English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 779
Total Replies: 222 696
Total Views: 82 043 782
topics: 68
replies: 1 066
views: 23 450
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Powersteering vraag

replies: 13
views: 295
15 Jun 2019 @ 07:48:38 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2890
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

My Suzuki Grand Vitara se powersteering sing dat dit bars. Net sekere tye wanneer hy lus het.

Geen lug in die sisteem nie en hy lek glad nie. Ek weier dat Suzuki daarna kyk want hulle sal nie n clue he nie. Het hom laasjaar ingeneem vir diens en hy het so teruggekom. (My dogter het die kar daai tyd gebuik). Tydens diens gekla die kar sukkel om in 1ste en reverse te gaan as hy koud is. 

Hulle reken ek moet clutch vervang teen R18000. Ek ry nou al 40000km so. Niks fout met clutch nie.

Hom nou ingestuur vir laaste gratis diens, 90000 op 72000 gedoen. Hulle gee my qoute R3700 vir voorste remme en weer R18000 vir clutch. Niks gese oor powersteering geraas nie. So ek wonder of hulle hom wel gestart het.

Voorste bande moet vervang word. Hys AWD maar ek glo nie dit kan effek he op powersteering nie....of kan dit?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2019 @ 14:08:53 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1373
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hans moeilike een die. Ek wonder net of die agente nie dalk die power steering se fluid op getop het met die verkeerde fluid. 

As jy se se die systeem lek nie sou as dit ek was die fluid drain en die regtes volgens boek in gooi.

Sterkte ek volg die draad.o

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2019 @ 18:43:52 pm
George
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 184
Joined: 01 May 2016
Experience: 11 years
hi Hans, some questions to see if i can throw some light on this subject. is it noisy when maneuvering in tight places like in parking lots, what rpm is the engine turning at when the noise occurs, is it just above idle when the noise occurs. is it when the engine is still cold , does the vehicle have separate v belts that drive the accessories in front of the motor or is it one belt that drives all. is the belt / belts v type or a wide flat type. 
the poorest man in the world is not a man without a cent, it is a man without a dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2019 @ 20:07:19 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2890
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Hi George

One belt wide flat. Still look in good shape

This is the difficult part. Noisy from start. But again, only sometimes, cold or warm and just above idle.

When you turn steering it is as if there is a vibration on the steering wheel. You feel this only when the pump is "singing"

Thanks

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2019 @ 20:46:31 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Dit is jou powersteering pomp se pulley bearing. 

Laastens, die 1st en tru-rat kom normaal voor in die winter.

Vervang die ratkas olie met ATF en jou probleem is iets van die verlede.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2019 @ 23:17:34 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3960
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hannes daai sing wat jy beskryf is dit dieselfde geluid wat jy sou kry as jy die stuur tot op sy skerpste sou draai?

Wat ATF aan betref dit werk goed op Golf's en Corolla. Sou jy dit egter op 'n Hilux doen ry jy net sowat 40 000km en jy gaan die ratkas vervang. Wees dus versigtig. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2019 @ 08:41:07 am
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek sien nou dat jou voertuig AWD is.

Ek het al ondervind op BMW X5, indien die wielsporing uit is of die banddrukkings varieer, kanseleer dit die AWD uit en het dan ń effek op die kragstuur.

Ek sou voorstel om eers die fout klein en goedkoop te soek voordat jy die bobbejaan agter die berg gaan haal.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2019 @ 16:56:55 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die powersteering op my Ford Saphire het so gemaak as hy op die einde van links of regs draai kom.  Dis asof die die pomp werk maar weens einde van stuur  kan die olie nie verder gaan nie.

Nou ek vermoed 'n blokkasie van soorte.  Dit keer dat die olie gemaklik vloei en dan kry jy die lawaai as ook die rukkerigheid. Die feit dat dit party keer weg is se vir my die blokasie is in die pomp self of die reservoir daarvan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2019 @ 18:10:44 pm
George
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 184
Joined: 01 May 2016
Experience: 11 years
hi Hans, the symptoms you describe are an indication of air in the system, air bubbles in the line reduce the systems ability to create sufficient hydraulic pressure at idle or just above engine idle speed,[ you will not see the air bubbles as they bleed out as the rpm increases] the problem is normally the result of a bad o ring on the inlet hose joint, replacement of the o ring should rectify the problem.
the poorest man in the world is not a man without a cent, it is a man without a dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 07:30:23 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1253
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Hannes daai sing wat jy beskryf is dit dieselfde geluid wat jy sou kry as jy die stuur tot op sy skerpste sou draai?

Wat ATF aan betref dit werk goed op Golf's en Corolla. Sou jy dit egter op 'n Hilux doen ry jy net sowat 40 000km en jy gaan die ratkas vervang. Wees dus versigtig. 

Hi Danie,

I have had ATF only in my Isuzu KB280DT for the past 200 000 km with no problems.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 15:40:41 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3960
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

John yes it seems it has to do with the design and the use of phosfor bronze. The Corolla point was factual. When Castrol advised to use ATF for the Corolla Toy dealers started to use it in the Hilux and then suddenly the Hilux gearboxes started goiving problems.

One does find a lot of Tech Serv Bullits changing from the one oil to the other over time. Up to the time of the change via TSB the best is still to do as per the handbook.

Also some premium manual g.box oils are red and a number of people think if the oil is red it has to be ATF. A lot has been done to produce better oils for instance to make shifting smoother when the oil is cold.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 17:11:26 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1665
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

So eronies??

Met my tyd by die ou Spoorweg, het ons instruksies gekry om alle ratkasse te "flush" en te vergang met ATF.

Dit was voertuie soos, Mack, Oskosh, Paystar, ERF enss..

Daarna het ons nog nooit ratkas of koppelaar probleme ondervind nie.

So, ek kan nie insien dat dit nie sal werk slegs net op sekere ratkasse nie.

ATF kan meer hitte hanteer en is ook dunner as gewone EP's, sodoende is die smering baie meer.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 23:10:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3960
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dennis soos ek ghenoem het 1 v d redes was dat fosfor brons nie meer gebruik word en dit het genoodsaak dat die olie verander. Verder kan jy die detail by Nico kry aangaande die feit dat nuwe 8 spoed ratkaste bv kleiner is as 'n 4 spoed van dekades gelede danksy 'n spesiale laer wat SKF ontwikkel het.

Ek dink steeds mens moet baie versigtig wees om te veralgemeen. Op die voertuie waarmee jy betrokke was het dit gewerk. Vra maar ook vir Piet Potjie wat 'n klompie baie goeie artikels hier oor olie geskryf het. Hy is 'n kundige op die gebied van olie.

Daar is bv gevalle waar dieselfde ratkas 'n totaal ander olie gebruik sodra die enjin 'n diesel is. Sekerlik die vervaardiger het sy redes. So ook verskil die olie vir voertuie in die VSA maar in die res v d wereld word 'n ander olie aanbeveel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 06:46:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13034
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

In die weermag het ons die volgende olies gebruik vir die volgende doele.

Alle manual ratkaste en oordra ratkaste    -     SAE 90 EP

Alle ewenaars en wiel nawe     -     SAE 90 EP

Alle automatiese ratkaste     -     Automatic Transmission Fluid (ATF)

Hidroliese aandrywing soos Krag stuur en PTO     -     ATF

As ek dit nie mis het nie word dit steeds vandag nog so gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First