Het julle al geboek vir Desember en gaan julle na jul gunsteling oord of probeer julle iets nuut ?
Ons het basies dit wat ons wil doen klaar beplan. Dis 'n toer van PTA na die Oos Kaap en verder tot in die Suid Kaap dan weer terug so 3 tot 6 aande op 'n plek.
Sal die besprekkings doen so teen einde van die maand. As daar nie dan plek is nie die toer dan net so effe aanpas.
Gaan suidkus toe gaan nuwe oord vir ons probeur.
Ek kyk nou via alloutbookings se website na Dube vir 20Des tot 1Jan. Hulle website wys nog 193x staanplekke beskikbaar vir daai tyd?
Nog nie beplaning gedoen nie.
Ons het alreeds bespreek gedurende Februarie by 'n baie netjiese, rustige klein oord Suid.
Die oord beskik nie oor baie staanplek nie en het limiete staanplekke.
Die oord beskik oor hoë standaarde gaande dissipline en netheid asook die respek teenoor mede kampeerders.
Die eerste hoof reel op hulle lys is, sodra jou buurman jou radio of jy sy radio kan hoor, is dit alreeds te hard.
Ablusies se deure moet ook deurentyd toe gehou word om ongewenste insekte uit te hou.
Omrede ons gedurende die jaar buite seisoen kampeerders is, kamp ons by meer groot gewilde oorde, maar weet dan dat daar rustigheid gaan wees agv min kampeerders.
Gedurende Desember met spitstyd, verkies ons hierdie klein netjiese oorde wat oor dieselfde atmosfeer beskik, maar daar is baie meer rustigheid.
Indien jy 'n ''party klong'' is, gaan die oord nie beskik wees vir jou nie.
Julle ouens wat plekke bespreek vir Desember, het julle al oorweeg om eerder net te toer? Toe my vrou nog onderwys gegee het en ons dus aan skoolvaklansies gebonde was, het ons so elke tweede Desember gaan toer. Aanvanklik natuurlik was die kinders saam. Ons het nêrels plek bespreek nie en by elke klein dorpie aangegaan. Ons het nie vooraf 'n roete beplan nie maar sommer net agter ons neuse aangery. Onvermydelik het ons telkens uiteindelik by die see uitgekom, êrens aan die Kaapse kus, want die pad eindig ongelukkig, en ons was elke keer so gelukkig dat daar selfs by die gewildste oorde, nog een staanplek vir ons oop was. Dit was heerlike dae en ons het onder andere elke museum in elke dorpie besoek en ek glo die kinders het baie geleer. Hulle is nou self ouers en kampeerders maar hulle praat steeds met heimweë oor die lekker toere. Ek meen ook dit was aansienlik goedkoper as die staankoste vir 'n maand by 'n gewilde strand-oord te betaal. Ons het tot meer as ses duisend kilometer per toer geklok en soms so min as vier duisend.
Dalk is dit nie meer so prakties nie. Baie van die kampe waar ons gestaan het was munisipaal en hulle het nou meestal erg agteruitgegaan. Maar daar het intussen weer baie proivaatkampplekke onstaan om die gaping te vul, so ek sou nog steeds die tipe vakansie probeer as ons weer in dieselfe posisie sou wees, wat natuurlik nie sal gebeur nie.
Reed vas gemaak, ons gaan 16 tot 29 Desember Bosveld Oase probeer.
Drakensville oor Kersfees saam met kinders en kleinkinders. Twee staanplekke en woonstel vir Oumagrootjie.
Ons sal sien as ons die dag daar kom ;-) Sal weet dag of 3 voor ek ry....
Ons ry maar Desember Jan tuis bly se karretjie en gaan dan Februarie Kzn se suid en noord kus toe.
Ons ry maar Desember Jan tuis bly se karretjie en gaan dan Februarie Kzn se suid en noord kus toe.
Hi Kobus. Verseker kry jy die beste weer in Natal daardie tyd. Desember het gewoonlik baie reen .
Booked with the children at Yellow Sands for Dec / Jan. For me nothing better than camping with the children and grandchildren. Looking forward to this one.
Ja wat so doen elke ou maar sy ding. Ons doen ook altyd met lang vakansie die besprekings vêr vooruit.
Die keer laat ek dit bietjie oor staan. Maar behoort dit uitgesorteer te hê teen middel volgende maand.
Enige iemand al vasgemaak in Dolphin, Ballito
Ons het oorspronklik bespreek by Stormsrivier mond, maar het bespreking oorgedra na my broer....ons soek iets nader aan Pta
Ons en kinders kamp meestal saam oor Desember.
Weens besigheidsituasie kan die kinders net tussen 20 Des en 5 Jan wegbreek en moet nie te ver van die besigheid wees nie.
So, ons saam besluit om nie te gaan kamp nie.
Gaan 2 weke by Dullstroom uitspan by Elgin farm. Eie toegeruste plaashuisie en die plaas met damme (forel) vir onsself.
Prof. Maak nie saak waarheen jy gaan. So n saamtrek met die kinders is die beste en onvervangbaar
Probeer staanplek 47, 49 en 51. As julle twee staanplekke bespreek 47 en 49.
Dan gebruik jy die hele staanplek vir kamp en parkeer die voertuie op die paaitjie wat lei na die staan plekke. Dit kan jy net doen as jy die twee staanplekke vat. No 51 kan sy staanplek van ander kant af bereik.
Booked and approved from 8th December until 12th January'2020 at Ganzekraal West Coast.
Gaan Desember Rocky bay toe
Shoe dit is lank en klink baie lekker. Gaan vir goud en geniet dit.
Ek het tans geboek by Karridene.......
[quote]1012,250173344[/quote
Dankie Leon sal probeer om dit vas te maak
Karridene bied waarde vir geld... Goeie opsie.
Het in my matriekjaar laas daar saam my ouers gekamp en was heel lekker. Ons is nou gespoil met die uitsig van die see by Salt Rock..... Gaan moeilik wees vir ons om see toe te gaan en NIE die see te sien nie............
Sal maar sien as Desember kom wat ons maak en waarheen met die kleinsus wat dan 8 maande oud is.. Was met boetietjie op 3 maande oor Desember vakansie en is maar nie ideaal om met babas so ver te ry nie.
Karridene bied waarde vir geld... Goeie opsie.
Het in my matriekjaar laas daar saam my ouers gekamp en was heel lekker. Ons is nou gespoil met die uitsig van die see by Salt Rock..... Gaan moeilik wees vir ons om see toe te gaan en NIE die see te sien nie............
Sal maar sien as Desember kom wat ons maak en waarheen met die kleinsus wat dan 8 maande oud is.. Was met boetietjie op 3 maande oor Desember vakansie en is maar nie ideaal om met babas so ver te ry nie.
Ons was nou 2jaar in n ry daar. Wil weer skuif. My hart sê Dolphin weer....nog altyd lekker daar gekamp
Ja Geert, as mens eers lekker kamp dan wil mens maar lekker kamp.
Ek ken nie Dolphin nie en weet nie of staanplekke op see uitkyk nie?
Ons verkies om die see te sien as ons kan uit ons tent.......
Noudat die weer lekker warm word en die manne weer lusraak vir kamp, gaan die plekke seker van nou af vinnig vol raak.
Ja Geert, as mens eers lekker kamp dan wil mens maar lekker kamp.
Ek ken nie Dolphin nie en weet nie of staanplekke op see uitkyk nie?
Ons verkies om die see te sien as ons kan uit ons tent.......
Jy kan gladnie die see sien van Dolphin nie maar kan dit wel hoor.
Dankie Hennie, ons is nou bietjie bederf met Salt Rock se voorste deel. En eintlik maar nog al die jare destyds by Vicbaai ook... Mens staan op uit jou karavaan en sien die see, heerlik
Desember kom met n spoed nader.
Ons gaan naby kamp dié jaar, Dinokeng van 6 Des. tot 6 Jan. Reeds in Jan. bespreek en vas gemaak.
Ons het een keer met die woonwa van Pta. Noord Kaap tot onder by Ou Skip en weer terug Pta. toe. Maar dit is nie vir my nie, ek wil kamp en rustig wees.
Ons wag geduldig vir Desember dan sal ons besluit wat ons maak.....
Ons gaan naby kamp dié jaar, Dinokeng van 6 Des. tot 6 Jan. Reeds in Jan. bespreek en vas gemaak.
Ons het een keer met die woonwa van Pta. Noord Kaap tot onder by Ou Skip en weer terug Pta. toe. Maar dit is nie vir my nie, ek wil kamp en rustig wees.
Sjoe....lekker lank. Ek wil ook weer daar uitkom.....was laas daar saam met Sleepsaam se naweek {al 2 jaar terug}, maar hoor dat die oord intussen heelwat opgraderings gedoen het
So voel sommige van ons oor 'n helder laeveldoggend met 'n koffie in die hand!
Net so lekker....eintlik enig iets, solank mens in n karavaan wakker word
Ek is besig met die reelings vir Desember. Ons het darem reggekom met bespreekings in Plet. Moet nou reelings tref rond om dit.
Oornag tye af Plet toe en weer terug.
Ja....lyk of hele paar plekke nog kan help. Ek kyk na plekke in Drakensberg...die 2 wat ek in gedagte het, kan beide help
Ons wat langs die kus woon bly deesdae by die huis en gaan hou vakansie wanneer die groot dae verby is. Waarom sal ons van een kusdorp verhuis om by n ander kusdorp te gaan kuier? Ek sit Desembers veilig in my huis en polish my karavaan en gaan dalk vir naweke met die 4x4-wa Sederberg of na n weg-plek toe, Dan gaan sit ek eerder daar bo by julle boggers se mooi oorde gedurende die lekker-weer tye.
Sal maar sie wat kry Leon reg. Ons waag dit saam hulle die jaar.
Ja....ek sien daar gaan nog steeds klomp nice plekke oop by populere oorde......baie wat nie wil commit nie.
Forever Swadini het blykbaar nog plek vir die hele feesgety
Het redelike plek gekry aan die Suid-Kaap se kus. Moes toe alles kanseleer weens werk se sluit datum vir Desember.
Hoop maar om reg te kom met 'n kamp plekkie hier en daar gedurende Desember na die sluiting.
Kyk of ek nie Plek kan kry in Parys langs die Vaal rivier nie.
Plan was natal Hiberdene maar moes kanseleer my dogter het trou koors gekry nou is ons maar by Koppisol vir desember
Ja....ek sien daar gaan nog steeds klomp nice plekke oop by populere oorde......baie wat nie wil commit nie.
Help ook nie om jou naam op waglys te sit nie, want dan as jy sommer gebel word moet jy nou besluit en betaal... Ek wag geduldig ;-)
Ek het nou al met n paar kampers gesels wat Richardsbaai baie goed rate. Ek wonder hoe vol hulle is
Ek wil juis bietjie gaan kyk oor Desember om te sien hoe dit daar is.
Kan self nie wag om te pak en te ry, Desember kom nou te stadig aan.
Ek kuier ook vir die eerste keer in Ballito Desember en glo dit gaan lekker wees
Gaan naby huis kuier hierdie jaar Bass Lake Lodge naby Kwa Mahlanga Dinokeng.
Richardsbaai is glo baie lekker. Baie mense is gelukkig met Rishardsbaai.
Baie het ons ook al vertel van Cape Vidal.. Maar nou ja ek sal sien as Desember kom, miskien skiet ons heel ander rigting die jaar
Plan was natal Hiberdene maar moes kanseleer my dogter het trou koors gekry nou is ons maar by Koppisol vir desember
Ek het gedink jy gaan weer Kaap toe ?
Sterkte jet die troue.
Plan was natal Hiberdene maar moes kanseleer my dogter het trou koors gekry nou is ons maar by Koppisol vir desember
Hiert maar so troue kan 'n duik in 'n man se budget maak. Ten minste kan sy trou en julle kan gaan kamp.
Al is dit nou net bietjie nader aan die huis.