gebruik soos ons batterye ken nie, maar eerder kapasitors/kapsitore. Kapasitor kan BAIE vinnig laai en ontlaai, en met super capacitors kan jy BAIE krag laai en stoor. Die verwagte siklusleeftyd is oor 1miljoen+ en dus sal dit baie ver kan gaan voor jy jou "battery" moet vervang.. Om nie eers van die massiewe gewigsvoordeel te praat nie.... Dit word reeds in huise ook gebruik.... Daar is wel ook risikos daaraan verbonde maar mens moet maar alles oorweeg.
Dit is al baie nader as wat mens dink, maar ja die koste is nog probleem.

Sover met die voordele v d super cap sal daar baie meer volume moet kom om die prys af te kry. Huidiglik is dit nog nie koste doeltreffend nie maar dit kan moontlik saam met Li-Ion gebruik word vir daai vinnige laai as jy stop om koffie te drink.
Verder die super cap is swak om energie te stoor en word gou "pap" as dit bv vergelyk word met die Li-Ion wat baie min ontlaai as dit nie in gebruik is nie.
Volgens 'n bespreking is daar bv 'n besigheid in Kaapstad wat op 'n 7kWh super cap werk vir van hul behoeftes tydens loadshedding.

