English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 633
Total Replies: 181 414
Total Views: 79 796 325
topics: 35
replies: 756
views: 148 809
Share your best or worst experiences to help others out.

Wie is ń roker

replies: 56
views: 511
15 Jul 2017 @ 21:00:00 pm
Klein DK
Gold Member
Offline
Posts: 166
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year
Ek of bevel van my vrou, moes ek/ons weer verfrollers en kwasse nader sleep. Dit is ongelukkig elke 2de jaar se opdrag.
Vandag toe ek die plafon van die kombuis verf, dink ek aan myself: Ek wonder wie respekteer sy huis of karavaan?
My plafon was so erg na 2 jaar dat mense sal dink ek sit permanent voor ń rekenaar en stook dat die rook by my ore uitkom. Ek rook, maar slegs 3 sigarette/dag en bewaar my om vrede te bespaar, gaan ek motorhuis of na buite om so bietjie saligheid vir die longe te kry. Ek mag nie eens ń ou saligheid in my studeer kamer geniet nie.
Terwyl ek daardie roller heen en weer rol, dink ey by myself aan die wat rook waar dit skade kan bring.
Het jy werklik respek?
15 Jul 2017 @ 21:14:07 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
My geliefde dogter weier om af te sien van haar rook gewoontes. Sy doen nie en mag ook nie in my huis rook nie. Elma, haar ma is baie streng daarop. Buite rook, stompies in n bottel water want as moeder dasr buite kom en n stompie daar sien rondle. Eisch man, dan draai die rook by haar ore uit. Hehehe anderse soort rook.
Ekself het a.g.v. long probs al my Texans in 1980 opgegee....
15 Jul 2017 @ 21:19:58 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Ergste is om die sigret in die mond te laat hang terwyl jy tv kyk.
Ek het n oulike grappie oor dit, maar dit gaan nie paslik op die forum afgaan nie.
15 Jul 2017 @ 21:37:26 pm
Klein DK
Gold Member
Offline
Posts: 166
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year
Ergste is om die sigret in die mond te laat hang terwyl jy tv kyk.
Ek het n oulike grappie oor dit, maar dit gaan nie paslik op die forum afgaan nie.
Sulke tv kyk en rook sien ek baie.
Somtyds na werk op ń Vrydag kuier die klompie mos gereeld. Eisch as daar rugby of krieket op tv is, sien jy net "Sparks" soos die skeidsregter beledig word.
As daar punte aangeteken word of daar is aksie, steek hulle sommer so 2 aan, te gatbang hulle mis iets.
Daarna staan hulle soos tannie Stienie van Agter elke man en verduidelik wat verkeerd geloop het of daai ou is my Hero.
15 Jul 2017 @ 21:43:02 pm
speknek
Titanium Member
Offline
Posts: 591
Joined: 30 Apr 2014
Province: Gauteng

So bly ek het daai goed gelos jare terug. As ek nou wil stink skyt ek maar net in my broek.

15 Jul 2017 @ 22:02:09 pm
Brommer
Neptune Member
Offline
Posts: 3566
Joined: 13 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Bakkie
Camping: Karavaan

Neewat kan ook nie bekostig om te rook nie

15 Jul 2017 @ 22:08:11 pm
speknek
Titanium Member
Offline
Posts: 591
Joined: 30 Apr 2014
Province: Gauteng

Ja Brommer veral nou dat jy daai nuwe Fortuner ry

15 Jul 2017 @ 22:08:13 pm
speknek
Titanium Member
Offline
Posts: 591
Joined: 30 Apr 2014
Province: Gauteng

Ja Brommer veral nou dat jy daai nuwe Fortuner ry

16 Jul 2017 @ 02:36:11 am
See liefhebber
Pluto Member
Online
Posts: 6976
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Dis n moeilike gewoonte om te los. Ek het laasjaar Januarie opgehou en smag nou nog steeds gereeld na een....byt maar vas
16 Jul 2017 @ 08:15:47 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2188
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Ek en my vrou rook. Ons rook gladnie in die huis nie. Ek het afdak gebou om buite te rook.

Sal rook nooit goed praat nie, maar hier is interresante feit.

Regering het 3 jaar terug R10.62 per pakkie 20 belasting gevat op elke pakkie. Gestel 2milj mense in die land rook, Dan is dit R21mil per dag belasting wat hulle kry. Maak dit met 365 dae per jaar.......dis baie belasting!

 

16 Jul 2017 @ 08:21:09 am
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Eisch Hannes, wat het hulle nog nodig, sonebelasting, brandstof belasting 🤔😎
As die guptas loop is dit genoeg.
16 Jul 2017 @ 08:45:27 am
Chris Centurion
Gold Member
Offline
Posts: 216
Joined: 04 May 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 30 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara 2,4 Outo
Camping: Jurgens Fleetline
Ongelukkig help daardie belasting net dat hulle meer geld het om te steel.
16 Jul 2017 @ 08:46:26 am
Johann
Pluto Member
Offline
Posts: 7362
Joined: 10 Oct 2013
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Kia Sedona 2.9 CRDI
Camping: Penta

Ek en my vrou rook, ons rook glad nie in die huis of karavaan nie.

Ons mors nie geld op alkohol nie, dus rook ek maar rustig. Ek beperk dit darem op so twintig per dag.

16 Jul 2017 @ 09:30:09 am
pwven
Jupiter Member
Online
Posts: 1712
Joined: 03 Jan 2015
Province: Northern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: 2016 Ford Everest XLT 3.2 4X4 6AT
Camping: 2016 Jurgens Exclusive Deluxe

Ek het self gerook maar gelukkig opgehou in 2008.

Het nooit in die huis gerook nie en my laaste rokie voor ek gaan slaap was op die stoep, en my eerste rook van die dag was na ontbyt.

 

16 Jul 2017 @ 09:46:45 am
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance

Ek het self gerook maar gelukkig opgehou in 2008.

Het nooit in die huis gerook nie en my laaste rokie voor ek gaan slaap was op die stoep, en my eerste rook van die dag was na ontbyt.

 


Piet, ek onthou as jy eers die sigret opsteek voof ontbyt, dan rook jy heeldag meer.
Hoor nou anderdag. Texan was nogal n unieke sigretjie met spesiaal gekweekte TWAK. Gn wonder ek hoes nou nog nie.
16 Jul 2017 @ 09:47:36 am
Expo / Jan
Platinum Member
Offline
Posts: 442
Joined: 19 Jul 2015
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 25 years
Vehicle: Kia Sorento 2.2 CRDi & Jeep Cherokee 2.8 CRDi LTD
Camping: Jurgens Expo

Ek het 20 jaar gelede opgehou rook maar het weer onlangs begin. rook so 4 sigarellos (Black Stone) per dag. rook gladnie in huis of karavaan nie. ek neem ook by kamp familie in ag dat die rook walems nie die familie irriteer nie.

16 Jul 2017 @ 10:09:24 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Klein DK en julle ander rokers: die skade aan die huis en karavaan is maar gering teen die skade aan jou liggaam.  OK, ek weet julle weet en wil nie voor gepreek word nie.  Ons het egter net gister 'n ou vriend begrawe wat aan longkanker oorlede is, so ek voel op die oomblik maar sterk oor die saak.  'n Paar laar gelede is 'n ander vriend dood aan emfiseem na 'n baie lang leiding- ook 'n roker. 

16 Jul 2017 @ 10:18:35 am
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2085
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 39 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Rook en drink met geleentheid...
Drink meer gereeld as rook,
Bier amper elke dag.
My dokter het gesê ek mag net 'n bier drink met elke maaltyd.
Voel nou aaglik met vyftien maaltye per dag...
16 Jul 2017 @ 10:25:15 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Edge, jy kan afskaal deur net grotes te drink- 750Ml bottels elke maaltyd, dan kan jy terugsny tot sewe maaltye per dag!  Die Duitsers het slegs twee groottes by hulle biertuine- "kleine" wat 500 Ml is en "grosse" wat 'n liter is.  As jy "grosse" drink, kan jy dalk met net drie of vier etes per dag oor die weg kom. Sien, 'n boer kan 'n plan maak.

16 Jul 2017 @ 10:31:17 am
Johann
Pluto Member
Offline
Posts: 7362
Joined: 10 Oct 2013
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Kia Sedona 2.9 CRDI
Camping: Penta

Slim, Fred nou gaan sommige mense sonder ophou eet😂, dan sit ons met 'n klomp ronde lywe.

Heng, dalk moet ek begin drink, kan doen om so paar kilos op te tel.

16 Jul 2017 @ 10:55:39 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2188
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Rook en drink met geleentheid...
Drink meer gereeld as rook,
Bier amper elke dag.
My dokter het gesê ek mag net 'n bier drink met elke maaltyd.
Voel nou aaglik met vyftien maaltye per dag...

Skerp

16 Jul 2017 @ 19:34:48 pm
Brommer
Neptune Member
Offline
Posts: 3566
Joined: 13 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Bakkie
Camping: Karavaan

Wat my soms so stomslaan is dat jy van die armste arsmte mense kry met klein kindertjies.. maar rook sal die ma en pa rook.. daars altyd geld om gebrand te word, maar daars nie geld vir skool, klere, kos, skoene, ens nie.. maar daars altyd geld vir sigarette.. wat kos dit om te rook?

16 Jul 2017 @ 19:49:08 pm
Chuck Norris
Pluto Member
Offline
Posts: 5647
Joined: 13 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 35 years
Vehicle: Toyota Fortuner 4x4 Auto 2013
Camping: Jurgens Explorer 4x4 2014

Ek rook pyp en kan self nie die sigaret rook hanteer nie, maak my naar en kry hoofpyn.
Rook nie in die huis, kar of wa nie, net in my lapa waar ek baas is.
Doen 10km twee dae n week en gym drie dae n week.
Geniet my bier ook. Het die protein nodig.
Dan is die Girl ook daar wat aandag soek. Hehehehe
So ek is n besige man Hehehehe

16 Jul 2017 @ 20:20:06 pm
Klein DK
Gold Member
Offline
Posts: 166
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year
Elke oggend koop ek vir my 3 "Loose", dit kos my R 3/dag.
1 vir na ontbyt, 1 vir na middag ete en 1 vir na aand ete
16 Jul 2017 @ 20:30:24 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

So bly ek het daai goed gelos jare terug. As ek nou wil stink skyt ek maar net in my broek.

Stem saam met daai een Spekkies. Kos jou nie geld nie en die ergste daaraan is jy moet homself gaan was. Ek gooi daai broek dan eerder weg.

Ek sal my maar eerder nie hier uit laat oor rokers nie. Want dit wat ek van hulle dink en my woorde skat sal ek so ver van die forum verban word dat julle nooit eers geweet het daar was iemand met die naam Leon Coetzee hier op die forum nie.

 

 

 

Maar dan ook aan die ander kant dis dalk hoe sommige mense oor my voel as ek my grys water op plante en bome of 'n stowwerige pad uit gooi.

 

17 Jul 2017 @ 00:10:39 am
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1456
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Ek rook ook maar baie min in die huis. Staan meeste v d tyd buite of in my garage met die deur oop. Soos Johann doen ek nie die drink ding nie.

Pieter jy slaan die spyker op die kop. Ek wil 'n stertjie bylas en dit is mense wat saam met die rook ook meer as 'n kas bier koop elke week maar is altyd honger en nie kos in die huis nie.

Fred ek hoor wat jy se oor jou liggaam. Ons het juis een van ons goeie vriende nou 'n jaar trug verloor weens groot longkanker (56jr) en hy het nooit eers probeer rook nie en ook buite gewerk. Baie gesond ge-eet vir baie jare. Volgens die DR was sy gewas so groot soos 'n kettingroker s'n. So as mens sou rook is dit dadelik die rook wat dit veroorsaak maar dit kan ook in jou DNA wees soos ons vriend.

Ek beskou myself as 'n "skoon" roker en sal buite rook al word ek in ander se huise toegelaat om te rook. Haat dit om op enige plek stompies te sien rondle. Selfs as daar  langs 'n kampstoel op die grond as afgegooi word pla dit my. Dis hoekom mens asbakke het.

17 Jul 2017 @ 04:21:52 am
snys
Gold Member
Offline
Posts: 241
Joined: 09 Apr 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Nissan NP300 TDI D/C
Camping: panther Alpha

Wat my soms so stomslaan is dat jy van die armste arsmte mense kry met klein kindertjies.. maar rook sal die ma en pa rook.. daars altyd geld om gebrand te word, maar daars nie geld vir skool, klere, kos, skoene, ens nie.. maar daars altyd geld vir sigarette.. wat kos dit om te rook?

Kos seker maar dieselfde as wat mense wat drink aan hulle voggies spandeer. Die verskil is dat ek nie my vrou vol knoppe slaan as ek te veel gerook het nie.

17 Jul 2017 @ 06:58:06 am
Johann
Pluto Member
Offline
Posts: 7362
Joined: 10 Oct 2013
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 45 years
Vehicle: Kia Sedona 2.9 CRDI
Camping: Penta

Kos seker maar dieselfde as wat mense wat drink aan hulle voggies spandeer. Die verskil is dat ek nie my vrou vol knoppe slaan as ek te veel gerook het nie.

Stem, en ook nie ongelukke veroorsaak nie.

17 Jul 2017 @ 07:03:36 am
See liefhebber
Pluto Member
Online
Posts: 6976
Joined: 05 May 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 17 years
Vehicle: Ford Ranger 2.2
Camping: Sprite Swing
Ek sal nooit vir n roker neus optrek of slegte uitlatings teenoor hom of haar maak nie. Ek was self n roker gewees vir 28 jaar. As ek seker my lewe oor kon hê, sal ek nooit begin rook nie...was seker maar n swak besluit gewees toe ek jonk was. (Wou nie na ouers luister nie) N nie-roker dink ek besef nie altyd watse stryd dit is om op te hou rook nie...om eenvoudig te sê gooi daai pakkie weg en moet nie weer koop nie, is baie makliker gesê as gedaan. My mikpunt was destyds om op te hou rook as sigarette die R10 per pakkie prys haal. Sedert daai tyd was daar kort-kort herhaaldelike pogings gewees om op te hou met pille en al..wat misluk het. Tot laasjaar het n poging gewerk...maar moet tot vandag toe nog sterk wees...die smag na n sigaret is nog steeds sterk. Ek glo dat die meeste rokers hierbo hul sigarette eenkant toe sal wil skuif as dit só maklik sou wees om op te hou
17 Jul 2017 @ 07:57:12 am
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Ek kan maar net sê sterkte manne.

My seun sit met die rook ding en hy kan nou maar net nie  van daai kanker stokkie onslae raak nie. Vir watse rede ookal het my dogter ook begin rook.

Dit is darem vir my 'n riem onder die hart as ek sien hoe hulle die gesondheid teister.

Maar hulle is groot en maak eie beslissings net jammer dit is sulke K _ _ beslissings.

17 Jul 2017 @ 08:36:06 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Nikotienverslawing is steeds verslawing aan 'n dwelm.  Waarom is dit sosiaal aanvaarbaar terwyl seker die oorgrote meerderheid mense daggarokers, kokaïengebruikers, tikverslaafdes, drankverslaafdes en so meer veroordeel?  Verduidelik vir jouself as jy dit nie vir die res van ons wil verduidelik nie, hoe een vorm van verslawing aan dwelms aanvaarbaar is en 'n ander nie?  Is dit dalk met omdat die regering dit toelaat?  En hulle laat dit toe omdat die belasting daarop aansienlik is, nie omdat dit onskadelik is nie.   Hoekom is dit enigsins nodig om aan enige dwelm verslaafd te wees? 

17 Jul 2017 @ 08:37:23 am
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Oor die rook en longkanker.
As jy rook is jou kanse ve kanker 80 % groter. En dit sluit vele ander kankers ook in. Soos byv, dikdermkanker.
Wat erger is as rook is die tweedehandse rook. Kansa se navorsing reken dis selfs erger. Dus die "onwillige" wie se eggenoot n roker is, lei waarskynlik daaronder. My een suster wat dood is aan dikdermkanker se man leef nog, is al 93 jaar oud. Rook nog steeds en sy het nooit gerook nie.
My oudste suster moes al n mastektomie ondergaan, syt nog nooit gerook nie. Hasr oorlede man is dood aan dikdermkanker. 80 sigrets per dag. As hy een doodmaak, steek hy n ander een op. Alles binne die huis.

Dis maar erg. Ek was al vir x-straal plate oor my hoesery. Dr. sê ek moet ophou rook en wil nie glo as ek hom sê ek het al in 1980 opgehou nie.
Se julle mos Texan plain is nie ve sissies nie. Het dit ve bykans 20jaar gerook.
17 Jul 2017 @ 08:41:51 am
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance

Ek rook pyp en kan self nie die sigaret rook hanteer nie, maak my naar en kry hoofpyn.
Rook nie in die huis, kar of wa nie, net in my lapa waar ek baas is.
Doen 10km twee dae n week en gym drie dae n week.
Geniet my bier ook. Het die protein nodig.
Dan is die Girl ook daar wat aandag soek. Hehehehe
So ek is n besige man Hehehehe


Chuck, my pa het Horsjoe in sy pyp gerook tot hy dood is aan asma. Het ook terstond geweier om op te hou.
Eisch man, het jy al die horsjoe probeer. Baaaaaaaie erger as Texan.
17 Jul 2017 @ 08:45:25 am
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Iets anders waaroor ek ook wonder: Waarom sê rokers "ek rook", en nie "ek gebruik nikotien" nie?  Is dit om vir hulleself te ontken dat hulle verslaaf is?  As hulle nie verslaaf is nie, waarom gebruik hulle dit dan?  In Sjina is daar mense wat daagliks betel pitte kou.  Hulle is ook verslaaf daaraan, hulle slaan ook nie hulle vrouens nie,  sal die gebruik hier by ons ook aanvaarbaar wees?

17 Jul 2017 @ 08:48:42 am
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance

Nikotienverslawing is steeds verslawing aan 'n dwelm.  Waarom is dit sosiaal aanvaarbaar terwyl seker die oorgrote meerderheid mense daggarokers, kokaïengebruikers, tikverslaafdes, drankverslaafdes en so meer veroordeel?  Verduidelik vir jouself as jy dit nie vir die res van ons wil verduidelik nie, hoe een vorm van verslawing aan dwelms aanvaarbaar is en 'n ander nie?  Is dit dalk met omdat die regering dit toelaat?  En hulle laat dit toe omdat die belasting daarop aansienlik is, nie omdat dit onskadelik is nie.   Hoekom is dit enigsins nodig om aan enige dwelm verslaafd te wees? 


Sorry sien nou jou posting.
Grumpy Hannes het mos verduidelik wats die inkomste uit Twak. Dagga was ontoelaatbasr want die regering het nie geld gemaak daaruit nie.
Jy kan glo as dit nou wettig word dan is dit deel van die sonde belasting.
Gaan maar alles oor rand en sent.
17 Jul 2017 @ 11:56:23 am
snys
Gold Member
Offline
Posts: 241
Joined: 09 Apr 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Nissan NP300 TDI D/C
Camping: panther Alpha

Nikotienverslawing is steeds verslawing aan 'n dwelm.  Waarom is dit sosiaal aanvaarbaar terwyl seker die oorgrote meerderheid mense daggarokers, kokaïengebruikers, tikverslaafdes, drankverslaafdes en so meer veroordeel?  Verduidelik vir jouself as jy dit nie vir die res van ons wil verduidelik nie, hoe een vorm van verslawing aan dwelms aanvaarbaar is en 'n ander nie?  Is dit dalk met omdat die regering dit toelaat?  En hulle laat dit toe omdat die belasting daarop aansienlik is, nie omdat dit onskadelik is nie.   Hoekom is dit enigsins nodig om aan enige dwelm verslaafd te wees? 

    Onsin, rokers word erger veroordeel as drinkers en harde dwelm gebruikers.As voorbeeld sommer hierdie draad. Ek sien nooit juis drade of koerant-artikels waar daar te velde getrek word teen drank of harde dwelms nie, maar dit lyk of rook erger is as gewapende roof. Ek kan nie n koerant oopmaak sonder om iets raak te lees waar iemand oor rook kerm nie. Rokers is al verban tot in hulle basies net in hulle eie huise mag rook, maar nog steeds word daar oor rokers gekerm.

Die verskil is dat rook as verslawing nie gepaardgaan  met gedragsprobleme soos drank en harde dwelms nie. Trouens, drank hoef nie eers n verslawing te wees om onaanvaarbaar te wees nie. As ek kyk na gedrag wat gepaardgaan met drankmisbruik oor die algemeen dink ek dit is tyd dat die drinkers soos die rokers maar na hulle huise verban word. Dan kan ons lekker op ons rusbanke sit en oor en weer kerm oor mekaar se swak gewoontes.

17 Jul 2017 @ 13:17:46 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Snys my maat, Jy wil net nie insien dat nie-rokers ook begaan is oor die welsyn van ander nie.  Dit is nie soseer dat ons julle veroordeel omdat julle rook nie, maar oor wat julle aan julself en ander doen.  Ek het gereeld geargumenteer met vriende en kollegas wat rook omdat ek nie wou sien hoe hulle hulself ernstige skade aandoen nie- ongelukkig sonder veel sukses.  As ons in Bybelse terme dink, is ons verplig om om te sien na ons naaste, en dit is in hoofsaak wat ons doen.  Ek het jou nog nooit gesien nie en is dus nie deur jou rook benadeel nie, maar ek wens jy wil ophou- in jou eie belang.

Ek moet sê dat die rookverbod vir my verligting gebring het.  Ek het seker vir veertig jaar rondgeloop met die idee dat ek ernstige hooikoors het en was verplig om altyd 'n sakdoek saam te dra.  So 'n paar jaar na die rookverbod ingestel is, het ek begin besef ek nies nie meer nie en die enigste wat verander het, is dat mense nie meer in openbare plekke rook nie.  As ek toevallig nou nog rook ruik, soos by 'n braaivleis, nies ek weer.  Ek weet dat meeste rokers bedagsaam is en nie in hulle eie of ander mense se huise rook nie, -ten minste die rokers wat ek ken- en ek/ons waardeer dit baie, maar weet jy hoe ruik 'n plek of 'n kar waarin daar gerook word, vir nie-rokers?  Ons het ook al in 'n hotel aangedring op 'n ander kamer omdat ons rookvrye kamer erg na rook geruik, eintlik gestink het.  Dis nou 'n onhoflike roker wat 'n vars kamer verkies maar nie omgee hoe die volgende, nie-roker dit ondervind nie.  Onthou, skoon lug benadeel nie 'n roker nie, maar lug wat na rook ruik, is uiters aanstootlik vir nie-rokers.

Ek drink maar min en ek het nie beswaar teen mense wat drank oordeelkundig gebruik nie, maar ek kan nie dronkgatte verduur nie en meng nie met hulle nie, maar die feit is hulle besoedel nie die lug soos rokers nie- behalwe natuurlik in 'n kroeg waar die brandewyn, bier en rookreuk wat alles deurdring, walglik is, maar dis maar net hulleself wat dit moet ervaar.

Dink ook aan die kinders en eggenotes van rokers. Daar word gesê dat sekondêre rook netso of selfs meer skadelik is as primêre rook.  Is rokers enigsins begaan oor die welsyn van die wat hulle behoort lief te hê, as hulle in sulkes se teenwoordigheid rook- soos in 'n kar?  Wat gaan so-iemand se gewete aan hom/haar doen as sy/haar mooi seun of dogter longkanker of hartprobleme ontwikkel en hy/sy weet dat hulle lank aan sekondêre rook blootgestel is?

17 Jul 2017 @ 13:28:55 pm
speknek
Titanium Member
Offline
Posts: 591
Joined: 30 Apr 2014
Province: Gauteng

Faaaaaaaiiiiiit faaaaaaaiiiiitttt

17 Jul 2017 @ 14:16:09 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

yellsealed

17 Jul 2017 @ 14:49:48 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Ek gaan vanaand my twee kinders hier laat lees.  Netso dat hulle 'n prentjie kry van hulle mede rokers se opinie en die van ander nie rokkers as hul eie pa.

Kyk ek kan verstaan as mens se gesondheid normaal agteruitgaan maar om geld te betaal daarvoor..........................

Eending is ek baie bly oor en dit is die rook wetgewing rakende die gebruik in openbare plekke. Want nou kan ek by 'n restaurant lekker buite op die restaurant se stoep die lug waardeer sonder die stinkende rook in my neus en die ou wat rook moet maar sy rook stokkie daar in die gat gaan geniet.

 

 

 

17 Jul 2017 @ 14:58:25 pm
speknek
Titanium Member
Offline
Posts: 591
Joined: 30 Apr 2014
Province: Gauteng

En dan ry die ou Ford met sy diesel dampe teen aan die restaurant se stoep verby waar jy so lekker die rookvrye lug waardeer?

 

17 Jul 2017 @ 15:08:04 pm
snys
Gold Member
Offline
Posts: 241
Joined: 09 Apr 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Nissan NP300 TDI D/C
Camping: panther Alpha

Toe ek nog op skool was, wat al 110 jaar terug was, het ons in Aardrykskunde geleer dat n nie-roker inderwaarheid 15 sigarette per dag rook as gevolg van motors se uitlaatgasse. Dit is maar die een oorsaak van lugbesoedeling en is daar oneindig baie maniere hoe almal van ons die aarde besoedel. Rook maak nie veel van die totale besoedeling uit nie. Ons is almal skuldig, party meer as ander. Om rokers te blameer is totaal hipokraties, behalwe as jy met n fiets ry omdat jy bekommerd is wat jou uitlaatgasse aan die lug doen. Daar is al bewys dat selfone se seine ook kankerwekkend is, maar ek is seker dat nie een van die mense wat rokers uitkryt bereid is om hulle selfone in die asblik te gooi nie.

Speknek, nog nie daar nie, jammer as jy nou verniet opgewonde geraak het. Dit is tans nog net n vriendelike meningsverskil.

17 Jul 2017 @ 15:49:44 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

So wat sê jy- jy sal ophou rook sodra alle dieselvoertuie van die pad af is sodat jou bydrae wel 'n verskil sal maak?  Intussen sal jy maar voortsuffer en jouself benadeel?

17 Jul 2017 @ 16:29:37 pm
snys
Gold Member
Offline
Posts: 241
Joined: 09 Apr 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Nissan NP300 TDI D/C
Camping: panther Alpha

Ek gaan vanaand my twee kinders hier laat lees.  Netso dat hulle 'n prentjie kry van hulle mede rokers se opinie en die van ander nie rokkers as hul eie pa.

Kyk ek kan verstaan as mens se gesondheid normaal agteruitgaan maar om geld te betaal daarvoor..........................

Eending is ek baie bly oor en dit is die rook wetgewing rakende die gebruik in openbare plekke. Want nou kan ek by 'n restaurant lekker buite op die restaurant se stoep die lug waardeer sonder die stinkende rook in my neus en die ou wat rook moet maar sy rook stokkie daar in die gat gaan geniet.

 

 

 

Miskien moet hulle dink aan wetgewing om 4x4s ook in die openbaar te verbied. Hulle besoedel my longe baie erger as gewone voertuie.wink

17 Jul 2017 @ 17:33:40 pm
Fred
Moon Member
Offline
Posts: 787
Joined: 09 Mar 2016
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 49 years
Vehicle: Ford Kugu 2l diesel AWD, Skipper Oyster

Ek het terloops onlangs gelees van 'n stad in ek dink Europa waar 4X4's in die stad verbied is.  Dit kan dalk Londen wees- kan nie onthou nie. Wonder of 'n AWD daar as 'n 4X4 beskou word?  Ek weet darem nie of die hype oor stikstofverbindings van dieselvoertuie nie weer 'n oordrywing is nie. Die Amerikaners hou nie van diesel nie en dit is moontlik dat hulle so 'n veldtog voer.  Hulle doen navorsing oor bykans alles en kom baiemaal vorendag met baie lawwe bevindings, soms om die borg te pas.  Onthou hier by ons toe botter eers gevaarlik en margarine die antwoord was, en toe keer nuwe "navorsing"dioe bevindings netmooi om?

17 Jul 2017 @ 18:26:35 pm
Brommer
Neptune Member
Offline
Posts: 3566
Joined: 13 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Bakkie
Camping: Karavaan
  • Kos seker maar dieselfde as wat mense wat drink aan hulle voggies spandeer. Die verskil is dat ek nie my vrou vol knoppe slaan as ek te veel gerook het nie.

    ek sal ook nou nie weet wat kos drank in n maand nie.. so ek wonder maar net hoeveel geld in n gesin op dut spandeer sou word... kyk as jy n ferrari het en sy brandtsof kan bekostig, ok, maar dit bly maar vir my n moeilike ding selfs uit n finansiele oogpunt, en dan persoonlik hou ek ook nie van die reuk nie.. nou dat drank genoem is, ek kan ook nie drank bekostig nie.. jammer...
  • Ons ontmoet nuwe vriende en besluit om vir my 30ste saam te kamp.. my geskenkie was n bottel jack daniels...... die vriend word in dieselfde jaar 40 en toe gee ek due geskenkie maar terug... hyt hom gou klaargemaak.. 

 

17 Jul 2017 @ 18:27:18 pm
Piet Pad
Silver Member
Offline
Posts: 84
Joined: 16 Feb 2016
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 30 years
Vehicle: Toyota Hilux
Camping: Karavaan Sprite Splash of Rooftop Tent
Ouky. Ek lees almal se mening. My laaste ...o ja en eerste dampie ... was so op 10 of 11 jaar toe ek en kleinboet droë donkie dinges in 'n rietpyp aangesteek het. Eina ...as ek net dink aan daai dag agter die voer stoor brand my keel, longe en boude sommer van vooraf. Gelukkig het die voer nie vlamgevat nie en my rooklus vir ewig verby. Nie-rokers. Geniet dit en rokers. Sterkte
17 Jul 2017 @ 18:47:42 pm
Klein DK
Gold Member
Offline
Posts: 166
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year

Miskien moet hulle dink aan wetgewing om 4x4s ook in die openbaar te verbied. Hulle besoedel my longe baie erger as gewone voertuie.wink

Ek staan dit teen vir skuld aan diesel voertuie.
As ń diesel voertuig gereeld en reg versien word, verskaf petrol voertuie meer giftige gasse af.
Kyk na die " Smokey Roberson" taxis en die manne wat net glo aan petrol gooi en ry.
17 Jul 2017 @ 20:25:13 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2188
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Okay, kom ek gooi olie op die vuur (of sal dit nou diesel wees)?

As almal ophou rook, moet die regering daai verlore belasting iewers verhaal. +/- R2500 per maand vir alle belasting betalers!

17 Jul 2017 @ 20:25:48 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2188
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Okay, kom ek gooi olie op die vuur (of sal dit nou diesel wees)?

As almal ophou rook, moet die regering daai verlore belasting iewers verhaal. +/- R2500 per maand vir alle belasting betalers!

17 Jul 2017 @ 21:09:15 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1456
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Ek wonder wat sal ons almal se siening wees as daar bekend gemaak word weens die nie-rook in openbare plekke word die afgelope paar jaar gaan RXXXXX minder belasting ingekry word en dit word deurgegee as 'n rede hoekom belasting bv opgaan van 40% na 60%.

17 Jul 2017 @ 21:30:00 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Net onthou die sigrets rook verbod in opebare plekke kom van KANSA af.
Sodra die navorsing oor uitlastgas gevorder het as kanker risiko sal hulle dasr ook druk opsit oor dit.
In ons land is die afdwing van katalisators in die uitlastgas sisteem nog nie n issue nie, oorsee is jy in die moeilikheid as jou motor nie toegerus is met daai sisteem nie. Aldus so in kanada en in swede. Ook daaroor dat hulle nie van diesel voertuie hou nie.
17 Jul 2017 @ 21:40:41 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Ander ding is die geneeskundige effek van daggaolie.
As dit gebeur dat jy jou eie mag maak. Dws. Plant en verwerk na die medikasie is daar n paar goeptas of is dit rastas onderdeur, want n baie klein botteltjie by gesondheids wnkels kos R1000 plus.
Ek weet nie wat gaan aan nie , maar party ouens maak geld soos bossies uit bossies en dis nie ek nie 🤔🤔.
17 Jul 2017 @ 21:43:38 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Dennis
Hierdie draad van jou is beslis nie vervelig nie. Hehehehe.
Dis dalk n biki twakkerig ..
Wat van n pruimpie boet.
17 Jul 2017 @ 22:07:17 pm
Danie-SLK
Jupiter Member
Online
Posts: 1456
Joined: 08 Sep 2009
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: Afrikaans
Experience: 40 years
Vehicle: Freelander 1 Td4
Camping: Sprite Scenic

Ek wonder wat doen Klein DK vir werk want ek sien elke paar dae lyk hy anders - hehehe

18 Jul 2017 @ 07:08:01 am
Klein DK
Gold Member
Offline
Posts: 166
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year

Ek wonder wat doen Klein DK vir werk want ek sien elke paar dae lyk hy anders - hehehe

laughinglaughing Danie my werk is van so aard, jy is genoodsaak om 'n saligheid vir die longe te kry so nou en dan.

Die persoon wat in dieselfde posisie is as ek en nie 'n ou sigaretjie so nou en dan suig nie, het beslis hare op sy tandelaughing.

 

18 Jul 2017 @ 20:11:38 pm
Bostoe
Neptune Member
Offline
Posts: 4126
Joined: 11 Dec 2013
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 32 years
Vehicle: Nissan Qushkai
Camping: Howling moon tent
Het pyp met rum en maple gerook opgehou nou al 6 jaar
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First