English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 944
Total Replies: 59 450
Total Views: 80 036 245
topics: 45
replies: 942
views: 154 093
Share your best or worst experiences to help others out.

Party mense is nou maar so

replies: 30
views: 622
12 Sep 2017 @ 08:36:56 am
HappyCamper
Bronze Member
Offline
Posts: 34
Joined: 01 Nov 2010
Province: Limpopo
Experience: 45 years
Vehicle: Prado Diesel
Camping: Exclusive
Klink of ek net kla maar eintlik is dit interesant om mense waar te neem.
Het jy al daai ou gekry in die wildtuin wat dink sy nuwe diesel bakkie kom uit 1963 en moet ten minste 10 minute loop en "idle" om warm te word voor hy mag ry? Gewoonlik 5 uur die oggend net buite jou venster.
Dan kry jy mense wat so stil kan oppak dat jy verstom is om te sien hulle is weg as jy opstaan. MAAR daar is natuurlik ook die kerel wat daarvan hou om tentpale rond te gooi en te sorg dat almal in die kamp wakker is om te sien wanneer hy ry.
Ek geniet dit om met medekampers te gesels maar as iemand sy karavaan 3m van joune opslaan met n oop kampterrein om plek te kies, voel ek die person is in my persoonlike spasie.
Daar is baie meer positiewe dinge om te se van medekampers as negatief, maar daar is mense wat nie n duit omgee vir n ander nie.
12 Sep 2017 @ 09:12:32 am
Klein DK
Platinum Member
Offline
Posts: 357
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year

Dit is werklike feite wat genoem word.

'n Feit wat my briesend maak, is wanneer jy jou buurman groet en hy kyk jou aan asof die honde jou daar aangedra het.

Verlede jaar Desember het ek so 'n insident gehad waar my buurman en sy vrou blatant geweier het om te groet.

Soos die wiel draai, wou die direkte persoon se voertuig een oggend nie aanskakel agv 'n pap battery.

Die nederige persoon wie gereeld gegroet het, ''ek'' het nader gestaan en gewys dat ek 'n beter persoon is en my hulp aangebied om die persoon uit sy verknorsing te help waar ek kon sien dat die persoon alreeds panikeurig was.

Ken jouself
12 Sep 2017 @ 09:50:57 am
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4530
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Rob, ek kon nie nou help om te glimlag oor die "wakker maak" storie in die oggend nie.   Ek glo nie dit het al ooit gebeur dat ons iewers kamp waar dit nie ten minste een keer gebeur het nie.laughing   As daai diesel bakkie so staan en idle en die pale val, dan wil jy jou kussing oor jou kop trek.   Dit is maar die "joys of camping".    Soos jou naam sê, bly maar 'n "Happy Camper"wink

12 Sep 2017 @ 10:18:23 am
Diddo
Titanium Member
Offline
Posts: 516
Joined: 23 Apr 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 9 years
Vehicle: Yskas
Camping: Vrieskas

Klink of ek net kla maar eintlik is dit interesant om mense waar te neem.
Het jy al daai ou gekry in die wildtuin wat dink sy nuwe diesel bakkie kom uit 1963 en moet ten minste 10 minute loop en "idle" om warm te word voor hy mag ry? Gewoonlik 5 uur die oggend net buite jou venster.
Dan kry jy mense wat so stil kan oppak dat jy verstom is om te sien hulle is weg as jy opstaan. MAAR daar is natuurlik ook die kerel wat daarvan hou om tentpale rond te gooi en te sorg dat almal in die kamp wakker is om te sien wanneer hy ry.
Ek geniet dit om met medekampers te gesels maar as iemand sy karavaan 3m van joune opslaan met n oop kampterrein om plek te kies, voel ek die person is in my persoonlike spasie.
Daar is baie meer positiewe dinge om te se van medekampers as negatief, maar daar is mense wat nie n duit omgee vir n ander nie.

Miskien slaan die ou langs jou op omdat hy bang is vir die wilde diere?tongue-out

12 Sep 2017 @ 10:45:54 am
Big5Spotter
Moon Member
Offline
Posts: 909
Joined: 08 Oct 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 8 years
Vehicle: Toyota Fortuner
Camping: Sprite Sprint 2015
Rob dis so waar wat jy se van die wildtuin en sy mense, daai bakkie idle en opslaan 5uur in die oggende, kar deur oop dan toe en so gaan dit aan,dan staan jy op gaan vir n oggend drive as jy terugkom is die ou nog daar, ek n persoon 1 maal groet as hy my ignoreer en nie groet doen ek dieselfde.
12 Sep 2017 @ 12:25:08 pm
Peet
Bronze Member
Offline
Posts: 12
Joined: 03 May 2017
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 47 years
Vehicle: Navara 2.5
Camping: Palma/XT140
Het April maand vir 'n week gegaan, het oorkant mense op geslaan. Pad tussen in. Hulle sit en kyk wat jy doen, nekke rek eintlik om te sien, jy voel naderhand so self bewus. Het gevoel vat my goed en ry. Hulle het ook nie gegroet nie, twee dae later pak hulle op, toe my beurt om te sit en kyk, voel snaaks om mense so uit te kyk maar dog toe kry vir jou.
12 Sep 2017 @ 12:49:13 pm
Big5Spotter
Moon Member
Offline
Posts: 909
Joined: 08 Oct 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 8 years
Vehicle: Toyota Fortuner
Camping: Sprite Sprint 2015
Peet jy kry dit oral waar jy kamp, hulle vergaap hulle aan wat jy doen en hoe jy opslaan
maak my lielies lam.
12 Sep 2017 @ 12:57:45 pm
Klein DK
Platinum Member
Offline
Posts: 357
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year

Het April maand vir 'n week gegaan, het oorkant mense op geslaan. Pad tussen in. Hulle sit en kyk wat jy doen, nekke rek eintlik om te sien, jy voel naderhand so self bewus. Het gevoel vat my goed en ry. Hulle het ook nie gegroet nie, twee dae later pak hulle op, toe my beurt om te sit en kyk, voel snaaks om mense so uit te kyk maar dog toe kry vir jou.
Ja die uit kyk van mense.

Voorheen was ek danig om mense te help opslaan as ek opmerk die ou is so ietwat moeg en dit is warm. 

Met my laaste probeer slag om hulp aan te bied, het die ou my 'n afjak gegee en nou deesdae hou ek daarvan om te sit en kyk hoe ander sukkel om op te slaan of af te slaan agv van een enkele persoon se afjak.

Ken jouself
12 Sep 2017 @ 14:44:54 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8328
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.
Rob dis so waar wat jy se van die wildtuin en sy mense, daai bakkie idle en opslaan 5uur in die oggende, kar deur oop dan toe en so gaan dit aan,dan staan jy op gaan vir n oggend drive as jy terugkom is die ou nog daar, ek n persoon 1 maal groet as hy my ignoreer en nie groet doen ek dieselfde.

Ek sal my stoel so maak staan dat as hy op sy staanplek roer dan moet hy my sien en dan groet ek hom weer en weer en weer en......................... teen die tyd sal my vrou my 'n kopklap gee en sê kom sit nou hier en los die ou uit.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
12 Sep 2017 @ 15:03:25 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8328
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.
Praat van UIT-KYK.
Met die April vakansie 2005 se eerste 3 dae, sit my broer met sy gat vierkantig in Duitsland. Ek was toe genoodsaak om twee karavane af te sleep Dolphin Holiday resort toe.

In kort met die eerste trip kom ons vroeg oggend daar aan, ek, my vrou en kinders as ook skoonsus en haar dogter. Ons sien toe dat mense oorkant ons staanplek ons begin aangluur en die storie van een ou met twee vrouens en drie kinders pak hier af. Toe ons opmerk ons het toeskouers maak ons die pap dik aan. So met die opslaan van die tent kom gee my vrou my 'n drukkie en dan later kom gee ou skoonsus my 'n drukkie en dan die kind en dan daai een.
So met die vordering sien ons toe die toeskouers raak meer en dit gons aan daai kant van die pad. Teen 12uur is die dinge uitgesorteer en ek druk en soen groet almal. spring in die Mazda bakkie en ry terug Benoni toe om my broer se Penta te gaan haal. Terwyl ek weg is het my vrou en skoonsus die pap nog dikker aangemaak deur geredelik aanmekaar te vat en drukkies te gee. Die volgende oggend net na 10h00 toe trek ek met die tweede Penta daarin en berei hom voor op die staanplek langsaan my eie karavaan.
Kyk....... jy kon op 'n afstand hoor hoe skinder die dametjie oorkant die pad. Want hier gebeur dan nou onooglike dinge..... een man met twee vroue en soos wat ek die tent opslaan weet ek net so goed waar is als in my broer se Penta as in my eie. "Duidelik hoort ek ook in daai wa.............

Ons het doodstil gebly en die pap-pot bly roer tot ons die Sondag oggend my broer gaan haal het op Durban Lughawe. Was dit nou nie 'n sug van verligting wat vanaf die anderkant van die pad afgekom het nie toe die vroutjie hom sien nie.
Ons lag tot vandag toe nog oor daai uit gekykery.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
12 Sep 2017 @ 15:33:03 pm

laughinglaughing Goeie een.

Ek het gedog dit is net ek wat sulke bollie kan aanvanglaughing, maar nou sien ek dat ander dieselfde doen.

Ken jouself
12 Sep 2017 @ 16:36:45 pm
See liefhebber
Pluto Member
Offline
Posts: 7364
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
JaNee...daai pale geluid is soms n hartseer geluid...veral na n naweek..as jy daai pale hoor val oral deur die kamp, weet jy jou naweek is verby😭
12 Sep 2017 @ 17:34:17 pm
Klein DK
Platinum Member
Offline
Posts: 357
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year
Ons slaan gewoonlik af die vorige middag van vertrek en sit dan die gazebo voor die karavaan sodat as ons die volgende oggend vroeg vertrek dat ons nie die bure steur nie.
Ken jouself
12 Sep 2017 @ 17:35:32 pm
Nico
Moon Member
Offline
Posts: 822
Joined: 16 Jan 2010
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 9 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara, Suzuki Jimny, Audi S3 Quattro, VW 1600 SP Beetle, 6 bicycles, SYM scooter!! SOLD: Suzuki SJ (picture)
Camping: Sprite SC

Fantastiese storie Leon ... lag eintlik van lekker kry!

So lekker om mense so bietjie om die bos te lei - hulle is mos partykeer so ingaperig!

Het een keer by Bush n Buck mense gehad wat wragtig omtrent 2 duim van my karavaan af opgeslaan het, basies amper onder my Silwerseil. Eers dit geredelik aanvaar, later bietjie kwaad geword, toe my windseile omtrent onder sy kantseil opgeslaan vir privaatheid. Geensins gehelp nie. Tot Joan se skaamte die nag redelik gesteun en gehyg en gepraat asof dinge GEBEUR bedlangs .... volgende dag toe slaan hulle op en verdwyn!!

Lekker!

12 Sep 2017 @ 19:18:00 pm
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4530
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Fantastiese storie Leon ... lag eintlik van lekker kry!

So lekker om mense so bietjie om die bos te lei - hulle is mos partykeer so ingaperig!

Het een keer by Bush n Buck mense gehad wat wragtig omtrent 2 duim van my karavaan af opgeslaan het, basies amper onder my Silwerseil. Eers dit geredelik aanvaar, later bietjie kwaad geword, toe my windseile omtrent onder sy kantseil opgeslaan vir privaatheid. Geensins gehelp nie. Tot Joan se skaamte die nag redelik gesteun en gehyg en gepraat asof dinge GEBEUR bedlangs .... volgende dag toe slaan hulle op en verdwyn!!

Lekker!

Nico, ek het al heelwat dinge gehoor (en gesien) van die bure se kant as ons kamp.  Winde van bo en van onder.  Snork.  Faaaaiiitt.  Lag.  Huil.  Maar daai deng het ek darem nog nooit gehoor nie.  laughinglaughing

12 Sep 2017 @ 20:01:47 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1461
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Ons kamp eendag by Letaba in die Kruger Wildtuin toe my liefie se niggie skakel en vra of ons vir haar en haar man slaapplek het, hulle wil graag oor die naweek by ons kom kuier.  Ons stem in en sê ons sal die add-a-room regkry, maar hulle moet beddegoed en 'n opblaasmatras saambring.  Leon en Kleintjie daag op en teen donker word hulle "slaapkamer" in orde gebring.  Die skerp lig in die add-a-room het die nare gewoonte om die mense binne-in se silhoeët af te ets as jy van buite af kyk. Leon en Kleintjie staan op hulle knieë terwyl Leon die opblaasmatras met 'n handpomp oppomp, maar hy is nou nie eintlik fiks nie.  Op 'n stadium merk ons verbygangers staan en staar na die add-a-room en toe ons uitkom om ondersoek in te stel, hoor ons Kleintjie sê : "pomp Leon, pomp nog !" en Leon antwoord uitasem : "ek kan regtig nie meer nie !"

Toe verstaan ons hoekom die verbygangers hierdie silhoeëte gade geslaan het.

Lennie
Brackenfell, Cape Town
12 Sep 2017 @ 20:59:03 pm
Lone Ranger
Bronze Member
Offline
Posts: 23
Joined: 04 May 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 34 years
Vehicle: Mazda B3000 D/C
Camping: 1983 Sprite Musketeer Caravan, Tent for rough camping

Leon en Lennie - jul stories het my nou lekker laat lag laughinglaughing. Dit laat my terug dink aan al die jare se kamp.

Twee jaar terug het ek en my suster (albei enkel) by Tsendze Rustic Camp in KNP gekamp vir 'n paar dae vir familie byeenkoms - Neef en nigs, en families, het in een van die ander kampe in rondawels gebly. Hulle is gewoond aan weelde, en ons glo in "rustic". Ons twee was ook die "centre" van bespreking by menige ander kampers om die badkamers, aangesien ons dan nou in twee apparte tente geslaap het - my suster in groterige 3 man tent en ek in klein 1 man tentjie. 

Dink net as almal van ons dagboeke geskryf het van die stories deur die jare - sou onvergeetlike herrineringe gewees het.

Kan nie wag om my karavaan-opknapping klaar te maak nie - die wiele moet weer Desember rol na 3 jaar se staan.   

12 Sep 2017 @ 21:19:45 pm
Klein DK
Platinum Member
Offline
Posts: 357
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year

Leon en Lennie - jul stories het my nou lekker laat lag laughinglaughing. Dit laat my terug dink aan al die jare se kamp.

Twee jaar terug het ek en my suster (albei enkel) by Tsendze Rustic Camp in KNP gekamp vir 'n paar dae vir familie byeenkoms - Neef en nigs, en families, het in een van die ander kampe in rondawels gebly. Hulle is gewoond aan weelde, en ons glo in "rustic". Ons twee was ook die "centre" van bespreking by menige ander kampers om die badkamers, aangesien ons dan nou in twee apparte tente geslaap het - my suster in groterige 3 man tent en ek in klein 1 man tentjie. 

Dink net as almal van ons dagboeke geskryf het van die stories deur die jare - sou onvergeetlike herrineringe gewees het.

Kan nie wag om my karavaan-opknapping klaar te maak nie - die wiele moet weer Desember rol na 3 jaar se staan.   

Ek lees jy skryf oor dagboeke.
Tans is ek besig met ń bundel oor my lewens verhaal.
Tensy alles goed verloop, behoort dit teen 2021 op die rakke te wees.
Alle sterkte met die opknapping.
Ken jouself
13 Sep 2017 @ 07:49:02 am
See liefhebber
Pluto Member
Offline
Posts: 7364
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Klink of ek net kla maar eintlik is dit interesant om mense waar te neem.
Het jy al daai ou gekry in die wildtuin wat dink sy nuwe diesel bakkie kom uit 1963 en moet ten minste 10 minute loop en "idle" om warm te word voor hy mag ry? Gewoonlik 5 uur die oggend net buite jou venster.
Dan kry jy mense wat so stil kan oppak dat jy verstom is om te sien hulle is weg as jy opstaan. MAAR daar is natuurlik ook die kerel wat daarvan hou om tentpale rond te gooi en te sorg dat almal in die kamp wakker is om te sien wanneer hy ry.
Ek geniet dit om met medekampers te gesels maar as iemand sy karavaan 3m van joune opslaan met n oop kampterrein om plek te kies, voel ek die person is in my persoonlike spasie.
Daar is baie meer positiewe dinge om te se van medekampers as negatief, maar daar is mense wat nie n duit omgee vir n ander nie.

Miskien "Idle" hy daai kar om sy vrou aan te jaag....dit werk soms! :-}
13 Sep 2017 @ 11:50:26 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1839
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Kom mense ons soek nog sulke lekker stories oor in en om die kampplek :)

13 Sep 2017 @ 14:48:31 pm
dassie
Gold Member
Offline
Posts: 242
Joined: 12 Feb 2017
Province: KwaZulu-Natal
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Ons staan die 1 jaar in Satara en laat middag stap n mens maar op na die draad se kant toe om te sien wat in die veld verby loop .Toe ons daar kom is daar heelwat ander mense ook want n hyena loop so om en om die kamp se ge-elektriese draad .Ek weet nie of iemand hier al met daai draad se groet kennis gemaak het nie maar kan net se dat hy jou behoorlik groet in Afrikaans . Daar is so oue omie ek skat hom so in sy 70's en sy madeliefie vroutjie wat ook so rond drentel en n paar keer moes madeliefie hom waarsku Pappa pasop vir die draad en dan staan die ou so bietjie terug .Met dit kom die hyena weer sy rondte doen en omie vergeet van die "lewendige draad" shame hy wou ook seker n foto neem van so naby die volgende oomblik begin sy lyf te ruk asof hy kastor olie ingekry het .Ek snap toe hy staan teen die draad genadiglik sak hy af op sy kniee en dit verbreek die kontak tussen sy hande en die draad .Nou probeer hy opstaan en sy mond maak sulke oop en toe bewegings soos n vis op droee grond maar daar kom nie klank uit nie .Ons help hom op maar die oubaas kan nie op sy bene vanself staan ,so help ons hom loop tot by 1 van daai uitkyk bankies en help hom om te sit .Toe die ou sy stem bande terug kry en die ergste spoeg van sy ken afgevee het se hy net F@%&kit nou het ek amper my gat gesien .Ai mens lag nie vir iemand wat so te se sy voorvader gegroet het nie maar na die oom se woorde het almal wat daar was amper hulle broeke nat gemaak sooos hulle gelag het ek inkluis Kyk hulle se mos goeters wat jy nie kan sien slaan jou die hardste
13 Sep 2017 @ 18:56:43 pm
snys
Platinum Member
Offline
Posts: 286
Joined: 09 Apr 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Nissan NP300 TDI D/C
Camping: panther Alpha

Ek het vroeer jare n slipstream gehad. Dit is nou die een wat jy met n slinger draai om hom op te slaan. Hierdie tipe karavane was maar skaars en kon die mense hulle nogal verkyk aan die gedoente wat so met n slinger opgewen word. Een slag, terwyl ek die ding opwen, sit daar so opgeskote knaap hom aan die bedrywighede en vergaap. Ek het so effens warm onder die kiewe geraak.  n Man gee nie om dat jy staan en swoeg nie, maar as n knaap jou uit jou bloedgroep uit staar terwyl jy sukkel, krap dit so effens. Hy het bly staar, ek het bly swoeg en warmer word, maar toe die karavaan uiteindelik sy stane staan, haak hierdie knaap mos af en se: kul jou hier, kul jou daar en siedaar, n karavaan. Ek kon maar nie anders as om uit te bars van die lag nie. 

13 Sep 2017 @ 19:51:38 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1461
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Snys, verskoon my met hierdie een, maar ek kan nie die kans laat verby gaan nie : Ek is seker hierdie gebeure van die arogante knaap het by 'n ATKV-oord gebeur !

Lennie
Brackenfell, Cape Town
13 Sep 2017 @ 20:20:32 pm
Klein DK
Platinum Member
Offline
Posts: 357
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year
My een was by ST, Parys op oujaars aand, terwyl ongewenste chalet kampers nie stille musiek en alkohol kon hanteer nie.
Terwyl ek lekker slaap nog voor nuwe jaar, begin die klomp aan skreeu en baklei.
"Oorasgenoeg", klim ń karavaan uit en sê, julle steur my en ek dink julle benodig ń swem.
Twee rol rivier wal af, kan nie onthou of ek hulle weer gesien het nie.
Al wat ek kan onthou, my vinger was gebreuk en donkies seer.
agv, Daarvan het my karavaan bykans wal afgeval met ons vertrek ń week later.
Ken jouself
13 Sep 2017 @ 20:54:38 pm
snys
Platinum Member
Offline
Posts: 286
Joined: 09 Apr 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Nissan NP300 TDI D/C
Camping: panther Alpha

[quo

Snys, verskoon my met hierdie een, maar ek kan nie die kans laat verby gaan nie : Ek is seker hierdie gebeure van die arogante knaap het by 'n ATKV-oord gebeur !

te]4205,975[/quote]

Goed Lennie, let nou mooi op: nie arogant nie. Arrogant, ar-ro-gant. Ek is seker met so bietjie oefening sal ons dit regkry. 

14 Sep 2017 @ 14:38:18 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1461
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Skerp Snys, ek is uitgevang !  (Ek probeer nogal om my spelling reg te hou, maar nouja hier het ek liederlik gegly  -  het seker gemaak, dis nie met 'n "ei" nie !)

Lennie
Brackenfell, Cape Town
14 Sep 2017 @ 15:44:09 pm
snys
Platinum Member
Offline
Posts: 286
Joined: 09 Apr 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Nissan NP300 TDI D/C
Camping: panther Alpha

Is reg, Lennie. Ek sal ook maar voortaan moet mooi let op die spelling.Hulle se payback is a $%&#*. 

14 Sep 2017 @ 16:29:47 pm
ColinFreda
Pluto Member
Offline
Posts: 4530
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Is reg, Lennie. Ek sal ook maar voortaan moet mooi let op die spelling.Hulle se payback is a $%&#*. 

Ha-ha, lekker lag ek nou vir jou Snys.   Want jy is so reg.   Terugkry gaan Lennie jou terugkry.  Daarvan kan jy seker wees.  Jy beter baie mooi spel van nou af aan.  laughinglaughing

14 Sep 2017 @ 16:55:00 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1839
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Ek lees hierdie een vandag:

Dit was Saterdag so skuins na tien. Kan nie onthou of dit Benoni of Brakpan was nie. Maar die kerel kom ingesleep by Manyane met 'n multi-color Corollatjie wat beslis sy beste dae gehad het. Langs hom sit Blondie. En agter sit skoonma (Blondie se ma)

Eers hou hulle verby die tent-area tot in die karavaan-gebied. Maar ek dink iets het dit tot hulle laat deurdring dat daardie wereld net vir die ouens is met die groot karre en lorries, wat karavane sleep.

So kom sluip hulle toe in die tent-area in. En gou stop ta. Twee voustoele word opgetower, en Blondie en Ma kry hulle sit in 'n amperes verdwaalde koeltetjie. Ek weet nie watter een van hulle se hare was die meeste ge-tease nie. Of wie se naels was die rooiste, of wie het die tightste jean aangehad nie. Ek het amper gevoel ek kyk na 'n robot waarvan die geel en groen ge-fuse het, want die lippe is so rooi dat hulle altwee die hele dorp se treffiek kan beheer net deur hulle lippe te roer!

"Lovie, kan ons 'n glasie wyn kry" Nie asseblief of niks. En Blondie sit en Ma sit. En Lovie tower twee wynglase na vore met 'n boks van die wingerd se koelstes.

En dit was ook sy teken om die tent te begin staanmaak.Dit lyk kompleet of die man 'n stoeigeveg aan die gang gehad het met die tent, net om hom oor die rand van die boot te lig. En Lovie het hom pas neergesit en begin ooprol, toe besluit Blondie van "Lovie, nee. Hierdie site is nie lekker nie. Kan jy hom daar opslaan?"

Sonder 'n word van teenspraak rol Lovie weer die tent op en begin opnuut met 'n amperse verloor-stoeigeveg. Als net om die tent te skuif na die nuwe area wat Blondie aangedui het.

Die ooprol gaan nou effe vinniger, en die hoeke was pas klaar vasgepen dat geen wind die saak sou kon roer nie, toe kom Blondie weer op die lug: "Lovie, nee. Hier is te veel knoppe op die grond. Kom ons piets (pitch) die tent eerder op daai site. En top ons op terwyl jy nou niks doen nie" Weer geen asseblief of selfs 'n dankie nadat Lovie gedwee die glasies hervul het nie

En Lovie sak neer op sy kniee. En worstel elke pen uit die grond soos 'n tandarts nie kan worstel met 'n halsstarrige kiestand wat nie wil uit nie. En Lovey begin weer sy stoeigeveg om die tent bymekaar-gevat te kry en om hom te skuif.

En hierdie proses het hom waaragtig nog 'n keer herhaal. "Nee Lovie, hier oorkant die pad is nou net die plek vir ons. Ma se ook so" -en Lovie trek tanne en stoei die tent oorkant die pad toe. En Lovie slaan op, en hy pak uit. Drie stretchers, nog 'n voustoel kom staan langs die opvou-tafeltjie. En die boks van die wingerd se koelste word aangespreek deur Blondie en Ma, en hulle kamp 'n hond uit 'n bos!

So met die ernstige kampery saam die wyn se koele lafenis het oom donker hulle bekruip, en dis daar waar die popo die fan loop slat lat jy net strooi sien spat. Seg Blondie: "Maar lovie, hier is geen lectrcity op die site nie. Wil jy nie die tentjie gou vir ons skuif terug deuskant toe nie, hier is electric pale"

Dis waar my samaritaanse bloed die oorhand oor my gekry het, want selfs ek as toeskouer het nie kans gesien dat Lovie (nou in die donker) die hele kamp moet afbreek en weer skuif nie. Toe leen ek hom my lectric ekstensjun.

Ek het my vleisie gebraai en gaan inkruip. Lovie het gesukkel om 'n vuurtjie staan te maak, en kort-kort moes hy vir Blondie en Ma optop. So ek het nie gesien of daar uiteindelik iets gebraai was of nie.

Maar Sondag toe ek opstaan, dog ek ek sal gaan verneem of hulle goed kon rus en lekker kamp. Toe le net my ekstenjun-draad mooi netjies opgerol voor my tent se deur"¦"¦ Lovie, Blondie en Ma saam met die fatap Corolla en die moewiese tent is missing"¦"¦..

14 Sep 2017 @ 17:33:25 pm
Lennie
Jupiter Member
Offline
Posts: 1461
Joined: 19 Jul 2012
Province: Western Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 48 years
Vehicle: 2013 Nissan Patfinder dCI
Camping: 2005 Jurgens Exclusive

Mooi storie Danie  -  en ek hou van die beskrywing van die "fatap" Corolla as ook die verlengkoord, "ekstensjun" !

Lennie
Brackenfell, Cape Town
14 Sep 2017 @ 17:42:23 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 901
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Ek kan dit duidelik sien! 

Ek het eenkeer by Die Eiland twee jongmense gesien wat met een van hierdie selfopslaan-strandskuilings geworstel het.  Dis daardie tipe wat jy net los en siedaar! Hy staan! Die afslaan is 'n ander saak, want jy moet snaakse draaibewegings uithaal, maar as jy dit ken is dit redelik maklik- ons het so 'n klein tentjie.  Ek het maar nie gaan help nie, want sê nou ek kry dit nie reg nie, dan's my naam ook bollie. Na 'n lang gestoei met die tent wat telkens weer in die opslaan posisie eindig, het hule hom maar so weggedra.  Ek het gewonder of hulle hom wel opgevou gekry het of dalk netso oop op hulle kar se dak huistoe gery het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First