English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 291
Total Views: 83 149 841
topics: 11 425
replies: 137 567
views: 39 289 057
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Beware of scam

replies: 25
views: 1241
20 Jun 2017 @ 10:22:11 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

This subject is not related to caravanning, but I think it is of interest to us all. 

Yesterday I got a call from a lady claiming to be from my medical aid scheme who said she was assigned as my personal adviser or something to that effect.  She told me the call is being recorded for security reasons.  She asked me to identify myself and I gave my birth date.  She then wanted to have further information, I got a bit uncomfortable and insisted that she prove her own identity as to me she was just an unknown voice on the telephone.  She offered no way to do this and I ended the call.  My medical aid scheme did not inform me of any such service.  I sent an email to them and have just received a reply stating that they could not trace any such call on their system and apparently also is unaware of such a service being offered.  So I think I was right in being cautious.

During the last week I received three dfferent emails from apparently three different organisation, inter alia from the British Fraud Intelligence Agency telling me to arrange payment with the bank mention in the attachment.  Another offered my the opportunity of quoting for a tender at an investment agency.  They allthree had a telkomsa.net address- even the British one!  What I do if I am not 100% certain of the sender: I delete without delay.

Therefore, be extra cautious!  Inform your service provider if you receive such email (support@telkomsa.net in telkom's case) and request them to investigate and cancel the account of found to be scam or phising.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2017 @ 11:40:37 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
The "please quote on a tender" is now a common scam (and yes almost all have a telkomsa.net address!). So are most so-called fraud or reserve bank or SARS related just confirm who you are emails. Interesting most share a common thread by using poor English and most do not have an email address that links to the organization in question (got recently a few from supposedly Standard Bank asking me to verify my particulars else my account/s will be closed...one problem though I don't bank with them and secondly banks tend to address you by name not just "Dear Client" and never will ask you to anything like that...Oh yes the emial was sent using a yahoo.com address!). Scary thing is how many people are still caught out by these scams
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2017 @ 16:09:52 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years
Fred die afgelope paar dae kry ek ook meer scam mails as vroeer maar kry wel elke week. Nie van i telkom adres nie. Die laaste paar dae kry ek herhaaldelik van HSBC bank vir i betaling. Ek kry ook die tender ding en die laaste was van kwansuis Anglo Platinum. Ek het dit na hulle korrekte epos gestr en so maak ek ook met al die Standard Bank scams. Niemand steur hulle egter daaraan of antwoord om headers aan te vra om wel die sake te ondersoek. Dis die tyd waarin ons leef.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2017 @ 16:57:56 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja Danie en Jorg, dis ongelooflik hoe baie van die gemors aan jou gestuur word.  As 'n mens enigsins twyfel oor die egtheid van 'n e-pos, doen 'n soektog op internet op die naam van die sogenaamde afsender of sy epos adres. Ek het al met albei bevestiging gekry dat dit bekende scams is.  Daar moet seker mense wees wat hiervoor val, anders sal hulle nie daarmee volhou nie.

Een wat ek nogal geniet, is die een van Windows waar 'n persoon met 'n Indiese aksent jou probeer oortuig dat Microsoft baie bekommerd is oor die groot aantal virusse op jou rekenaar.  Ek het so 'n paar jaar gelede seker 40 sulke oproepe gekry en onlangs weer 'n paar.  Hulle databasis is duidelik nie baie goed nie.  Ek probeer die ouens so lank as moontlik op die lyn hou, net om hulle te irriteer.  Ons het al lang gesprekke gehad oor watter van my (sogenaamde) meerdere rekenaars hulle van praat.  Ek het ook hulle al aan die neus gelei tot op die stadium dat ek 'n remote control program op my rekenaar moes laai.  Dan begin ek kwansuis twyfel, en jy moet hoor hoe probeer hulle my oortuig dat ek niks te vrese het nie- hulle het my mos so te sê aan die lyn en 'n bietjie verdere oorreding gaan sukses bring!  'n Gewese kollega van my noem dit om 'n pampoen in die ou se h*l op te rol.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2017 @ 18:03:00 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Fred ek hoor wat jy se oor die Microsoft oproepe. Wel ek kan jou se ek kry hulle al baie jare lank en seker so 3 maande trug het ek weer so oproep gekry. Hulle begin met " I want to speak to the owner of the PC" Ek hou my maar dom en laat hulle ook aanhou. Het nog nooit sover gegaan as om 'n "remote program" te moet aflaai nie.

Hulle gee gewoonlik op en sit die foon neer sonder om baie ernstig te probeer om toegang te kry.

Hier is die nuutste een wat vandag ingekom het met 'n doxc file. Die ontvangers v d eposse se adresse word gewoonlik nie gewys nie.

Van: Fedex Deliverey         Die domain is ????.com.tw

We have an International Cashier Bank Draft/Cheque in our office.Kindly Open attachment for more details.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2017 @ 11:49:09 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Hul vang nog baie mense...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2017 @ 19:56:51 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4656
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ek het op n stadium 5 Mil pont gewen eish my bank bestuurder se ek droom
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2017 @ 14:51:05 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9552
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jip. Dit maak n mens lelik praat met die een aan die ander kant.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 06:54:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

n Ou by wie ek gister gewerk het vertel dat hy reageer het op n Namibia toer waar hulle 20x mense gesiek het om saam te toer vur n heel billike prys. Jy moes betalings doen om jou plek te bespreek. Hy sê dit was omtrent 10dae voor  vertrek waar hulle eers agterkom daar bestaan nie eers so n toer nie.  Hy sê hy kon dit nie glo nie....hy het n paar keer met die dame oor die foon gesels wat deel was van die "toer operateurs" . ...sy was vriendelik en het uit haar pad gegaan om jou vrae te beantwoord. Wys jou net.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 09:52:10 am
CaravanParks.com
Administrator
88% Profile Strength
Posts: 2806
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 47 years

Thanks for this topic.  This is a very big issue in 3rd world countries.

We recently received an email asking us to update our account details.  We noticed that the actual website address was nothing to do with the company as mentioned... 

This is known as a Phishing scam.

"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 10:40:12 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Sjoe ek kry elke liewe dag phishing eposse. Ek het een gekry kwansuis van Std bank en ek kon nog elke keer 'n spelfout of iewers 'n epos adres kry wat mens kan optel dit is nie van Std bank af nie. Hierdie een spesifieke epos was perfek in alle opsigte behalwe natuurlik die link wat jy moet kliek.

Ek kry ook baie eposse wat aandui dat my internet gestop gaan word as ek nie iets verander via die link nie. So ook die nuutste is jy moet nuwe T&C's aanvaar vir voortgesette dienste.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 12:48:57 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die interessantstes is die wat van 'n "groot internasionale organisasie""af kom, maar dan het hulle 'n gratis eposadres soos GMail.  Die afsender is baie dom, of sommige ontvangers is baie dam.  Wonder of daar wel mense is wat daarvoor val.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 12:57:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Sjoe ek kry elke liewe dag phishing eposse. Ek het een gekry kwansuis van Std bank en ek kon nog elke keer 'n spelfout of iewers 'n epos adres kry wat mens kan optel dit is nie van Std bank af nie. Hierdie een spesifieke epos was perfek in alle opsigte behalwe natuurlik die link wat jy moet kliek.

Ek kry ook baie eposse wat aandui dat my internet gestop gaan word as ek nie iets verander via die link nie. So ook die nuutste is jy moet nuwe T&C's aanvaar vir voortgesette dienste.

Shoe as mense net die tyd en geld wat hulle met "schams" gebruik op 'n eerbare manier aanwend was hulle seker al lankal skat ryk.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 05:27:16 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1675
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Ek dink daar is mense wat vir die goed val, anders sou hulle al lankal gestop het.

Die ongeskuste en agrogantse mense wat jou bel,is die "effete beurs" mense.  As jy nie belangstel nie vloek of raak hulle vieslik met jou. Hulle vat nie nee vir n antwoord nie.

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 06:16:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink daar is mense wat vir die goed val, anders sou hulle al lankal gestop het.

Die ongeskuste en agrogantse mense wat jou bel,is die "effete beurs" mense.  As jy nie belangstel nie vloek of raak hulle vieslik met jou. Hulle vat nie nee vir n antwoord nie.

Ek sê net dankie ek het reeds mense wat dit namens my hanteer en eindig die oproep.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 07:32:43 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek raak bietjie ongelukkig as mense my skakel en dan vra wie ek is of ook is ek XXX.  As ek aan iemand se voordeur klop, sal ek tog myself voorstel en dan my saak stel.  Ek sal nie vir die ou vra wie hy is nie!  Nou doen mense dit as hulle my bel.  Dan is ek sommer dadelik omgekrap en ek sê vir die persoon dat dit my privaat telefoon is waarvoor ek betaal en dit is nie bedoel vir advertensies of bemarking nie en beïndig summier die gesprek.  As ek iets wil koop, sal ek self 'n verskaffer soek.  Die kans dat 'n persoon toevallig my sal skakel en iets aanbied wat ek soek, is maar baie skraal.  Ek is byvoorbeeld nie in die mark vir tyddeel nie, maar die mense bel my gereeld en bied 'n gratis naweek aan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 07:45:58 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Also been getting quite a few of these emails, especially from banks, so I forward them on to the companies concerned saying that I suspect a scam.

Here are a few email addresses that I forward to:-

ABSA bank: secmon@absa.co.za

Nedbank: phishing@nedbank .co.za

Standard: phishing@standardbank.co.za

Mweb: abuse@mweb.com

They all respond to my reports and they have all been scams so far.

They do appreciate our reporting to them as they are continually shutting these sites down.

 

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2019 @ 15:21:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

😢

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2019 @ 15:56:26 pm
Cabs
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 274
Joined: 03 Jul 2013
Experience: 7 years

Catch me once shame of you, catch me twice shame on me. 

I was almost caught in a scam. Joh, always trust your gut feel!!

This is me, I am who I am!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Nov 2019 @ 11:32:49 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4818
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Terwyl ek inligting soek aangaande die sogenaamde X One foon wat deur Johan Schutte ontwerp en bemark word kom ek op hierdie manier van scam af wat op die BBC se webblad geplaas is. Ook is daar verwysings van mense wat GOU hul fone gekry het nadat dit bestel is.

Ek het nog nie gehoor dat dit sy kop uitgesteek het in SA nie. Wie eet - dis dalk nog op pad.

LINK TO WARNING

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Nov 2019 @ 14:15:28 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3314
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis amper soos 'n rekenaarspeletjie.  Jy moet vorentoe beweeg maar oral is daar gevare wat jy moet identifiseer en vermy.  Die beste is maar om sinies te wees en enigiets wat net effens snaaks lyk, te bevraagteken. 

Vir my gee dit gereeld 'n gevoel van tevredenheid as ek weer 'n nuwe triek erken het en nie daarvoor geval het nie.  Ongelukkig is daar mense wat wel daarvoor val en baie daardeur verloor en op geen manier hulle verliese gaan verhaal nie. .  Die belangrikste is steeds om nie te glo die fairies gaan jou sommer so uit die vars lig iets gee wat jy nie verdien nie. 

Dit is soms maar gulsigheid en 'n effense oneerlike geaardheid wat mense vir die dinge laat val.  Mense wat dink iemand het 'n fout gemaak en hulle gaan onverdiend iets verniet kry en daarmee wegkom.  So 'n ou kry miskien maar wat hy verdien.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Nov 2019 @ 21:47:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov 2019 @ 18:19:42 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Geert dit wil my voorkom Toyota is nou so in aanvraag hulle is selfs bereid om hom met n Low Bed te kom haal as hulle net een kan kry........LOL.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Nov 2019 @ 20:07:27 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 391
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Every day a new scam, we have had quite a few, some even mentioning friends names which they pick up off of social media.......

Don't trust any incoming calls unless from friends or family, and then check if not sure.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2020 @ 20:57:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17147
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis seker algemene nuus om niks te betaal nie alvorens jy die item onder eie oë gesien het nie, maar tog val daar altyd weer iemand daarvoor. Elders is daar weer gewaarsku van mense wat hul karavaan of duur kamp toerusting goedkoop verkoop. Jy kan natuurlik nie nou gaan kyk nie....eers na die 16de, maar die verkoper noem dat hy dringend geld nodig het om deur hierdie onbetaalde tyd deur te kom. Weens die "groot winskoop" val die mense daarvoor en betaal. Een ou wou met verkoper bevestig of hy betaling ontvang het....nommer reeds onbekend en weg met die geld

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2020 @ 18:48:11 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Dis reg wees versigtig op enige tydstip. n Kollega van my het n advertensie gesein van iemand wat NL kamp yskas met al die mandjies en NL battery stelsel ens. met baie mooi fotos teen n groot bargain verkoop.

Toe hy bel word daar gese daar is ander offers gemaak om die goed te hou. Maar die een wat eerste betaal kry die goed. Die man was van Bloemfontein en my kollega kon natuurlik nie dadelik 400km gery het om na die goed te kyk nie.  Die man het ook gese dat hy het n courier besigheid besit en kan as my kollega betaal die goed op een van sy trokke sit vir aflewering na JHB, verniet. 

Ek stel toe voor dat my kollega ons kantoor in Bloemfontein bel en vir iemand daar vra om te gaan kyk na die goed. Toe my kollega die man bel en dit voorstel en vra vir die adres het die man gese hy sal die adres SMS. My kollega het natuurlik nie weer van die man gehoor nie. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za