English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 433
Total Replies: 233 356
Total Views: 82 468 868
topics: 84
replies: 1 538
views: 185 964
Share your best or worst experiences to help others out.

Banggood - Bly weg!

replies: 29
views: 770
16 Jul 2019 @ 21:57:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14276
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het vir my n TPMS via hierdie mense gekoop. Aflewering het glad verloop. Toe ek die eenheid wou aanskakel, kom ek agter dat die knoppie gebreek is. Ek laat weet direk vir Banggood. Hulle vra toe ek moet paar fotos stuur en ook n video om te wys wat fout is.....daarvolgens wil hulle my tegniese raad gee. Hulle sê toe hulle kan my nie help nie.....maar bied my USD10 aan vir ongerief......dis nie eers naastenby wat ek betaal het nie. Ek sê toe vir hulle wat gaan dit help? Want ek gaan steeds nie die eenheid kan gebruik nie. Ek vra toe vir vervanging van eenheid.....want ek soek so een. Hulle laaste antwoord aan my was dat ek maar daai USD10 moet aanvaar, want dis al wat hulle vir my kan doen....hulle sê ek moet daai USD10 vat en maar êrens lokaal laat regmaak. Daar is nog goed wat ek by hulle wou koop, maar ek dog toe laat ek maar eers n proeflopie neem. Ook gelukkig maar. Dis seker maar weer skoolgelde wat betaal is....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 22:05:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14276
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2019 @ 22:37:42 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1933
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Jammer dat jy sukkel Geert 😠. Dis die rede hoekom ek niks online koop. As ek dit nie kan voel, vat bietjie complain dan is dit nie myne.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2019 @ 00:05:46 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4373
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jammer om hiervan te lees Geert. Ek weet van ons ander lede het al goed by hulle bestel wat perfek was. Ek moet ook noem ek bedink dit nou al lank om by hulle goed te kry maar het agtergekom v d verslae het begin toon dat goed nie bruikbaar is of bv krapmerke op het.

Het jy dalk al by Aliexpress gekyk. Ek het self nog nie by hulle iets gekoop nie maar toe hulle begin het was die reeling dat hulle die verskaffer nie betaal tot die koper 100% tevrede is met die produk.

Selfs ander plekke waar die web werf instaan as mens 'n probleem het moet die verkoper ook jou steun dat die produk nie na wense presteer voor hulle dalk 'n "refund" doen. Dan het ek self al ondervind dat sekere verskaffers glad nie kibbel en dadelik 'n 2e artikel aan jou stuur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2019 @ 07:35:33 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 924
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek sien hulle is in China. Sal ook bang wees of die goed ooit afgelewer sal word met ons vrot posdienste. Nog net goeie diens van Takealot gehad.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2019 @ 08:43:26 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2575
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek is maar skrikkerig om goed van oorsee te bestel.  My vrou het sowat R800 se artikels van Ali bestel.  Hulle is eintlik net 'n tussenganger- jy koop direk van die verskaffers af deur middel van AliExpress se webwerf.  My vrou het nie gelet op die verskaffers nie sodat sy by 'n aantal van hulle van hierdie scrapping goed gekoop het wat in koevertjies gekom het. Sy het skaars R300 se goedere ontvang.  Die res lyk dit vir ons lê in kartondose by die poskantoor wat dit nie kan hanteer nie.  Dis ook moeilik om te bepaal wat sy ontvang het en wat nie, sodat eise amper onmoontlik.  Dit sou waarskynlik ook nie help nie want vervanbgde bestellings sou maar weer by die poskantoor vashaak.

Skoonseun bestel weer gereeld by hulle maar by 'n enkele verskaffer op 'n slag en dit kom dan by hom aan in kartondose.  Dan kan jy kontrolleer of die artikels jou bereik en vergoeding  of vervanging vra indien dit nie arriveer nie.  Hy is heel tevrede met die diens. 

Ek bestel self eerder by Takealot.  Hulle diens is puik en as 'n artikel foutief is, vervang hulle dit geredelik op hulle koste.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2019 @ 09:43:21 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1748
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek is seker maar soos my vrou. Vat, trek en rek aan alles voordat ek dit koop. En koop maar by die handelaar wat jy verseker is die volgende dag nog daar gaan wees. Sterkte Geert, ek hoop jy kan die ding regmaak. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2019 @ 10:10:49 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6420
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek het al baie goed bestel al my Suzuki spares as ek n rebuild doen kom van China het nou vir my n fiets gekoop wat met battery werk teen R1357.00 afgelewer by my huis.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2019 @ 13:18:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14623
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek koop ook 'n paar goed oor die NET.  Maar regtig klein dinge wat ek nie hier kry nie.

Jammer om van die onder onsie te hoor.  Ek sal hulle 'n mis gee, Dankie vir die heads up.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2019 @ 13:25:27 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4373
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek het al baie goed bestel al my Suzuki spares as ek n rebuild doen kom van China het nou vir my n fiets gekoop wat met battery werk teen R1357.00 afgelewer by my huis.

Willem kan jy dalk aandui op watter web jy daai fiets so verniet gekry het?

'n Interessante een is ek lees nou die dag van iemand wat by die agente injectors vir 'n Pajero gekoop het. Hulle het egter net 2 of so gehad en die res ingevoer. Natuurlik is die agente prys 8 maal meer as in China. Toe die ingevoerde injectors kom is dit in presies dieselfde verpakking as die v d agente af. Dieselfde maak. Nou mag mens nie vrae vra nie.

So goedkoop is partykeer nie duurkoop nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2019 @ 05:18:53 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6420
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Face book hy is op, gaan met die op en af van die Doller maar is nog baie googkoop

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2019 @ 07:31:51 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2575
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Danie, Die Sjinese maak artikels en verpakkings na dat dit netsoos die oorspronklike lyk, so die ou met die Pajero kan nie seker wees dat hy wel die oorspronklikes gekry het nie en waarskynlik het hyn nie.  Ek het eenmaal 'n bekende naam geheuestokkies baie goedkoop by 'n straatsmous gekoop wat netsoos die regtes gelyk het, verpakking ingesluit.  Hulle het net nie gewerk nie. Toe ek fyn begin kyk, kon ek baie klein verskilletjies sien, so asof die verpakking en die ontwerp op die stokkies bv 'n fotostaat van die regte was.  'n Kollega wat gereeld in Sjina kom, het vir hom 'n Breitling horlosie gekoop teen 'n fraksie van die regte prys.  Hy het geweet dis 'n namaaksel.  Ek is nou nie 'n deskundige nie, maar die ding lyk vir my so genuine as wat maar kan kom.  Die Sjinese steur hulle nie aan kopie en patentregte nie en maak na netsoos hulle wil.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2019 @ 08:34:49 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4373
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Fred ja mens is bewus v d namaaksels. Volgens die persoon kon hy geen verskille sien nie. Wat die stokkie aan betref het ek ook 1 gekoop by die robotte. Dit het nie goed gewerk nie. Toevallig het ek al reeds 'n soortgelyke maar net kleiner 1 gehad. Toe ek die vervaardiger kontak vra hulle die serial no en bevestig hulle het nog nooit daai grootte gemaak nie en die serial no behoort aan 'n klein 2gb stokkie. So namaaksels gebruik tot 'n werklike serial no. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2019 @ 09:48:06 am
Photoman Alex
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 558
Joined: 06 Aug 2012
Experience: 41 years

Sorry about your bad experience. I have done over 100 orders from Banggood over the last 4 years and had mainly good experiences. Only one order never arrived and they replaced it as I had paid shipping insurance. I had one item that was faulty like yours and eventually just absorbed the loss and took their token refund as shipping it back to China would probably cost more in time and money than it was worth. I just accepted it as part of doing business with China and the money you save on what things cost locally makes up for it overall.

A friend also bought a TPMS from them and it works great. about 1/4 price as the one from Takealot.

Just another tip. Always choose their South Africa Direct Mail shipping option on checkout. It is usually only a few Rand and it comes via courier and you get the goods in about 8 days after shipping. Their Registered Airmail option comes via our post office and you know what that means. One order via this option took 5 months.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2019 @ 12:09:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14276
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die versending van die pakkie het R37 gekos....met ander woorde as hulle my pakkie kom haal en n ander eenheid vir my stuur gaan dit R37x2 kos wat R 74 is. Hulle wil my refund gee van USD10 wat omtrent R140 is. Nou vra ek hulle hoekom kan ons nie vir die goedkoper opsie {omruiling} gaan nie, want dit gaan my gelukkig maak.....hulle duurder opsie {Refund} gaan my nie baat nie en maak my ongelukkig.

Maar nee....hulle wil nie. 

Ek het al by hierdie chinese malls ook gesien as mense foutiewe voorraad terugbring om om te ruil. Daai chinese skryf nie maklik daai produk af nie.....hulle sit daai foutiewe produk wat jy terug gebring het net weer op die rak.....hopenlik koop die volgende ou hom en sê niks nie.

Hulle kan mooi engels praat as jy die produk koop en verstaan geld goed.....verstaan soms selfs Afrikaans, maar sodra jy met naverkoop diens kom, verstaan hulle jou skielik baie moeilik.....hou hulle dom. Dis seker Banggood se game plan...hou hulle heeltyd dom tot jy so keelvol is om met hulle te sukkel, dat jy dit los.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2019 @ 12:57:28 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4373
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert dis jammer hoe hulle jou saak hanteer het. Ons het so paar maande terug iets van ebay af gekry en dit was die verkeerde item. Wat ons bv moes doen om hulle te oortuig was hul beskrywing saam met 'n foto waar mens kan sien hoe lyk die item wat beskryf was en dan die item wat gestuur was. 2 v d items was die boksie al so baie oop gemaak dit was al geskeur. Ook was daar so paar klein self taps weg. Gelukkig weens die koste van terugstuur het ons net 'n totale refund gekry.

Ja die koste wat hulle vra om dit hierheen te stuur is natuurlik baie minder as wat dit sou wees as jy probeer het om op jou koste die foutiewe TMPS terug te stuur. Ja mens sou graag wou sien dat hulle die koste dra vir terugstuur en ook 'n vervanging doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2019 @ 15:52:52 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 829
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Ek koop ook goed op die internet en het nog nie verloor nie. Die beste deel was oorspronklike parte vir my Pajero teen 1/8 van die lokaale handelaar se prys en in die Misubishie verpaking en embleem in die plastiek.

Maar dit bly n' ongesiende risiko.!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 06:53:34 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14276
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die versending van die pakkie het R37 gekos....met ander woorde as hulle my pakkie kom haal en n ander eenheid vir my stuur gaan dit R37x2 kos wat R 74 is. Hulle wil my refund gee van USD10 wat omtrent R140 is. Nou vra ek hulle hoekom kan ons nie vir die goedkoper opsie {omruiling} gaan nie, want dit gaan my gelukkig maak.....hulle duurder opsie {Refund} gaan my nie baat nie en maak my ongelukkig.

Maar nee....hulle wil nie. 

Ek het al by hierdie chinese malls ook gesien as mense foutiewe voorraad terugbring om om te ruil. Daai chinese skryf nie maklik daai produk af nie.....hulle sit daai foutiewe produk wat jy terug gebring het net weer op die rak.....hopenlik koop die volgende ou hom en sê niks nie.

Hulle kan mooi engels praat as jy die produk koop en verstaan geld goed.....verstaan soms selfs Afrikaans, maar sodra jy met naverkoop diens kom, verstaan hulle jou skielik baie moeilik.....hou hulle dom. Dis seker Banggood se game plan...hou hulle heeltyd dom tot jy so keelvol is om met hulle te sukkel, dat jy dit los.

Ek het nou vir Banggood aangebied om op my kostes die versending van beide pakkies te betaal......nog steeds wil hulle nie. Patetiese plek.......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2019 @ 09:19:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14623
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis nou maar die risiko wat mens loop om goed oor die NET te koop.

Ek het al "importitall" gebruik. Was nogal tevrede met die diens.  Al die pad van die VSA af.  As dit nie beskikbaar is by hulle as 'n produk nie is hulle bereid om dit te soek en jou 'n kwotasie te gee.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2019 @ 15:45:30 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5153
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Swaertjie en vriende ook deur hulle goed gekoop...

Brand toe sy eie geyser uit en die ander se skade en dinge. Ek het hulle gewaarsku, ongelukkig het hul maar eie besluite geneem.

Ek gaan nie verder oor dit uitlaat nie. Daar is BAIE probleme met naverkope diens veral op plekke soos banggood waar dinge baie, baie goedkoop aangebied word

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2019 @ 18:02:10 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4373
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek kan net noem dat ek al met baie minder toutrek as Geert items dadelik vervang gekry het via EBAY. Een geval het die verkoper summier vir my weer een in die pos gegooi. Die ander geval het ek nie ontvang nie en moes via EBAY se klientediens so paar eposse stuur en aandui dit is al oor die 45 dae.

Gister weer iets by EBAY gekoop en die mees fantastiese "chat" ondersteuning gehad tot op die punt dat die bestelling afgehandel is. Ek was baie beindruk. Ek moes profiel inligting verander. Afleweringsadres verander ens. Vir elke verandering het die pwrcoon my 'n skakel gestuur om direk die nodig verandering te doen en aan hul kant te sien dat dit wel gedoen is. Ook gehelp met die plekke soos telefoon nommer wat mens nie hoef in te vul maar wel 'n paar syfers moet invul.

Nou net wag om te sien dat aflewering plaasvind wat binne 10 dae behoort te wees.

Ek vind ook dat EBAY se pryse meer billik is as bv Amazon en nogal in lyn met Banggood. Net vir die rekord die model wat Geert gekoop het het fantastiese verwysings deur mense wat dit gekoop het en teen R340 op EBAY glo ek dis die risiko werd teenoor ander lokale TPMSe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2019 @ 18:14:16 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4373
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert hoe het jy toe jou vervaging TPMS gevind die afgelope naweek? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2019 @ 19:56:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14276
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert hoe het jy toe jou vervaging TPMS gevind die afgelope naweek? 

Eerstens wil ek noem dat ek weer een gekoop het aangesien meeste kliente gelukkig is met hulle diens....ek moontlik net ongelukkig n stel afgetrap met 1ste bestelling....maar kan noem dat 2de eenheid 100% werkend by my uitgekom het. 

Die eenheid werk baie lekker. Ek was op n tyd skrikkerig dat afstand na die karavaan te ver sou wees aangesien stelsel vir kar gemaak is (4TPMS).....maar het laasweek gesleep met goeie resultate. Wat ek van stelsel hou is dat hy al 4 bande se druk en temperatuur op dieselfde tyd wys. (Hoef nie te scroll tussen verskillende bande nie). Ek het gedink omdat ek die buite sensors het dat temperatuur nie eintlik veel waarde het nie, maar ek het al paar keer n stewige afdraande gery waar mens baie die remme gebruik....dan tel die sensors dit op en sien mens op skerm hoe die temperatuur op voorste bande styg soos rims warm word.

So ek is sover heel gelukkig....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2019 @ 22:58:42 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1933
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

The name says it all.

Wees bang vir daai (good) goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 09:05:26 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4373
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Baie dankie Geert. Bly om te sien jy ook tevrede is na die 1e foutiewe eenheid. My voorlopige inligting op die model wat Johan Marais vir my saambring is ook positief en tydens die toets van dit kon hy sien dat 1 band op die voertuig pap is en na pomp dit baie korrek die regte lesing gegee het. 

Vir die prys van onder R400 lyk dit dus na 'n baie goeie opsie. Ek sal myne ook op die voorste wiele en woonwa gebruik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 19:30:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14276
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Baie dankie Geert. Bly om te sien jy ook tevrede is na die 1e foutiewe eenheid. My voorlopige inligting op die model wat Johan Marais vir my saambring is ook positief en tydens die toets van dit kon hy sien dat 1 band op die voertuig pap is en na pomp dit baie korrek die regte lesing gegee het. 

Vir die prys van onder R400 lyk dit dus na 'n baie goeie opsie. Ek sal myne ook op die voorste wiele en woonwa gebruik. 

As ek sleep gebruik ek agterwiele en karavaan. Sou jy voorwiele liewer aanbeveel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2019 @ 21:47:18 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4373
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Geert ek mag verkeerd wees maar ek voel dis belangriker om die motor te kan stuur want agterwiele volg net. So ook kom beste bande voor en op nat pad verwyder beste bande die water en agterband vold net. Daar is die gevolg wat glo beste bande moet op die wiele wat aandryf wees. Sal goed wees as iemand wat die feite ken ons wel kan inlig. 

Met "all wheel drive" werk die voorwiele altyd en die agterwiele net as dit nodig is sover ek weet. 

Bogenoemde is dan hoekom ek die voorste wiele monitor met TPMS. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 07:44:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14276
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert ek mag verkeerd wees maar ek voel dis belangriker om die motor te kan stuur want agterwiele volg net. So ook kom beste bande voor en op nat pad verwyder beste bande die water en agterband vold net. Daar is die gevolg wat glo beste bande moet op die wiele wat aandryf wees. Sal goed wees as iemand wat die feite ken ons wel kan inlig. 

Met "all wheel drive" werk die voorwiele altyd en die agterwiele net as dit nodig is sover ek weet. 

Bogenoemde is dan hoekom ek die voorste wiele monitor met TPMS. 

Danie.Ek gaan sommer n nuwe draad begin wat hieroor handel. Kan interesant wees.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 12:14:33 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1054
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Weet nou nie of hierdie onderwerp net oor BANGGOOD handel en of dit ook kan dien as forum vir swak diens nie ... indien ek dus hierdie draad verkeerdelik kaap, vra ek nederig om verskoning!

My Audi S3 moes 'n nuwe Netstar tracker eenheid kry, aangesien die vorige een "verouderd" was. Aangesien ons in Parys bly kom die mannetjie toe al die pad van Potchefstroom hier aan om die werk te doen. Aankoms 08:45. Hoelank sou dit neem aangesien ek die middag moes uit? Net so 'n uur reken Francois .......

 ............ Teen 15:00, (en ek my afspraak gekanselleer het) en nadat hy die HELE paneelbord van die Audi uitmekaar gehaal het, in die enjin gekrap het (selfs die RUITVEERS verwyder het om van die enjin se kant af in te kom) kry hy eers die ou module. (Blykbaar kon Netstar Kemptonpark hom nie help om die posisie van die ou een te verklaar nie). Alhoewel ek hom 100+ kere gesê dat my "Silvo" baie spesiaal is vir my, is die bestuurder sitplek daarna nie weer dieselfde nie - die elektriese motortjie (een van 3 in die sitplek) wou nie meer die sitplek laat opgaan nie). Shaun (Netstar Potch) het die volgende dag kom kyk - geen resultate nie. Met Heinrich (Tegniese bestuurder) gepraat, die Audi na Audi Vereeniging geneem (R1100.00 net vir die ondersoek - my rekening!), seker al 4 ure gespandeer op die telefoon na die sg. "Call Centre" toe, en nog steeds geen resultate nie. Ek kan nie die sitplek op kry nie, dit veroorsaak dat dit nogal moeilik is - veral vir Joanie - om die Audi te bestuur en ja, daar is die probleem. Ek kan eenvoudig NIE deurkom na ander direkteure, bestuurders of iemand nie. 

Wat staan 'n mens te doen in so 'n geval? Ek dink dat Netstar se hoop is dat ek so kwaad sal word dat ek my besigheid na 'n ander opsporing-maatskappy verskuif, want dit sal vir hulle die goedkoopste wees, en ek weier - die skade sal deur Netstar gedra word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 13:55:54 pm

Ek is nie n opsporings stelse kenner nie, maar sou dit nie maklker gewees het as hulle net die ou een deaktiveer het nie....hy is tog verouderd en dus ook van geen waarde vir Netstar nie (gaan seker asblik toe?) Met die stoel motor gaan jy seker die vraag van Netstar kry of hy voorheen gewerk het of nie. Klink of dit n moeilike een kan word....Sterkte!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required