Dalk is ek oorhastig, maar is daar al n gelukkige eienaar wat n nuwe Wildtrak 2L 10 spoed 4x4 aangeskaf het?
Ek weet jy kan hom gaan toetsbestuur, maar ek wil nie al krap waar dit nie jeuk nie.
Ek sal graag wil weet hoe hy vergelyk met die 3.2L. Ek is veral baie nuuskierig om te hoor hoe hy sleep. Volgens sleeptoetse gedoen deur die Ausies is die 2L n beter sleepvoertuig as die 3.2L.
Hang af wie se Oz toets jy wil glo! Daar is weer ander wat reken die 3.2 is beter omdat die 2l 10 spoed geneig is om tussen ratte te "hunt" as hy sleep. Hou ook in gedagte dat die 2l se Nm kurwe baie skerp (peaky) is en slegs maks Nm in 'n kort omwentelinge bereik verskaf terwyl die 3.2 s'n baie plat is op maks NM oor 'n groter omwentelinge bereik...maar ek dink die 2l 10 spoed behoort vrek lekker te wees sonder iets aan sy haak en uiteraard meer ekonomies?
Eendag as ek groooooooooter is as nou, dan, dan, dan .............................................
Sal ook maar droom.
En in tussentyd is die prioriteit om te sorg dat Ford my Ranger se swak slot uitsorteer (kyk Sondag aand op Carte Blanche!). Gelukkig het ek reeds vroeg Januarie baie seker gemaak dat Koos Kroek nie meer so maklik die deure sal kan oop forseer nie....ek glo die nuwe Rangers het ook dieselfde swak slotte
Julle moet asb hier kom terugvoer gee oor wat als gesê word op Cartblance.
Ja, dit is vrek maklik om die Ranger oop te maak en aan die gang te kry. Met my gebeur by die werk. Hulle sny net die plastiek oop bo die linker voorwiel knip n draad en die ranger is stil. Maak die deur oop met n skroewedraaier doen iets by stuurkolom een hy ry weeg. Ongelukkig vir hulle kon hulle nie die ligte kry om op te hou flikker nie en iemand by die werk het my laat weet my ligte flikker. Dus, het ek hulle in die daad betrap. Was nogal n ding. Hulle het weggejaag in n Xtrail (gesteel natuurlik) en twee booms geramp dat hulle deur die lug vlieg.
Skynbaar is die Ford die bakkie wat die maklikste gesteel word in SA. Ford-self is bietjie skaam daaroor. Die beste stelsel is die een wat die sleutel-kombinasie outmaties verander ELKE keer wanneer jy die motor af/aan skakel. Ford gaan nou n stelsel verskaf wat die hele rekenaar AFSKAKEL en glad nie kan werk wanneer die motor vir 40 sekondes lank gesluit is. Jy kan drade koppel soos jy wil, hy KAN NIE aangaan nie, die kar sal morsdood wees, soos n rekenaar wat ge-crash het. Ek wag graag om te sien hoe dit werk.

Dit werk al klaar, het al `n hele paar Fords laangs die pad sien staan.
Skynbaar is die Ford die bakkie wat die maklikste gesteel word in SA. Ford-self is bietjie skaam daaroor. Die beste stelsel is die een wat die sleutel-kombinasie outmaties verander ELKE keer wanneer jy die motor af/aan skakel. Ford gaan nou n stelsel verskaf wat die hele rekenaar AFSKAKEL en glad nie kan werk wanneer die motor vir 40 sekondes lank gesluit is. Jy kan drade koppel soos jy wil, hy KAN NIE aangaan nie, die kar sal morsdood wees, soos n rekenaar wat ge-crash het. Ek wag graag om te sien hoe dit werk.
Baie maklik, sit iets in wat die CAN-bus as "meester" oorneem en slegs mbv 'n PIN die meester weer terug gee aan die ECU of "rekenaar" (nie so eenvoudig nie maar dis basies die beginsel). Daar word 'n stelsel met die naam Ghost verkoop wat dit doen (maar kos enigiets tussen R5k en R7.5k). Die sg. code hopping sleutel fobs is welbekend maar help jou niks as die slot fisies maklik is om oop te breek nie....
Jy sukkel met die Ford manne
Lol
Oor die vraag tussen die 3.2 en 2.0 sal ek maar altyd die 3.2 verkies. ALTYD. Ek glo maar die groter engines is sterker en sal langer so sterk bly en langer hou..
Oor die vraag tussen die 3.2 en 2.0 sal ek maar altyd die 3.2 verkies. ALTYD. Ek glo maar die groter engines is sterker en sal langer so sterk bly en langer hou..
Ek stem saam. Glo ook groter enjin sal langer hou, vefal as jy gereëld sleep
Ek sien die Wildtrak bi-turbo verkoop tans vir R536k...was hy nie laasmaand nog oor die R700k nie?
Dit is n baie goeie prys
Die truck month specials is regtig goed en eerste paaiement eers volgende jaar.
Ek volg die draad
Kyk ek sou nie bietjie moerig wees as ek laasmaand een gekoop het.. Ek sien dis die 4x2 weergawe wat retail teen R658K en nou R536k.. So dis maar daai R122k waarvan ek altyd praat. Dit was nie net nou nie, ek het dit vroeer ook al gesien en genoem.
Ek dink mense val vir die storie, die goed is overpriced, hulle gee elkgeval die wat vra daai afslag, maar as truckmonth begin het die wat geval het vir hoër prys die ander finansier alreeds ;-) Of hulle is nou eers by werklike retail en maak steeds wins, ek glo nie daai ding van selling at cost nie, want elke handellaar se koste verskil, het dit ook al gesien. En wie gaan teen cost karre weggee sonder wins en om almal te betaal wat betrokke is? Bog storie!
Was gekwoteer teen cost en dan is die verskillende handellaars se "at cost" pryse verskillend met selfs R30k.... Ag neewat. Kry maar
Ek vat dit so. Wat as jy laasmaand dit laat finansier het.....dan was jou uitstaande of aflos bedrag vandag baie meer as wat die kar nuut kos. En as jy laasmaand gekoop het, wat is die waardevermindering op jou trade-in? Seker al n goeie R200k minder?
Ek het laasmaand baie amper een gekoop 😅 mens weet deesdae nie meer. As hierdie die trend is gaan ek vir Brommer begin omverskoning vra omdat ek in sy stelling getwyfel het. By gesê laasmaand het ek ernstig arm gedruk maar die beste afslag was R60 000. Baie goeie rentekoerse van 7 persent en paaiement volgende jaar is baie aantreklik
Dit hang af wat jy koop. As ek dit reg het is dit net die 4 x 2 wat die prys is. Die 4x4 is steeds 'n hoer prys help my reg ek shop nie nou vir 'n nuwe tipper nie kyk net vinnig na die adds wat rondgestuur word.
Dit wys 'n mens net weer wat se Mark-up daar is op voertuie. Die koper word van die woord "Go " as ingedoen deur al die jare. En die ergte van alles ons is gewoornd daaraan.
My vraag is---As een vervaardiger baie goeie afslag kan gee en nog steeds 'n baie goeie wins maak hoekom kan die ander dit ook nie doen nie?

Hierdie kopm dalk neer op Brommer se stelling dat die Ford nou eers sy "regte" prys is. Hierdie is maar net my waarneming. Ek dink die meeste voertuie is "overpriced".
Hennie om eerlik te wees lyk my amper alle vervaardigers offer goeie deals
Hierdie is 'n goeie website vir persone wat in die mark is vir 'n nuwe voertuig.
http://www.newcardeals.co.za/new-cars/
R91 468 afslag op 'n Toyota
R113 900 afslag op 'n Isuzu
Leon die Ranger 4x4 Bi Turbo 2L is R610 500. Jy kry R96 300 afslag.
Dankie baie vir info. Ek sal laaik maar dis nie nou vir my bestem nie.
Koop een Leon. Ek wag maar ook tot my skip weer kom. Die gesprek om waneer voertuie in te ruil het my 'n bietjie laat dink.
Die afslag wat verbruikers kry lyk goed. Dit laat my nou regtig wonder wat die regte vervaardigheidskostes is as ek na die volgende afslagte kyk.
Jeep Grand Cherokeee R300 000 Afslag
Land Rover Range Rover R173 489 Afslag
Lexis LS R158 312 Afslag
Ja hier teen Krismis begin baie manne aan karriaatis ly.
(Kyk na al wat 'n kar of hy oraait is)
Ek ly pal daaraan veral as dit by die Tippers kom maar ja. Hy moet maar verby hou.
Presies... Die karre is almal heavily overpriced en word mense gevang daardeur ongelukkig. Nou met die "special" boost hulle die sales want dis 'n "kop-ding"...
Eks maar 'n ou wat rustig wag.... Ek kyk na die trends en sien hier word ons gerook...
Ja wel mens word dan gerook inelkgeval as jy buite die specials koop. Want nou gee hulle ten minste die "gerook" gedeelte af. My Broer behoort redelik knorrig te wees want hy het sy Raptor so twee terug in ontvangs geneem.
Weet nie wat het hy betaal nie.

Sekerlik te veel....

Ek het navraag gaan doen en het verstaan dit is n one month offer. Ook was die special op ongeveer 7 persent rentekoers deur Ford finance. Nou hardloop die special nig steeds en rente koerse so laag as 5.2
Hier moet jy mooi kyk watter skip kom verby.
Wel ek hoop dit doen iets om die manne by Toyota te motiveer om ons so bietjie afslag te gee op die Hilux....... Ek wag nou al lank... Ek moet nou maar dubbelkajuit weer kry wat ek vir die werk kan gebruik..
Brommer, Toyota gee 11.5% afslag op sekere hiluxe.
http://www.newcardeals.co.za/new-cars/toyota
Ek hoop jy kom reg met 'n mooi Kersgeskenk
Brommer, Toyota gee 11.5% afslag op sekere hiluxe.
http://www.newcardeals.co.za/new-cars/toyota
Ek hoop jy kom reg met 'n mooi Kersgeskenk
Ek het daai deals op daai website gesien toe ek nou opsoek was na n werks bakkie.....die meeste van hulle wat daai afslag gee is Rand Stadion Toyota....hulle gee jou daai afslag, maar looi jou op hulle "on the road fees"....op die ou einde is dit beter gewees om te settel vir minder afslag, maar met normale "on the road fees"
Brommer, Toyota gee 11.5% afslag op sekere hiluxe.
http://www.newcardeals.co.za/new-cars/toyota
Ek hoop jy kom reg met 'n mooi Kersgeskenk
Soek die top of the range nogsteeds.. Nie net enige Hilux nie..
Dit is die beauty van kompetisie. Ford slaan hard so Toyota gaan moet penne skerp maak
Dit is die beauty van kompetisie. Ford slaan hard so Toyota gaan moet penne skerp maak
Probleem is Toyota weet hul produk is superior en dus moet ons maar byt en betaal as ons daar wil wees.. Ford kan maar nog sak.. Hulle het dit nodig