English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 226
Total Replies: 248 599
Total Views: 83 107 912
topics: 11 380
replies: 136 381
views: 39 263 074
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Karavaan Afdak - Idees asb

replies: 46
views: 2113
31 Oct 2017 @ 09:35:47 am
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 90
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years
Ek het n afdak vir my karavaan maar in die middae kry die karavaan son vir so 2 tot drie ure. Ek soek idees hoe of waarmee om die een kant toe te maak. Moet sterk wind kan vat. Enige idees en veral fotos sal baie waardeer word.
Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 09:44:59 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years
Jakes,
Ek het dieselfde probleem in Malelane gehad.
80% shadecloth gekoop en behoorlik aan die sonkant toegemaak.
Shadecloth laat wind deur om karavaan koel te hou.
Ek het die shadecloth met goiing of sak gare vasgemaak (landbou lyn by die kooperasie gekoop).
Moet nie met vasmaak kortpad vat nie anders gaan die wind hom skeur.
Beste is wit shadecloth wat die son se hitte beter reflekteer.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 11:02:57 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1453
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years
I also used shade-cloth on the sun side of my afdak, but made it roll-up by using a length of 3/4" galv pipe and pulleys.
Now I can get right around the van for cleaning / maintenance etc.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 12:04:49 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 306
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years
Ek het ook skadunet gebruik en met lang "cable ties" vasgemaak. Dit het die famous Kaapse storm vroeër die jaar weerstaan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 12:14:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16863
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Daai canvas wat jy op en af kan rol....hulle gebruik dit baie om patios toe te maak
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 14:05:41 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ek stem met digte skadu net, behalwe vir die toemaak vir die son, kyk daarna om krag/plug boksies in te bou in jou afdak. Dit help wannier jy die wa op krag wil sit, dan hoef jy nie kabels van die huis ens aante le nie. Ek het twee krag/plug boksies op die lip channel van die dak supports vas gemaak, dit werk soos 'n bom. Moet ook nie vergeet van beligting nie.

Ek beplan om aan die sonkant van my afdak ook skadu net te span, maar ek gaan dit nie reguit grond to vat nie, maar met 'n boog so 3.5m van die afdak om 'n tonnel te maak. Ek gaan dan die area wat dan so 6mx2m gaan wees om groente te plant die ander 1.5m is plaveisil . My besproeing is klaar in plek en sal die wa nie raak nie tensy daar stek wind is.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 14:09:08 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Shadecloth is die goedkoopste metode wat jare lank hou.
Ek gebruik groen wat beter vertoon as die wit na 'n paar jaar en wys die stof nie so erg nie...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 14:09:31 pm

31 Oct 2017 @ 14:13:24 pm
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 90
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years
Dankie sover. Die oop kant van die afdak grens aan my buurman. Hy is maar n gevoelige ou en alhoewel die skadunet die karavaan sal koel hou gaan dit hom dalk bietjie warm maak. Het iemand al die Nutec plate gebruik?
Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 14:20:51 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Jakes dit is jou erf, gebruik sommer van daar die net met bruin wit en blou streepesmile. Of verhoog net die muur met so .5 na.6 van 'n meter as daar 'n vibro crete muur is.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 14:33:31 pm
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 90
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years
Dankie Fred ! lekker lag ek nou, maar dit is maar n frustrasie. Het al gevra om die muur te lig vir my kostes maar die antwoord was negatief. Miskien sal hy van WP kleure hou na die Currie beker ! Kort dan net n Disa !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 14:43:50 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15963
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

I also used shade-cloth on the sun side of my afdak, but made it roll-up by using a length of 3/4" galv pipe and pulleys.
Now I can get right around the van for cleaning / maintenance etc.

Done basically the same. I only made use of white PVC pipe to roll up the front part.

Die seil aan die kant 'n sloop ingewerk. Staal draad bo deurgereig en styf gespan. Die sykant is om die regop pale (75x75mm SQ Tubing) gevou en met 50 x 50 alinimium hoekyster en Tek dakskroewe vasgetrek. Die net is teen die middel paal met 50mm breed aliminium flatbar 2mm dik ook met tek dak skroewe vasgesit. In die onderste soom het ek 'n stuk 20mm roundbar gehad en dit daar deur gedruk om sykant op grondlangs reguit te hou.  Staan nou al vir 6 jaar so sonder 'n skeurtjie in.

You can clearly see the PVC pipe on each end.  The right end as seen on the photo has a piece of threaded rod attached to the upright pole and the PVC pipe has a hole in to secured it with washer and wingnut to the pole. rest is secured with rope and hooked tent pegs.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 14:49:55 pm
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 90
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years
Dit lyk goed Leon, vir 6 jaar, kan amper nie glo nie. Daar is mos nie eintlik wind daar by jou nie, wonder wat sal hy maak hier in die Kaap van Storms?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2017 @ 21:33:43 pm
Warren G
Silver Member
59% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 31 Jan 2017
Experience: 10 years
Here's a different idea, that I did for a while. You could use your rally tent as a shield. Pull the rally through the extrusion, and then let it hang straight down the side of the caravan, and "wrap" it around the side and under the caravan. If you have enough space, you could even slope it away from the caravan as it goes down and peg it to the ground with some rope, but the wind will have a better chance of catching it this way. It's maybe not the best solution, but it is an option.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 06:20:04 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Jakes ek hoor wat jy se van die buurman, maar hy het eintlik geen se wat jy in jou erf doen as dit nie sy uitsig belemmer(as jy see/berg uitsig het) of as dit nie ordentlik(volgens regulasie) gedoen word nie.

Is die afdak reg teen aan die erf grens?

Wat ek teen aan my grens(ook aan 'n knorigge buurvrou se kant) gedoen het, was om IBR plaate aan die binnekant soos 'n muur aan my afdak vas te maak. Dit keer wind, weer, son en sommer haar suur bakkies ook.   

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 07:42:09 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16863
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Miskien moet jy foto plaas van jou set=up....makliker om idees te gee as mens sien hoe dit lyk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 08:14:31 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Hier is een wat ek op my foon het, nie baie duidelik nie was geneem in 'n reen storm. hy trek ook onkers in. Sal reel vir beter fotos.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2017 @ 10:57:15 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Die "asbes borde fasies " op so'n manier installeer dat dit die louvre effek het. Soos ook in die VSA huise gebou word met die hout/splitpoles. Onderste een eerste , dan net bokant hom sodat onderste gedeelte v.d tweede een bo-oor onderste een se bokant kom. Jy kan spacers daar insit vir lug ventilasie.

As jou afdak op die grens van jou buurman is of binne een meter van die grensdraad dan het jy die buurman se skriftelike goedkeuring nodig. Anders is jy geregtig om te doen. Maak ook seker dis verwyderbaar sou iemand n beswaarskrif indien en jy jou goete moet verwyder.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 06:28:59 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Hier is 'n paar fotos van my opsey by die huis. Ek het twee afdakke wat langs mekaar staan, een van 8x3 dit is waar die woonwa staan. Die ander een is 'n 6x6 waar die venter en Echo en die gas braai staan. Mens kan duidelik die krag proppe sien teen die lip chanel bo, en ook die IBR langs die  buure se kante. jy kan ook die area sien waar ek die groente "tonnel" willmaak

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 06:35:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15963
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit lyk goed Leon, vir 6 jaar, kan amper nie glo nie. Daar is mos nie eintlik wind daar by jou nie, wonder wat sal hy maak hier in die Kaap van Storms?

Ons het die laaste drie jaar gedurende September tot Oktober winde in die area beleef wat ons 'n Kaapse gevoel in die agterstewe gegee het. Tenspyte van dit staan als nog mooi.

Het so drie weke terug die threaded rod vervang want dit het afgebreek deur die wind. Die res werk nog goed.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 06:40:47 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1453
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years
Sheez Fred, your set-up looks like a dealership!!
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 06:48:24 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ha ha. Just very untidy at the moment John. I hate to battle, am also lazy so I made it comfy for myself.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 07:32:46 am
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 90
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years
Miskien moet jy foto plaas van jou set=up....makliker om idees te gee as mens sien hoe dit lyk

Hier is my set-up. Ongelukkig op die "kaplyn" maar die lengte verhoed gelukkig dat hy voor son kry. Net die oop kant (weste kant). Dankie vir al die planne en idees, waardeer.
Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 07:43:17 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Jakes is dit sy palasades bo op die baksteen muur? Indien ja, kan hy mos nie kla as jy Skadu net tussen die pale span nie. lyk mooi daar.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 07:45:24 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Mooi man. Lyk netjies.
Jy kan n 100% skadu net daar hang. Bo met n paar lang "tek-screws op n flat bar"
onder met ingekrimpte eyelids en toue teen grond vas. As jy moeilikheid kry by buurman, rol jy net op en maak vas met velgrow. Sê hom dis tydelik en verwyderbaar. Dan moet hy kom met n dreigbrief vanaf munisipaliteit. Dan is dit maklik verwyderbaar. Glo my, dit sal nie sover gaan nie want dis nie n permanente konstruksie nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 08:13:41 am
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 90
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years
Mooi man. Lyk netjies.
Jy kan n 100% skadu net daar hang. Bo met n paar lang "tek-screws op n flat bar"
onder met ingekrimpte eyelids en toue teen grond vas. As jy moeilikheid kry by buurman, rol jy net op en maak vas met velgrow. Sê hom dis tydelik en verwyderbaar. Dan moet hy kom met n dreigbrief vanaf munisipaliteit. Dan is dit maklik verwyderbaar. Glo my, dit sal nie sover gaan nie want dis nie n permanente konstruksie nie.

Dankie Johan, dit klink na n plan, en as die wind (of my buurman) dan laf raak kan ek net oprol. Miskien onder ook n bar sit wat met hakke of boute teen die pype kan vas hak of bout?

Ja Fred, dit is sy palasades. Dit het oor n naweek "verskyn" toe ek gekamp het, vermoed dit was die sewe dwergies se werk gewees.

Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 12:04:31 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Jakes sit jou net op. As hy kerm se hy moet sy palisade afhaal. So maklik as dit. Die muur is 'n grens muur, en het meer impak as die afdak wat heeltemal in jou grond is. Hy kan dalk kla oor stormwater wat van jou dak in sy erf val.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 12:08:18 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Het nou weer gekyk, ek sien jy het geute op so hy kan nie kls oor stormwater nie.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 13:25:16 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Dankie Johan, dit klink na n plan, en as die wind (of my buurman) dan laf raak kan ek net oprol. Miskien onder ook n bar sit wat met hakke of boute teen die pype kan vas hak of bout?

Ja Fred, dit is sy palasades. Dit het oor n naweek "verskyn" toe ek gekamp het, vermoed dit was die sewe dwergies se werk gewees.

Presies.
Soos ek se, as n ding nie vas gekonreet is nie en hang aan n vasgeboute ding is dit verwyderbaar en munisipaliteit gaan die klagte aflag na inspeksie. Dan moet hy nog n hofbevel kry om dit af te haal.
Gaan dit nie doen nie. Samelewing van die dag het nie tyd vir sulke twak nie.
Sit op jou kombersie. Hy sal moet bewys dis n onooglike ding. Veral as alles netjies en verwyderbaar is... jou afdak en sy voorkoms is alles behalwe onooglik.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Nov 2017 @ 15:09:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16863
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jy kan ook miskien wired mesh wat hulle vir concrete slabs se reinforcing gebruik tussen jou pilare van afdak sit en  teen die muur reghoekige blombakke met rankplante in.....sodat rankplante opklim teen wired mesh . Glo nie bure sal hieroor kan kla nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov 2017 @ 11:06:46 am
Josua
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 21 Aug 2017
Experience: 6 years

Hello Jakes,

ek het 'n dak gebou, en 80% skadu net laat opmaak om dit toe te maak. dit werk met zips en pulleys, en dis die beste besluit nog

.

Dit was gedoen deur Venture Tents in Krugersdorp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov 2017 @ 11:34:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15963
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Kyk die mense het lekker inoveerende idees om na hulle waens te kyk.
Lyk mooi netjies.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov 2017 @ 11:46:50 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 942
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Hello Jakes,

ek het 'n dak gebou, en 80% skadu net laat opmaak om dit toe te maak. dit werk met zips en pulleys, en dis die beste besluit nog

.

Dit was gedoen deur Venture Tents in Krugersdorp.

Welkom Josh. Ja, daai is 'n netjiese stukkie werk wat Amir gedoen het.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2017 @ 18:56:17 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15963
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Dit lyk netjies en as mense kom kuier trek jy die wa uit en kuier onder die dak.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2017 @ 20:00:55 pm
Anonymous

Ek het ook op my afdak, aan die ooste kant, 90% skadunet gesit en die onderkant met nylon tou gevleg, dit toe met ou reguit tent penne in die vloer vas gekap om dit stuif te hou. Die weste kant word deur 'n ander afdak  (vir motors) beskerm.

Dit werk lekķer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2017 @ 20:19:28 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 942
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Dit lyk netjies en as mense kom kuier trek jy die wa uit en kuier onder die dak.

Leon, hy het 'n kuier area 3 keer so groot en Amir het ook vir hom daar 'n skadunet met ritse opgesit.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 10:17:10 am
Anonymous

Leon, hy het 'n kuier area 3 keer so groot en Amir het ook vir hom daar 'n skadunet met ritse opgesit.

Myne is 'n ''tripple shadeport'' wat slegs son in die middel middag kry vanf die Noorde. Ek het ook 'n netting aan die voorkant aan die Noordelike kant gespan om die son te keer in die middel middag.

Die area is ook lekker gerieflik groot, veral vir 'n saam kuier asook om die karavaan rond te stoot soos jy wil wanneer dit skoon gemaak word asook wanneer gepak word vir 'n kamp.

Die area dien ook genoeg parkeer plek vir 4x gemiddelde voertuie met die karavaan ingesluit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 10:18:45 am
Josua
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 21 Aug 2017
Experience: 6 years

Myne is 'n ''tripple shadeport'' wat slegs son in die middel middag kry vanf die Noorde. Ek het ook 'n netting aan die voorkant aan die Noordelike kant gespan om die son te keer in die middel middag.

Die area is ook lekker gerieflik groot, veral vir 'n saam kuier asook om die karavaan rond te stoot soos jy wil wanneer dit skoon gemaak word asook wanneer gepak word vir 'n kamp.

Die area dien ook genoeg parkeer plek vir 4x gemiddelde voertuie met die karavaan ingesluit.

baie netjies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 10:19:23 am

07 Nov 2017 @ 14:50:57 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15963
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Dis nou lekker groot koelte area. As ek reg verstaan is jou skadunet drie lae DK?
Dit behoort lekker dig te wees as net die normale.

Ek benodig so iets by die huis maar het al telkemale gesien hoe dat die skadunet afdakke in afdak lappe verander. Ek kry die idee hulle hou nie juis lank nie. Hoe oud is die skadu dak van jou DK.
Is daar ander forum lede wat 'n idee kan gee van hoe lank hulle sin al gehou het voor vervanging.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 15:10:36 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1806
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years
Ek het 'n koepel raam oor die karavaanplek met skadunet oor wat al sedert 1992 op is. Die net makeer niks ondanks die tipiese laeveld storms in die somer en die baie warm humiede klimaat van Malelane.
Ek het slegs eenkeer dit afgehaal om weer die soom te laat stik waarin die kabel waarmee hy vastrek, sit. Die stikgare raak klaar oor tyd en kom dan los.
Die skadunet lyk nog soos nuut, veral wanneer ek dit klaar skoongespuit het na die winter se stof.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 15:13:56 pm
Anonymous

Dis nou lekker groot koelte area. As ek reg verstaan is jou skadunet drie lae DK?
Dit behoort lekker dig te wees as net die normale.

Ek benodig so iets by die huis maar het al telkemale gesien hoe dat die skadunet afdakke in afdak lappe verander. Ek kry die idee hulle hou nie juis lank nie. Hoe oud is die skadu dak van jou DK.
Is daar ander forum lede wat 'n idee kan gee van hoe lank hulle sin al gehou het voor vervanging.
Leon, die 2de foto waar die meer koelte is, is waar my karavaan onder sy jassie ook staan. Die 2de foto se shadeport was eers in my driveway en het hom toe geskuif na die area. Hy is al 15 jaar oud en het nog geen skeure nie.

Die 3de foto is die dubbel tipe wat nou al 5 jaar staan.

Albei, die enkel en dubbel shadeports is 3-laag en die verskil word gevoel as jy onder hulle staan en as jy uit beweeg.

Met die opsit van die dubbel een, het hulle die enkel geheg sodat dit 'n ''tripple'' maak.

Die belangrikheid van hoe lank dit hou, hang van jouself af. Onderhoud is baie belangrik, daarom word myne gereeld afgespuit en die nate word gereeld nagegaan.

Die wat soos lappe hang is gewoonlik persone wat nie juis omgee nie en verwag die goed moet tot in der ewigheid hou sonder onderhoud, maar ongelukkig is 'n shadeport soos 'n grasdak lapa wat onderhoud benodig om jou geldwaarde uit hulle te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 16:19:47 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15963
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Ek glo aan onderhoud en glo dat nette kan lank hou. Ek was van opinie deur dit wat mens nou maar oral sien dat die goed oor die algemeen nie lank hou nie. Dit was maar die groot rede waarom ek die punte van die net by my afdak erder laat vasknyp het met die aliminium hoek yster want die normale kabel deur reig hou mos nie.

Eie persepsies van dinge wat jy sien is nie altyd waar nie nê............
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2017 @ 16:30:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16863
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek glo aan onderhoud en glo dat nette kan lank hou. Ek was van opinie deur dit wat mens nou maar oral sien dat die goed oor die algemeen nie lank hou nie. Dit was maar die groot rede waarom ek die punte van die net by my afdak erder laat vasknyp het met die aliminium hoek yster want die normale kabel deur reig hou mos nie.

Eie persepsies van dinge wat jy sien is nie altyd waar nie nê............

Die nette self hou baie lank....dis meer die garing van die nate wat loskom aangesien die son dit bros brand.....al gesien dat mense dit regmaak deur dit met cable ties om die kabel vas te maak....of draad
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2017 @ 06:23:56 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ek het al gesien hier by ons dat die afdakke met die gebuigde pype se nette op 'n manier uithak as die wind erg waai, dan wapper daardie los stuk erg. Het al 'n paar motors hier op die myn so gesien beskadig/ gekrap word met die los net.

Ongeag van hoe die net vas gemaak word, maak net seker hy is goed vas. as hy stewig is, gaan hy beslus lank hou.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2018 @ 09:31:09 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16863
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jakes.....het jy toe jou afdak uitgesort.....wat het jy toe gedoen?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 11:02:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16863
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Vir iemand wat in die mark is vir n karavaan afdak....miskien iets om na te kyk?

https://www.arbor53.co.za/?gclid=EAIaIQobChMIgprI6bDz5QIVSTobCh3xWgHIEAEYASAAEgJ_Y_D_BwE

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za