English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 132
Total Replies: 227 693
Total Views: 82 279 835
topics: 101
replies: 1 561
views: 35 019
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

'Washers' by jou wa se boute?

replies: 21
views: 349
18 Aug 2019 @ 21:14:24 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek het 'n nuwe Penta KC in Feb 2017 gekoop. Die wa het Okt 2018 sy derde diens by die agente gehad.

My skoonseun het werk aan my wa gedoen in November 2018 (diens, remme nagaan, seël en wa lig) en my gesê daar is geen 'washers' (wasters?) by enige van die boute wat die 'corner steadies' in plek hou nie.

Erger nog, toe hy die sleepstang afhaal om te diens (sand ens in net nadat agent gediens het!), sien hy geen wasters op die sleepstang boute nie en het genoem dat die boute al in die staal begin insny het!

Hy noem toe dat dit een manier is om geld te spaar en gewig te sny, want wasters is relatief duur.

Vraag: het jou wa se hoekstutte en sleepstang wasters in?

Indien nie, sal enige tegniese mens jou aanbeveel om eerder wasters in te sit om latere skade te vermy.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 01:34:50 am
Hennie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 32
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 14 years

Proffie, elke bout behoort 'n waster te he'. Ek glo dit is die standaard. sonder 'n waster is dit halwe werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 05:41:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek weet dat die agterkante van die hoekstutte se skroef nie wassers op het nie.  Die twee boute daar is net lock nuts om te keer dat daai stang uit kom met heel wat speeling tot en met die hoek yster bracket.  Wanneer die hoek stut gewig dra druk die voorkant van die skroef se vaste wasser teen die hoekstut plaat. Dis waar ons gewoonlik die  "thrust bearings" in sit om die  skroef makliker te laat draai so dra dit begin gewig dra.

Dus die agter kant van die hoekstutte se skroef werk nie juis nie maar jy kan seker 'n wasser in sit as jy so voel.

Dan die boute op die stang sou ek ook saam stem dat daar 'n wasser van soorte is mits daar plek is daarvoor in die min ruimte by sommige karavane.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 06:48:53 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

RE. Die bearings op die hoekstutte. 

Is dit waarvan gepraat word.  Hulle raak met tyd vol grond en die water was die ghries uit. 

Het myne met " chain lube " geghries. So ook die jokkey wiel se bearing.

Ek het nog n stel van die bearings beskikbaar as iemand belang stel. 

L.W. Nie alle hoekstutte het bearings op nie.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 06:51:50 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Proffie, elke bout behoort 'n waster te he'. Ek glo dit is die standaard. sonder 'n waster is dit halwe werk.

As dit  ny-lock moere op het, is dit seker nie nodig vi wassers nie. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 07:35:59 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4163
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

My 2c is daar behoort op meeste plekke wat ek aan kan dink wasters gebruik te word ongeag die tipe moer. Vir my is dit om te verhoed dat die hoeke v d moere in die yster in "vreet". 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 07:49:38 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

My 2c is daar behoort op meeste plekke wat ek aan kan dink wasters gebruik te word ongeag die tipe moer. Vir my is dit om te verhoed dat die hoeke v d moere in die yster in "vreet". 

Touché

Tesame met dit kan mens sê,  die gewig-spaar teorie is n klomp bollie,  wat weeg n handvol washers nou eintlik.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 09:33:21 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek sou eerder wassers in wil he... Dit vorm ook 'n groter druk opperblak en met vibrasie soveel beter. Nyloc nuts kan ook los vibreer... Daarom is jou heel beste om wassers met spring wassers ook te kan he, dis maar wat ons gevind het werk beste op veral die 4x4 items waar dinge maar skud en vibreer

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 09:37:57 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6381
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ouskool ,en as ek iets herbou wasser en springwasser of alle boude of locknuts.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 11:53:16 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1640
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Spring washers is onnodig as jy nyloc nuts gebruik.

Washers keer dat nut nie in die oppervlak in vas byt en stewiger vastrek.

Daar is geen manier dat n nyloc nut kan los wikkel, Hex nut kan los wikkel.

Ek vervang alle hex nuts met spring washers altyd met n nyloc nuts

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 13:34:24 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het al gekry dat 'n Nylon nut loskom as hy oud en al 'n paar keer gebruik is.  Hy kom dan nie los van vibrasie nie maar wel as die assie/bout waarop hy is ook dra vir die een of ander rede.  MAW die nylon is so uitgewerk dat jy hom eintlik met die hand kan draai.

Ek het ook nog nooit 'n nuwe een gekry wat losgekom het nie.

RE. Die bearings op die hoekstutte. 

Is dit waarvan gepraat word.  Hulle raak met tyd vol grond en die water was die ghries uit. 

Het myne met " chain lube " geghries. So ook die jokkey wiel se bearing.

Ek het nog n stel van die bearings beskikbaar as iemand belang stel. 

L.W. Nie alle hoekstutte het bearings op nie.

Oom Johan ons praat eintlik oor die agter kant van die hoekstutte.  Daar is twee moere opgedraai wat teen mekaar gesluit is en nie teen die hoekyster bracket daar nie.  My opinie is jy kan 'n wasser daar insit as jy wil dit gaan nie juis 'n verskil maak nie want daai twee moere word teen mekaar "gelock" met 'n redelike gaaping tot by die bracket.

Dan het ek altyd net die "thrust bearings" wat Oom van praat  met silicone spray gespuit.  Is nie dan vol ghries/olie nie en hy draai net so maklik.  Alle karavane het nie die bearings op nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 21:49:16 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1640
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jy is reg Leon

n Nyloc nut kan jy twee of drie keer gebruik dan funksioneer hy nie meer as n lock nut.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 21:50:16 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1640
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jy is reg Leon

n Nyloc nut kan jy twee of drie keer vasgetrek word dan funksioneer hy nie meer as n lock nut.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 21:09:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Bietjie van draad af, maar miskien handig?

A copper coloured paste to prevent seizure of nuts and bolts and to ensure easy disassembly of treated fasteners, even if subjected to high temperature or weathering. This anti seizure grease offers high load carrying capacity, good corrosion protection, good temperature performance, is easy to apply and has good lubricating characteristics.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 22:22:30 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek het al gekry dat 'n Nylon nut loskom as hy oud en al 'n paar keer gebruik is.  Hy kom dan nie los van vibrasie nie maar wel as die assie/bout waarop hy is ook dra vir die een of ander rede.  MAW die nylon is so uitgewerk dat jy hom eintlik met die hand kan draai.

Ek het ook nog nooit 'n nuwe een gekry wat losgekom het nie.

Oom Johan ons praat eintlik oor die agter kant van die hoekstutte.  Daar is twee moere opgedraai wat teen mekaar gesluit is en nie teen die hoekyster bracket daar nie.  My opinie is jy kan 'n wasser daar insit as jy wil dit gaan nie juis 'n verskil maak nie want daai twee moere word teen mekaar "gelock" met 'n redelike gaaping tot by die bracket.

Dan het ek altyd net die "thrust bearings" wat Oom van praat  met silicone spray gespuit.  Is nie dan vol ghries/olie nie en hy draai net so maklik.  Alle karavane het nie die bearings op nie.

Dankie. Ek verstasn nou. My ou sprite solar het die vorige ou die moer sommer vas geswys. 

Om dit toe uit te haal moes ek die punt afsny. 

Op die exclusive het ek dit uitgehaa8l en gesien dit het al bearings op. Dis hoekom ek nog die bearings spaar het. Skoongemaak en die punt waar die twee moere opkom biki gegrind n washer op die raam geswys, dit mooi gestel en weer terug gesit vir n verdere 100000 km.

Het ook die jockey uit mekaar gehaal en die bearing gediens. Ook n 100000 km gehaal.

Het ook die handel afgesny en n ou socket vas gesweis. Kon daarna die jockey met die koordloos op en af draai.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 22:27:32 pm

21 Aug 2019 @ 08:16:39 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ekt toevallig gister middag daar agter gaan kyk. Geen wassers nie... En nou moet ek ook noem dat op my BT-50 se towbar ook nie op die bal se hegpunte wassers gehad het nie. Net so van Ford af gekom met boute en direkte spring wasser en 'n moer agter. Die spring wasser het natuurlik in die betaal in gesny en dus maak dit weereens roesplekke................ 

Ai tog ek is so oor dit.... Swak swak werk, en mense aanvaar dit, "want ons het seker min genoeg betaal of ons is nie gepla oor enigiets nie"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 13:44:41 pm

Dankie Pieter (Brommer).

My plasing was juis dat mense net gaan kyk. Of die koste en gewig argument waar is of nie, die feitelike vraag is het jou wa washers onder die boute?

As ek op 1000 (250 waens) hoekstutte gespaar het op washers net by boute op die buitekant, is dit 'n besparing van 3,000 wasters en dit is wesenlik.

Vir die individuele wa beteken die koste en gewig nie veel nie. Op volume wel. Dit daar gelaat.

Feit is dat dit nie goeie inginieurspraktyk is om 'n bout sonder 'n waster te installeer nie, dit gaan in die metaal in sny soos by my disselboom die geval was. Dit is oor langtermyn potensiële skade. Wou lede net bewus maak daarvan.

So gaan kyk gerus op jou wa.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 14:44:51 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 181
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Ekt toevallig gister middag daar agter gaan kyk. Geen wassers nie... En nou moet ek ook noem dat op my BT-50 se towbar ook nie op die bal se hegpunte wassers gehad het nie. Net so van Ford af gekom met boute en direkte spring wasser en 'n moer agter. Die spring wasser het natuurlik in die betaal in gesny en dus maak dit weereens roesplekke................ 

Ai tog ek is so oor dit.... Swak swak werk, en mense aanvaar dit, "want ons het seker min genoeg betaal of ons is nie gepla oor enigiets nie"

Brommer, die Mazda BT50 word van Thailand ingevoer.  Ford word in Suid Africa vervaardig.  Dis twee verskillende vervaardiging "Plants" en kwaliteit beheer. Dis seker die rede waarom daar nie wassers is nie.   Ford het sy aandele in Mazda verkoop en Toyota het weer shares gekoop in Mazda.  Google maar vir meer info.

Pottie,

Ja dit maak 'n man bang as jy sien hoe en waar word geld gespaar ten koste van kwaliteit.  Dis waarom ek bly is dat daar meer kompitisie is in die karavaan mark.  Die manne wat afskeepwerk doen sal hulle met die tyd self uit die mark uithaal. 

Dit stop nie by wassers nie.  Ek het al gesien hoe die hout op die Jurgens reeks met die jare al hoe dunner word.  Die rede is seker maar gewig maar op die ou eind kry jy 'n karavaan wat se deur skroewe maklik vanself loskom agv te dun hout.  Kwaliteit gaan verlore deur swak vakmanskap en slegte besluite om R10 te probeer spaar.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 19:52:45 pm

My BT-50 was nog van SA, die reeks na 2014 net na myne was ingevoer...

Ek het ook Fords gesien sonder dit... So 3 weke terug 'n Ford-Karavaan kamera stelsel gedoen en moes die haak afhaal en dit ook gesien, op nuwe Ranger!!!

Ek sê weer: Ek werk genoeg met al die bakkies, op weeklikse en daaglikse basis, en het baie met die bakkies te doen al het ek myne verkoop. Ek sien steeds die probleme en kliente kla ook maar oor dit.

DIe Ford en Mazda is so baie dieselfde, selfs my BT-50 het oral Ford badges op gehad. My pa se BT-50 het weer net Mazda tekens op en is die een uit Thailand of Taiwan of waarookal. Hy het bietjie beter gevaar sover.. Hy wil maar ook van die bakkie ontslae raak, praat gedurig daaroor om die ding te verkoop. Bevestig ook gedurig Toyota is maar beter.. So ja, ons albei maar daardeur, ek het net minder geduld met nonsens.

Ongeag Ford of Mazda, ek het by albei dieselfde dinge ondervind en dieselfde klagtes. Dis maar dieselfde ding. Gaan deur dieselfde politiek en nonsens, die manier hoe dinge gedoen word is dieselfde ens. 

Jy kan my niks van 'n Ford of BT-50 vertel nie, al wat goed is en lekker is, is die krag (en klank) van die engine, en die spasie agter is lekker. Verder sodra die moeilikheid kom, dankie koebaai. Wil niks van hulle hoor nie. Ek het maar net genoem dat ek dit ook gesien het toe ek my drop plate gemaak het en moes opsit...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 18:52:45 pm
Dries
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Die beste washers is Nord Lock Wedge Locking washers. Dit word op stropers en ander landbou werktuie asook in sekere mynbou toepassings gebruik waar vibrasie 'n baie groot faktor is. Is meestal beskikbaar by kooperasies of goeie "Nuts & Bolt" winkels. Wees bereid om so R10-00 tot R20-00 te hoes vir 'n washer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 18:04:30 pm
dupart
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 06 Jan 2015
Experience: 24 years

About the bolts; strictly speaking three washers are needed if you are not using a Nyloc. A flat washer under the head, and on the other side of the fixture (assembly) a flat washer, followed by a split washer, and then the nut. If a Nyloc is used the split washer is not needed. A Nyloc works for ever - if it is not periodically removed. If it is removed from time to time I would fit a new one after 3 removals. If the assembly is metal normal flat washers are sufficient. If the assembly is wood or plastic go for a bigger (outside) diameter flat washer.  

Andre & Linda
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required