Klein Kariba, nog steeds vriendelik, alles is skoon en netjies, net eenvoudig n mooi en lekker plek om te kuier.
So kan jy n boek skryf van alles wat jy sien, maar die storie bly dieselfde. Dit is n lekker oord en meeste ATKV oorde kan hier kom lesse neem.
Beslis een van my gunsteling plekke. Wie kuier ook hierdie naweek op Klein Kariba
I agree it is a great resort, sadly I have not been there for some time in fact it was before the last flood
Ek stem dis 'n baie lekker oord. Ek self het nog net eenkeer daar gekamp.
Dis verseker 'n leier van die ATKV oorde.
Was daar met die groot vloed en was nog nooit weer terug nie.
Gaan 9-13 Junie oord besoek sien baie daarna uit,het hulle nog so groot probleem met apies en bobejane al baie stories gehoor.
[quodie te]3076,250062138[/quote]
Die bobbejane skree vir n vale bo in die koppe maar pla nie regtig. Hier is manne wat rondloop en probeer om hulle op n afstand te hou.
Maar dit is deel van die lekker.
Ja wat sluit maar kos weg en soos jy se dis deel van kamp.
Was nog nooit daar nie en het uiteraard nog nooit dasr tent staangemaak nie.
Al daar verbygery dan lyk dit al te besig van buite af. Moet sê dit was in Desember.
Sal per geleentheid gaan kyk en voel hoe kamp dit daar.
Fills up very fast as the Gauteng campers arrivce over weekends, still very family orintated, entertainment, bicycles, and lotts of children, teen agers, and young adults, but every body that can should spend atleast a week end here
Moet nog daar uitkom.
Het al a paar keer daar gekamp. Dit nog altyd geniet. As ek reg onthou was dit die eerste oord waar ons met karavaan gaan kamp het. Nog onder die skadunet staan plek.
LYk my tyd om weer daar uit te kom. Het baie jare laas daar gekamp....nog met tent....ek onthou daai groot bobbejane goed
Klein Kariba bied tans 25% afslag op alle verblyf
Geert: jy praat van kampeer is aansteeklik en verslawend.
Wag tot jy daar n draai gaan maak. Beslis elke sent werd.
Dit is 'n baie lekker oord.....MAAR...ek met die kids op en af swembad toe, met 'n fiets, met sussie agter op die carrier..ek was amper dooi. en nes ons terug gekom het van die swembad af, dan wil sussie roomys he, dan suiker ons al die pad weer terug winkel toe eish.
maar kyk, as ek terugkom by die karvaan, na daai fiets trippie, dan smaak 'n yskoue G & T darem maar soos poeding.
Baie lekker, maar sal weer gaan as sussie oud genoeg is om te kan swem en self swembad toe te ry of te loop saam boetie
Oom Bak Oor het hoeka kom groet een oggend, maar toe gedra my meisiekind haarself mos soos 'n onopgevoede klein nonsens. So ek vra om verksoning vir daai een!
Ek was daar in Oktober 2018.. Het saam familie gaan kamp op uitnodiging, so ek het nie te doen gehad met enige entertainment fees ens nie, ekt net my staanplek betaal.
Het ook nie tent opgeslaan onder die seildakkies nie. Ons het lekker gekuier en golf (minim pitch/ mashy course) gespeel, en ja met die kiddies geswem. Was vir my om te rus meer as iets anders.
AS ek wel my eie keuse het, sal ek steeds warmbad verkies, baie meer waarde vir die Rande in my opinie. ATKV nie my gunsteling oorde nie, vir verskeie redes. Maar die wat daar gaan geniet dit.
Dit is 'n baie lekker oord.....MAAR...ek met die kids op en af swembad toe, met 'n fiets, met sussie agter op die carrier..ek was amper dooi. en nes ons terug gekom het van die swembad af, dan wil sussie roomys he, dan suiker ons al die pad weer terug winkel toe eish.
maar kyk, as ek terugkom by die karvaan, na daai fiets trippie, dan smaak 'n yskoue G & T darem maar soos poeding.
Baie lekker, maar sal weer gaan as sussie oud genoeg is om te kan swem en self swembad toe te ry of te loop saam boetie
Oom Bak Oor het hoeka kom groet een oggend, maar toe gedra my meisiekind haarself mos soos 'n onopgevoede klein nonsens. So ek vra om verksoning vir daai een!
n Kind wat nie doenig is, is siek. Ek het weer gedink jy is blessed met pragtige kleingoed.
Wat my so beïndruk van klein kariba is hoe die kinders hul self uit leef in daardie plek.
Die uitleg van die oord is so dat al die kleingoed kan rond beweeg tog veilig en altyd onder die oog
En nog nooit een stouter raak geloop. Vreemde kinders, ouers almal groet beleefd. Net eenvoudig lekker daar.
Ons was nou by die Eiland gewees en sal seker weer by die ander ATKV oorde soos Klein Kariba en Buffelspoort uitkom. Dit bly puik oorde. Sal seker saam met iemand gaan wat daar bespreek het.
Op ons eie is die kanse so bietjie kleiner. Het baie aande na aand ete in die warm swembad gaan lê en broei.
Ons hou van al die Atkv oorde omdat dit (ba ons mening) wasrde vir geld bied met iets om te doen vir elkeen in die gesin. Fasiliteite het nog nooit teleurgestel nie.
Bakoor ons is in September daar. Het al n slaggie daar ingeloer om te kyk hoe dit lyk. Ons spandeer sewe dae in daardie area en gaan die mooi plekke almal bekyk. Soos ek al tevore gesê het, ons in die Kaap het karavaan-parke, julle daar bo het OORDE.

Probeer staanplek kry met alphabetiese nommers. A tot H
Nader aan winkeld en swembaddens