English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 132
Total Replies: 227 693
Total Views: 82 279 827
topics: 136
replies: 2 152
views: 328 807

Sluit jy jou karavaan tuis?

replies: 39
views: 491
08 Sep 2019 @ 07:04:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek wonder of dit nie beter is om jou karavaan nie te sluit as hy by die huis staan nie. Daar is Vrydag aand vir die 2de keer by vriende van ons se karavaan ingebreek by sy huis. Niks is beide van die kere gesteel nie, want hulle het nie eintlik veel waardevols wat hulle in die wa los nie. Die skelms weet dit nie....hulle dink natuurlik daar is TV's en dergliks binne. Altwee kere het hulle die kant venster gebreek om in te kom.....omdat deur gesluit was.....nou sit hulle met skade wat eintlik so onnodig was. Ek het seker hier en daar iets wat hulle sal wil vat....maar ek sal verkies dat hulle dit deur die oop deur gryp as wat hulle groot skade aanrig en dit buitendien gryp.....vat gaan hulle dit vat, n geslote deur gaan dit net bietjie moeiliker vir hom maak. Versekering sal seker nie hierdie siening aanvaar as jy eis sou insit nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 08:31:56 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4163
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel my wa is altyd oop. Ek het ook 'n oop erf maar ons vind min probleme. Hier bitter min rondlopers en het ook gereeld vleis in my vrieskas as ons op groot maat vleis koop.. 

Ek glo dus dis beter om oop te los as om te sluit want soos genoem is die skade in in te kom dalk meer as die goedere gesteel. 

My ouers het ook kasregisters oop gelos as daar ingebreek word dat dit nie oopgebreek word of saam geneem word nie terwyl hulle leeg is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 09:14:03 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2957
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Versekering vereis daar moet ooglopende skade wees.

Daarom kan jy nie eis vir car-jamming nie. Maar niks verhoed jou om ruit uit te slaan nie. Moet net nie gevang word nie anders kry jy nooit weer versekering nie🤣🤣🤣🤣

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 09:23:49 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4163
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dit hang 'n natuurlik af v jou polis en bybetalings of mens vir elke item sal wil eis. Vir kleiner items gesteel sonder om ruit te breek kan voordelig wees om nie te eis nie. 

Ek het nog altyd 'n groter bybetaling gekies vir 'n laer premie wat mens elke maand iets spaar. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 09:51:48 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Danie, wil jy nie asb. jou woonadres vir my stuur nie. Ek sal gereeld kom loer of daar dalk grootmaat vleis gekoop is. Ek sal jou ook nooi wanneer ek braai.☺

My woonwa se deur as altyd gesluit. Hy is ook toe met 'n "cover" en ek het 'n alarmstelsel binne die wa. Verder het ek 2 buite "beams" wat my hele agterplaas dek.

Dit is natuurlik geen waarborg dat hulle nie skade kan aanrig nie. My wa is volledig toegerus en ons laai net klere en kos as ons gaan kamp.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 10:05:56 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4052
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Mine is in a locked up garage with alarm system so the van is unlocked. While we lived in Joburg our previous van was always locked even though it was in a locked up garage. Prior to that it was locked under a carport while we built the garage and there it was broken into on two occasions.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 10:06:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7606
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

My wa staan in n toesluit garage. 

Van voor kan niks ek niemand by hom uitkom nie. 

Garage deur word van binne gesluit. 

Agterdeur is by die huis sê agterdeur. 

WA is nie gesluit nie, deur net toe. 

Is maar gereeld binne garage en wa. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 10:25:23 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3620
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Woonwa staan onder skadunet en is met "cover" toegemaak. Alarm binne is gekoppel aan huisalarm. Die vensters is van knip af so hulle kan oopgemaak word. Indien hulle sou inloer sal die huisalarm aktiveer.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 12:39:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het maar altyd die wa gesluit toe dit nog by ons gestaan het.  Dis nou nie meer lank nie dan staan hy weer by my in die erf.  Sketse/beplanning vir planne is gemaak en in proses.

Dan gaan ons so stelsel matig die afdak begin opsit veral as die plan ingedien is vir goedkeuring.

Sal hom maar altyd sluit want die wa het sy eie kettel, toaster TV en klomp kampgoed.  Dis darem binne 'n sekuriteits kompleks so kanse vir inbraak is kleiner as normaal.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 15:14:04 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 224
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Ek is op die staduim gelukkig want myne staan ook in n sekurteits area met 24 uur wagte wat patrolleer. Die karavaan is gesluit want ons het maar ook kampgoed daarin en laai maar net kos en klere as ons ry om te kamp. As my omstandigede sou verander stem ek ook vir beams met n alarm en sou net n lig met n sensor byvoeg buite die karavaan. Dan sal hy lekker hardloop as die alarm en lig op dieselfde tyd aangaan want hy gaan dink hy was gesien.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 18:55:18 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1640
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

As ek so luister is ek dankbaar my wa is in storage toegesluit met sekuriteit en 24 hour camera surveillance. Dis hard om vir so iets te betaal maar ek dink dit is harder om jou goed te verloor en jou karavaan uitmekaar gebreek te sien.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 19:01:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4163
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Chris ja ek glo 'n paar sal my adres wil hê. Mens lewe maar soos dit is in jou omgewing. Natuurlik moet ek gereeld hoor maar eendag is dit jou beurt. Dit behoort te gebeur maar tot dan toe bekommer ek my nie oor sulke dinge nie. Ek sal reaktief optree. Dit is 'n voordeel om toegangsbeheer te hê in 'n normale woongebied. Dis dan die rede hoekom so baie strate toegemaak word en dit het sy voordeel. 

Ons kon dit maklik doen want die klein deel het net 1 toegangsstraat vanaf die hoofpad. Ek sal maar nie noem wat ek ook kan doen sonder verlies nie. cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 19:30:50 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1640
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Danie. Jy gaan my nie uitvang 😂

Hierdie klink soos n visserman wat voerplek maak en as die visse kom kuier word hulle vals tande uit die bek geruk en dalk nog 30 nil 6 wat wild na die voerplek geswaai word. Nee wat ek watch jou ou maat 😂

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 20:36:05 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4163
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

John ja ons elkeen besluit maar self. Ek het net my antwoord op Geert se vraag gegee. Ek glo ek het al myself baie bekommernis se gespaar en die skoen pas my. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 20:51:44 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1640
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Grap net Danie. Ek self dink dit is beter om oop te hou met waardevolle goed in die garage.

Sou ek iemand daar vang gaan dit alles afhang van omstandighede maar eks seker hy gaan sy besoek onthou.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 06:15:44 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 724
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

My karavaan, treiler en die Quantum staan ook onder afdak, tussen die huis en motorhuis. Gesluit en bedek met oortreksel. Daar is ook beams wat daardie hele area dek.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 08:17:17 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek sluit maar. Die versekering verwag dat jy voorsorg getref het om seker te maak dat diewe nie vrye toegang het nie. Al bewys wat jy het is as daar "force" gebruik is om toegang te kry.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 09:30:43 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1295
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek is op die staduim gelukkig want myne staan ook in n sekurteits area met 24 uur wagte wat patrolleer. Die karavaan is gesluit want ons het maar ook kampgoed daarin en laai maar net kos en klere as ons ry om te kamp. As my omstandigede sou verander stem ek ook vir beams met n alarm en sou net n lig met n sensor byvoeg buite die karavaan. Dan sal hy lekker hardloop as die alarm en lig op dieselfde tyd aangaan want hy gaan dink hy was gesien.

Kobus, ek het ook gedink daai ligte en alarm ding werk. Tot by my ingebreek was. Die perps weet hoe lank dit neem om te reageer hetsy jyself of die reaksie mense. Dis hoekom hulle jou rot en kaal kan besteel in 'n paar minute. Die speurder het laas jaar gese dat dit normaalweg sowat 4 perps is, elkeen vat 'n vertrek (en karavaan sou ek reken), pak wat hulle kan in 'n voertuig en binne 8 minute is hulle weg. As die plek wat hulle teiken as 'n groter risiko gesien word selfs nog vinniger.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 10:15:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja kyk hulle is blits vinnig.  En hulle is nooit alleen nie.   En dis so maklik om by 'n karavaan in te breek.

Penta bv vat jy die venster links voor naby die deur in die middel onder en trek net baie hard.  Die perspex buig en 70% van die kere glip die plastiek venster knippe oor die sluit plekke en jy trek die venster oop.  Druk hand deur die venster en maak die deur van binne oop.

Kanse is ook goed dat niks eers breek nie. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 11:13:38 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7606
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ja kyk hulle is blits vinnig.  En hulle is nooit alleen nie.   En dis so maklik om by 'n karavaan in te breek.

Penta bv vat jy die venster links voor naby die deur in die middel onder en trek net baie hard.  Die perspex buig en 70% van die kere glip die plastiek venster knippe oor die sluit plekke en jy trek die venster oop.  Druk hand deur die venster en maak die deur van binne oop.

Kanse is ook goed dat niks eers breek nie. 

Hoekom weet jy? 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 11:26:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hoekom weet jy? 

 

 

Het my Penta se sleutel binne die wa per ongeluk toegesluit.  Was op vakansie ander sleutel by die huis.  Was met my eerste Penta.  Het aan die venster getrek en gesien hy sal mee gee.

Toe maar gehoop van die beste en net harder getrek.  Hulle het ook twee keer so by my wa ingebreek.  Geen skade aan die venster nie, binne wel soos hulle probeer het om die microgolf uit te breek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 12:06:04 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7606
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het my Penta se sleutel binne die wa per ongeluk toegesluit.  Was op vakansie ander sleutel by die huis.  Was met my eerste Penta.  Het aan die venster getrek en gesien hy sal mee gee.

Toe maar gehoop van die beste en net harder getrek.  Hulle het ook twee keer so by my wa ingebreek.  Geen skade aan die venster nie, binne wel soos hulle probeer het om die microgolf uit te breek.

Gedink die sleutel is die oorsaak. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 08:26:06 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Neewat wa is ook oop en leeg. so die wat wil kom loer kan elkgeval deur die venster loer.

Beter om te kyk en sien daars niks as om met gebreekte dele te sit wat WIE regtig goed gaan regmaak en die hele storie om wa rond te sleep en dalk risiko te neem vir nog skade


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 14:38:41 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4052
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Het my Penta se sleutel binne die wa per ongeluk toegesluit.  Was op vakansie ander sleutel by die huis.  Was met my eerste Penta.  Het aan die venster getrek en gesien hy sal mee gee.

Toe maar gehoop van die beste en net harder getrek.  Hulle het ook twee keer so by my wa ingebreek.  Geen skade aan die venster nie, binne wel soos hulle probeer het om die microgolf uit te breek.

I have a spare key hidden on the van, but as yet no need to have had to retrieved the pare.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 20:06:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Het my Penta se sleutel binne die wa per ongeluk toegesluit.  Was op vakansie ander sleutel by die huis.  Was met my eerste Penta.  Het aan die venster getrek en gesien hy sal mee gee.

Toe maar gehoop van die beste en net harder getrek.  Hulle het ook twee keer so by my wa ingebreek.  Geen skade aan die venster nie, binne wel soos hulle probeer het om die microgolf uit te breek.

I have a spare key hidden on the van, but as yet no need to have had to retrieved the pare.

Dit kan seker goeie idee wees om spaar sleutel êrens weg te steek. Ek sou sê die maklikste is om dit sommer in jou sleepvoertuig te los....jy gaan tog nêrens met jou wa sonder jou sleep voertuig nie.  

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 07:09:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

[quote]4203,2224[/quote]

Dit kan seker goeie idee wees om spaar sleutel êrens weg te steek. Ek sou sê die maklikste is om dit sommer in jou sleepvoertuig te los....jy gaan tog nêrens met jou wa sonder jou sleep voertuig nie.  

Die ding is maar wat maak jy as jou voertuig gesluit is en die sleutels is ook binne die wa.

Goeie idee die ekstra sleutel iewers op die wa vas skroef met 'n selftapper skroefie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 07:12:50 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 724
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Die ding is maar wat maak jy as jou voertuig gesluit is en die sleutels is ook binne die wa.

Goeie idee die ekstra sleutel iewers op die wa vas skroef met 'n selftapper skroefie.

Maar dan moet jy skroewedraaier byderhand he.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 07:18:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hennie ek glo daar is 'n kamp ou iewers wat kan help met 'n skroewe draaier.

Dalk 'n bier en 'n snack terwyl mens sukkel om in jou wa te kom.

 

Plastiek bank sakkie met stapel gun teen onderkant van die vloer.  Kyk maar net so nou en dan of die bank sakkie nog in goeie kondisie is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 07:34:54 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 724
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Hennie ek glo daar is 'n kamp ou iewers wat kan help met 'n skroewe draaier.

Dalk 'n bier en 'n snack terwyl mens sukkel om in jou wa te kom.

 

Plastiek bank sakkie met stapel gun teen onderkant van die vloer.  Kyk maar net so nou en dan of die bank sakkie nog in goeie kondisie is.

Kan ek jou nooi vir 'n bier....haha

Die sakkie dalk iewers vasgesit naby die "vent" gat.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 08:54:08 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Hoe sluit jy jou deur sonder sleutel? My deur gaan nie toe nie???


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 10:02:08 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 724
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Hoe sluit jy jou deur sonder sleutel? My deur gaan nie toe nie???

Ek kan ook slegs my deur met 'n sleutel sluit. Die probleem is as jy die sleutel verloor en daar is nie 'n spaarsleutel beskikbaar.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 11:02:17 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4163
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Die ding is maar wat maak jy as jou voertuig gesluit is en die sleutels is ook binne die wa.

Goeie idee die ekstra sleutel iewers op die wa vas skroef met 'n selftapper skroefie.

Leon ons het mos in die ou dae toe ligte nog met skroefies vasgedra was die spaar iewers bestoor vir daai spesiale dag.

Dink nou aan toe ek op my dogter se motorfiets die spaar in die agterlig gesit het en toe ons dit die dag nodig het het ek vergeet dit is daar.cry

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 20:38:19 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1295
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

[quote]4203,2224[/quote]

Dit kan seker goeie idee wees om spaar sleutel êrens weg te steek. Ek sou sê die maklikste is om dit sommer in jou sleepvoertuig te los....jy gaan tog nêrens met jou wa sonder jou sleep voertuig nie.  

Het my spaar sleutels en ook die horsebox se sluit wiel moere se "sleutel" in my tipper gelos. Ek was baie rustig want ek het mos altyd geweet waar die goed is en sommer byderhand as ek die regtes verloor of verle. Tot my tipper in Desember gesteel word met alles in. Ek sukkel steeds om die horsebox se sluit wielmoere los te kry....los nou alles in 'n veilige plek by die huis (nie 'n kluis nie want die breek hulle uit die muur en vat dit saam, ook laas jaar met my gebeur). As ek spaar sleutels nodig het moet een van my kinders maar die goed kry en per koerier aanstuur as ons aan die kus of so kamp. Terloops ek is ook permanent genees van die wielmoere wat so 'n snaakse sluit stelsel het...as daai sluit sok weg is het jy probleme

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 20:45:26 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13451
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Iemand het 2 jaar terug by Weesgerus by alle karavaan eienaars verby gekom en gevra vir n sekere nommer skeutel, want hy het syne tuis vergeet. Hy was letterlik binne 10 minute gehulpe gewees....karavaan oopgesluit met ander se sleutels. Miskien n idee om jou sleutel nommer êrens te memoriseer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 08:51:33 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4919
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek het met my eie oë gesien daar is 'n sleutel wat ALLE Jurgens karavane oopsluit....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 15:13:16 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis seker moontlik want die slotjie daarin is maar 'n klein en eenvoudig in werking.

Dis basies dieselfde vir garage deur sleutelkies.  Hulle is amper dieselfde in werking met net een riffel kant waar die karavaan sleutels darem dubbel riffel kante het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 16:22:38 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4052
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Iemand het 2 jaar terug by Weesgerus by alle karavaan eienaars verby gekom en gevra vir n sekere nommer skeutel, want hy het syne tuis vergeet. Hy was letterlik binne 10 minute gehulpe gewees....karavaan oopgesluit met ander se sleutels. Miskien n idee om jou sleutel nommer êrens te memoriseer

Wont' be able to do that with mine as there are only three of them in the country surprised 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 16:33:05 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 536
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek woon in die Kaap. Jy sluit. Jy skakel skok-goed aan. Jy steek weg. Jy doen ALLES en nog meer. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:42:28 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

As ons tuis is, staan my wa tussen die huis en motorhuis onder skadunet afdak.

Ek sluit. Die deur kant is weg van die muur en die wa se regterkant teen die muur. Ek dluit ook my trekstang met 'n slot wat in die bol pas.

Darem het ons nog nooit probleme gehad wanneer ons by die huis is nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:45:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Interesant hoe mense dink oor die saak tenspyte van hoe sleg dit in ons land aangaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required