English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 259
Total Replies: 229 952
Total Views: 82 374 551
topics: 8
replies: 108
views: 2 609
In this section we share and discuss visiting multiple resorts and let fellow campers know about your tour that you and your family have enjoyed.

Namakwaland Blomme fees

replies: 19
views: 404
25 Aug 2019 @ 11:18:43 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1050
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Dag sê my kampeer maters!

Ons is volgende week op pad na Namakwaland toe - om te gaan blomme kyk.  Ons is 2 karavane, geen besprekings vooruit gedoen nie, want ons sal graag wil toer soos die wind (en BLOMME!) ons lei.

Gehoor dat daar min tot geen blomme by Springbok is nie, en dus ons voorgestelde toer, waar ons besluit het om vir 3 dae daar deur te bring, alreeds verkort na 1 dag. Ons wil graag af beweeg na Langebaan, Darling, Posberg ens. voordat ons - na seker so 3 weke - sal terugkeer Parys toe.

Nou die vraag - wie was nou al daar, waar is die mooi blomme, en watter plekke behoort ons te vermy? Hierdie is ons eerste (en enigste? ) geleentheid om die wonders te gaan aanskou en is doodbang dat ons onnodig geld gaan mors deur te gaan waar daar niks te siene is nie!!!!!!

Help asseblief?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 12:11:21 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Nico

Ek self was nog nooit daar nie maar is n droom vir ek en die ou vrou om re gaan doen.

Gee asb terugvoer na jul toer. Kan die van ons wat dit eendag wil doen waardevolle inligting gee.

Hoop jou toer is meer suksesvol as my trip 10 jaar terug Clarens toe om sneeu te gaan kyk. Al sneeu wat ons gesien het was in fotos in n kroegie😁😁😁😁

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 13:49:44 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Hier is 'n paar idees.

Terwyl julle by Springbok is gaan na die Inligting Kantoor. Hulle is op hoogte waar daar blomme is. Ook die moeite werd om Goegap Natuurreservaat te besoek net buite Springbok. Mooi vetplante en natuurskoon.

Suid van Springbok draai af by Kamieskroon en ry deur Namakwa Nasionale Park. Skilpad het gewoonlik blomme. Ry aan tot Hondeklipbaai en keer terug via Kooingnaas. Die streke langs die see het ook gewoonlik blomme agv die see mis. Vertrek vroeg uit Springbok aangesien dit 'n hele dag is beslag neem.

Ek reken julle het meer as een dag nodig in Springbok.laughing

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 14:21:18 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

By Garies Toeriste Stal Coffee Shop sal julle ook inligting kry waar die blomme is in hul omgewing. En sommer lekker eet ook.

Ons het van Garies plaaspaaie gevolg (hekke oop en toe maak) tot by die see. Toe ons oor die laaste kruin ry toe le die blomme voor ons.

Dit gaan nie net oor blomme nie. 'n Besoek aan Port Nolloth, Steinkopf, Concordia, Okiep en Namabeep maak die Namakwaland ervaring soveel beter.

Ai. Nou verlang ek na Namakwaland.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 17:44:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sal nog daar uitkom. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 20:35:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Kan mens dan net ry en oorde kan help? Ek was altyd onder die indruk dat die oorde in daai omgewing maande vooraf vol bespreek is in die blomme seisoen

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 20:58:39 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Ons was 2 jaar gelede daarheen en het vooaf bespreek, maar dit was nie nodig, oral was daar genoeg staanplekke, ons was ook 2 karavane wat saam getoer het, het in Kaapstad teruggedraai Gauteng toe.

As julle by Goegap ‘n draai kan maak, koop van hulle plaatkoeke en appelkooskonfyt, regtig die moeite werd.

Hoop jully sien baie blomme, dit is ver om te ry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 21:36:10 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Nico ons het verlede jaar daardie roete gedoen. Ons was ook ongelukkig om geen blomme in Springbok te kry nie. Vandaar het ons na Vanrynsdorp geskuif en dit as basis gebruik om Nieuwoudville en omgewing te verken. Daar het ons baie mooi blomme gesien. Die Padstal op Garies verskaf baie goeie inligting en kos. Ons is toe Rondeberg toe vanwaar ons die kerk op Clanwilliam besoek het met sy blomme uitstalling in die kerk. Beslis die moeite werd. Toe is ons Yzerfontein toe. Van ons beste blomme het ons daar in die Weskus Nasionale Park gesien. Ek persoonlik sal in die toekoms net daar gaan blomme kyk. In die Darling omgewing het ons ook mooi blomme gesien.....veral hulle varkore. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 06:46:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My bure is tans besig met 'n toer in daai omgewing. Sal kyk of ek iets kan uitvind en of die blomme volop is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 21:07:43 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Wonder wat het van Nico geword?

Help veel ons maak voorstelle en hy lees dit dalk nie eers nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 06:35:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hy maak seker sy wa is reg en gepak. Hy sal wel weer 'n draai maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 10:25:32 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1050
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Ek lees, EK LEES!!!!!!!!!!!!!!

Skuus manne, maar ek is so besig om aantekeninge te maak en maat Faan Rabie (van PretoriaFM) wie saamgaan, op hoogte te hou dat ek nie dadelik en altyd reageer nie.

Baie jammer vir die "idee" dat ek nie oplet in die klas nie! Ek was wel van plan om almal te bedank vir al die inligting (selfs vanoggend weer kennis geneem van die pad toestande tussen Darling (waar ons o.a. gaan) en Moorreesburg (indien ons soontoe SOU wou gaan!)

Dankie weereens en JAMMER!!!!!!!laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 15:18:55 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 364
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

Flowers are blooming on the West Coast and Namaqua!!

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 16:23:38 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2331
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Nico,  ek het gister berig gekry van iemand van die Motorhome klub wat Saterdag teruggrkom het, en hy reken Noord van Van Rhynsdorp bittermin blomme as gevolg van min en of geen reën in die area.

Groete.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 17:47:39 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 364
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

Nico,  ek het gister berig gekry van iemand van die Motorhome klub wat Saterdag teruggrkom het, en hy reken Noord van Van Rhynsdorp bittermin blomme as gevolg van min en of geen reën in die area.

Groete.

Frans

ENCA and Traveller24 reported today with pictures to back it up that flower season is already here although it feels like winter. 

 

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 10:35:14 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1050
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Dankie julle!!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 20:25:30 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 112
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Daar is "Flower Hotlines"

Namakwa  +27 (0)72 760 6019

West Coast +27 (0)72 938 8186

Dit is die nommers op die Flower Route kaart wat vanaf Upington tot by Clanwilliam oral beskikbaar is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 20:45:18 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4237
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Van die blomme wat 'n vriend gesien het by Niewoudtville op 22-08.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Aug 2019 @ 07:57:16 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1050
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Julle ouens maak ons elke dag MEER en MEER opgewonde!

Dankie weereens vir die terugvoer!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2019 @ 08:12:19 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1050
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Eeeeeeeeennnnn ..... WEG IS ONS!

Dankie mense, ons ry vanoggend.

Sal terugvoering gee

Weereens BAIE BAIE dankie vir julle inligting!

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required