English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 286
Total Views: 83 149 671
topics: 11 425
replies: 137 567
views: 39 288 993
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Tuis aflewering van kamp tydskrifte

replies: 14
views: 877
03 Jul 2017 @ 20:00:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17146
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Is daar van julle wat ingeteken is op tydskrifte soos Wegsleep en Caravan & outdoor life wat dit laat aflewer by hul pos adres? Hoe is die diens...kry mens dit darem maandeliks of kom hy soms baie laat? Hoe ervaar julle dit? Of is dit maar beter om van die rak af te koop?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2017 @ 20:59:45 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1188
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Ek kry C&OL, WEG, WEGSLEEP en WEGRY maandeliks op my tablet deur MySubs+.   Moet nog uitvind wat gaan gebeur noudat Sleep en Ry een word.

Ek koop nie meer 'n tydskrif nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2017 @ 21:05:50 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Omdat ons ou pensionarisse dikwels reis het ek alle intekening op tydskrifte gestaak. Ek koop hulle nou van die rak af waar ek ookal is. Dit het net te veel gebeur dat hulle in my posbus le terwyl ek weg is en dan koop ek in elk geval een van die rak af.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2017 @ 00:33:28 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Geert ek het nog nooit 'n elke een nie betyds gekry nie - ek maak gebruik van my posbus en nie 'n straatadres nie - dit is nou uitgesonder so paar jaar trug met die groot poskantoor staking toe  mens tot 4 maande trug se pos gekry het en baie pos nooit gekry het nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2017 @ 07:10:03 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1058
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years
Kry myne op my tablet. Werk goed, behalwe as ek erens is waar daar nie diens is nie!
Heelwat goedkoper, en jy het nie 'n klomp ou tydskrifte wat in die huis rondle nie. (Jammer - weet nie hoe om 'n kappie op die "e" te tik nie!)
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2017 @ 08:19:29 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Ek het jare terug ingeskryf vir tydskrifte wat afgelewer word na die posbus adres.
Wat ek gevind het is dat party maande was die tydskrif in die posbus voor dit op die winkel rakke was en baie keer was dit al te koop in die winkels voor ek myne gekry het. Het toe maar gestop met die aflewerings diens en koop in die winkels as die tydskrifte uit is, werk beter vir my.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2017 @ 08:26:29 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 313
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years
C/Outdoor en W/Sleep word by die huis afgelewer. Dit is altyd daar voor dit in die winkels beskikbaar is, so ek het geen klagtes nie. Die W/Sleep word outomaties oorgeskakel na die nuwe tydskrif vir die oorblywende intekenings periode.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2017 @ 09:01:57 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Ek kry al jare 4 tydskrifte by die huis afgelewer.
Indien een nie opdaag nie, wat net gebeur het met poskantoor stakings, het hul dadelik met koreer diens een aangestuur.
Die wat ek kry kom verskillende tye van die maand, so ek het altyd iets om te lees.
Met beplannings het ek die tydskrifte vir navorsing beskikbaar...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2017 @ 09:57:08 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 313
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years
My tydskrifte word nie deur die poskantoor afgelewer nie, maar deur die persoon wat koerante aflewer. Dit verduidelik dalk die stiptelikheid.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2017 @ 14:32:37 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek koop maar van die rak af. Het nog nooit ingeteken vir so aflewerings nie.

My bloed sal onnodig kook as ek vir iets betaal het en dit word nie gelewer nie. So nou bly ek eerder weg.

Die wat op beide die WegRY en WegSleep ingeteken het. Gaan hulle jou kompenseer vir die een tydskrif wat jy nou nie gaan kry nie. Kom ons sê jy het 4 maande oor met die tydskrif gaan volgende 12maande se inteken gekrediteer word met die 4 maande.

Ek glo dit sal gedoen word, het iemand al sulke terugvoer gekry van hulle af? ? ?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2017 @ 15:29:43 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4656
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ek koop van die rak af Geert dan is ek verseker ek het hom
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2020 @ 21:02:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17146
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Almal kan die April uitgawe van Caravan and outdoor life  of Kamp en Karavaan gratis aflaai

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 08:33:54 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1236
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Vir R99 per maand, lees ek my koerant (Die Burger) elke dag - Maandae tot Saterdae. Sondae kry ek my Rapport in die bed (op my selfoon). Ek lees Weg, WegSleep & Ry, Landbouweekblad, Finweek - en het ook toegang tot alle ander Media24 tydskrifte en koerante. Ma geniet haar Sarie en soms selfs Huisgenoot.

Ek reken Netwerk24 is 'n absolute "bargain".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2020 @ 17:25:47 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ons is gelukkig. Die werk laat ons nou toe om deur "Pressreader" al on gunsteling tydskrifte te lees. Nationaal en internationaal. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2020 @ 17:30:48 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ons is gelukkig. Die werk laat ons nou toe om deur "Pressreader" al ons gunsteling tydskrifte te lees. Nationaal en internationaal. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za