English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 137
Total Replies: 227 867
Total Views: 82 288 725
topics: 8
replies: 108
views: 2 545
In this section we share and discuss visiting multiple resorts and let fellow campers know about your tour that you and your family have enjoyed.

Toer na Namibia

replies: 15
views: 351
09 Jul 2019 @ 15:46:05 pm
Frans F
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jul 2019

Ek wil weet of daar mense is wat so vanaf 21 September 2019 wil saam toer na Namibie vir ongeveer 2 weke.

Beplan om van Centurion/ Gauteng te ry deur Botswana via Zeerust, op tot by Popa Falls, dan links na Rundu se kant, af na Tsumeb, Etosha se oostekant, weer op deur Ondangwa na Ruacana. Van daar af al langs Angola grens na Epupa omgewing (noorde van Kaokaland). Terug na Ruacana se kant, dan af met die groot pad na westelike deel van Etosha, Kamanjab dan Outjo,  Windhoek, via Gobabis, Buitepos af deur Botswana terug huis toe.

Ek het n 4x4, sonder karavaan, net tent en ry sover alleen.  Afhangende watter tipe voertuie saamgaan, kan ons  roete by sekere plekke aanpas soos Kaokaland, maar ek prober diegene akkomodeer wat net n 4x2 bakkie of SUV het. N gewone karavaan om saam te sleep sal nie werk nie, wel n off road trailor of karavaan.

Beplan om hoofsaaklik te kamp, maar kan af en toe in n chalet/oornagkamers of lodge bly vir die wat wil.

Die hele idee van die toer is om kostes vir almal so laag as moontlik te hou, deur n paar voertuie saam te ry en elkeen sy eie kostes dra. Dus geen toer fooie nie. Omdat dit so uitgestrekte roete is, glo ek nie dit is raadsaam om voertuig alleen dit aan te pak nie.

Hoor van julle. Net meer as 2 maande van nou af.

Groete

Frans F

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 09:46:02 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1040
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Interessant dat Joanie en ek ook oor so 'n toer gepraat het, net dat ons gedink het om dit in Desember te doen .....'n Vriendin van my het so 'n toer al 7 of wat keer in Desember gedoen en raak gaande daaroor - reken die temperature is nie so warm nie, ens. Dit toe genoem aan 'n goeie vriend van my wat reken dat hy die "WEG" tydskrif gelees het en dat Desember maande wel NIE geskik is nie, aangesien alle kampe vol en duur is. Maar, nou Sondag in 'n restaurant gesit, begin gesels en wraggies - hulle reken weereens Desember is TOG 'n goeie maand om te gaan .

Dus, as ons in die war is, is dit baie duidelik! cry

Terug na jou voorstel: Ek trek 'n Sprite SC OffRoad karavaan met 'n VW Touareg 3.0 TDi. Reken dit behoort geskik te wees vir jou toer? Enige idee van kostes?

Laat weet bietjie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 10:07:16 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7621
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Is ook op my lysie maar eers later in 2022..in die omgewing van April of Mei buite seisoen.. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 10:08:10 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7621
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum. 

Indie jy weer later beplan Sal ek in haak.. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 11:40:57 am
Frans F
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jul 2019

Ek wil weet of daar mense is wat so vanaf 21 September 2019 wil saam toer na Namibie vir ongeveer 2 weke.

Beplan om van Centurion/ Gauteng te ry deur Botswana via Zeerust, op tot by Popa Falls, dan links na Rundu se kant, af na Tsumeb, Etosha se oostekant, weer op deur Ondangwa na Ruacana. Van daar af al langs Angola grens na Epupa omgewing (noorde van Kaokaland). Terug na Ruacana se kant, dan af met die groot pad na westelike deel van Etosha, Kamanjab dan Outjo,  Windhoek, via Gobabis, Buitepos af deur Botswana terug huis toe.

Ek het n 4x4, sonder karavaan, net tent en ry sover alleen.  Afhangende watter tipe voertuie saamgaan, kan ons  roete by sekere plekke aanpas soos Kaokaland, maar ek prober diegene akkomodeer wat net n 4x2 bakkie of SUV het. N gewone karavaan om saam te sleep sal nie werk nie, wel n off road trailor of karavaan.

Beplan om hoofsaaklik te kamp, maar kan af en toe in n chalet/oornagkamers of lodge bly vir die wat wil.

Die hele idee van die toer is om kostes vir almal so laag as moontlik te hou, deur n paar voertuie saam te ry en elkeen sy eie kostes dra. Dus geen toer fooie nie. Omdat dit so uitgestrekte roete is, glo ek nie dit is raadsaam om voertuig alleen dit aan te pak nie.

Hoor van julle. Net meer as 2 maande van nou af.

Groete

Frans F

 

 

 

 

Dankie Nico vir jou insette. Desember klink goed, maar soos jy self weet en gehoor het die kampe en ander verblyf sal vol wees meeste plekke.

Ek self ken nie die grootste deel van die toer area nie (noordelike deel), was laas daar in diensplig dae. So as jy Desember gaan sal n ou moet bespreek by verskillende plekke om plek te kry. My probleem is ek weet nie presies hoe lank mens tussen plekke gaan ry en besig wees gaan wees wat gemaklik gaan wees nie. Ook ken ek nie die verskillende kampe daar nie.

Wat die voordeel is van buiteseisoen of soos ek voorgestel het einde September, wat n deel in kort vakansie val en deel buite, is dat jy kry maklik n plek waar jy kom, sonder bespreking. Nog altyd reggekom so en mens is nie gejaag om n plek te haal nie.

Jou voertuig/karavaan sal die ding doen. KOSTES. Brandstof skat ek ongeveer R14000 per voertuig vir die roete (wissel van voertuig tot voertuig en/of sleep). Km ongeveer 7000 +. Soos genoem nie seker van kostes by kampe vir die toer nie. Ek sal wel  vorentoe n paar plekke kontak om n idee te kry en dan moet n ou werk op n goeie gemiddelde prys p/d vir jou budget.

Alternatiewelik as nou September/Oktober nie gaan werk nie, dan definitief April/Mei volgende jaar.

Graag nooi ek jul uit om jul menings te gee oor datums hierbo. Miskien is nou September dalk te vroeg vir meeste wat wil saam toer, dan kyk ons daarna.

Groete

Frans

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 11:48:47 am
Frans F
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jul 2019

Dankie Chuck, dalk doen ons die toer n 2de keer in 2022 wat jy kan, dan het ek meer kennis/ info om op te werk vir beplanning.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 12:46:43 pm
Frans F
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jul 2019

Dankie Nico vir jou inset, ek het jou hierbo geantwoord. Daar het nou n email deurgekom om te se jy het n inset gelewer, maar n ruk gelede dit hier gesien en geantwoord. Weet nie of jy weer iets gestuur het nie, kan nie sien nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 15:17:05 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2686
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Hallo Frans,

Ek het al bietjie deur die wereld getoer so kan bietjie raad hieroor gee.

Eerstens om 7 000 km in 14 dae te doen, gaan bietjie styf wees.

Dis 'n gemiddeld van 500 km per dag.

Om met een of twee voertuie wat nie sleep nie, sal dit moeilik wees. Met sleep gebruik ju gemiddeld 15 - 20% meer tyd om die selfde distansie te doen. Die syfer gaan op indien daar meer voertuie is.

Brandstof is omtrent R 2,00 p/l goedkoper in Botswana en Namibia,

wat baie help. Om stadiger te ry is meer veilig, jy sien meer en dis ligter op brandstof. Jou stadiger ry sal jou omtrent R 800,00 per voertuig per dag kos, en vinniger is omtrent R 1 000,00 p/v/p/d. Indien jy sleep kan jy tussen 25 - 30% meer brandstof per voertuig betaal.

September maand is dit al klaar redelik warm op jou beplande roete.

April sal jy miskien nog bietjie sukkel tussen Ruakana en Epupa Valle, wees nat paaie en hoe water merk langs die Kunene Rivier.

Die jaar het 'n vol uitgeruste Cruiser daar vasgesit weens hoe water vlakke.

Mei maand sal die ideale maand wees vir julle toer.

Dis voor die koue en en voor die winde begin om te waai.

Dis ook voor die Suid Afrikaanse skool vakansie en voor die Europense hordes begin met hulle toere.

Ek sal aanraai dat julle nie die selfde paaie twee keer ry nie en dan ook nie afdraai om Etosha se Ooste kant op te ry nie en dan weer die weste kant af.

Dit is baie extra km. Ry liewerste vanaf Rundu na Ruakana en dan van Epupa Valle na Opuwo, dan af na Kamanjab en dan in by Okuakuejo, en weer uit by Namutoni hek in die ooste.

Ek sal Olifantsrus in die weste vermy, weens die swaK paaie tot by Okuakuejo en die gebrek aan wild. Die kamp en watergat is nie te sleg nie.

Ek sal ook voorstel dat jy jou beplanning volgens Tracks4Africa se kaarte doen.

Indien jy nie mense kry om saam te ry nie, sal ek nie afgesit word nie.

Die gebiede is meer veilig om deur te toer as meeste gebiede in jou tuisland.

Die mense is meeste vriendelik, maar soos enige plek in die wereld, wees meer versigtig om en in die stede.

Indien jy my jou toerplan stuur, sal ek vir jou kampe en plekke aanbeveel, waar julle beplan om oortebly vir jul oornag plekke.

In Botswana is daar baie spoed veranderinge deur verskillende, dorpe, stede en voet en monds poste.

By van die plekke het hulle verkeers ouens wat vir spoed vang, so word gewaarsku. Die Pula is sterker as die Rand, maar hulle aanvaar rande by meeste vulstasies in Botswana, maar die wisselkoers is nie in jou guns nie.

Meeste plekke aanvaar Kredietkaarte, maar, veal die afgelee plekke is kontant koning. Die Rand en die Namibiese Dollar het die selfde waarde, so rande word oorals aanvaar in Namibia.

Indien jy enige ander vrae het, is jy welkom om my te epos by

edgew60atgmaildotcom

Gebruik die regte tekens vir (at) en (dot).

groete,

Edge

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 07:02:15 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Wil dit graag doen. Het al baie daaraan gedink om die roete te doen.  Sal ook regtig nie omgee om dit in n groep te doen nie.  September is op ons en ongelukkig gaan dit nie moontlik wees om verlof te kry (ingesluit vroulief) vir twee weke plus oor die tydperk nie.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 07:51:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Klink na 'n heel chapperige roete.  Ek sal graag eendag so iets wil mee maak. As als die reelings goed verloop moet julle dit geniet.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 18:47:32 pm
Frans F
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jul 2019

Hallo Edge

Jammer ek reageer nou eers. Ek wil net baie dankie se vir die waardevolle info wat jy gister gegee het hier. Waardeer dit opreg.

Ek gaan jou definitief later email omtrent die detail van die verskillende kampe vir oornag, soos jy genoem het.

Ek dink ek is dalk te oorgretig om te ry - met my datum einde September nou.  Herdink dit.

Praat later.

Groete

Frans

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2019 @ 20:18:53 pm
Frans F
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jul 2019

Goeie nuus dalk vir Nico, Piet Ford en ander wat vorentoe hier gaan lees en bg toer oorweeg.

Besluit dat September dalk te gou is vir mense wat graag moontlik op die toer  wil gaan en dat mense soos Edge en andere voorstel Mei maand n goeie tyd is vir die toer.

Dus het ek besluit die nuwe datum gaan wees :  25 April 2020 vir 2 - 3 weke. Verdere voordeel is daar is 2 vakansiedae ook (27 April en 1 Mei) die 1ste week. Werk op max 3 weke uit en tuis.

Mense wat belangstel laat weet asb. Ook die wat insette wil gee.  Sal vorentoe vergader ens, met diegene wat aandui hul gaan saam.

Groete

Frans

 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 15:32:59 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2686
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Geen probleem nie Frans.

Hou net my epos buiderhand en skryf jou behoefdes neer.

Meer dae gaan die toer baie meer prakties maak.

Met jou beplanning kan jy maklik 500 km/p/d gebruik (heen en weer) om deur Botswana te reis tot by Kasane/Gazenkulu, met die grensposte ingesluit.

In Namibia kan jy op die teerpaaie so 400 km/p/d uitwerk.

Die grondpaaie kan jy op 300 km/p/d uitwerk.

Die roete wat jy uitwerk sal geskik wees vir pad karavane tot by Ruakana,

daar sal die pad karavane suid moet draai. Die pad karavane sal ook sukkel om by van die kamplekke uit tekom. Indien moontlik ry liewerste sonder hulle, behalwe as dit niemoontlik is nie. Ek sal dan alternatiewe roete vir die gene met padkaravane kan uitwerk, maar dan gaan julle nie die hele roete kan saamry nie. Indien daar 4X2 voertuie die pad saam aandurf, behoort hulle alles saam te kan doen. Vir die onverwagte plekkie waar hul miskien sal/kan sukkel, neem net een of twee goeie sleeptoue saam, maar dit sal miskien nie eers benodig word nie, maar liewerste gereed daarvoor wees, as om met jou broek op jou kniee gevang te wees.

Dit sal meer raadsaam wees om daktente of grondtent of boskaravaan of waens op die roete te gebruik, anders sal die padkaravane ook wye draaie moet ry aan die suide kant van Etosha, sowel as om Epupa valle mis te ry..

Indien julle jul roete uitgesorteer het, kan ek verdere inligting volgens die roete verskaf.

Omthou net dat ek ook intussen toer, en disnie altyd moontlik om daagliks of weekliks op die forum te kom nie. Dis dus better om my epos te gebruik vir raad, en bereid wees om te wag, indien julle nie onmiddelik 'n antwoord van my kry nie.

Veilige reise.

Edge

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 17:35:45 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1479
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Daardie dele van Namibïe alleen gery met Defender in 2005.

Geen probleme. Stem saam sal nie pad karavaan oral kan vat nie.

Edge het goeie voorstelle en wzt in ag geneem moet word.

Dit kan alleen gedoen word as jy nie mense kry om saam te ry nie.

Ons het.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2019 @ 21:07:56 pm
Frans F
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 Jul 2019

Edge , baie dankie weereens vir jou insette hierbo.

Dankie ook vir Proffie, vir jou insette, waardeer dit.

 

groete

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 13:13:55 pm
Serpa
New Member
51% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 19 Sep 2019

Ek wil weet of daar mense is wat so vanaf 21 September 2019 wil saam toer na Namibie vir ongeveer 2 weke.

Beplan om van Centurion/ Gauteng te ry deur Botswana via Zeerust, op tot by Popa Falls, dan links na Rundu se kant, af na Tsumeb, Etosha se oostekant, weer op deur Ondangwa na Ruacana. Van daar af al langs Angola grens na Epupa omgewing (noorde van Kaokaland). Terug na Ruacana se kant, dan af met die groot pad na westelike deel van Etosha, Kamanjab dan Outjo,  Windhoek, via Gobabis, Buitepos af deur Botswana terug huis toe.

Ek het n 4x4, sonder karavaan, net tent en ry sover alleen.  Afhangende watter tipe voertuie saamgaan, kan ons  roete by sekere plekke aanpas soos Kaokaland, maar ek prober diegene akkomodeer wat net n 4x2 bakkie of SUV het. N gewone karavaan om saam te sleep sal nie werk nie, wel n off road trailor of karavaan.

Beplan om hoofsaaklik te kamp, maar kan af en toe in n chalet/oornagkamers of lodge bly vir die wat wil.

Die hele idee van die toer is om kostes vir almal so laag as moontlik te hou, deur n paar voertuie saam te ry en elkeen sy eie kostes dra. Dus geen toer fooie nie. Omdat dit so uitgestrekte roete is, glo ek nie dit is raadsaam om voertuig alleen dit aan te pak nie.

Hoor van julle. Net meer as 2 maande van nou af.

Groete

Frans F

 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required