English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 330
Total Replies: 204 972
Total Views: 80 957 923
topics: 84
replies: 1 207
views: 245 029

Parking wheels of ander opsies?

replies: 22
views: 417
10 Sep 2018 @ 21:48:37 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Vriende van ons beplan nou om hul eerste karavaan te koop...n Caravette 4. Hulle wil hom binne in hul garage stoor, maar die karavaan se hoogte verskil met ingang met 7cm. Hulle dink aan die opsie van parking wheels. Gaan die parking wheels die karavaan met ten minste 7cm laat sak? Is dit nie n groot slep om elke keer die wiele te vervang nie? Is daar ander alternatiewe? Die kamperders wat ervaring het van die gebruik van parking wheels....kan julle miskien julle ervarings hier deel asb? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2018 @ 21:49:35 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

As iemand parking wheels te koop het wat op Caravette 4 sal pas....laat hoor van julle asb!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 00:05:33 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Ek glo 'n 400mm "parking wheel" sal werk aangesien die 145x13 wiele se deursnit 562mm is. In Aus is daar nou "parking wheels" te koop op special vir R2 800 elk. Normale prys is R5 700

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 06:47:04 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 531
Joined: 09 May 2014
Experience: 24 years

My een vriend het "parking wheels" by Kennis Karavane gekoop en gebruik om sy karavaan in die motorhuis te kry. Net bietjie moeilik om domkrag weer onder in te sit om te lig. (spasie maar redelik beperk)

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 07:02:06 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Parking wheels are an option but to me personally I will not go that way.  The wheel is basically the only item on a caravan that when or if it fails you surely will sit next to the side of the road.

A year or few months back we discussed here on the forum the issue of wheelnuts that came loose specially on the left side of the caravan if I remember correctly.  Thus to me switching the park wheels and road wheels is an incident looking for a place to happen.

I would suggest escavating two channels/furrows in the garage floor to lower the wheels mostly where the garage door lintle is.  Just by dropping the rear of the caravan with jockey wheel when entering and lowering the front again when the wheels have passed under the lintle you can reduce the lenth of those furrows.

if you need the garage for a vehicle. You can cover them with a steel plate because they are not that wide.

This is much quicker getting the van ready and out for a weekend away.  I am lazy and if I need to change wheels before and after every camping trip my camping trips will reduce drastically.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 07:41:54 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 05 May 2015
Experience: 18 years

Parking wheels are an option but to me personally I will not go that way.  The wheel is basically the only item on a caravan that when or if it fails you surely will sit next to the side of the road.

A year or few months back we discussed here on the forum the issue of wheelnuts that came loose specially on the left side of the caravan if I remember correctly.  Thus to me switching the park wheels and road wheels is an incident looking for a place to happen.

I would suggest escavating two channels/furrows in the garage floor to lower the wheels mostly where the garage door lintle is.  Just by dropping the rear of the caravan with jockey wheel when entering and lowering the front again when the wheels have passed under the lintle you can reduce the lenth of those furrows.

if you need the garage for a vehicle. You can cover them with a steel plate because they are not that wide.

This is much quicker getting the van ready and out for a weekend away.  I am lazy and if I need to change wheels before and after every camping trip my camping trips will reduce drastically.

Goeie idee Leon...gaan dit so deurgee. Hulle is nou so opgewonde oor wa...hulle sien basies kans vir alles net om die wa te kan hê, maar dink ook dit sit nie in almal se broek om elke keer wiele om te ruil nie. Ek het al gehoor dat mens kan sukkel om jack onder in te kry as parking wheels op is aangesien hy so laag is....moet amper op jou maag lê om onder in te kom

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 08:05:20 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 12 years

I agree with Leon. A family member who uses parking wheels has stopped doing weekend camping because of the time and effort to change the wheels each time.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 13:48:40 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

All the equipment you need to cut the concrete is available from Thalisman.  The furrows will even help you guide the caravan in the garage if you make them long enough.  I will just do the part under the lintle just long enough to dip the caravan through.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 14:22:47 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1013
Joined: 21 May 2013
Experience: 18 years

Ek het vir twee jaar daardie wiele gebruik en dit was een groot frustrasie om dit om te ruil en weer terug te ruil. Glo my. Ek het toe R3000 betaal en my dubbel garagedeur met een baksteen laat verhoog en 'n stukkie meranti bo=aan houtdeur gesit om weer mooi toe te maak. Dit was elke sent werd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 14:39:15 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ek het vir twee jaar daardie wiele gebruik en dit was een groot frustrasie om dit om te ruil en weer terug te ruil. Glo my. Ek het toe R3000 betaal en my dubbel garagedeur met een baksteen laat verhoog en 'n stukkie meranti bo=aan houtdeur gesit om weer mooi toe te maak. Dit was elke sent werd.

Nou ja hier hoor mens dit uit die perd se bek.  Ek kan myself indink dat die beslommernis om daai wiele opte sit of af tehaal jou lus vir kamp gaan beperk.

Hier is nog 'n opsie deur die lintle van die garage deur te verhoog.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 14:48:14 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1485
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Ek het sulke wiele vir ons Sprite Supersport gemaak.  Dit het die karavaan laat sak tot die skokbreker se vashegtingspunt net nie aan die pad geraak het nie, met ander woorde soveel as moontlik. Dit was 'n groot beslommernis om elke keer die wiele te verwissel as hy in die garage kom en is een van die groot redes waarom ons die Sprite met die lae Skipper vervang het.  As karavaanvervaardigers in ag neem dat mense graag hulle karavane in garages wil parkeer, sal hulle die laeprofielkaravane laag genoeg maak om dit te kan doen.  Ek verstaan nie altyd ontwerpers se logika nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 16:26:00 pm
Proffie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 423
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

In my opinie bly die hoër maak van die garagedeur die beste opsie soos Heindrich bo beskryf.Dit verhoog dan sommer die bemarkbaarheid van jou eiendom vorentoe.

Gaan netjieser wees as om vore by die deur te grawe.

Argitekte en bouers kan gerus die idee van hoër garagedeure van begin af in planne inwerk. Dit gaan aansienlik minder kos om te bou as om later dit te moet doen.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 20:12:42 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1485
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Dis 'n baie goeie punt Pottie.  Daar is nogal sulke huise en as ons een sien, merk ons op dis ideaal vir 'n karavaan.  Die addisionele koste wanneer die huis gebou word, sal tog minimaal wees en baie mense het karavane wat soos jy sê, 'n sterk positiewe wees wanneer jy jou huis wil verkoop.  Netso logies sal dit wees om sleepstange standaard aan bakkies en SUV's te maak aangesien 'n groot persentasie van die voertuie vir sleepdoeleindes gebruik word, maar dit word ook nie gedoen nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2018 @ 21:19:13 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Fred ek hou van hoe jy dink oor sleepstange maar daar is tog diedene wat 'n bakkie of SUV ry wat nie altyd wat as onooglik gesien word nl die sleepstang daar sal wil he nie. Dis tog hoekom so baie sleepballe ontwerp is om verwyderbaar te wees.

Vra maar vir die wat vergeet van die sleepstang hoe voel dit as jy jouself daarteen stamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2018 @ 07:09:54 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5978
Joined: 03 May 2007
Experience: 53 years

Koop n lekker pomp blaas die wiele af stoot is en blaas op.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2018 @ 07:18:05 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Koop n lekker pomp blaas die wiele af stoot is en blaas op.

Ek het ook aan daai een gedink Willem maar jy stoot nie daai karavaan as die wiele daai hoeveelheid pap is nie. Hy moet heeltemal afgeblaas word om te kompenseer vir die hoogte wat tekort is.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2018 @ 07:18:20 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1485
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Willem, Ek het die oplossing aanvanklik oorweeg, maar daar was 'n paar probleme daarmee.  Eerstens het dit die karavaan nie genoeg laat sak nie, maar dis maar in ons geval.  Tweedens is ek nie seker hoeveel keer jy dit kan doen voor daar ernstige skede aan die bande kom nie.  Derdens is daar soveel weerstand dat ons nie die karavaan per hand kon stoot nie en die windas het swaar gekry.  Ons opset was so dat hy disselboom eerste moes ingaan, so ons kon nie die sleepvoertig gebruik nie.  

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2018 @ 10:13:11 am
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Die afblaas is mos ook die manier hoe trokke wat onder 'n brug sou vassit sou verwyder word maar in hierdie geval waar mens 7cm plus nodig het sal die wiele baie pap moet wees. Die wa wat hierna verwys word het maar 145 bande.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2018 @ 05:50:01 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2627
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Fred baie geldige punt oor sleepstange op bakkies. Rubberising ook. Moes jare terug standaard gewees het en nie n "opsie" nie.

Dieselfde met motorhuis deure. Voertuie is groter. SUV en Bakkies. Hulle pas nie in nie. Die kompleks waar ek bly asook die vorige kompleks, parkeer niemand hulle voertuie in die motorhuise nie. Die deure is te nou en te laag.

On my way back!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 11:09:04 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 170
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 3 years

Ek het dieselfde probleem by my huis. Ek het lank ook parkwheels gesoek. Gelukkig het een van my vriende gehad wat ek kon leen om te toets. Maar dit het nie my wa ver genoeg gesak nie. Toe probeer ek die venter se 10inc wiele en dit het net net nie gewerk nie. Op die einde van die verhaal het ek reg gekom met golfkarretjie se wiele. dit is 8inc.

Maar soos hier bo genoem. Dit is altyd n storie om die wiele te ruil voor jy gaan kamp en as jy terug by die huis kom om alles weer van vooraf te doen om wa deur motorhuis te vat om te bere. Ek kan ongelukkig nie glewe sny of muur hoer bou nie want ek huur die plek. Eienaar sal van sy kop af gaan.

maar as jy wil kamp is dit seker nie 'n duur prys om te betaal nie.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 11:18:24 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10114
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Ja, so het baie mense dieselfde probleem maar elke ou se omstandighede waarin hy sit is heel anders.

Dan beskou ek myself as baie gelukkig dat die enigste rede waarom my wa nie tans by my staan nie is omdat ek nie nou fondse het om n afdak op te rig nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 14:36:34 pm
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1485
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 50 years

Sommer so op 'n ligter trant: Waarom slote grawe- dis mos die dak wat te laag is, nie die vloer wat te hoog is nie!wink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2018 @ 23:46:27 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Sommer so op 'n ligter trant: Waarom slote grawe- dis mos die dak wat te laag is, nie die vloer wat te hoog is nie!wink

Klink my iemand het by Gatiep en sy donkie geleer. Hehehehe

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First