English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 783
Total Replies: 209 404
Total Views: 81 309 599
topics: 91
replies: 1 317
views: 252 642

Seil oor die karavaan

replies: 16
views: 548
09 Oct 2018 @ 11:51:47 am
Dansan
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 51
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 38 years

Halooooo almal, one het 'n reuse seil saam met ons Fleetline gekry toe ons hom gekoop het. Dis 'n sak so groot 'n olifant kan daaronder skuil. Gebruik julle mense julle s'n? My 'vaan staan onder 'n skadu-net. My bekommernis is dat die seil die 'vaan lelik kan krap.  Sit julle dalk 'n kombers of 'n paar komberse oor julle tente voordat julle die seil span?  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 12:54:16 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1001
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 19 years

My Fleetline se seil is deesdae erens in die Wendy huis, en ja dit krap maar die wa as die wind waai. Sou ook voorstel jy verander daai skadunet na 'n behoorlike dak toe of anders die beter waterdigte skadunet, anders word die wa steeds nat as dit reen en oor tyd begin houtvrot intree

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 14:27:52 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Die seil in my opinie is 'n positiewe item as:

  • Die wa steeds in die koelte staan. Want daai wa word baie warm onder daai seil as hy son kry en dit is nie goed vir eerstens die water digting by die nate van die karavaan nie en die "plak papier" teen die binnekant van die wa kan sulke bubbles begin maak.
  • Jy voorsorg tref dat die seil nie teen die wa skuur as die wind erg waai nie. Daai stof vlekke wat in die veselglas geskuur is haal jy nie eers met thinners af nie.
  • Dit hou die wa netjies skoon. Maar dit beteken jy was die wa en droog hom mooi af voor jy die seil opsit.  Nou of jy die wa was voor jy gaan kamp of daar na is eintlik om met ewe. Beste is, wa moet skoon wees voordat jy daai seil oor trek.

In jou geval waar die wa onder skadunet staan en steedsin 'n mate son kry en dan nat ook reen. Sal ek die seil verseker gebruik.

  • Maak net seker die wa is skoon voor jy hom opsit.
  • Seil is deeglik vas getrek dat die wind nie moontlike stof tussen seil en wa soos skuurpapier rond beweeg nie.
  • Die skadunet baie effektief is. Want die hitte skade oor tyd is dalk groter skade as 'n skuurmerk.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 14:36:31 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10351
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years

Ek het op my vorige karavaan vir 2 jaar n seil gebruik. Toe ek hom verkoop het was hy spotless....nie krapmerke opgehad nie. Miskien is 2 jaar te kort vir krapmerke optel, maar het wel gedoen soos Leon aanbeveel...nie seil oor n vuil karavaan getrek nie. Ons het hom elke keer gewas voor seil oorkom....dan is hy sommer kamp gereed vir die volgende trip.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 15:43:03 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1093
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Myne staan onder 'n skadunet met 'n seil. Ek het nog nooit 'n probleem met krapmerke opgetel nie, maar wel soos Leon bogenoemd noem, die bruin vlekke wat voorkom.

Ek gebruik gewoonlik ''Wynns Scratch remover'' of ek was die karavaan met warm water, sunlight liquid gemend met 'n halwe koppie parrafien.

Om die geskuur wat die wind veroorsaak te voorkom, bind ek tou deur die ogies wat onder die seil aangebring is en trek die seil redelik stewig teen die wa vas.

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2018 @ 18:03:30 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6447
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

My buurman bou en is daar lekker stof as die wind waai.

My wa staan in n toesluit motorhuis onder n ligte seil om die fyn stof wat inkom die was voor n kamp net maklik te maak.

Jip hy word ook vas getrek om nie aftewaai indien ek daar binne besig is nie.

Spuit die syl ook skoon as die wa gewas word.

 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 09:46:57 am
Dansan
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 51
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 38 years

Fanx ouens, ek dink tog ek gaan die moeite doen om die seil oor te trek, al staan hy onder n waterdigte skadu-net met sye.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 18:06:01 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1600
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Danie ek bly ook by die see en my Fleetline word onder n sink afdak met kante parkeer. Ek trek steeds my seil van "Canvass & Alluminium" oor en maak hom met rekke vas dat hy nie skuur nie. Hy gaan skoon daar in en kom skoon daar uit. In al die jare nog nooit n probleem gehad nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 18:16:21 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1093
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years

Danie ek bly ook by die see en my Fleetline word onder n sink afdak met kante parkeer. Ek trek steeds my seil van "Canvass & Alluminium" oor en maak hom met rekke vas dat hy nie skuur nie. Hy gaan skoon daar in en kom skoon daar uit. In al die jare nog nooit n probleem gehad nie.

Piet, my produk van seil is dieselfde as wat jy het.

Ek het myne al 4-jaar en werk 100%.

Soos alreeds bogenoem, die seil moet gereeld skoon gehou word om die bruin vlekke te voorkom.

 

Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2018 @ 22:03:58 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 576
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Menere

Kan ek julle opinies kry oor 'n seil (caravan cover) vir my spesifieke situasie.

Ek bly in Malelane. Somertemperature wissel tussen 36° mid Oktober tot 45° (soms 48°) middel November tot einde Januarie. Met humiditeit van so 85 tot 90/95%.

Februarie gemiddeld 36° tot 40° met humiditeit hoër as wat jy in Durban ervaar (98-100%)

Maart begin dit afkoel na 34-36° maar humiditeit daal dan.

My wa staan onder 80% skadunet juis om hitte te laat ontsnap om opbou van hitte teen te werk. Ek hou die Penta se dak gelig met vogabsorbeerder binne die karavaan.

Sou julle 'n "caravan cover" aanbeveel of nie?

My vorige 2 karavane ook so gestoor.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2018 @ 15:26:17 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1600
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Proffie my situasie hier in KZN aan die kus is baie naby aan jou situasie. My Fleetline staan net onder n sink afdak. Ek het ook die opwipdak op en twee van die toegeritse seil vensters is halfpad oop om enige hitte en vog wat mag opbou te laat ontsnap. Die oorgetrekte seil het twee luggate langs die kant wat ook help om "asem" te haal. Dit is maar wat ek doen en dit werk baie goed vir baie jare wat ek dit so doen. 

Ek luister egter  graag vir enige beter idees. Mens raak maar gewoond aan jou eie gebruike en sluit dan jou eie gedagtes af om aan n beter plan te dink.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2018 @ 20:46:59 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 576
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Proffie my situasie hier in KZN aan die kus is baie naby aan jou situasie. My Fleetline staan net onder n sink afdak. Ek het ook die opwipdak op en twee van die toegeritse seil vensters is halfpad oop om enige hitte en vog wat mag opbou te laat ontsnap. Die oorgetrekte seil het twee luggate langs die kant wat ook help om "asem" te haal. Dit is maar wat ek doen en dit werk baie goed vir baie jare wat ek dit so doen. 

Ek luister egter  graag vir enige beter idees. Mens raak maar gewoond aan jou eie gebruike en sluit dan jou eie gedagtes af om aan n beter plan te dink.

Piet

Verstaan ek jou reg dat jy 'n "caravan cover" ook oor jou wa het al is hy onder dak?

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 16:58:22 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1600
Joined: 12 May 2015
Experience: 46 years

Ja Proffie. Die sinkdak het mos maar n neiging om te "drup" aan die onderkant en die druppels gee soms n wit stof af wat moeilik skoonmaak. Nou maak ek my karavaan mooi skoon voordat ek hom intrek en dan trek ek die seil oor en maak hom vas om met die Natal winde te help. As ek hom dan weer uithaal is hy steeds mooi skoon en sonder "druppel" lekmerke en reg vir kamp. Ek volg die gebruik al vir jare en , reg of verkeerd, werk dit nog vir my.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2018 @ 17:29:20 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 576
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Ja Proffie. Die sinkdak het mos maar n neiging om te "drup" aan die onderkant en die druppels gee soms n wit stof af wat moeilik skoonmaak. Nou maak ek my karavaan mooi skoon voordat ek hom intrek en dan trek ek die seil oor en maak hom vas om met die Natal winde te help. As ek hom dan weer uithaal is hy steeds mooi skoon en sonder "druppel" lekmerke en reg vir kamp. Ek volg die gebruik al vir jare en , reg of verkeerd, werk dit nog vir my.

Dankie Piet.

Ek is oortuig. Het nooit in die seil geglo nie as gevolg van die opbou van hitte en humiditeit.

Ek moet nou nog net tyd kry om lank genoeg by die huis te wees om die seil te regverdig!

Eendag.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 06:17:20 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 579
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

Ja Proffie. Die sinkdak het mos maar n neiging om te "drup" aan die onderkant en die druppels gee soms n wit stof af wat moeilik skoonmaak. Nou maak ek my karavaan mooi skoon voordat ek hom intrek en dan trek ek die seil oor en maak hom vas om met die Natal winde te help. As ek hom dan weer uithaal is hy steeds mooi skoon en sonder "druppel" lekmerke en reg vir kamp. Ek volg die gebruik al vir jare en , reg of verkeerd, werk dit nog vir my.

Piet, ek doen ook dieselfde nou al vir jare. Inteendeel, my Venter treiler staan ook onder die afdak met 'n "cover" wat tot oor die bande getrek word.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 06:36:52 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Mens moet dalk die temperatuur meet aan die binnekant van die wa met en sonder die seil oor.  Ek dink dit sal eerder die antwoord vir jou gee.

Ek hou van die seile slegs vir die voordeel dat die wa bly mooi skoon. Dus seil oor onder 'n dak staan hy mos in die koelte maar met die omgewing temperatuur wat klaar hoog is moet mens maar die toets doen en meet.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 12:03:33 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 576
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Mens moet dalk die temperatuur meet aan die binnekant van die wa met en sonder die seil oor.  Ek dink dit sal eerder die antwoord vir jou gee.

Ek hou van die seile slegs vir die voordeel dat die wa bly mooi skoon. Dus seil oor onder 'n dak staan hy mos in die koelte maar met die omgewing temperatuur wat klaar hoog is moet mens maar die toets doen en meet.

Leon

Jy vat my bekommernis raak. Wanneer dit buite 45° is, dan is die kans dat dit onder die seil tot 50° plus kan wees aangesien die hitte opbou en nie regtig kan ontsnap nie.

Selfde beginsel as 'n toe motor wat in die son staan. Maak daardie son nou 45° met 98% humiditeit. Dit  gaan die motor se binnekant tussen 50° en 60°  laat klim.

My groter kommer is humiditeit in die lug wat ook in die wa sal wees as die dak se vensters oop is. Die vogabsorbeerder wat ek in die wa sit word in die laer humiditeit maande soos September, binne 'n week vol water!

Moet ook by sê dat ek al sedert 1991 my karavane so parkeer en het nog nooit probleme gehad nie, behalwe bietjie roes as gevolg van humiditeit.

Die nuwe wa is egter baie tingerig teenoor my vorige 1995 Penta.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous