English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 416
Total Replies: 232 752
Total Views: 82 445 701
topics: 10 892
replies: 126 451
views: 38 914 680
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

BROMMER | GEWIG

replies: 22
views: 461
23 Oct 2017 @ 08:45:26 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Voor ek nou gaan weeg en al die lekker issues vir myself maak.. Kan ek nou nie onthou of lees of mens net die as tse spec kan opgradeeer na bv 2500kg en die gvm laer keuse maak bv 2000kg nie? Of 1900kg?

Dan, is dit al wat gedoen kan word want, my gedagtes se vir my dit kan nie net n as omruiling wees nie.. moet chassis dan nie fisies ook paar versterkings kry nie? 

Eks nou besig met my wa en moet dus die nodige begin in plek kry


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2017 @ 10:01:34 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2736
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Ek sou se dat indien die spesifikasies oorskry word sal versterkings benodig word.
Ek persoonlik sal nie eers waag om naby die spesifikasies te kom nie.
Enigiets kan gebeur indien jy als op maximum doen...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2017 @ 20:34:13 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Probleem vur my nou is Fortuner jan nie soveel gewig dra soos bakkie voorheen het nie... niu is my hele pak en laai sisteem en denke bevoeter.. nou begin gewig oo wa my pla... so ek moet nou meer in wa pak.. daarom my denke om 2500kg as te gebruik maar gvm by 1900 te laat registreer en dus wa dalk elkgeval te pak tot op 1600 of 1700kg....? 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2017 @ 08:27:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As jy tot op hede die pak van jou wa uitgesorteer het en al reeds so met die gewig gesleep het en niks het gebeur nie, is my voorstel dat jy net die as laat regmaak.

Dis nou as jy nie beplan om nog meer te laai nie.

Onthou alles verder versterkings en dies meer is reeds ekstra gewig wat jy in ag sal moet neem.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2017 @ 08:33:13 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Hi maat, ek wil nie glo dat die as onder spec kan wees nie.
Miskien moet jy eers net dit laat nagaan. Op die as is gewoonlik n rooi plaatjie vas gesit wat die spec's weergee. Ek het dit gesien op my elegance. Dit moet n standaard issue wees op n wa. N vriend hier in Bloem het n ou exclusive gekoop met n vergrote watertenk plus n klomp swaar-maak-veranderings en het geeindig met n tarra van + -2000kg.. dit was nou n geval van versterkte aste.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Oct 2017 @ 08:44:55 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Voorheen het ek amoer niks in wa gelaai nie.. ALLES was letterlik in bakkie agter.. stoele, tafel, tente, grondseile, pale en tent penne selfs.. juis toe gewigstories begin.. dit alles sal nou nie in die fortuner pas nie en daarom kry wa nou weer gewig..so ek weet met die kullery gaan wa reeds oorgewig wees...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 08:30:48 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Nou ja, basies PRESIES 2 jaar later... 

Ek het nou my eie "weegbrug". Ek sal resultate plaas van fleetline soos ek hom nou het vanaf fabriek, met uitsondering dat ek die movers in het en ander nuwe yskas.

Ek het reeds inligting gekry vanaf AL-KO dat ek direk net 'n as vervanging kan doen op my fleetline en opgradeer na 2000kg as.

Daar is ook klaar spacers van 40mm of 50mm beskikbaar om die karavaan wel te kan lig.

Ek dink nie ek sal sommer 50mm wil lig nie, ek sou skat so 30-35mm is heel genoeg vir wat ek vir doen.

Die foto plasings proses is net vir my hier bietjie frustrerend lank, sou graag direk wou inlaai sonder om eers folder te skep en dan op te laai en dan weer in folder te moet gaan soek..

Sodra ek wel my wa op het sal ek bietjie die resultate rapporteer. 

 

Die "weegbrug" gaan elke wiel individueel weeg, maw ek weet ook dus of die wiele gebalanseer is met gewigd dra of nie, en kan dan volgens dit ook sien wat is totaal op die as. Liewer dit VOOR ek dalk net gestop word, voorsorg is beter op die stadium vir my.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 12:45:01 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4353
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Pieter ek weet die foto laai is nie so maklik as wat dit kan wees nie maar ek gebruik bv die maand en jaar vir die folder as ek die fotos laai. Dit help nogal om die regte klein fototjie te identifiseer met die laai op 'n draad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 13:10:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nou ja, basies PRESIES 2 jaar later... 

Ek het nou my eie "weegbrug". Ek sal resultate plaas van fleetline soos ek hom nou het vanaf fabriek, met uitsondering dat ek die movers in het en ander nuwe yskas.

Ek het reeds inligting gekry vanaf AL-KO dat ek direk net 'n as vervanging kan doen op my fleetline en opgradeer na 2000kg as.

Daar is ook klaar spacers van 40mm of 50mm beskikbaar om die karavaan wel te kan lig.

Ek dink nie ek sal sommer 50mm wil lig nie, ek sou skat so 30-35mm is heel genoeg vir wat ek vir doen.

Die foto plasings proses is net vir my hier bietjie frustrerend lank, sou graag direk wou inlaai sonder om eers folder te skep en dan op te laai en dan weer in folder te moet gaan soek..

Sodra ek wel my wa op het sal ek bietjie die resultate rapporteer. 

 

Die "weegbrug" gaan elke wiel individueel weeg, maw ek weet ook dus of die wiele gebalanseer is met gewigd dra of nie, en kan dan volgens dit ook sien wat is totaal op die as. Liewer dit VOOR ek dalk net gestop word, voorsorg is beter op die stadium vir my.

Pieter Brommer se weegbrug

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 13:12:04 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek het my Fleetline se as geweeg.

 

Linker band is 543kg en regterband is 562kg. Totaal op die as is 1105kg tans....... LEEG..

Die werklike gewig van karavaan is mos meer want daar is nog gewig op die jockey wiel ook. Wat maklik seker 100kg is of dalk meer so tans LEEG is my wa 1205kg minimum sou ek se, maar vir die toepassing wat vir my tans belangrik is, is die gewig op die as wat tans met movers, mover battery ens maar verder leeg, is dit 1105kg.....

Om te meet, is om te weet.

Ek sal ook nou maklik een van die skale onder die jockey kan inskuif om te kyk wat is die gewig op die jockey wiel.... 

VIr my was belangrik om 2 skale te he ten minste..

 

Elke skaal is op spesifikasie ontwerp om 3TON elk te kan lees maar 4TON max vir veiligheid. So ek sal 'n 6TON karavaan tans kan weeg. Was bietjie sterk design (dalk overdesign) maar vir my baie ideaal...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 13:41:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is nie kenner van weeg nie, maar as mens elke wiel en jockey apart weeg.....is daar n formule waarvolgens mens kan werk wat algehele woonwa massa sal verskaf? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 13:44:01 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Interessant die Tarra van karavaan op plaatjie is 1108kg.... Maar ek neem aan daai tarra is die totale gewig van al 3 punte wat die grond raak saam, sonder die movers, sonder die tent ens?

Elkgeval, soos dit tans staan, is ek redelik onder die 1600kg as gewig. Ek sal bietjie die karavaan aan die Fortuner ook haak en kyk of dit ook verskil maak, want dis eintlik waar die groot vraag gaan inkom of ek oorgewig is of nie.

Dan kan ek die Fortuner se voorste "as" massa lees, en hoe dit gebalanseerd is of nie, dan agter as en dan karavaan.. Tel ek alles op het ek my ware GCM..


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 14:06:39 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja dit klink vir my reg. 

Onthou by die weegbrug kyk hulle na die bande se gewigs vermoë per as ook.  So jy moet nie net binne perke van die as wees nie maar dit wat die twee bande per as saam kan dra ook.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 14:26:33 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

My huidige bande wys 950kg elk.... (Dus totaal 1900kg). Dus meer as die as se dra vermoe tans. So ek neem aan ek is soortvan veilig wat bande betref....

En dis presies die rede hoekom ek 2 afsonderlike metings van elke wiel wil he, is om te sien wat dra elke wiel en hoe is karavaan gebalanseerd na ek gepak het. Help nie die een wiel is 950kg en die ander is 400kg, en jy sit met die as onder die gewig vvan 1400kg maar jou band gaan bars nie...

Soos ek koeldranke ens inpak kan jy gewig sien styg..

So ek weet my as dra leeg 1105kg. Baie naby aan gebalanseerd, maar nou as ek klaar gepak het, wat dan.. Dis volgende stap.

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 14:59:38 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Brommer. As ek mag raad gee moet nie oorhaastig wees en alles stap vir stap vat. Ek verstaan as jy benoud raak omdat jy nie meer n bakkie het en soek nou pak plek. 

Wat die bande betref gaan gesels met n handelaar en laat hulle n band soek wat jou rim pas met hoër dra vermoë. Ek glo jy sal reg kom.  

Wat die as betref. Yes jy kan vir n groter as gaan. Daar's wel iets wat my baie bekommer. Ek het nou die dag onder my fleetline in geseil en mooi na sy chassis gekyk. Die helle ding is swak en ek sal wragtig nie eens dink om n towbar agter op te sit. Volgens my sal die hele affêre n ketting reaksie hê. Die hele karavaan se konstruksie is net te swak vir addisionele gewig (GVM). Versterk jy die as gee die raamwerk in met tyd. 

Probeer eers net soos dit is en laai al jou goed in en gaan kamp, kyk hoe gedra jou karavaan hom en besluit jy voor jy n klomp geld spandeer. Die verskaffers sal graag n as aan jou wil verkoop al is dit nie nodig. As jy klaar gelaai het en daar is voldoende spasie tussen die band en wheel arch is jy ok. Begin by n punt toets en ry toets en ry. As jy slim pak kan jy baie in jou Fortuner kry en as die Fortuner se gaai hang oorweeg om air bags in te sit. Dis maklik om met n welder in te spring en versterkings aan te bing maar selfs dit het sy kopsere. As jou as springs het re-tension dit of sit n ekstra blade in. As dit n Rubex as is kan hulle dit ook weer re-tension met nuwe rubbers. 

Sterkte

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 15:30:11 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Brommer. As ek mag raad gee moet nie oorhaastig wees en alles stap vir stap vat. Ek verstaan as jy benoud raak omdat jy nie meer n bakkie het en soek nou pak plek. 

Wat die bande betref gaan gesels met n handelaar en laat hulle n band soek wat jou rim pas met hoër dra vermoë. Ek glo jy sal reg kom.  

Wat die as betref. Yes jy kan vir n groter as gaan. Daar's wel iets wat my baie bekommer. Ek het nou die dag onder my fleetline in geseil en mooi na sy chassis gekyk. Die helle ding is swak en ek sal wragtig nie eens dink om n towbar agter op te sit. Volgens my sal die hele affêre n ketting reaksie hê. Die hele karavaan se konstruksie is net te swak vir addisionele gewig (GVM). Versterk jy die as gee die raamwerk in met tyd. 

Probeer eers net soos dit is en laai al jou goed in en gaan kamp, kyk hoe gedra jou karavaan hom en besluit jy voor jy n klomp geld spandeer. Die verskaffers sal graag n as aan jou wil verkoop al is dit nie nodig. As jy klaar gelaai het en daar is voldoende spasie tussen die band en wheel arch is jy ok. Begin by n punt toets en ry toets en ry. As jy slim pak kan jy baie in jou Fortuner kry en as die Fortuner se gaai hang oorweeg om air bags in te sit. Dis maklik om met n welder in te spring en versterkings aan te bing maar selfs dit het sy kopsere. As jou as springs het re-tension dit of sit n ekstra blade in. As dit n Rubex as is kan hulle dit ook weer re-tension met nuwe rubbers. 

Sterkte

Die Jurgens waens se chassis is baie swak, daarom die gedagte om die versterkings aan te bring.

Om wa te versterk is nie my issue nie, dit doen ons gereeld veral met die offroad waens.

Ek gaan defnitief kyk na sterker as en sal verseker waar nodig, veral voor beter versterkings aanbring, omdat my batterye onder die voorste linker en regter bankie is. Die karavane is maar swak gebou onder, eintlik maar vir net-net pad toestande maar gelukkig is dit iets wat ek self sal kan doen.

Met die 3 kiddies, en hul karstoeltjies, is daar net mooi geen plek in die fortuner vir veel gewig nie, daar is letterlik net plek agter die 6de en 7de sitplek en dis maar al. Laasjaar kon ek nog baie in Fortuner kry, nou, basies niks.

Ek glo maar om te meet is om te weet en dis hoe ek in my werk ook is, mens soek nie kyk en raai nie, mens soek sekerheid en vertroue dat dit wat jy gedoen het is reg en binne die toelaatbare specs.

Ek sal dus ook nie my Fortuner so wil laai dat hy laag agter hang nie. 

Ek dink vir my eie gemoedsrus sal ek eerder alles mooi gebalanseerd wil kry.

 

Wat die bande betref dink ek die 950kg per band dra vermoe is ok, daar is nie baie wat op die normale rim pas wat baie meer sal gee nie. En ek kan sien hoekom van die ander bande so maklik bars, selfs die by die trailer plekke is maar 600-700kg (dan noem hulle dit heavy duty bande)....

 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 23:09:26 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4353
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek sal ook graag wil weet watter 185/80x14C = 850kg, 195/80x14C=950kg bande is beskikbaar wat meer as 950kg kan dra.

Die gewilde bakkie/taxi bande is juis 950kg en hier kyk mens na die Firestone CV2020 en Dunlop Endura en LT3.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2019 @ 07:52:16 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek het die Velocity bande op.. Sover is ek baie tevrede met hul spec... 

Daar staan iets van 950kg @ 5.1 bar (cold)..? Ek reken as jy 950kg op elk plaas moet jy 5.1bar druk???? Klink rof, maar ek sal graag so datavel wil sien van wat eintlik nou voorgestel word. Ek is gewoonlik hier rondom 3bar tot 3.5bar as ek die band gewoonlik so dophou.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2019 @ 21:23:47 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Daardie klink nie reg. Belangrik om altyd te onthou. Regte druk, regte grip. As jy overflate  het jy minder grip want die thread reg in die middel van jou band werk die meeste tot die middel van jou band glad afgewerk is. Dan underflate het die teen oorgestelde uitwerking op die band want net die buitekante van die band se loop vlak werk af. 

Regte band druk is wanneer jou band regoor sy loopvlak gelyk grond vat en vir jou beter grip gee asook n langer leeftyd op jou band.

Google gerus "correct tyre pressure" Die illustrasies verduidelik alles baie goed. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2019 @ 10:13:55 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Soos genoem, ek lees maar op die band... Ek wonder maar oor dit. 

Ek het my expo se bande altyd hier by 270kpa gepomp, maar die fleetline is ek so by 300 tot 350.. Ek stem te hard pomp gaan die bande dalk nie mooi grip nie


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2019 @ 10:31:52 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Dan is daar nog die oer-oue argument wat sê dat hoe minder band-kontak daar is hoe HARDER druk die band op die pad, dus sit hy harder vas. Hoe wyer die band hoe meer word die gewig versprei en hoe ligter druk die band op die pad. Daarom is dit somtyds so dat die 4x4 karre met die Marie Beskuit-bande beter vaar op rotse as die breër bande. Ek is nie gekant teen 'n band wat hard gepomp is nie, as jy op Killarney gaan jaag pomp jy jou band maklik 50% harder as gewoonlik.

Ek neem aan daar is' n balans wat gevolg moet word, .

Formule EEN resieskarre moet nie as voorbeeld gebruik word nie, daai bande is sagter as n marshmallow en die kar se ontwerp doen die afwaartse drukwerk.

Brommer ek het al genoem dat ek air bags vir my Fortuner laat insit het. Dis die beste ding wat ek KON doen. Dis regtig 'n plesier om die Fleetline OF die een ton bos-wa te haak en sien dat die 'Chuner nie en millimeter sak nie. As ek daar in Moremi daai bad news bulte en knoppe slaan ry daai kar so stewig soos 'n rots. Ek laai my 'Chuner ook maar erg, op die dakrak is twee spaarwiele en gaskanne, agter in is twee Engel vrieskaste en ander pakgoed. My 'Chuner se gat was beslis te pap vir wat ek van hom verwag.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2019 @ 11:41:46 am
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 65
Joined: 25 May 2013

Ek het so 'n jaar terug my Fleetlline se as laat oordoen by Trailco in Vereeniging en terselfdertyd die rubbers wat daarin gepers word vervang met rubbers wat 1600 kg kan dra .Ek was daar vertel dat 'n as se dravermoe nie oormatig verhoog moet word nie aangesien dit kan veroorsaak dat die padhou vermoe van die woonwa nadelig beinvloed word.  Die as rubbers is deel van die vering van die wa sowel die buitebande van die wa. As enige van die twee te hard is kan dit seker nadelig wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2019 @ 15:28:26 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4353
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek persoonlik dink die ouer garde het dit so effens verkeerd om te reken die kleiner deel met hard gepomp druk meer op die pad - die nadeel kom dat dit oor 'n kleiner deel is. Dus as die grootste deel op die pad kan vasdruk as jy binne perke korrek gepomp het vir die vrag gee die beste prestasie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required