English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 779
Total Replies: 222 695
Total Views: 82 043 732
topics: 68
replies: 1 066
views: 23 443
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Jurgens Exclusive Diens

replies: 7
views: 164
18 Jun 2019 @ 16:27:50 pm
Piet Husky
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 25 Feb 2016
Experience: 10 years

Middag almal,

Hoop die wat nog kamp in die koue geniet dit,

Die naweek gestaan by Bosveld Oase maar dit was aan die koue kant gewees,

Graag verneem ek van julle wat die Jurgens Exclusive modelle besit waar julle laat diens,

Daar is soveel "chancers" daar buite en ek wil nie graag my baba by enige Jan Rap laat staan nie wat nog van diens nie,

Ek het die naweek na afpak haar gewas en gemerk my sealer/silkafix op die naat agter teen die badkamer moet weer geseel word en wil dit graag doen met die diens,

Graag verneem ek van julle,

Kamp groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 16:38:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Pieter....ek weet hoe jy voel, ek self sal ook nie my wa by onbekende wil los nie. Ek sal voorstel om n betroubare tegnikus te kry wat jou wa by die huis diens. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 16:47:07 pm
Piet Husky
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 25 Feb 2016
Experience: 10 years

Dis nes jy daar se,

Die wa was nuut gekoop in 2011 en het nie n krap merkie op nie, was my oorlede skoonpa se wa en ons het haar uit die boedel gekoop na sy dood,

So ek is nog ekstra erg oor die wa, daar was nog nooit in die wa gestort nie of kos gemaak nie of toilet gebruik nie, of gerook nie,

Ons het die vol tent vir die eerstekeer opgeslaan drie weke terug,

As daar betroubare manne is wat julle van weet hoor ek graag van julle,

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 07:02:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Pieter as dit by die herseël van 'n karavaan kom doen ek dit of self of vat die wa na  Brits Karavane toe.  Hulle is die enigste mense wat wat ek sal voorstel want ek het self gesien hoe doen hulle dit en wat was die eind resultaat op 'n maat van my se Karavaan.

Dis waar ek geleer het om dit te doen en hulle manier van werk beteken die joppie word deeglik gedoen.

Dan op 'n ligter nood ek verstaan die nie kos maak in die karavaan en die nie rook in die karavaan maar as jy eers eenkeer daai stort veral in die winter gebruik het en dan dadelik in die bed geklim het gaan jy dit weer doen.  As ma eers eenkeer in die aand die toilet gebruik het sonder om ablusie toe te loop gaan sy dit weer doen.

Mens se natuur is om water en die karavaan so vêr as moontlik uitmekaar te hou maar as jy kyk na die seël werk soos wat jy maak en beplan gaan daai wa jou jare se diens gee.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 12:42:22 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5560
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek ondervind nou 'n probleem met my water pomp.  Hy het so aan/af begin om water te pomp terwyl die pomp heeltyd loop.  Ek vermoet iets aan die pomp se inlaat wat die water keer.

Sal maar volgende week as ek terug is moet oop maak en kyk.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 18:19:21 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Willem het jy 'n hoe druk pomp?

Indien wel is die kaanse goed dat daar alge en vuiligheid in die glassie filter by die pomp se inlaat is.

Hy trek baie maklik uit.  Het myne skoongemaak by Eiland spa. Dis nou as hy soos myne lyk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 20:07:02 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5560
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Leon

Nee, ek het nog die gewone pomp waarmee hy uit gekom het.

Ek het hom vandag los gemaak want ek het gedink daar is iets in die suig kant maar daar was niks gewees nie.  Het die pomp in 'n bak water gesit en hy pomp 'n bars hou.

Nou gaan ek 'n "T" stuk insit na die "non-return valve" sodat ek hom kan bloei sou iemand die tenk leeg gepomp het.

As dit nie help nie gaan ek 'n tenk buite sit met 'n gewone "float-level valve".  Kurt het destyds vir my een gestuur.  Dan gaan ek die pompie net daar in sit en ek kan sien of hy skoon is want Jaco het my twee filters wat ek ingesit het uit gehaal.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2019 @ 20:52:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis chapperig.  Ek wil net 'n voorstel maak om die t-stuk tussen die non-return valve en die pomp in te sit.  Dit sal keer dat die water in die geyser nie dreineer nie as die pomp nie in werking is nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First