English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 259
Total Replies: 229 951
Total Views: 82 374 530
topics: 4 383
replies: 29 435
views: 17 332 937
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 426
replies: 217
views: 10 035
topics: 6
replies: 70
views: 15 802
Tshipise, A Forever Resort
Limpopo, Tshipise
18
Total Ratings: 18
15   
3
Rated: 23 Aug 2019
Type of Resort:
Family with children: 1
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 1

Tsipise

replies: 21
views: 425
23 Aug 2019 @ 18:26:45 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2469
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons was die week by Tsipise na 'n afwesigheid van seker tien jaar en het dit baie geniet maar daar was 'n paar dinge wat gepla het:

1. Daar is 'n groot klomp rondloper katte wat ons dink die rede is dat daar geen voëls meer in die oord is nie.  Sommige kampeerders het ook hulle eie katte saamgebring in weerwil van die oord se reëls wat dit verbied.

2. Sommige langtermynkampeerders bou vir hulle groot uitgebreide kampongs wat net as plakkerskampe beskryf kan word.  Dit word slordig met allerhande materiale soos skadunet, plastiek "sheeting" en ander materiale saamgeflans.  Party is so donker en ongesellig dat ons nie kan verstaan hoe mense bereid is om daar in te woon nie.  Dit is darem die uitsondering aangesien meeste van die langstaners te plekke baie netjies is, sommiges selfs met goedversorgde blomtuintjies.

3.Die gestoorde karavane, wat langs die swembad geparkeer is, seker van winter lankstaners, skep 'n uiters slordige prentjie.  Hulle is meestal bedek met enige denkbare materiaal wat die stoorplek soos 'n karavaan skrootwerf laat lyk.  Dan is daar ook soortgelyke slordige karavane wat oral in die kamp rondstaan, sommiges onder die beste koelte.  Hoekom word dit toegelaat?

4. Die porta pottie stortingspunte is reg langs die skottelgoed opwasplekke somer enige versperring tussen die twee- sowat 3 meter uitmekaar.  Dit is uiters onhigiënies en onaangenaam en ek wornder of dit nie ook onwettig is nie.  Ons het niemand gesien wat daarvan gebruikmaak nie.  Dit dwing jou om jou skottelgoied by jou karavaan te was wat beslis ook nie die beste reëling is nie.

As jy Tsipise Forever vergelyk met die baie goedversorgde Gariep, wonder jy of the oord se bestuur regtig aandag aan die oord gee.

Ons het nogtans die paar dae geniet.  Die ontspanningsgeriewe is goed, die terrein word meestal goed onderhou en die winkel is verrassend goed bevoorraad.  Die Bosveld atmosfeer is baie aangenaam behalwe nou vir die afwesigheid van voëls.  Bobbejane is teenwoordig maar nie juis 'n probleem nie, maar die blou apies is lastig.  Die gebande muishonde is 'n plesier en ons het snags nagapies gehoor.

 

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 21:46:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie vir terugvoering.  Ek het n ruk gelede foto's gesien van een van Forever Resort se oorde waar die mense so kampeer en hul hele staanplek opdons met opgrawings onder andere....selfs staanplekke word "omgeploeg" om plek te maak vir groente tuine. Dit sit my af....daar is n verskil tussen lang kamp en plak....hierdie lyk meer of dit n uitweg is vir haweloses. Niks verkeerd daarmee nie...nie almal is bevooreg soos ander nie, maar daar moet n onderskeid getref kan word.....of dis n ontspannings oord of plek vir haweloses.  

Ek voel net dit kan nie beide wees nie....m2c

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 10:44:17 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie vir die terugvoer. 

Hoop hulle doen iets dat dit net beter lyk. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 12:16:42 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2469
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Geert, Jy is reg en die probleem is as dit eers begin 'n hawe vir haweloses word, is daar geen omkeer nie- dan gaan dit uiteindelik die hele pad.  Baie jare gelede, toe Fonteinedal in Pretoria onveilig geword het vir kampeerders, het ons 'n slag by die kampplek langs Jan Smuts se huis in Irene gekamp.  Dit was heel aangenaam.  Toe ons 'n paar jaar later weer daar gaan kamp, was dit 'n permanente kamp- nie amptelik wel, maar in feite so.  En dit was uiters onaangenaam.  Ons het nooit weer daarheen gegaan nie.  Dieselfde met 'n kamp langs 'n dam in Middelburg.  In Kuilsrivier, waar ons ook eenmaal lekker gekamp het, het dieselfde gebeur toe ons 'n tweede maal daar gaan kamp opslaan het.  Ons handdoeke en ander artikels is gesteel en ons het toe die volgende dag verskuif na Hardekraaltjie.  Ek het simpatie met mense wat so moet leef, maar ek wil regtig nie saammet hulle vakansie hou nie- dis net te neerdrukkend.  Ek hoop darem nie Tsipise sal die paadjie loop nie- dis te ver van die stedelike gebiede, maar bestuur moet regtig hulle werk ernstig begin opneem.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2019 @ 18:32:02 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1313
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Geert, Jy is reg en die probleem is as dit eers begin 'n hawe vir haweloses word, is daar geen omkeer nie- dan gaan dit uiteindelik die hele pad.  Baie jare gelede, toe Fonteinedal in Pretoria onveilig geword het vir kampeerders, het ons 'n slag by die kampplek langs Jan Smuts se huis in Irene gekamp.  Dit was heel aangenaam.  Toe ons 'n paar jaar later weer daar gaan kamp, was dit 'n permanente kamp- nie amptelik wel, maar in feite so.  En dit was uiters onaangenaam.  Ons het nooit weer daarheen gegaan nie.  Dieselfde met 'n kamp langs 'n dam in Middelburg.  In Kuilsrivier, waar ons ook eenmaal lekker gekamp het, het dieselfde gebeur toe ons 'n tweede maal daar gaan kamp opslaan het.  Ons handdoeke en ander artikels is gesteel en ons het toe die volgende dag verskuif na Hardekraaltjie.  Ek het simpatie met mense wat so moet leef, maar ek wil regtig nie saammet hulle vakansie hou nie- dis net te neerdrukkend.  Ek hoop darem nie Tsipise sal die paadjie loop nie- dis te ver van die stedelike gebiede, maar bestuur moet regtig hulle werk ernstig begin opneem.

Ry elke dag by Fonteine verby, lyk nou al vir meer as 'n jaar asof daar geen kampeerders meer is nie, ook nie sg. permanente kampeerders nie. Die Smuts Huis ene is al 'n klomp jare onveilig, in Junie 2017 was daar op 'n Sondag middag 'n poging gewees om my tipper te steel toe ons daar ge-eet het, ons huis is net 'n entjie weg van Smuts Huis in Irene en die inwoners van Irene weet ook al jare lank dat dit nie aan te bevele is om alleen by Smuts Huis te wees nie, geen veiligheidswagte van 'n dag oud nie...na my 2017 ervaring het ek nooit weer terug gegaan soontoe nie. Dis seker maar die pad wat baie voorheen gewilde plekke en parke loop?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 08:44:04 am
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 367
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 14 years

Fred Glo jy het dit onder bestuur se aandag gebring sodat hulle kan weet en dalk kan aandag gee aan die probleme

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 08:46:24 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Dankie vir die terugvoer. Ek was van plan om daar te oornag op pad na Punda Maria. Sal nou ‘n ander plan maak. Heelmoontlik  Zvakanaka. Dit is terleurstellend. Ek het nog altyd van Forever se oorde gehou.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 08:51:17 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Ek glo dit is nie so erg dat 'n mens nie kan waag om daar te oornag nie. Dit gee jou die geleentheid om jou eie waarnemings to maak.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 09:13:06 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2469
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Beslis Hendrik.  Soos ek gesê het, oorwegend is Tsipise steeds baie aangenaam.  Geen kamp is sekerlik net goed nie- almal het maar hulle swak plekkies en dis wat ek hier probeer uitwys het.  As ek die idee laat posvat het dat die plek soos 'n plakkerskamp lyk is ek jammer- dis nie die geval nie.  En Frans, gaan kamp gerus daar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 12:34:09 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Dankie vir julle waarnemings.

Ek het daar ingery in Junie, 2019, met die oog op kamp, omdat ek baie van die plek gehoor het. Het daar deurgery en my opinie was die selfde asFred sin. Vir my het die kampplekke opmekaar gelyk en beknop. Ek sou benoud gevoel het, want ons hou nogal van die bosveld, so bietjiemeer spasiesou verwelkom gewees het. Dit het nie onveilig voorgekom nie. Dit was redelik vol gewees, maar elke ou het maar sy eie opinie.

Ek het net besluit om verby te ry, en nader aan die Wildtuin, op 'n plaaskamp oor tebly...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2019 @ 14:52:08 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2469
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Edge, Ek het nie gemeet nie, maar die staanplekke lyk vir my nogal groot- ons s'n was minstens heel groot.  As dit egter volgeplak word met soms twee karavane en 'n swetterjoel tente, lyk dit maar beknop.  As jy soos 'n redelike mens met jou karavaan, selfs 'n Exclusive met sy tent kampeer, glo ek jy sal heeltemal gerieflik wees.  Nou na die winter is daar baie plek want die winter-langstaners is meestal huis toe, sodat jy nie eers langs 'n ander karavaan hoef te staan nie.  Jy het in die tyd daar aangegaan wanneer die oord vol was- wintertyd of skoolvakansie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2019 @ 21:11:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ry elke dag by Fonteine verby, lyk nou al vir meer as 'n jaar asof daar geen kampeerders meer is nie, ook nie sg. permanente kampeerders nie. Die Smuts Huis ene is al 'n klomp jare onveilig, in Junie 2017 was daar op 'n Sondag middag 'n poging gewees om my tipper te steel toe ons daar ge-eet het, ons huis is net 'n entjie weg van Smuts Huis in Irene en die inwoners van Irene weet ook al jare lank dat dit nie aan te bevele is om alleen by Smuts Huis te wees nie, geen veiligheidswagte van 'n dag oud nie...na my 2017 ervaring het ek nooit weer terug gegaan soontoe nie. Dis seker maar die pad wat baie voorheen gewilde plekke en parke loop?

Miskien al sover ageruit gegaan...nie eers permanenete kampeerders wil meer daar staan nie. Dis eintlik n groot jammerte.....afgesien van die besige pad langs die karavaan park dink ek daar skuil nog baie potensiaal daar. Wonder of daai veld nog gebruik word vir bergfiets toere. Al wat dit nog is, is n lekker suip plek vir busse en taxi's wat hul dagbesoekers daar aflaai

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 06:42:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie berg fiets ryers maak nog gebruik van die reservaat.  Jy moet maar net 'n vertroueling by die voertuie los om hul op te pas.

Ek glo dit word gereel in die fietsry klubs.  Die reservaat word ook gebruik vir 4x4 ry. So hier en daar 'n klein 4x4 uitdaagingtjie.  Of te wel dis wat ek hoor het dit nog nie self gery nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 07:58:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13739
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As ek so oor die algemeen kyk na Forever resorts....dan kom die reels lyk my nie van hoofkantoor self nie, maar van die oord bestuurder van elke oord. As mens byvoorbeeld kyk na die reels wat ingestel is by Badplaas rakende dagbesoekers tydens vakansie dae....sover ek weet kom dit van die oord bestuur self af en nie van hoofkantoor nie{Praat onder korreksie}. Ek dink ook nie ander Forever resorts sal toelaat dat jy karavane langs die swembad stoor met afval seile bo oor geplaas nie. Twyfel of ander Forever resorts oorde dit sal toelaat dat kampeerder die staanplek omploeg om vir hom/haar n groente of blomme tuin te maak. Dis maar seker die oord bestuur van Tsipise self se besluite dat die plek so agteruit gaan. Wonder as mens klagtes by hoofkantoor instuur of hulle die oord bestuurder self bietjie sal aanvat oor hul besluite? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 08:24:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja wel die omstandighede by die oorde verskil seker baie.  Thipise is seker baie stil die res van die jaar wanneer dit uitermatig warm is daar.  Badplaas weer baie stil gedurende die winter maande.

Hoe die oorde beheer word vanaf hoof kantoor sal ons seker nooit weet nie.  Hulle uitgangspunt is seker....... solank die geld in kom waarom sal ons kla.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:29:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ja wel die omstandighede by die oorde verskil seker baie.  Thipise is seker baie stil die res van die jaar wanneer dit uitermatig warm is daar.  Badplaas weer baie stil gedurende die winter maande.

Hoe die oorde beheer word vanaf hoof kantoor sal ons seker nooit weet nie.  Hulle uitgangspunt is seker....... solank die geld in kom waarom sal ons kla.

Stem saam, Geld maak reg wat stukkend is. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 09:33:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Stem saam, Geld maak reg wat stukkend is. 

 

 

Ja die ou spreek woord... Geld wat stom is maak reg wat krom is...........

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 12:55:46 pm
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 205
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ek het ook verneem die plek word en lyk soos n plakkerskamp.

As ek in daai geweste wil gaan ontspan sal ek eerder ATKV Die Eiland besoek.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2019 @ 14:07:57 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2469
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Frik, Dit hang af dink ek, watter deel van die jaar jy daar wil gaan kamp.  Die swak toestande lyk my heers maar hoofsaaklik in die winter wanneer groot getalle langkampers daar staan.  Ons het die laaste stert van hulle gevang en ek glo deur die somer is toestande meestal goed.  ek weet egter nie van die naweke wanneer daar dalk baie dagbesoekers sal wees nie.  Die plek is oorwegend steeds die moeite werd.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2019 @ 06:34:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14047
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het baie jare terug as kind by die oord leer swem.  My ma het nog 'n cine kamera film van dit gemaak.  Dink ek was toe in graad twee.

Hoop maar die oord hou dinge agter mekaar dat hy nog lank kan behoue bly.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2019 @ 13:57:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Frik, Dit hang af dink ek, watter deel van die jaar jy daar wil gaan kamp.  Die swak toestande lyk my heers maar hoofsaaklik in die winter wanneer groot getalle langkampers daar staan.  Ons het die laaste stert van hulle gevang en ek glo deur die somer is toestande meestal goed.  ek weet egter nie van die naweke wanneer daar dalk baie dagbesoekers sal wees nie.  Die plek is oorwegend steeds die moeite werd.

Die dag as ek op pensioen is gaan ek ook so lank staan en julle kommentaar klaar vergeet 😜

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2019 @ 14:38:02 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2469
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Neewat Chuck, niks teen langstaners nie, net teen die wat slordig kamp.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required