English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 307
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 618
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Bly eers weg van Glen Reenen

replies: 29
views: 607
18 Aug 2019 @ 13:51:17 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Vir die manne wat by Glen Reenen verby gaan ry. Hou maar eers verby. Hulle bou n reuse museum op die terrein en dit raas lat dit bars. Die kamp het geen sekuriteit nie en almal stap deur die kamp. Die geriewe is steeds goed maar die jare tel. Hier is baie dagbesoekers wat die roetes stap. Ons is nooit meer as drie kampeerders in die kamp nie. Dis jammer dat die hoofpad deur die kamp loop. Dit is sekerlik die raserigste kamp wat ons al ooit besoek het. Dis asof die inhabitants daarop uit is om harder en harder te raas. Selfs harder as bobbejane. Die kamp word as die local car wash gebruik. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 14:02:27 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Hulle moet n mens se siel versondig.

Dankie vir die terugvoer. 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 14:55:33 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 56 years

Waar is die plek Dansen??

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 15:18:33 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1413
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Ek het verlede Nov daar gaan loer en besluit dat Glen Reenen is nie vir my nie. Eintlik hartseer, want Golden Gate is só pragtig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 15:19:22 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Golden Gate. Die plek klink soos n dronknes op n Sondagmiddag. En dit kom van die Parkeraad se personeel huise af. Laaste sien!

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 15:39:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ai...dis jammer as dit so gaan. Dieselfde met Mahai....pragtige rustige plek in die berge. Maar daai local dronkgat dagbesoekers wat daai cascades oorneem met hulle drank en openlik in die water p walg my.....😡

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 16:32:12 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years

Waar is die plek Dansen??

 

Dis tussrn Clarens en Qwa-Qwa

Dis n absolute ramp. Hulle gaan nou die plek sekerlik benadeel.

Ons was lanklaas daar. Alhoewel nie juis veilig nie, het ons nimmer onveilig gevoel. Die parkeraad se personeel was altyd net vriendelik en behulpsaam en 24/7 daar.

Eisch

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 17:14:56 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Dis die reuse museum wat nou in die park gebou word. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 17:16:20 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Pragtige omgewing.  Een van die mooiste plekke in ons land.

Soos met alles in ons land gaan dit ten gronde.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 19:38:25 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1086
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 31 years

Glen Reenen was een van my geliefkoosde kampplekke..😩

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 20:48:25 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1965
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Ons het November 2017 daar vir 3 nagte gekamp. Ablusies altyd skoon en genoeg warm water. Nooit onveilig gevoel nie. As die laaste verkeer so teen 19:30 daar verby is was dit nogal stil deur die nag.

Het in die midweek gekamp en kan dus nie myself uitspreek oor Sondag geraas van personeel nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 22:50:32 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 142
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 26 years

Ons het die langnaweek van die 9de daar gekamp.

Die bouery was op "hold", seker a.g.v. die langnaweek.

Al die staanplekke met kragpunte was vol, enkles sonder kragpunte was beskikbaar.

Ons het lekker gekamp en geensins onveilig gevoel nie.

Die ablusies was skoon en die hele naweek gediens.

Die pad deur die kamp het nie gepla nie. Dit het vir my voorgekom soos meestal toeriste wat dit gebruik het. Qwa Qwa verkeer lyk my gebruik nie die pad nie a.g.v. die spoedbeperking en kronkel pad.

Dit was ons ervaring. Jammer dat julle dit so sleg ervaar het Danie.

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 05:44:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Kom ons hoop maar dis net tydelik so in 'n har war.  Tot en met die  bouery afgehandel is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 06:31:44 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years

Dis die reuse museum wat nou in die park gebou word. 

Wil net gou weet. Is die bouery naby die karavaan park.  Hoe ver van die kampplek self. Die Basoetu -kultuur plek is mos do n biki verder.

Was julle al by die "berg chalets"  aan die agterkant van die mushroom rotse. Vandaar af kan mens nogal ver sien. Mount xhaus's, sentinal, platberg by Harrysmith etc etc etc

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 07:16:52 am
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Het al daar gekamp, maar dit raas te veel. Het n paar jaar terug in die hotel gebly. Daar was n groot party en dit het geraas tot die son op gekom het. die heelnag deur was daar n geraas in die gange deure wat toeklap ens. (sal nie weer daar bly nie). Het nou al n paar keer n stel afgetrap met funksies wat by n Sanpark my ontrief het (en ander vakansiegangers wat ook daar was). Mopani, Golden gate en Mapungubwe. By Mapungubwe het hulle n roete (pad) in die park meer as halfpad geblok (sonder waarskuwing) en moes ons terugdraai en al die pad terug ry soos ons gekom het. Geen teken dat die pad geblok is en wou ook geen rede gee waarom die pad geblok was nie (moes net doodeenvoudig omdraai). Het die volgende dag weer die roete gery en daar was gemors orals verstrooi waar die funksie was. Mense het gepraat en blykbaar word fasilitieite misbruik vir "gunsies" gelewer deur sanpark werkers.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 07:43:00 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years

Het al daar gekamp, maar dit raas te veel. Het n paar jaar terug in die hotel gebly. Daar was n groot party en dit het geraas tot die son op gekom het. die heelnag deur was daar n geraas in die gange deure wat toeklap ens. (sal nie weer daar bly nie). Het nou al n paar keer n stel afgetrap met funksies wat by n Sanpark my ontrief het (en ander vakansiegangers wat ook daar was). Mopani, Golden gate en Mapungubwe. By Mapungubwe het hulle n roete (pad) in die park meer as halfpad geblok (sonder waarskuwing) en moes ons terugdraai en al die pad terug ry soos ons gekom het. Geen teken dat die pad geblok is en wou ook geen rede gee waarom die pad geblok was nie (moes net doodeenvoudig omdraai). Het die volgende dag weer die roete gery en daar was gemors orals verstrooi waar die funksie was. Mense het gepraat en blykbaar word fasilitieite misbruik vir "gunsies" gelewer deur sanpark werkers.  

Eisch.... dis maar n treurige toestand van sake.

Soms moet mens die slegte dele van die lewe trotseer om die goeies te waardeer. 

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 07:55:59 am
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Dis reg Oom Jeep. Was die lang naweek van 9 Augustus by Satara. As jy daar is en jy sien so baie soos wat ons gesien het het in 3 dae, dan is alles vergete.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 11:34:49 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 569
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 25 years

As ons gesin in dai rigting gaan bly ons oor in Clarens en besoek net die park. Ek dink ook nie dit is veilig nie.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2021 @ 23:10:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Is bouery al afgehandel? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2021 @ 05:41:47 am
Hennie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 16 years

Geert ek hoop die bouery  is klaar gedoen. Ons slaap twee nagte daar oor [ 21 en 22 Augustus 2021 ] op pad Springbok toe. Ek was onder die indruk alle Nasionale Parke is n veilige plek met streng reels. As iemand dalk onlangs daar was en terugvoering kan gee sal ek dit baie waardeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2021 @ 20:39:51 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 641
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Ons was Maart 2020 daar verby op pad na Clarens en daar was nog min gebou gewees. As dit daar gaan soos by Medupe gaan dit nog lank vat voordat dit voltooi is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 03:09:48 am
Hennie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 16 years

Geert ek hoop die bouery  is klaar gedoen. Ons slaap twee nagte daar oor [ 21 en 22 Augustus 2021 ] op pad Springbok toe. Ek was onder die indruk alle Nasionale Parke is n veilige plek met streng reels. As iemand dalk onlangs daar was en terugvoering kan gee sal ek dit baie waardeer.

Jammer Geert, ek besef nou ek het jou draad gekaap.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 07:37:09 am
Jaada
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 71
Joined: 11 Jun 2014
Experience: 60 years

Ons gebruik eerder Die Bus stop se karavaanpark, reg langs Kiara Lodge, jy kan dan ook Kiara Lodge se restaurant en winkeltjie gebruik. Dis so 5km voor Goldengate vanaf Clarens.

Kamp groete
Kobus & Ada
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 07:42:51 am
Jaada
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 71
Joined: 11 Jun 2014
Experience: 60 years

Web site dibusstop.co.za, natuurlik moet jy pap en kaaiings (lam) eet by Die Bus Stop!

Kamp groete
Kobus & Ada
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 12:04:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Jammer Geert, ek besef nou ek het jou draad gekaap.

Nee Hennie, jy kaap nie......dis juis wat ek wil weet oor die oord, ek wil nie al die pad soontoe ry om rustig te verkeer en dan word ek gepla met bou geraas en kontrakteurs wat om jou staanplek is nie. Ons het 2019 by n plek gekamp waar kontrakteurs besig was en in kamp rond gehang het.....jy los moeilik jou staanplek alleen as jy die dag wil uitgaan

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2021 @ 02:20:29 am
Hennie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 16 years

Ons gebruik eerder Die Bus stop se karavaanpark, reg langs Kiara Lodge, jy kan dan ook Kiara Lodge se restaurant en winkeltjie gebruik. Dis so 5km voor Goldengate vanaf Clarens.

Dankie Kobus, ek oorweeg dit om my bespreking by Glen Reenen te kanselleer. Ek het n e-pos aan Golden Gate gestuur en gevra of die bouery al klaaar is. hopelik kry ek n antwoord.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2021 @ 13:45:21 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Die groot probleem wat ons daar gehad het was die bannelose deurlopery van bouers en mense in die nag sonder dat daai vet-sterte enige-iets doen om die kamp te beveilig. Die ontvangs is aan die anderkant van die pad. Ek belowe julle dat julle bloot by die oop ingang kan afry na die kamp en net daar staan en NIEMAND gaan jou vra wie jy is nie. Daar is nie n hek nie.

Dan is daar ook daai steil bult af reg langs die kamp waar elke taxi sy beste probeer om klante nader te roep met n getoetery. 

Dis jammer dat n kamp met sulke goeie geriewe en heerlike staproetes so n slegte naam kry.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2021 @ 05:10:41 am
Hennie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 16 years

Danie ja so deurlopery en lawaai is beslis onaanvaarbaar. Wanneer was julle daar.  

Dit lyk my ek moet Kobus [ Jaada ] se raad volg en by Dibustop bespreek en as dag besoeker ingaan.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2021 @ 02:37:13 am
Hennie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 16 years

Geert ek het terugvoer gekry van Glen Reenen se Kamp bestuurder. Watts app asb jou e - pos  adres na 082 897 5818 dan stuur ek dit vir jou. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2021 @ 05:53:40 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 641
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Deel asseblief die terugvoer met ons almal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za