English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 641
Total Replies: 220 768
Total Views: 81 962 258
topics: 57
replies: 728
views: 14 128
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Probleem met bedrading op Penta

replies: 26
views: 299
09 Jun 2019 @ 22:56:58 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Ek is besig met 'n 2014 Jurgens Penta wat ek voorberei vir 'n padwaardigheidstoets. Die regter parkeerlig werk egter nie. Ek het die gloeilamp en sy kontakpunte nagegaan, asook die bedrading voor by die sok. Ek het selfs my sleepvoertuig se sok nagegaan, maar die fout lê nie by een van hierdie items nie. Al wat ek nou kan dink, is dat die bruin draad wat die krag na die regter parkeerlig neem, iewers af is of 'n los konneksie het. Hoe stel 'n mens vas waar die probleem lê? Ek wil ook nie die hele draad van voor na agter vervang nie, want dit gaan 'n groot gespook afgee. Sou mens 'n ander bruin draad maar apart na agter moet aanlê? Ek sal graag raad wil ontvang van iemand wat weet hoe of selfs met so 'n probleem gesukkel het. Dankie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 06:12:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goed as ander ligte op daai regter kant nie gewerk het nie was die oorsaak die aard draad. So die flikker en stop lig werk dus is hy uit die weg geruim.

Alles met fout nasporing werk gewoonlik makliker met 'n toets lampie.  Volg maar die drade na agter somtyds versprei die drade na die onderskeie kante L/R in die middel by doe agter kant van die karavaan en lê die oorsaak maar meestal daar.

Kyk of jy so konneksie sien en toets die ligte daar.

Anders is dit makliker om net 'n draad van die linker agter lig deur te vat na die regter kant.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 06:16:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Somtyds het die 7 koord draad beskadig geraak toe moes die draad korter geknip word.  Die gevolg is dat die draad nou te kort was om ordentlik by die voertuig se prop uit te kom.

'n Kort stuk 7 koord draad ongeveer 1.5m is toe gekoop en aan gelas. Daai las is dalk so ent terug getrek in die A-raam in.

Soek maar vir so addisionele konneksie Dalk is daar een...........

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 10:41:47 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1220
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Weet nie hoe die model se bedrading lyk nie maar kyk onder die wa naby die agterkant. Op my Fleetline is daar 'n choc blok waar die 7 draad koord van die prop voor opsplit na die afsonderlike drade vir al die agterligte. Het op'n stadium 'n soortgelyke probleem gehad en kon vir maande niks fout kry nie, totdat ek uit radeloosheid die choc blok met contact cleaner gespuit het en al die skroefies wat die drade vashou so 'n vinnige "check" vasdraai gegee het...en toe gevind die draad wat die probleem veroorsaak het se skroef is heel los. Vasgemaak en nooit weer 'n probleem gehad nie. Terloops Roadque verkoop so 'n magafter wat jy in die wa se prop indruk en die ding se knoppie druk wat dmv LEDs wys watter lig/draad 'n probleem het, myne sowat 3 jaar terug gekoop vir iets soos R280 op daai tyd

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 12:34:51 pm
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 430
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years
Ek dink tog julle moet vir Brommer vra hoe om die probleem op te fix.
You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 12:48:34 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

'n Eenvoudige manier om te toets of die draad iewers af is, is om 'n stuk draad vanaf die linker lig te brug na die regter lig.

Indien die regter lig dan werk, is die draad iewers in die bedrading lyn af.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:40:58 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Theuns, die parkeerligte of te wel die tail lights is apart bedraad na die 7 pin plug en daar word hulle gestrop (common). Iings pin 7, regs pin 5. Party woonwaens se bedraading maak staat daarop dat die strop (common) op die voertuig se female plug is. Ek dink dit is jou probleem, nerens gestrop nieembarassed

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:42:09 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Strop dit liewer op die voertuig.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:56:42 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

'n Eenvoudige manier om te toets of die draad iewers af is, is om 'n stuk draad vanaf die linker lig te brug na die regter lig.

Indien die regter lig dan werk, is die draad iewers in die bedrading lyn af.

Verskoning, ek sien Leon het my raad alreeds genoem.

Indien die draad in die lyn af is en jy wil nie 'n nuwe draad deur lê nie, neem 'n toetslampie en kry agter onder die wa die linker lig se kragpunt.

Die regter lig se punt behoort dan nie ver van die linker lig se punt te wees nie.

Konnekteer 'n stukkie draad saam met die linker lig en brug hom so onder die karavaan.

Solank die ligte dan werk, kan hulle hom nie wegwys by die toetsgronde nie.

Dit is nie 'n baie veilige aspek nie omrede dit sou kom dat die sekering blaas vir een lig, hetsy links of regs, gaan jy geen parkeer/ryligte op die karavaan hê nie.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 13:58:31 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years
PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 17:33:37 pm

So vinnige sketsie vir die "gypo" herstel.

Let wel, die aard wat in die middel is het ek net daar geskets, maar word ge-aard saam met elke afsonderlike lig, bv: flikker, stopligte ens..

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 19:32:08 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Het dit gewerk en nou werk dit nie meer nie?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2019 @ 20:14:54 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Het dit gewerk en nou werk dit nie meer nie?

SEKER NIE.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 20:55:21 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Naand vriende, ek was so twee dae uithuisig en kon nou eers al julle kosbare raad lees. Ek sal die naweek eers tyd kry om dit toe te pas en ek is positief dat ek nou iewers iets sal opspoor waar 'n skroef en 'n draad los is! Ek waardeer die tyd wat julle afgestaan het om my van raad te bedien. laughingO ja, ek het die Penta gekry met die regter agterlig wat nie brand nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2019 @ 22:59:42 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1223
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Theuns. Het jy al probeer om 5 en 7 (bruin en swart,) te bridge op jou plug. So n draadjie van 20mm lank sal die job doen om die 2 saam te laat werk.

Seker dit gaan jou probleem oplos.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 06:31:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Naand vriende, ek was so twee dae uithuisig en kon nou eers al julle kosbare raad lees. Ek sal die naweek eers tyd kry om dit toe te pas en ek is positief dat ek nou iewers iets sal opspoor waar 'n skroef en 'n draad los is! Ek waardeer die tyd wat julle afgestaan het om my van raad te bedien. laughingO ja, ek het die Penta gekry met die regter agterlig wat nie brand nie.

Heel maklikste vervang eers die gloeilamp voor jy swaar water maak met die soek.

laughinglaughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 08:57:46 am
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Theuns. Het jy al probeer om 5 en 7 (bruin en swart,) te bridge op jou plug. So n draadjie van 20mm lank sal die job doen om die 2 saam te laat werk.

Seker dit gaan jou probleem oplos.

Baie dankie Bak oor, ek dink dit is die maklikste en vinnigste oplossing vir my probleem!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 09:00:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Theuns. Het jy al probeer om 5 en 7 (bruin en swart,) te bridge op jou plug. So n draadjie van 20mm lank sal die job doen om die 2 saam te laat werk.

Seker dit gaan jou probleem oplos.

Dis waar......................... as jy die brug werk op die voertuig se plug doen dan behoort jy uitgesorteer te wees met al die bedrading van verskeie S/waens.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 11:55:18 am
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Strop pin 7 & 5 op die voertuig.

Ek glo dit is wat ek 2 dae terug voorgestel het?kiss

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 12:28:17 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Strop pin 7 & 5 op die voertuig.

Ek glo dit is wat ek 2 dae terug voorgestel het?kiss

Jy is reg Paul, ek het net nie die term "gestrop" mooi verstaan nie. Nou het ek iets geleer!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 12:50:59 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Theuns, I really will be surprised if this is not your problem. My Gypsey had this problem and I strapped pin5 & 7 on my Pejero and never had a problem with any trailer or new caravan again. The manufacturers assume the vehicle has the strap or the parking lights are indeed wired independantly as is the case on Mercedesbenz. The idea is that if the caravan/vehicle is parked on the left side of the street only the right side parking light should be on and visa versa.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 12:53:28 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 644
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Laat asb weet wat die uitslag is.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2019 @ 20:54:15 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1223
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jy is reg Paul, ek het net nie die term "gestrop" mooi verstaan nie. Nou het ek iets geleer!

Ja nee, daai woord (gestrop) ek het dit nog nooit van gehoor. Sorry ou maat dat my afrikaans nie so updated is. Trofy is joune met daai woord.

Ek join of bridge n ding. Anners connect en trou ek die dinges dinges met mekaar. Solank ou Theuns net geholpe raak.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2019 @ 07:13:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek self ken ook nie die woord "gestrop" in die gebruikte betekenis nie.

Het nog al die jare die woordjie "Brug" gebruik soos in "brug die twee punte uit".

Maar ja mens kan seker gebruik wat jy wil soos ek maar die woord "Chapperig" gebruik vir alles wat reg, mooi, goed of manier is waarmee ek saam stem.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 15:15:26 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Middag al my hulpvaardige vriende. Ek het goeie nuus: die probleem is opgelos en die lig brand nou al te lekker! Maar eers, baie dankie vir almal se raad en hulpvaardigheid - ek waardeer dit baie. Hoewel ek nie die raad wat julle gegee het nodig gekry het nie, het dit my in elk geval 'n paar dinge geleer laughing. Die probleem het toe gelê daar waar die drade agter die woonwa verdeel na die linker- en regterkant. Die bruin draad het daar by die sok (of wat jy die ook al noem) uitgetrek. Toe die draad weer lekker ingedruk is, het die lig helder geskyn! Dit was wel 'n bietjie gesukkel om daardie sok uit die kanaal waar dit lê, ver genoeg uitgetrek te kry om die drade daar te inspekteer. Nou kan ek die woonwa hierdie week laat toets skryf. Geniet julle vakansiedag verder. Baie groete, Theuns.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 15:24:10 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goed as ander ligte op daai regter kant nie gewerk het nie was die oorsaak die aard draad. So die flikker en stop lig werk dus is hy uit die weg geruim.

Alles met fout nasporing werk gewoonlik makliker met 'n toets lampie.  Volg maar die drade na agter somtyds versprei die drade na die onderskeie kante L/R in die middel by doe agter kant van die karavaan en lê die oorsaak maar meestal daar.

Kyk of jy so konneksie sien en toets die ligte daar.

Anders is dit makliker om net 'n draad van die linker agter lig deur te vat na die regter kant.

Bly jy het daai split van die drade gekry daar aan die agter kant. Probleem opgelos

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 15:33:39 pm
Theuns
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 74
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 23 years

Leon, ja sowaar, jy het gesê ek moet kyk na waar die drade verdeel. Ek het vasgehaak by die raad om nr 5 en 7 te brug. Dankie nogeens!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First