English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 843
Total Replies: 270 523
Total Views: 83 882 968
topics: 12 335
replies: 149 881
views: 39 680 819
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ford Ranger Ongeluk

replies: 11
views: 699
25 Mar, 2018 @ 07:13:36 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3151
Joined: 24 Aug, 2011
Experience: 32 years

Soos julle weet is ek n groot Hilux man.

My jongste seun was Vrydag oggend in n ongeluk betrokke met n redelike nuwe Ford Ranger 2.2 DC in Welkom. n Chev Trailblazer het agter in hom vas gejaag. Die Chev is afgeskryf.

Die slag was so hard, dat die bak van die Ford geknak het tussen die 2 wheel arches. Inteendeel die wheel arches het ook uitgebuig buitentoe dat dit nou lyk of hy n "raptor kit" op het. Die towbar is heeltemal afgebuig ondertoe. Bestuurder sitplek het gebreek. Gelukkig het hy sy veiligheidsgordel aan gehad.

Ek plaas nie foto van die bakkie nie want dit is n maatskappy bakkie met "branding" op. Die ongeluk het 4 uur die oggend gebeur. Nadat die nodige gedoen was en die ander bestuurder hospitaal toe is, het hy sy werkers gaan haal en myn toe gevat. Daarna terug gery Pta toe na sy hoofkantoor. By Grasmere het hy stilgehou en "uit-gepass" heelwaarskynlik van skok. My oudste seun het hom gaan haal en hospitaal toe gevat. Geen ernstige besering nie net spiere. (ons hoop so)

Punt is, mens besef eers hoe goed n voertuig se veiligheids kenmerke is as so iets gebeur.

Van n Hilux man (en moewiese bekommerde ouer) Well Done Ford!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar, 2018 @ 10:12:51 am
Anonymous
Dis te danke aan die Ranger se 5-ster veiligheids gradering, en bietjie geluk...en laat hulle maar sy nek en rug dophou en seker maak alles is OK, baie van die nagevolge met "wiplash" wys selfs eers maande na die tyd. Bly om te hoor jou seun het dit oorleef, dink nie dis grappies as 'n swaar ding soos die TB van agter in jou vasjaag nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar, 2018 @ 10:22:14 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct, 2013
Experience: 44 years
Bly daar is nie erenstige beseerings nie...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar, 2018 @ 10:43:27 am
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20232
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years
Dankbaar jou seun is OK
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar, 2018 @ 13:16:29 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2285
Joined: 31 May, 2014
Experience: 55 years
Hannes, bly jou seun is veilig en goed om te weet van Ford. Juis besig on een te koop.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar, 2018 @ 07:59:35 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16890
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Baie bly dat die beserings so vêr nie erenstig is nie.

Het juis my nuwe tipper verlede Donderdag gekry. Weer 'n Ford so dis verdere goeie nuus vir my.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar, 2018 @ 16:00:11 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3151
Joined: 24 Aug, 2011
Experience: 32 years

Kyk ek is was en sal seker nooit n Ford aanhanger wees nie ( ook nie Lions, Stormers, Sharks Kings of Bafana Bafana supporter nie). En deesdae Proteas ook. Hulle maak die mooiste blom lelik!

Maar gee die duiwel wat hom toekom.

Veiligheid in karre is deesdae not negotiable!!

Maar daai nuwe Everest is deksels mooi, naaste aan die ou Fortuner as wat jy kan kry!

Dankie almal, Divan het geweldige spierpyne, Maar ek glo dis normaal.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar, 2018 @ 17:35:05 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11157
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years
Dis te danke aan die Ranger se 5-ster veiligheids gradering, en bietjie geluk...en laat hulle maar sy nek en rug dophou en seker maak alles is OK, baie van die nagevolge met "wiplash" wys selfs eers maande na die tyd. Bly om te hoor jou seun het dit oorleef, dink nie dis grappies as 'n swaar ding soos die TB van agter in jou vasjaag nie.


Dit het met my Ma oorgekom dat sy eers maande na die ongeluk die spasma in haar nek begin pla het.
Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar, 2018 @ 08:13:42 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3151
Joined: 24 Aug, 2011
Experience: 32 years

Divan is vir 2 weke afgeboek. Kry fisio vir sy rug.

Klink my die Ford is afgeskryf. Nogal jammer want hyt maar 30 000km op. Chassis gebuig, diff daarmee heen , propshaft seer gekry en's.

Nou verstaan ek hoekom die Ford n 5 ster gradering het. 

Interresante feit. Die myn by ons moet alle bakkies n "roll over protection" he. Kan jou tot R30 000 kos. Met die Ford is dit nie nodig nie. Laat mens dink!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr, 2018 @ 12:50:53 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years
Goed om te verneem van Ford se uitstekende veiligheids-eienskappe. En jammer om hierdie ernstige draad te kaap. Ek het Saterdag teruggekeer vanaf Hentiesbaai. Ek het 'n persoon raakgeloop wat o.a. Meob toere (in die Namib tussen Luderitz en Walvisbaai) aanbied - Coast2Coast Tours. Hy ry met 'n Toyota Land Cruiser Dubbelkajuit-bakkie. Hy neem alle proviand saam met hom. Sy gaste moet egter hul eie tente, water, diesel/petrol saamneem. Hy ry met 'n ontsaglike groot en swaar vrag op sy Cruiser. Toe my seun hom vra of hy iets saamsleep, was sy antwoord: "Ek sleep niks saam nie, maar glo my, ek sleep baie Fords en Land Rovers." Ek het in Henties opgelet dat minstens 80% van 4x4's is Toyota's. Ford sowat 10%, en die res is Nissan, Isuzu, Mitsubishi en Land Rover. As jy 'n ou sien vassit in die sand, is dit 90% van die kere 'n Ford. Ek weet nie of dit iets sê van Ford se sandry-vermoë nie - en of dit dalk 'n vingerwysing is na die meerderheid van Ford-bestuurders se sandry-vernuf nie.

Weereens - jammer om so 'n ernstige draad te kaap.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug, 2022 @ 12:38:56 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3151
Joined: 24 Aug, 2011
Experience: 32 years

Soveel jare later en kan jy glo. Pad ongelukke fonds SKITTER in hul afwesigheid. 

N Zimbabweer val dronk uit n bus uit op n teerpad. Moewiese eis binne paar maande uitbetaal!!

 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug, 2022 @ 13:44:48 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1288
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Hannes, vriende van ons is van die kant-af getref in hulle Ranger, net agter die agterste linker-deur. Die slag was so hard dat die as en wiele amper na regs by die bak uitgeskuif het. Die een vrou het baie seergekry toe die vrou wat (agter) langs haar gesit het se kop haar in die sy getref het en feitlik al haar ribbes gebreek het. Mense wat rondval tydens n ongeluk word dikwels onderskat. 

Dit was n geweldige slag, die ander bestuurder se vroutjie se water het gebreek en hy was natuurlik gespanne/paniekbevange. Hulle het niks oorgekom nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required