English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 247
Total Replies: 201 762
Total Views: 80 838 622
topics: 72
replies: 1 323
views: 169 453
Share your best or worst experiences to help others out.

Man amongst men.

replies: 13
views: 441
21 Sep 2017 @ 20:49:37 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2556
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Wil graag die verlies van n goeie vriend deel.
Chris was n heel paar jaar ouer as ek, 22 jaar op presies te wees, maar dit nie n verskil gemaak aan ons vriendskap nie.
In sy jong dae was hy n kampioen motorfiets ryer, en sy fietse geniet tot sy laaste dae. Verlede jaar nog, ry hy van hier tot bo in Gobabis om net vir 1 dag by n vriend te gaan kuier. Chris het die Roof of Africa gery, en voltooi, op n ouderdom waar meeste van sy ouderdom rolbal met moeite speel.
Groot kamper, maar effe eksentriek, met sy luukse karavaan bo-op n trok gemonteer en dan al wat n agterpad is te verken, hy het dit sy hut genoem. Hond en kat saam. Gunsteling staanplek, n windpomp met n dam langs die pad.
Hy sal afraai, gaan kyk of daar n opstal is, en dan gaan vra of hy mag oorstaan. Op die manier het hy baie vriende gemaak.
Onthou nog toe hy vertel het van hoe n Jakkals die kat kom gryp reg langs hulle waar rustig na die windpomp luister.
Voor op sy trok was n klein motorfiets gemonteer, was sy sekerheid as iets sou gebeur. Vertel die storie van toe die trok se oliefilter op n dag begin lek. Op die motorfiets, kry nuwe filter en terug probeer hy die ou een afdraai, sonder geluk, het nie die regte gereedskap nie. Kom n bakkie aangery met 2 boerklonge in, en daar vat een die filter met 3 fingers vas en draai hom los. Hy was baie erg oor die boerenasie, self n ou Rhodesier, en nooit die naam Zimbabwe gebruik nie.
Vreeslike rassis, maar hart van goud. Op n dag loop ons mekaar raak in parkeerterrein, vrouens in winkels.
Dronkie kom bedel terwyl ons gesels, ek steek n preek af en se nee. Chris se my reguit, Herman do you really think that you will change him? Give him enough, and he will buy something for the children. Van die dag af gee ek mildelik vir die dronkies.
Soos gese, vreeslike rassis, maar op n sondag oggend is Chris met oopmaaktyd voor die supermark, hy koop al die ou brood en laai in sy blou en wit vw kombi. Ry dan na die plakkers area en deel die brode uit vir die mense.

Toe hy n kniegvervanging moet kry, se hy vir die dr dit is darem te duur vir die besigheid. Hy ry krematorium toe, en vra daar wat word van al die metaal kniekoppe dan, man trek n laai oop, en vra hoeveel hy wil he. Is daar weg met n hele klomp, huistoe met hulle, en maak blinkskoon met n draadborsel. Dink julle verstaan wat met die volgende konsultasie by die ortopeed gebeur het, die het net kopgeskud.
Verlede vrydag hom gaan groet, het n beroerte gehad, my hand gedruk, my trane was warm, omgedraai en weg geloop. 2 uur is hy weg.
Geen diens, geen begrafnis nie, dit was Chris.
Wat n legende, one of a kind, man amongst men. Wat n vooreg was dit gewees om hom my vriend te noem.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2017 @ 06:38:24 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Herman, ek het nou twee keer deurgelees.  Ek kan presies aanvoel die mens wat jy hier beskryf.   Sy soort is dungesaai.   'n Mens wat leef volgens sy hart, sonder wêreldse riglyne. Ek glo hy het dieselfde oor jou gevoel, daarom die band tussen julle.   Jy sal altyd die mooi herinneringe oor hom hê.   Sterkte met die verlies.  Groete.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2017 @ 10:02:03 am
Campervan
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2453
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 40 years
Jammer om te hoor van die verlies van 'n wonderlike vriend Herman...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2017 @ 11:02:54 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4420
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 33 years
Herman wat n persoon sulke ouens is dun gesaai onthou altyd die mooi sterkte
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2017 @ 14:21:57 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2804
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Alles van die beste Herman met die verloor van iemand baie spesiaal. Ons is met jou in gedagtes in die tyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2017 @ 14:31:03 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 18 years
Neef Herman
Dankie dat jy jou vriend met ons gedeel het en sterkte voorentoe .Ek het ook so n omie geken oom Rassie die ou het sulke rooi hare en rooi baard gehad die sout van die aarde .Nes jou vriend was hy n alleen loper met nie baie wereldse goeters ,Die hart seerste was die dag toe hy dood is was daar nie 1 van die mense wat hy gehelp het by sy begrafnis nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2017 @ 14:31:13 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Wat kan ek nou sê ? Eintlik niks nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2017 @ 18:06:06 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1683
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

My Pa sou gesê het - sout van die aarde.  Hulle word skaars.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2017 @ 21:35:56 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2556
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Dankie almal. Chris was getroud, Sally gaan seker bitter swaarkry sonder hom. Hy was die grootste gentleman, vir Sally op die hande gedra, hulle het altyd soos jong liefde met mekaar gepraat.
Jare gelede n huisie in goeie aftree oord gekoop, gese dat Sally moet uitgesorteer wees waneer hy die bucket skop. Sy sal seker nou daar gaan bly.
Raak seker vir my ook tyd om in daai rigting te begin dink en beplan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2017 @ 22:16:08 pm
Anonymous

Herman, jammer om van jou vriend te verneem, sterkte vir almal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2017 @ 06:56:10 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9263
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years
Sterkte Herman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2017 @ 08:11:29 am
PietG
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1356
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years
Sterkte Herman. Daardie tipe persoonlikhede is besig om die ou wereld te verlaat. Hoe tragies en jammer. My skoonseun se broer (58) het ons ook eergister ter ruste gele. Was 34 jaar n finansiele bestuurder by SAUK. Vier maande gelede op 58 met vervroegde pensioen gegaan omdat hy dit net nie meer kon hanteer nie. Verlede week n skielikke hartaanval en alles binne een minuut verby.
Ons is nog tans hier by die kinders en gaan DV Dinsdag terug huistoe.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2017 @ 08:41:37 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Sterkte Herman. Daardie tipe persoonlikhede is besig om die ou wereld te verlaat. Hoe tragies en jammer. My skoonseun se broer (58) het ons ook eergister ter ruste gele. Was 34 jaar n finansiele bestuurder by SAUK. Vier maande gelede op 58 met vervroegde pensioen gegaan omdat hy dit net nie meer kon hanteer nie. Verlede week n skielikke hartaanval en alles binne een minuut verby.
Ons is nog tans hier by die kinders en gaan DV Dinsdag terug huistoe.

Haai siestog Piet, dit is ook maar tragies dat hy op so jong ouderdom aftree en net daarna oorlede is.   Nou kon hy nie eers sy aftrede geniet na al die stres by SABC nie.   Sterkte vir julle ook.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2017 @ 09:05:23 am
Joe Stieger
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 40 years
Herman, sterkte daar! Vat aan 'n man, so-iets, het self so 'n vriend gehad- man onder manne!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First