English & Afrikaans Forums
Total Topics: 17 633
Total Replies: 181 414
Total Views: 79 796 283
topics: 3 904
replies: 26 307
views: 17 017 736
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 141
replies: 867
views: 683 023
topics: 3
replies: 36
views: 12 053
Heins Farm Resort
Mpumalanga, Ermelo
5
Total Ratings: 5
4   
1
Rated: 20 Apr 2017

Slegte ondervinding op die oord en bestuur is ongeskik

replies: 28
views: 1964
20 Apr 2017 @ 13:10:21 pm
Antoinette
Bronze Member
Offline
Posts: 5
Joined: 30 Mar 2017
Province: Gauteng
Ons is tans tuis by Hein se plaasoord. Ons was al voorheen hier tuis en dit was heerlik. Sederdien het dinge baie verander. Die eienaar Hein is baie ongeskik en ongepoets. Ek is in besit van whatsup's wat hy vir my gestuur het. My man is hier vir werk en moet vir 6 maande in Ermelo werk. Hy gaan tuis by Hein se plaas oord. Ek en my dogter is nou weer saam met hom vanaf die 26ste Maart 2017. Ons het bespreek om die komende paas naweek 'n familie kamp hier te kom hou. Ons kry 'n baie goeie tarief. Gister was hy baie ongeskik en u sal dit op die whatsup's kan lees. Hy het my ook gevloek en sy woorde was: "ek het nie tyd vir kinderkak nie. ek betaal mense om die werk te doen sodat ek nie met kinderkak moet sukkel nie." Ek het hom geantwoord dat die dame in die kantoor my ingelig het en alles is nou reg en uitgesorteer. Ek vra toe hoekom tik hy in hoofletters vir my 'n boodskap? Dit is toe wat hy so vieslik is en beide myself en my dogter het iets gehoor van wat hy gesÍ het van teef. Dit kon skeef ook gewees het want hy was besig om goed op te laai op sy bakkie. Later die aand het ek 'n whatsup gekry dat hy alle akkomodasie kanseleer. Hy het gevra wanneer vertrek ons en ek het hom geantwoord vrydag oggend. Hy het gesÍ dit sal so in orde wees. Hy drink verskriklik en dan raak hy goed kwyt wat nie baie mooi is nie. Ek het vanoggend probeer om met hom en sy vrou te gesels want hopelik is hy nie meer onder die invloed nie maar was nie suksesvol nie. Die kantoor dame het my meegedeel dat hulle besig is. Ek dink hul dodge en dive my. Hy het dit gister ook probeer maar toe is ek te vinnig en keer hom voor. Die oord stink verskriklik na afval van diere en die vliŽe dra jou weg. Hier is omtrent niks vir die jong klomp nie behalwe die pull tafels wat gebreek was en waaroor ek gekla het. Dit sluk jou geld en spoeg nie die balle uit. Hy het dit reggemaak maar nie die vorige geld terug gegee nie. Die ablusie blok regoor ons charlet no 8 stink soos vrot eier en is baie vuil. Die charlet self is baie vol vlieŽ en die spinnerakke sit op die geyser. Ek sien geen hek wat toegemaak word in die aand nie en daar is ook nie 'n wag nie. Die stank van die diere is ondraaglik. Ek kan nie glo dat mense hier hul troue kom hou nie. Nie eers mooi tuine vir foto's. Die swembad se pomp is af en dus staan die water stil wat nie baie higieŽnies is nie. Die mense kan nie hul eie alkohol in bring nie. Oral staan borde wat sÍ geen alkohol verby hierdie punt. Nou vra ek jou wat se kamp is dit? Ander oorde laat jou toe maar hier moet jy by die bar koop as jy iets wil nuttig. Dus voel ek jy word gedwing om nog meer geld uit te haal op die plaas. Jy kan nie kosmaak nie of eet want die stank is geweldig en dan nog die vlieŽ. My skoonouers was lid van die K.S.A vir baie jare en ons self het aangesluit in 1996. Nog nooit het ek so iets beleef nie. Nie eers Bezuidenhout Park in Johannesburg nie. Ek vra myself hoe het hy K.S.A status verkry?
20 Apr 2017 @ 13:22:45 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Halo
Al wat ek kan sÍ is hoekom staan jy nog daar.
As dit so erg is soos jy se moet dit n verligting wees om pad te gee.
Dasr is seker n ander plek om te kamp.
20 Apr 2017 @ 13:50:10 pm
Diddo
Titanium Member
Offline
Posts: 490
Joined: 23 Apr 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 9 years
Vehicle: Yskas
Camping: Vrieskas

Is snaaks, het na die site gaan kyk en hoewel foto`s baie keer mooier lyk as die regte ding lyk die plek nie te aardig nie. Sal goed wees om die oord se kant te hoor.

20 Apr 2017 @ 14:14:23 pm
Tjaart
Gold Member
Offline
Posts: 231
Joined: 02 Jan 2014
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English

Ja die ou storie net een kant van die hele verhaal sien is ook n nuwe lid 

20 Apr 2017 @ 14:43:50 pm
Campervan
Saturn Member
Offline
Posts: 2085
Joined: 27 Oct 2013
Province: Eastern Cape
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 39 years
Vehicle: Hilux 3.0 D4D S/C 4x4 camper
Camping: Campervan
Het voorheen daar gebly sonder probleme,
Wel plaas reuke wat verstaanbaar is.
Weet nie of dit sedertdien veander het nie...
Wou nog einde July weer daar oornag.
20 Apr 2017 @ 14:56:30 pm
Klein DK
Gold Member
Offline
Posts: 166
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year

Halo
Al wat ek kan sÍ is hoekom staan jy nog daar.
As dit so erg is soos jy se moet dit n verligting wees om pad te gee.
Dasr is seker n ander plek om te kamp.
Ek stem met Oom Jeep, wat soek julle nog daar?

Ek sou al lankal my ''Pie'' gevat en geloop het.

Dit is verstane van die diere afval reuk. Wat in ag geneem moet word, jy is op 'n plaas en 'n plaas sonder 'n reuk, is nie 'n plaas nie.

Ja die ou storie net een kant van die hele verhaal sien is ook n nuwe lid 

Tjaart, jy is heeltemal reg. (Groete, jou buurman)

 

20 Apr 2017 @ 14:57:35 pm
CampingKitty
Titanium Member
Offline
Posts: 461
Joined: 14 Jan 2015
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year
Vehicle: Ford Ranger
Camping: Sprite Splash

verstaan nie die punt van die draad nie???

ek dink u is deurmekaar met 'n klagte of complaints hotline, wat die verseker nie is nie?

20 Apr 2017 @ 15:00:20 pm
Klein DK
Gold Member
Offline
Posts: 166
Joined: 13 Jul 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 1 year

verstaan nie die punt van die draad nie???

ek dink u is deurmekaar met 'n klagte of complaints hotline, wat die verseker nie is nie?

laughing Ek verstaan ook nie, ek skryf maar net saamlaughing

 

20 Apr 2017 @ 15:17:20 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Persoonlik. Alle regte voorbehoud.

Die nuwe lid wil eintlik net sŽ.... sys kwaad en wil nou kwaad met kwaad vergeld.
Nou "bad mouth" ons maar.

Spreekwoord sŽ daars altyd drie kante van i saak. Joune. Myne en die Waarheid.

In elk geval.... ek was nog nooit daar nie, weet nie waars dit nie en sal waarskynlik op my ouderdom nooit daar kom nie. As mens oud is en jy kannie juis meer jouself verdedig nie ,,, dan kamp jy op n poppulÍre oord waar baie fikse jong manne ook kamp.
20 Apr 2017 @ 18:11:29 pm
snys
Gold Member
Offline
Posts: 241
Joined: 09 Apr 2016
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 31 years
Vehicle: Nissan NP300 TDI D/C
Camping: panther Alpha

Ek vir een, het nie n probleem as mense slegte ondervindinge deel nie. Dit keer miskien dat ek in onnodige slaggate trap. As jy n slegte ondervinding met n oord het en jy bly stil, sal ander nie weet daarvan nie en moontlik dieselfde ondervinding he. Of moet die mense maar stilbly oor swak oorde en toelaat dat ander maar hulle eie koppe stamp?

20 Apr 2017 @ 21:24:31 pm
Leon
Alpha Centauri Member
Offline
Posts: 8017
Joined: 12 Jun 2007
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 53 years
Vehicle: Ford Ranger Wildtrak 4x4
Camping: Karavan, Krimp Varkie of Tente wat beste werk vir die Area en Oord.

Ons moet nou net die ratings dop hou. Tans uit 5 is 4 + en 1-. Tyd sal leer. Dis waarom ons die gradering stelsel het.

Antoinette het n reg op 'n opinie.

21 Apr 2017 @ 05:19:01 am
Grumpy/Hannes
Saturn Member
Offline
Posts: 2188
Joined: 24 Aug 2011
Province: Limpopo
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 27 years
Vehicle: Suzuki Grand Vitara
Camping: Sprite Swing

Ek lees nie opstelle nie, maar ongeskiktheid maak enige iemand de Josie in.

Ek ken ook nie die plek nie so geen kommentaar.

Dis nie altyd moontlik on vriendelik the bly nie, maar in enige bedryf moet jy versigtig wees.

In Sales vat dit 3 minute om n klient te verloor. Dit kan tot 18 maande vat om hom terug te wen.

 

21 Apr 2017 @ 07:44:22 am
ColinFreda
Neptune Member
Online
Posts: 4412
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

Antoinette, dit kom voor jy lees seker al geruime tyd die forum maar het nou besluit om, as gevolg van jou slegte ondervinding, te registreer om daarvan te vertel.  Jy het moontlik 'n skouer gesoek om op te huil.wink    As alles wat jy sê waar is, dan is dit 'n baie slegte advertensie vir die plek.   Ek sal beslis nie sulke behandeling duld nie en so gou moontlik oppak en padgee. 

As dit vir jou lyk of jy teenstand kry oor jou draad, dit gebeur dat mense aansluit net om oor 'n oord te kla en dan hoor ons nie weer van hulle nie.  Dit kom soms verdag voor maar jy het nog steeds die volle reg om jou opinie hier te lug.

Ek hoop julle het intussen 'n beter blyplek gekry?

21 Apr 2017 @ 09:14:58 am
mamba
Gold Member
Offline
Posts: 126
Joined: 22 Dec 2013
Province: Gauteng
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 37 years
Vehicle: Toyota Fortuner
Camping: tent, camper
Ek het al self so iets oor n Desember vakansie gekry by n oord in die vrystaat (vaaldam) maar ek het reeds vol betaal voor ek die plek gesien het niks soos die fotos op internet.
21 Apr 2017 @ 12:54:17 pm
Antoinette
Bronze Member
Offline
Posts: 5
Joined: 30 Mar 2017
Province: Gauteng
Goeie middag. Ek wil net graag gou klaring gee op my post van gister. Ons is reeds daar weg en sal nooit weer teruggaan nie. Ek het ook die oord op die K.S.A / C.C.S.A verkla waar ons lede is. Ek sal niemand aanraai om daar te gaan staan nie en nee dit is nie 'n kwessie van suurdruiwe nie. Ek wil net vir mede kampers 'n verleentheid spaar en probleme. Dit is die waarheid wat ek geskryf het. Het 'n band opname van die gesprek tussen myself en die eienaar asook sy whatsupp's en korrespondesie aan my. Ek lees van daar is 3 stories ens. Dit is so maar ek het die waarheid en die bewyse. Het ook met die lokale koerant gepraat en die is te bang om iets te publiseer want die man is glo groot in die dorp en almal sidder en beef vir hom. Hy is glo verlede jaar by die Ermelo skou weggejaag en die jaar was die skou nie baie suksesvol nie. Die gerugte doen die rondte dat hy met sy invloed die mense nie laat kom het nie. Die koerant deel my mee dat hulle kennis dra van wat hy aan mense doen. Ek het nie eers alles hier gedeel nie. Wat my betref behoort dit tot die verlede en die K.S.A se president gaan die aangeleentheid hanteer. Sal nooit weer my voete daar sit nie. Julle almal moet 'n lekker dag het. Dankie vir Leon wat my ondersteun deur te sÍ ek is geregtig op my opinie.
21 Apr 2017 @ 13:29:25 pm
Louvan
Platinum Member
Offline
Posts: 290
Joined: 07 Aug 2016
Province: KwaZulu-Natal
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 27 years
Vehicle: Toyota. Prado 4.0
Camping: Sprite Tourer SP
It seems to me that there is a thin line between the expression of fair and considered opinion, which is great, and the forum being used as a "bitching post", which is to be discouraged.
21 Apr 2017 @ 13:36:10 pm
speknek
Titanium Member
Offline
Posts: 591
Joined: 30 Apr 2014
Province: Gauteng

Faaaaaaiiiiit faaaaaaaiiiiittt

21 Apr 2017 @ 13:52:56 pm
Zack Benade
Silver Member
Online
Posts: 48
Joined: 02 Mar 2015
Province: Free State

Antoinette,  Jy mag maar jou kant van die saak stel.  Verskoon maar die ou suur pruime.

Ek is bly as mense opstaan vir wat reg en verkeerd is.  Ek het begrip vir 'n nuwe lid wat met haar eerste pos haar slegte ondervinding wil deel en sien dit nie as n "bitching post" nie.  Hierdie persoon het die guts om iets omtrend die aangeleentheid te doen.   Die ou wat net oppak en nie weer die plek gaan besoek nie doen ons kamp gemeentskap nie n guns nie.  Vat die probleem aan en sorteer dit uit.

Go Girl

Speknek----Het ek nou genoeg gefaaaait?   Ek wil eerder oor toyotas wat rol Faaaiiit

 

21 Apr 2017 @ 14:01:41 pm
Antoinette
Bronze Member
Offline
Posts: 5
Joined: 30 Mar 2017
Province: Gauteng
Baie dankie Zack vir jou ondersteuning. Ek waardeer dit opreg. Gelukkig steur ek my nie aan suur pruime nie. Dit is soos jy tereg sÍ. Moet nie op die kantlyn staan en blaf nie. klim in en scrum en baklei saam. Ek dra my medemens op die hart en het net gevoel ek moet my ondervinding deel en die trauma vir iemand anders spaar. Jul moet 'n awesome dag en week het.
21 Apr 2017 @ 15:31:26 pm
Louvan
Platinum Member
Offline
Posts: 290
Joined: 07 Aug 2016
Province: KwaZulu-Natal
First Language: English
Second Language: Afrikaans
Experience: 27 years
Vehicle: Toyota. Prado 4.0
Camping: Sprite Tourer SP
It seems to me that there is a thin line between the expression of fair and considered opinion, which is great, and the forum being used as a "bitching post", which is to be discouraged.
21 Apr 2017 @ 15:55:22 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Oky oky. Eks nie die faaaait tipe nie, maar ek se nog steeds, tenspyte van al die bewyse wat u het dat enige saak drie kante het.
Soos ek ook gese het. Ek gee nie eers om nie want die kans dat ek daar gaan kamp is skraler as om in Eloff straat te gaan kamp. En dit sal nie a.g.v hierdie post wees nie.
Volgens my het jy nou n fair kans gehad om jou kant te stel. Miskien gaan die oord eienaar nie reageer nie ... so ... dit gaan nie my opinie verander dat hy ook n se het nie.

Saak word in diť geval uit die siviele hof gegooi.
Volgende saak asseblief
Edelagbare saak no .........

En .... ek se nie jy mag nie jou mond uitspoel oor die oord nie. Dis jou volste reg.
Ander kampers moet gewaarsku word. Maar
Hierdie is nie my cup-of-tea nie.
Eks van die soort wat wegloop eerder as baklei.
En dis n baie negatiewe draad.

Inelk geval welkom op die forum .. jy mag maar vra oor enigiets. Hiers nogal baie kundigheid in die forum opgesluit
21 Apr 2017 @ 16:07:15 pm
Somer Kamper
Mars Member
Offline
Posts: 1053
Joined: 03 Sep 2014
Province: Mpumalanga
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 19 years
Vehicle: Fortuner
Camping: Exclusive

Dankie vir elke bydrae, hetsy positief en negatief. Deur elke bydrae te lees, kan ingeligte besluite geneem word.

As almal swak plekke ophemel, benadeel ons iemand wat sy swaarverdiende geld op 'n vakansie daar loop mors. As daar 15 verslae oor 'n kampplek is en 14 is positief, is die kanse goed dat dit dalk een suurknol se opinie is wat waarskynlik geïgnoreer kan word. So 'n negatiewe berig sal egter verseker dat 'n mens bietjie verder navorsing doen en kyk of ander mense soortgelyke ervarings gehad het.

Pasop om te vinnig afleidings te maak dat omdat 'n lid nuut is, die inligting nie betroubaar is nie. Die diens en fasiliteite was dalk so erg dat die persoon juis daartoe beweeg is om aan te sluit om ander te waarsku. Gee dus maar vir elkeen 'n regverdige kans tot al die inligting beskikbaar is.

21 Apr 2017 @ 16:48:47 pm
speknek
Titanium Member
Offline
Posts: 591
Joined: 30 Apr 2014
Province: Gauteng

En niemand se eers vir Antoinette welkom nie. Sies, waar is julle maniere?

21 Apr 2017 @ 17:45:05 pm
ColinFreda
Neptune Member
Online
Posts: 4412
Joined: 18 Apr 2011
Province: Eastern Cape
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Isuzu
Camping: Gypsey Raven

En niemand se eers vir Antoinette welkom nie. Sies, waar is julle maniere?

Ja, ek is skuldig, het nie welkom gesê nie.laughing   Baie welkom Antoinette, ek hoop ons gaan weer van jou hoor en dat jy jou nie laat afsit deur alles wat hier gesê was nie.

Ek wil egter vra, gaan lees weer my kommentaar.  Ek wou jou, as 'n nuwe lid, beter laat voel oor die teenstand en probeer verduidelik hoekom dit gebeur.   Maar ek sê ook jy het die reg om jou opinie te lug.

21 Apr 2017 @ 20:30:32 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance

En niemand se eers vir Antoinette welkom nie. Sies, waar is julle maniere?



Halo Speknek.
Oplet in die klas hoor.
21 Apr 2017 @ 20:59:42 pm
Bak oor
Platinum Member
Offline
Posts: 394
Joined: 05 Sep 2013
Province: Gauteng
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 37 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens - Fleetline
Antoinette. Welkom baie.
Ek ken jou gevoel. Ek was net so ongelukkig oor Salt Rock. Nooit was dit my intensie om Salt Rock by te kom maar om my mede kampers in te lig. Vir baie was dit nie n waarskuwing van wat kan gebeur maar n stok om my by te kom. So sterkte. Die feit dat jy bereid was om jou stem dik te maak respekteer ek baie.
Die goeie nuus is dat daar is baie lekker kampe met baie kekker mense. So terwyl jy kan kamp enjoy dit en vergeet van gister. Kom ons leef dag vir dag en droom oor more.
21 Apr 2017 @ 22:20:05 pm
OOM JEEP
Neptune Member
Offline
Posts: 4135
Joined: 25 Aug 2015
Province: Free State
First Language: Afrikaans
Second Language: English
Experience: 42 years
Vehicle: Jeep Grand Cherokee
Camping: Jurgens Elegance
Antoinette. Welkom baie.
Ek ken jou gevoel. Ek was net so ongelukkig oor Salt Rock. Nooit was dit my intensie om Salt Rock by te kom maar om my mede kampers in te lig. Vir baie was dit nie n waarskuwing van wat kan gebeur maar n stok om my by te kom. So sterkte. Die feit dat jy bereid was om jou stem dik te maak respekteer ek baie.
Die goeie nuus is dat daar is baie lekker kampe met baie kekker mense. So terwyl jy kan kamp enjoy dit en vergeet van gister. Kom ons leef dag vir dag en droom oor more.


Hi John.
Let Wel ek veroordeel nie enigeen nie.
Eks nie goed met woorde neerplak nie. Al wat ek wou oorbring is dat
Eerstens ... hoekom daar bly as jy sleg behandel word
Tweedens ....daars altyd nog n kant van n storie. Eintlik Drie kante.
Eks nie n suurknol nie en ek hou nie van negatiewe drade nie. Hierdie draad kom baie negatief oor want dit druk deelnemers in twee kampe. Vir of Teen.

Ek kan as wedergebore christen vra,,, wat van die ander wang draai i.p.v. konflik uitlok. Ai ai ons ou volkie darem.

Sal weer se soos Bugsy so ruk terug. Ek gaan nie meer deelneem aan drade soos hierdie nie.

Goeienag. Soete nagrus.
26 Apr 2017 @ 11:36:26 am
Antoinette
Bronze Member
Offline
Posts: 5
Joined: 30 Mar 2017
Province: Gauteng
Antoinette. Welkom baie.
Ek ken jou gevoel. Ek was net so ongelukkig oor Salt Rock. Nooit was dit my intensie om Salt Rock by te kom maar om my mede kampers in te lig. Vir baie was dit nie n waarskuwing van wat kan gebeur maar n stok om my by te kom. So sterkte. Die feit dat jy bereid was om jou stem dik te maak respekteer ek baie.
Die goeie nuus is dat daar is baie lekker kampe met baie kekker mense. So terwyl jy kan kamp enjoy dit en vergeet van gister. Kom ons leef dag vir dag en droom oor more.
Dankie vir jul ondersteuning. Ek verstaan almal se opinie maar dit daar gelaat. Jip party mense is maar net moeilik ens. Lekker dag. ek leef vir more en die kamp wat nog voorlÍ in my lewe. die slegte gebeurtenis is agter my.
26 Apr 2017 @ 11:39:07 am
Antoinette
Bronze Member
Offline
Posts: 5
Joined: 30 Mar 2017
Province: Gauteng


Halo Speknek.
Oplet in die klas hoor.
Baie dankie vir julle almal. Ek voel klaar welkom op die blad en sien uit na die toekoms. Ongelukkig is ek 'n persoon wat my opinie lug ongevraagd of gevraagd. Dankie dat jul my verstaan. Lekker dag
Reply to Topic
Member
Offline
Posts:
Joined: Not yet
View First