English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 278
Total Replies: 230 165
Total Views: 82 385 326
topics: 92
replies: 1 448
views: 248 385

Nog toer nuus 8

replies: 9
views: 386
15 Jun 2019 @ 16:42:41 pm
Nekkie
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 30
Joined: 11 Nov 2012
Experience: 31 years

Na meer as n jaar, weer toer nuus. Ek het nog al ons ervaringe neer geskryf maar was maar bietjie lui om dit mooi uit een te sit.

Ek gaan nou net vinnig die hoof punte van ons toer vertel.

Van my laaste skrywe is ons na Merry Pebbles in Graskop. Baie mooi kamp, met mooi badkamers. Ons betaal R152.00 per aand. Hou in gedagte, hierdie is 2017 pryse. Ry lekker daar rond, kyk huise, maar die dorpie is maar bietjie vervalle, ons het ook na Panorama Chalets aan kyk . Daar kan jy ook lank staan. Pratige uitsig oor die begre. Vandaar is ons Palaborwa toe en het by die Forever resort gestaan, koste R3600.00 vir die maand. Die park is letterlik 500 meter van die wildtuin af, so is lekker om by te staan en sommer vinnig in die park te kom. Dit lyk net soos die wildtuin, grond met bosveld bome. Ons was April daar en dit was vir my baie warm, al het ons na huise gekyk, sal ek dit nie kan hou nie. Ons maak ‘n draai in Hoedspruit en kyk na Wildlife Estate.  Dit lyk baie oulik, maar soos by enige kompleks is daar n “levy” en hulle is geneig om net te klim. Gaan kyk na Kampersrus en Escarpia. Baie mooi by Escarpia maar dit is ver van alles af.  Ry in Phalaborwa rond, paaie baie sleg. Ons staan vir ‘n maand, maar heeltemal te warm na my sin. Ons het n afspraak in Johannesburg en vat die pad soontoe. Ons stop toe op pad soontoe by Sondela. R385 vir die nag. Ons het ons eie badkamer en wasbak met paving. Mens moet 4 km op grondpad ry tot by kamp plek. Ek persoonlik het gedink dis baie duur en sal as n pensionaris nie sommer weer daar bly nie. Terwyl ons in Johannesburg is maak my beter helfte die bed in die karavaan groter en ons koop ‘n nuwe matras. Nou slaap ons baie lekker.

So ry ons terug Kruger toe tot die middel Junie, ons moes die kar laat diens en ry toe Pietersburg toe waar ons by Boma in te Bush vir twee aande oorslaap.

Lekker plek vir oorslaap as jy langpad ry. Jy staan onder n skadunet, skoon geriewe, heel netjies

Daarna is ons na Moreson naby Tsipise toe vir ‘n maand. As ek reg onthou het dit R2500.00 gekos. Dis ‘n kleiner park, 40 staanplekke, baie mense wat al vir jare soontoe gaan.Die volstruise en bokkies loop sommer mak in die kamp rond. Hulle het ‘n lekker warm swembad onder skadunet, die water kom van die warmwaterbron af. Die badkamers kort wat my betref aandag, maar alles is skoon.  Die oord het een aand ‘n sop en sjerrie aand gereel en daar was ook ‘n vroue tee, en die mans het gebraai in die rivier bedding. Een van die kerke in die omgewing hou ook kermis daar. Ons koop heerlike groente en allerlei lekkernye. Daar is ‘n klein winkeltjie, en ‘n man van die kontrei kom verkoop lekker vleis. Ons stop ook by Die Sitrus spens en koop jaarlemoene, en cara cara lemoene. Eerste keer wat ons dit sien en proe.

Toe besoek ons die ATKV oord Die Eiland vir Augustus. Dis ook grond staanplekke onder die mopanie bome. Mense staan vir 4 - 5 maande. Rig hulself in asof hulle by die huis is. Dit verstom my om te sien wat alles saam gery word. Ons koop nog twee stoele vir die kuier mense. Alles word vreeslik gewas voor dis mense ry. Oor al die stof. Ons het ook toe ons opslaan, eers soliede swart plastiek onder die grondseile gesit om te help met die stof. Ek het gewonder hoekom mense so graag daar kamp, maar besef toe daar is n heerlike gees onder die mense. En die oord doen baie moeite om aktiwiteite aan te bied. 

Onder andere: jukskei en braai maandag aand waar hulle pap en sous bedien.  Dan kuier almal saam en daar word musiek gemaak en lekker gedans. Hoefies en rolbal en tennis en stap toere om bome en voel's en naaldekokers te kyk. Baie bring fietse, daar is baie plek om te ry. Swembaddens en warm bad met jets. Bingo. Line dancing. Putt putt, perdry, konsert tussen die blokke. Verder word daar vreeslik oor en weer gekuier. Ons het dit baie geniet. Die koste vir staan was net so oor R3000.00. Ons het die skou in Tzaneen besoek, en orals vrugte en advokadopere en naartjies en piesangs en papinos vir spot goedkoop gekoop. Ook tee en skons by The Coach House gaan eet.

Ons ry toe Nylstroom toe om huisies te kyk by Bosveldsig.  Ontmoet vir Hester en Willem wat ons rond gevat het. Oulike plek, oulike huise maar ons kan nie besluit nie.

Slaap die 30 en 31ste by Weesgerus. Dis ook n baie mooi oord wat ook maand tariewe aanbied. Toe Suidkus toe, ons slaap by Harrismit Bergview oor. Ongeveer R240 vir die aand. Altyd ‘n goeie plek om oor te slaap, eet sommer by die Spur en koop die lekkerste lamsvleis by die ontvangs en dan see toe. Nog nuus volg binnekort

 

 

 

 

Going nowhere slowly
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2019 @ 17:01:01 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Geniet, lewe net een keer.

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2019 @ 23:19:43 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4122
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Thanks for the report back- been to some of the same places during our tour and long to start up again. Maybe one day 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2019 @ 15:32:54 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

baie dankie  interesant

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2019 @ 16:29:32 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Glad you enjoyed it so far.  Thanx for the feedback. More pics please

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 10:13:55 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Lekker om so rond te toer. 

Geniet dit. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 13:39:16 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Baie dankie vir die lekkerlees  “verslag”. Altyd lekker om te hoor wat die langkampers laat “tick”. Reis veilig en geniet elke oomblik daarvan. Hierdie koestertyd gaan in n oogwink verby. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jun 2019 @ 19:48:47 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 112
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

Baie dankie vir die lekkerlees  “verslag”. Altyd lekker om te hoor wat die langkampers laat “tick”. Reis veilig en geniet elke oomblik daarvan. Hierdie koestertyd gaan in n oogwink verby. 

Mooi  beskrywing. "Koestertyd". 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 06:44:38 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13782
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie vir terugvoering....klink of julle heerlik rondrits

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2019 @ 10:24:50 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1527
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Hou so aan en hou die forum op hoogte.

Altyd goed om te weet wat ander kampeerders laat 'tick'

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required