English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 779
Total Replies: 222 696
Total Views: 82 043 778
topics: 68
replies: 1 066
views: 23 449
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Jockey wiel = HELP!!!!!!

replies: 76
views: 840
page 1 of 2
17 Jun 2019 @ 13:29:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is raadop. Ek het einde Maart / begin April my jockey wiel vir die 3de keer vervang. Hy het lekker geloop tot vanoggend. Die wiel self is nie die probleem nie...hy draai. Dis die jockey self wat nie in die regte rigting wil "swivel " as ek met die wa draai nie....met die gevolg dat die wiel skuins oor die paving skuur tydens draai. Duidelik doen ek iets verkeerd, want dis abnormaal om so baie keer jockey te vervang. Wat dink julle doen ek verkeerd? (Werk met movers)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 13:44:01 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1631
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek aanvaar dat jy hom behoorlik ge-olie en gegries het. Is daar nie miskien te veel gewig op sy voorkant plaas as jy hom wil beweeg nie. Jou wa is tog nie so uitermatig swasr nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 13:49:23 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Druk die wiel nie teen die onderstel vas nie?  Lig net die neus op dat dit vrylik kan draai.

Indien dit nie die geval is nie, moet jy die hele wielstut afhaal en nagaan dat dit maklik "swivel".

Daai wiele hou jare. Net Satetdag vir die eerste keer myne vervang op 2005 Penta.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 14:14:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek aanvaar dat jy hom behoorlik ge-olie en gegries het. Is daar nie miskien te veel gewig op sy voorkant plaas as jy hom wil beweeg nie. Jou wa is tog nie so uitermatig swasr nie.

Ek het hom net so opgesit soos ek hom gekoop het....daar was ghries op, maar ek het nie extra olie of gries bygesit nie. My neus is ook nie oorlaai nie....Maart maand het ek ook dieselfde probleem ondervind ek moes toe die wa optel sodat my seun die jockey wiel met n hammer in die regte rigting kon moker...met ander woorde hy kan nie te swaar wees nie, want ek kan net n X hoeveelheid gewig optel wat heelwat minder sal wees as maksimum toelaatbaar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 14:20:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Druk die wiel nie teen die onderstel vas nie?  Lig net die neus op dat dit vrylik kan draai.

Indien dit nie die geval is nie, moet jy die hele wielstut afhaal en nagaan dat dit maklik "swivel".

Daai wiele hou jare. Net Satetdag vir die eerste keer myne vervang op 2005 Penta.

Ek het spesifiek daarvoor opgelet dat hy nie teen A-raam druk nie. Die wiel swivel soms so moeilik....as hy reguit is en jy wil 90* draai maak, dan gly die movers op die bande omdat wiel nie swivel nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 14:23:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het PowrTouch....as ek draai druk ek 2 knoppies....sodat 1x wiel vorentoe loop en ander 1x agtertoe. Is dit die regte manier?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 14:50:14 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 167
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 46 years

Geert die wiele draai onafhanklik die een sonder die ander ja jy kan so draai met die movers

Voorstel beweeg jou wa totdat die jocky haak doen dan goeie inspeksie indien jy niks sien nie vervang dan die kompleet wiel kombinasie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 14:56:12 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het PowrTouch....as ek draai druk ek 2 knoppies....sodat 1x wiel vorentoe loop en ander 1x agtertoe. Is dit die regte manier?

Die manier wat jy jou mover gebruik behoort nie die jockey wiel in SO 'n mate te beinvloed  nie.

Al waaraan ek kan dink is die manier waarop jou jockey vas gemaak is.

VRAAG

Is daar 'n los staal blokkie tussen die klamp moer en die pyp van die jockey wat op en af in die A raam verstel word.  Ek vermoed die is nie daar nie en nou draai jy die klamp moer vas om die jockey op sy regte hoogte te hou.  As jy die jockey wiel verwyder sal jy sien daar is so vierkantige uitsnyding op die punt van die klamp moer.  Die staal blokkie pas daar in.

GEVOLG

Die klamp moer alleen sal die jockey se pyp induik en die op sy beurt sal teen die binneste pyp van die vurk druk en so keer dat hy maklik draai.

RAAD

Met die staal blokkie tussen die jockey se buite pyp en die klamp moer is die druk van die klamp moer versprei oor grooter oppervlak.  So hou hy makliker vass en duik nie die jockey se pyp in nie.

Sorry dis al wat ek kan dink fout is. Want daai nuwe jockey wat jy gekoop het is beter as die gewone Jurgens produkte

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:02:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert die wiele draai onafhanklik die een sonder die ander ja jy kan so draai met die movers

Voorstel beweeg jou wa totdat die jocky haak doen dan goeie inspeksie indien jy niks sien nie vervang dan die kompleet wiel kombinasie

Dankie Japie. Die ding is ek het hom baie onlangs vervang....sedert laaste kompleet vervanging het ek pas 3x weggegaan en probleem is weer daar. Dis hoekom ek dink ek doen iets verkeerd

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:12:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die manier wat jy jou mover gebruik behoort nie die jockey wiel in SO 'n mate te beinvloed  nie.

Al waaraan ek kan dink is die manier waarop jou jockey vas gemaak is.

VRAAG

Is daar 'n los staal blokkie tussen die klamp moer en die pyp van die jockey wat op en af in die A raam verstel word.  Ek vermoed die is nie daar nie en nou draai jy die klamp moer vas om die jockey op sy regte hoogte te hou.  As jy die jockey wiel verwyder sal jy sien daar is so vierkantige uitsnyding op die punt van die klamp moer.  Die staal blokkie pas daar in.

GEVOLG

Die klamp moer alleen sal die jockey se pyp induik en die op sy beurt sal teen die binneste pyp van die vurk druk en so keer dat hy maklik draai.

RAAD

Met die staal blokkie tussen die jockey se buite pyp en die klamp moer is die druk van die klamp moer versprei oor grooter oppervlak.  So hou hy makliker vass en duik nie die jockey se pyp in nie.

Sorry dis al wat ek kan dink fout is. Want daai nuwe jockey wat jy gekoop het is beter as die gewone Jurgens produkte

Dankie Leon....ek het ook oorspronklik so iets vermoed. Die vorige jockey wiel het ook nie lank gehou nie.  Hy het ook dieselfde gemaak.....wou nie swivel nie. Toe ek vervang het vorige keer was die blokkie daar en ek het gekyk dat hy weer daar is met nuwe jockey. Die ou jockey het ook nie merke opgehad dat hy kon wys dat hy ingeduik was nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:17:32 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel dan draai jy daai klamp moer so vas dat hy die binne pyp van die jockey ook vas hou.  Of daar is fout met die op en af skroef draad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:22:26 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wel dan draai jy daai klamp moer so vas dat hy die binne pyp van die jockey ook vas hou.  Of daar is fout met die op en af skroef draad.

Ek weet ek draai hom baie styf vas....dink jy mens kan hom so styf draai dat hy pyp kan misvorm? Dit gaan seker ook nie nou help om losser te maak nie....skade seker reeds daar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:29:13 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel ek weet nie Geert.  As daai jockey reg werk as hy buite  die A-raam is kan dit net so iets wees.

Ek het ook met laaste kamp by Bush 'n Buck die jockey so vas gedraai dat ek hom met baksteen moes los kap op die plot.

MALLIGHEID aan my kant as jy my vrae.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:41:50 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1807
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Geert ek verstaan jou frustasie. Ek sit met presies dieselfde probleem en dit is net vandat ek movers gebruik. Ek gaan deur Jockeys erger as treine deur Parkstasie.  Ek het selfs al die  Elegance se 3 wiel Jockey opgesit. Hy het na die 3de gebruik dieselfde gedoen. n Vriend wys my dat die movers so sterk is dat as die Jockey moet draai en daar is n hindernis dan buig hy die BUITENSTE pyp van die jockey stang en dan wil die Jockey nie meer draai nie. Ek sal so dankbaar wees as iemand hier met n oplossing kom. Ek glo ook ek is dom maar se dan asseblief net vir my watse pille ek moet gebruik daarvoor, en ek sal ewig dankbaar wees.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:54:21 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Geert ek verstaan jou frustasie. Ek sit met presies dieselfde probleem en dit is net vandat ek movers gebruik. Ek gaan deur Jockeys erger as treine deur Parkstasie.  Ek het selfs al die  Elegance se 3 wiel Jockey opgesit. Hy het na die 3de gebruik dieselfde gedoen. n Vriend wys my dat die movers so sterk is dat as die Jockey moet draai en daar is n hindernis dan buig hy die BUITENSTE pyp van die jockey stang en dan wil die Jockey nie meer draai nie. Ek sal so dankbaar wees as iemand hier met n oplossing kom. Ek glo ook ek is dom maar se dan asseblief net vir my watse pille ek moet gebruik daarvoor, en ek sal ewig dankbaar wees.

Ek hoor wat julle se.

Die movers is sterk, maar dan ek gebruik my movers op karavane sedert 2010 as ek reg onthou. Ek het nog nooit die probleem gehad nie.  Nie op die Penta, wat swaar gelaai was op die neus nie.  Ook nie die Classique nie.  Het net die jockey op die Maia vervang want die oorspronklike een was  baie kort.

Die jockey carrier het ek ontwikkel weens die feit dat die jockey wiel met of sonder mover altyd maar swaar kry.  Die verskil is met die mover staan jy weg en sien dit.  Sonder mover stoot jy die wa en let dit net nie op nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:59:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis hoekom ek sê ek voel dis iets wat ek verkeerd doen, want ander mense se wiele hou jare. Ek moet net uitvind wat ek verkeerd doen....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 16:05:35 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat ek wel doen sonder voorbedagte rade is ek stel die jockey meestal so dat hy nie baie uitgedraai is as ek die wa rond beweeg nie. 

  • Wa loop gelyk (Level)
  • Jockey wiel seker so 3 draaie uit gedraai net om te verhoed dat buite pyp nie op  'n stadium op vurk druk nie.

So my jockeywiel is NOOIT baie uitgedraai as ek die wa verder as 'n meter moet beweeg nie.  Hetsy  dit met mover of met die hand is nie.

Dis maar wat ek doen en hoe ek werk

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 16:07:14 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3535
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Geert, sit die steadies af, lig die jockeywiel verskillende hoogtes van die grond en maak vas. Kyk of die wiel maklik rondswaai.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 16:11:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wat ek wel doen sonder voorbedagte rade is ek stel die jockey meestal so dat hy nie baie uitgedraai is as ek die wa rond beweeg nie. 

  • Wa loop gelyk (Level)
  • Jockey wiel seker so 3 draaie uit gedraai net om te verhoed dat buite pyp nie op  'n stadium op vurk druk nie.

So my jockeywiel is NOOIT baie uitgedraai as ek die wa verder as 'n meter moet beweeg nie.  Hetsy  dit met mover of met die hand is nie.

Dis maar wat ek doen en hoe ek werk

Myne is so 5-8cm....is dit dalk te veel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 16:13:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert, sit die steadies af, lig die jockeywiel verskillende hoogtes van die grond en maak vas. Kyk of die wiel maklik rondswaai.

Sal dit bietjie probeer!👍

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 16:41:31 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Myne is so 5-8cm....is dit dalk te veel?

Ek kan nie met sekerheid se dis te veel nie.

Die enigste weerstand op die jockey is

  • Die gewig daarop
  • Die oppervlak waarop dit loop.

Maak nie saak of jy hom met die hand stoot of met movers nie

Sou die jockey baie hoog loop maw baie uitgedraai is die kanse om te buig onder gewone weerstand dalk bietjie makliker.

Sal dit bietjie probeer!👍

As hy dan vashaak vat hom terug as niks gebuig is nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 17:20:45 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7183
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Wat ek wel doen sonder voorbedagte rade is ek stel die jockey meestal so dat hy nie baie uitgedraai is as ek die wa rond beweeg nie. 

  • Wa loop gelyk (Level)
  • Jockey wiel seker so 3 draaie uit gedraai net om te verhoed dat buite pyp nie op  'n stadium op vurk druk nie.

So my jockeywiel is NOOIT baie uitgedraai as ek die wa verder as 'n meter moet beweeg nie.  Hetsy  dit met mover of met die hand is nie.

Dis maar wat ek doen en hoe ek werk

Werk myne op die explorer ook so. 

Geen foute. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 21:29:33 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3960
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek persoonlik het sonder movers gesien dat 'n nuwe jockeywiele nie maklik kante toe wil swaai nie. Dit na ek 'n nuwe gekoop het. Wat ek wel kon sien as 'n verskil en dit is dalk 'n rede.  Die nuwe jockeywiele loop amper heeltemal sywaarts v d pyp af. Die ouer vurke volgens my is skuins na onder vas gesweis. As ek daaraan dink dan behoort die nuwe meer sywaartse vurk dalk makliker te swaai en nie moeiliker.

Leon jy het 'n punt beet met die plat gevormde yster maar soos Geert genoem het is daar nie duike in die buitenste pyp nie. Die pyp sal ook omtrent 8mm moet indruk voor dit by die wurm kan uitkom om dit te keer om te swaai.

Geert omdat jy al so baie jockeys "verloor" het sou ek stadiger draai. Dws mens los die 1 knoppie so paar keer sodra jy begin beweeg en draai. Los die knoppie dan meer voor jy die 1 agteruit en die ander vorentoe laat draai. Dit net 'n voorstel en onthou dit kom van iemand wat nie movers op die wiele gebruik nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 22:06:18 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1373
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Geert. Ongeag of jy n mover of die hand rond stoot moet daardie wiel kan swivel in die rigting waarna jy hom beweeg. Dit is hoe n jockey wiel se ontwerp is. 

Vraag wat ek wil vra. Koop jy die Jockey wiele by die selfde plek ?

Klink baie meer soos n ontwerpers probleem op die jockey wiel.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 00:25:49 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3960
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek wil net 'n korreksie doen. Dit draai rondom my sin oor die 8mm duik. Selfs as die duik baie minder is sal die binne pyp nie wil draai nie. Ek het net aan die wurm gedink wat binne in die dunner pyp is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 06:58:07 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert. Ongeag of jy n mover of die hand rond stoot moet daardie wiel kan swivel in die rigting waarna jy hom beweeg. Dit is hoe n jockey wiel se ontwerp is. 

Vraag wat ek wil vra. Koop jy die Jockey wiele by die selfde plek ?

Klink baie meer soos n ontwerpers probleem op die jockey wiel.

Vorige een was n Alko produk en huidige een is Roadque. Roadque sin het wel n dikker wand dikte. Beide dink ek is goeie jockey wiele en behoort die werk reg te doen....ek vermoed daar is n ander faktor wat skade veroorsaak.

Daar is wel n verskil op die stres wat mens op jockey plaas tussen met hand stoot en met movers gebruik. Hoekom weet ek nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 07:13:38 am
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years

Maak seker dat die jockey 'n hele paar draaie uitgedraai is. As hy heeltemal ingedraai is kan hy net in een rigting swivel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 07:32:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die krag vir arguments onthalwe 10Nm wat gebruik word om karavaan oor 'n seker oppervlak te skuif teen 10cm/sek is dieselfde of dit met die hand gedoen word of met die mover.

Dis maar hoe ek oor die jare geleer het.  Die werk verrigting om by die sogenaamde 10Nm uit te kom  sal verskil afhangende van die metode wat gebruik word.

Ek is nie 'n pro op die goed nie maar het darem wetenskap op skool gehad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 07:40:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Help my maar reg.  Ek leer graag.....................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 10:04:08 am
Not Me
Bronze Member
48% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 19 Nov 2018

Jy kan probeer kyk op watter hoogte die jockey wiel "waterpas" regop staan. Sit 'n waterpas teen die pyp en kyk wanneer die vetikale bubble gesenter is.

Onthou soos jy die ding op en af "jack"  verander die hoek waarteen die jockey loop, so as hy die pyp nie presies vertikaal is nie moet hy die wa oplig soos die wiel roteer.

As jy die regte hoogte gekry het, stel hom dan altyd op daai hoogte voor jy die movers gebruik. Op die punt sal hy die maklikste swivel. 

Dalk is die mount van jou jockey nog die heeltyd skeef, wat maak dat jy meer sukkel as gewoonlik? Jy sal dit agterkom met die waterpas, want jy sal hom dalk baie hoog of baie laag moet stel om die vertikale posisie te kry. Of agv van die hoek van die a-raam en 'n skewe mount kry jy dalk nooit 'n perfekte regop punt nie. Dan moet jy eerder die mount laat vervang voor jy geld mors op nog 'n jockey.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 10:57:43 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3960
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert kyk na die prentjie en laat weet hoe lyk die jockey wiele wat jy gebruik het. Roadque se wiele lyk vir my meer soos die regterkant.

Baie jare gelede het ek die 2 tipes vergelyk en dit het vir my gevoel asof die een links makliker swaai. Ek het gevind dat die regterkant se wiel met tye gestoot word sonder dat hy swaai en die middelpunt volg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 16:43:28 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1373
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Geert. Ek glo altwee suppliers op die jockey is goed. Ek dink meeste van ons vat voor vas en help die jockey wiel waarna hy moet gaan. Met n mover is dit n ander storie dink ek. Meer stress op die wiel se rubber en knyp vas. 

Wat ek sou probeer is n wiel soos jy op scaffolding kry of met vesconite in pleks van rubber. Ek dink n rubber is te sag vir die wrywing waaraan dit bloot gestel word en beskadig die res van die jockey. Vesconite n harder komponent, hou n leeftyd en sal makliker oor hak plekke gly, langer leeftyd vir jou jockey ook.

Ek kry baie dat as ek my karavaan rond skuif moet ek ek die jockey heeltyd manupileer of hy hak. Anders as jy twee of drie is dan gaan dit makliker. 

Nog n moeilike een die ek lees graag hie jy die uitsort.

Sterkte.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 16:46:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert kyk na die prentjie en laat weet hoe lyk die jockey wiele wat jy gebruik het. Roadque se wiele lyk vir my meer soos die regterkant.

Baie jare gelede het ek die 2 tipes vergelyk en dit het vir my gevoel asof die een links makliker swaai. Ek het gevind dat die regterkant se wiel met tye gestoot word sonder dat hy swaai en die middelpunt volg.

Danie. Die een voor huidige een was die een met die rooi handle....Alko. Huidige een is die grys een wat ek by Roadque gekoop het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 18:52:37 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1956
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

My movers nou vir drie jaar op my Swing. Nog nooit jockey wiel vervang behalwe toe ek 'n jaar gelede die Alko driewiel jockey gekry het nie. Driewiel slegs opgesit omdat die een wiel wegsak in sagte grond/sand. 

Wat ek wel doen as ek die wa wil laat draai  - sê voorentoe regs dan laat ek die linkerwiel  voorentoe beweeg en tik tik die tokkel van die mover sodat die regterwiel agtertoe beweeg  totdat die jockeywiel in die regte rigting gedraai het en voltooi dan die beweging. 

Het dit begin doen omdat soos genoem die movers sterk is en baie spanning op die jockey sit. Jockeywiel  draai ook makliker as die wa in beweging is as van stilstaande posisie. 

Hoop alles maak sin laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 07:24:20 am
Piet Ford
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 63
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Geert,  ek het dieselfde probleem gahad. Nie seker of dit is hoekom jou wiel nie wil draai nie. Gewoonlik nadat jy opgehak het sal jy die jockey opskroef totdat hy wasdraai sodat hy nie losskroef terwyl jy ry nie. Dan sal jy om losmaak by die lever, hom optrek en hom mooi in sy plek sit wanneer jy sleep.

Ek het het al die karavaan, nadat ek hom afgehak het, weer sy neus laat sak voor omdat hy nie waterpas is nie. Omdat ek die karavaan se neus laat sak het met die jockey wiel het die twee onderste punt van die jockey teen mekaar geraak en verhoed dat die jockey vrylik kan in en uit skroef soos wat jy die karavaan rond skuif.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 07:26:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Danie. Die een voor huidige een was die een met die rooi handle....Alko. Huidige een is die grys een wat ek by Roadque gekoop het

Ek gebruik die selfde Roadque Jockey wiel op die Maia wiel se rim en draai handvatsel is net groen.

Werk puik en ek het geen probleme nie.  Ek gebruik my Jockey Carrier net in sagte gras en los grond/gruis oppervlaktes.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 07:48:12 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert,  ek het dieselfde probleem gahad. Nie seker of dit is hoekom jou wiel nie wil draai nie. Gewoonlik nadat jy opgehak het sal jy die jockey opskroef totdat hy wasdraai sodat hy nie losskroef terwyl jy ry nie. Dan sal jy om losmaak by die lever, hom optrek en hom mooi in sy plek sit wanneer jy sleep.

Ek het het al die karavaan, nadat ek hom afgehak het, weer sy neus laat sak voor omdat hy nie waterpas is nie. Omdat ek die karavaan se neus laat sak het met die jockey wiel het die twee onderste punt van die jockey teen mekaar geraak en verhoed dat die jockey vrylik kan in en uit skroef soos wat jy die karavaan rond skuif.  

Dankie Herman....waardeer. Ja mens kan maklik dit doen. Ek maak daai skroef hefboom los....sak tot op die grond....maak weer vas en dan draai ek die jockey tot hy van trekbal af is en begin met mover ry. Ek sak jockey nie weer as hy eers af van bal af is nie. Op die foto kan jy die gedeelte sien wat uitsteek....dis gewoonlik die hoogte waarmee ek wa rondskuif met movers

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 07:51:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dankie Herman....waardeer. Ja mens kan maklik dit doen. Ek maak daai skroef hefboom los....sak tot op die grond....maak weer vas en dan draai ek die jockey tot hy van trekbal af is en begin met mover ry. Ek sak jockey nie weer as hy eers af van bal af is nie. Op die foto kan jy die gedeelte sien wat uitsteek....dis gewoonlik die hoogte waarmee ek wa rondskuif met movers

As jy die jockey gebruik soos op die foto wat jy geplaas het en die wiel beweeg vrylik in die ronte sonder om selfs aan die boute van die sleep haak te raak behoort jy nie probleme te hê nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 07:59:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Kry mens jockeys wat met bearings werk op daai gedeelte waar pink sirkel is? Met ander woorde dat jockey nie afhanklik is om in pyp te draai nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 11:56:58 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dink julle hierdie idee kan werk? Die 2de foto is die onderkant van n jockey. Wat ek wil doen is om die wiel gedeelte af te sny.....sodat daar net n pyp onder uitsteek. Dan wil ek 'n wiel koop soos op die 1ste foto wat ek net onder by die pyp wil indruk wanneer ek die jockey wil gebruik. Dit gaan dan op dieselfde beginsel as Leon se carrier werk.....as jy jockey opdraai, kom wiel onder uit en jy plaas dit los in die nose cone of waar ookal. Die voordeel sal wees dat die onderste wiel dan kan swivel op bearings en nie afhanklik is van die hele pyp wat in die ander moet draai nie....gevolglik behoort swivel aksie gladder en makliker te loop. 

Klink dit logies of is daar iets wat ek nie in ag neem nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 12:20:31 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5526
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

My 2 sent.

Die wiele self is te   "flimsy" . Hulle   " buig "  as jy draai. Die   "loopvlak" steek vas en as dit begin draai/stuur  dan raak dit   "of centre"  en die wiel begin teen die kante druk en die wiel wil dan nie draai nie.   Kyk soos ander kommentaar hierbo of die pyp vertikaal staan.  Dan moet die jokkie self ook biki uitgedraai word.

Die plan van PietG om te verander na die swivel aksie vanaf exclusive kan ook werk.

Moeilik om in woorde uit te druk

Ek dink ons moet n saamkamp hou en almal moet hulle probleme saamsleep dan kyk ons tesame na n oplossing.

Geert .. dit kan werk as mens n bearing installeer aan die onderkant. Vanaf n draai-wasgoed draad se paal

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 12:34:57 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Dink julle hierdie idee kan werk? Die 2de foto is die onderkant van n jockey. Wat ek wil doen is om die wiel gedeelte af te sny.....sodat daar net n pyp onder uitsteek. Dan wil ek 'n wiel koop soos op die 1ste foto wat ek net onder by die pyp wil indruk wanneer ek die jockey wil gebruik. Dit gaan dan op dieselfde beginsel as Leon se carrier werk.....as jy jockey opdraai, kom wiel onder uit en jy plaas dit los in die nose cone of waar ookal. Die voordeel sal wees dat die onderste wiel dan kan swivel op bearings en nie afhanklik is van die hele pyp wat in die ander moet draai nie....gevolglik behoort swivel aksie gladder en makliker te loop. 

Klink dit logies of is daar iets wat ek nie in ag neem nie?

Bearing Man verskaf 'n ''thrust bearing'' wat jy tussen die pyp en die wiel kan plaas. Ons gebruik soortgelyke thrust bearings op ons masjiene by die werk.

Alternatief kan jy 'n Vesconite spacer bush in die plek van die thrust bearing plaas, maar is redelik ''pricy''.

Die thrust bearing verkoop in die omgewing van R120.

Die part nommer van die thrust bearing wat ek reken daar sal werk: NSK 51208.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 14:45:15 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1956
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Bearing Man verskaf 'n ''thrust bearing'' wat jy tussen die pyp en die wiel kan plaas. Ons gebruik soortgelyke thrust bearings op ons masjiene by die werk.

Alternatief kan jy 'n Vesconite spacer bush in die plek van die thrust bearing plaas, maar is redelik ''pricy''.

Die thrust bearing verkoop in die omgewing van R120.

Die part nommer van die thrust bearing wat ek reken daar sal werk: NSK 51208.

Geert, dit is presies wat ek gedoen het. Myne slegs die wiel verwyder en die vurk gelos want hy pla nie. Alko driewiel gekoop met kort soliede stuk wat ek so 3mm dunner gemaak het en die druk nou onder in die jockey se pyp. Die driewiel swivel nou makliker as die ou een wiel. As ek afhak druk ek die driewiel onder in die pyp en laat sak die jockey. Gebruik dan slinger om wa te lig. As ek aanhak laat sak ek die wa tot op die bal en draai dan met die slinger die jockey op sy hoogste. Dan trek ek die jockey onder die disselboom in. Driewiel val uit en hy gaan in die Ranger se bak.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 15:07:46 pm
Leeu
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 18 May 2008
Experience: 25 years

Geert, het die naweek met iemand in die kamp gesels en hy stel sy jokkie baie laer as joune wanneer hy die mover gebruik, miskien is jou jokkie wiel te hoog uitgedraai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 16:02:40 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1373
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dink julle hierdie idee kan werk? Die 2de foto is die onderkant van n jockey. Wat ek wil doen is om die wiel gedeelte af te sny.....sodat daar net n pyp onder uitsteek. Dan wil ek 'n wiel koop soos op die 1ste foto wat ek net onder by die pyp wil indruk wanneer ek die jockey wil gebruik. Dit gaan dan op dieselfde beginsel as Leon se carrier werk.....as jy jockey opdraai, kom wiel onder uit en jy plaas dit los in die nose cone of waar ookal. Die voordeel sal wees dat die onderste wiel dan kan swivel op bearings en nie afhanklik is van die hele pyp wat in die ander moet draai nie....gevolglik behoort swivel aksie gladder en makliker te loop. 

Klink dit logies of is daar iets wat ek nie in ag neem nie?

Geert. Ek het presies dit op my sleepwa gedoen en dit het baie vinnig gebreek. Wiel was te flimsy en die sweiswerk is nie goed vir die bearing

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 16:10:31 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert. Ek het presies dit op my sleepwa gedoen en dit het baie vinnig gebreek. Wiel was te flimsy en die sweiswerk is nie goed vir die bearing

Ek hoef nie daar te sweis nie.....daai wiel het klaar bearings in. Ek weet nie watse gewig kan daai wiel vat nie, maar behoort heelwat te wees, want dis die wiele wat hulle vir scaffolding gebruik. Ek dink so n toring scaffolding is heelwat swaarder as n wa se voorkant. Op die einde gaan dit nie veel oor die wiel self nie....daar is heelwat opsies op die mark wat die wa se gewig maklik kan rol....dis die swivel gedeelte wat vir my belangrik is {Dis waar die probleem heeltyd is}

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 16:22:32 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12611
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dink julle hierdie idee kan werk? Die 2de foto is die onderkant van n jockey. Wat ek wil doen is om die wiel gedeelte af te sny.....sodat daar net n pyp onder uitsteek. Dan wil ek 'n wiel koop soos op die 1ste foto wat ek net onder by die pyp wil indruk wanneer ek die jockey wil gebruik. Dit gaan dan op dieselfde beginsel as Leon se carrier werk.....as jy jockey opdraai, kom wiel onder uit en jy plaas dit los in die nose cone of waar ookal. Die voordeel sal wees dat die onderste wiel dan kan swivel op bearings en nie afhanklik is van die hele pyp wat in die ander moet draai nie....gevolglik behoort swivel aksie gladder en makliker te loop. 

Klink dit logies of is daar iets wat ek nie in ag neem nie?

Ek lees hulle neem gewig 300-400kg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 16:26:48 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1373
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Yes Geert. Dit is wat ek vroeër voorgestel het n scaffolding wiel.

Sal hom nie breek.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 18:20:24 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1807
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Oom Jeep vat my probleem presies raak. Nog voordat daardie rubber wiel kan draai vou hy so skeef in die vurk en druk teen die vurk se kant vas. Dit is daar waar die moeilikheid begin. My vraag is nou of daardie "Vesconite" wiel dieselfde sal doen. Sal hy ook so dubbel vou as die wa begin beweeg. Onthou ek staan nie noodwendig met my remote voor by die jockey as ek hom druk nie. Partykeer moet ek elders by n kant kyk wat naby aan iets anders is voordat ek kan swaai. As daardie rubber wiel dan dwars gedruk het (bv as hy n hindernis kry) en die movers bly hom stoot sonder dat ek dit oplet is die wiel "koebaai". 

Dan nog n vraag. As die "vesconite" wiel kan werk.......sal hy ook op alle terreine soos n rubber wiel kan loop? Kan hy maklik breek of is sy materiaal van so n aard dat hy dit kan vat? As dit kan hoekom gebruik handelaars dit nie standaard van die begin af nie? Jammer as ek dom vrae vra maar ek soek werklik antwoorde. Hierdie is nie net n probleem vir my en Geert nie. Baie ander vriende sukkel met dieselfde probleem en soek ook antwoorde.

Leon se 3 wiel jockey werk puik in sagte grond en ek gebruik hom met groot vrug daar. Ek glo steeds (reg of verkeerd) dat die drukking van die mover te sterk is en in n onbewaakte oomblik as jou oog nie op die wiel is nie vernietig daardie sterk druk van die mover die rubber wiel wat teen die vurk druk. 

Dankie vir almal wat help oplossings soek vir hierdie probleem. Ek het tans weer n jockey wat stukkend is en ek wil nie n ander een koop voordat ek nie klarigheid hieroor kry nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 19:35:21 pm

Oom Piet.......daai wiel van my het ook so skeef gedruk in die vurk. Sien hierdie foto, dan sal oom sien hoe die rim gebuig het van wieletjie as gevolg van rubber wat kante toe gedruk het. Dit kom daarvan omdat die wiel nie wil swivel {kante toe draai} nie. Daarom wil ek iets met bearings onder kry wat moontlik makliker gaan draai as ek kante toe ry met movers

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2019 @ 19:57:52 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3960
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert dalk wil jy 'n wiel probeer waar die vurk skuins na onder loop ipv 90 grade tov die pyp. Wie weet dit werk dalk.

Ek glo mens moet net sterker wiele opsit tot mens by 'n staal wiel uitkom terwyl daar iets anders is wat die wiel beskadig. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First